Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Davie (die turkey ding)
Re: Wie wil tog kinders hê? [boodskap #33916 is 'n antwoord op boodskap #33893] Do, 31 Augustus 2000 11:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hotnotsgot  is tans af-lyn  hotnotsgot
Boodskappe: 59
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Riaan schreef in berichtnieuws
8ol4gs$22st$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Om te sien hoe 'n vrou geboorte gee is al klaar so ongelooflik dat jy dit
> self moet ervaar om dit te begryp want ek kan nie vir jou sê hoe dit voel
> nie.


Nie altyd nie, hoor. Daar's ook mense wie se sekslewe tot niet gaan
daarvan!!!

Nuwe lewe is 'n wonder, daarteen sal ek nooit stry nie. Dis die resources
wat my pla... Voel my al meer daar's nie eers vir my 'n toekoms nie, wat nog
van my kinders.

Groente
Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #34036 is 'n antwoord op boodskap #33687] Di, 05 September 2000 06:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina, jy bespreek hier jou eie tegnieke baie haarfyn.
As ek die ding reg lees, doen jy baie moeite om ander vrouens van hierdie
nuusgroep af te jaag. Ou tegniek van jou.

Ek het nou onlangs hierdie groep begin lees - so 'n jaar of wat, en bietjie
na die argiewe ook gegaan. Jy hou van die aandag op jou, en jou tegnieke om
alle gesprekke te kaap en in 'n Apartheidsvark-tipe van retoriek te laat
vashaak. Of jy nou van miere in 'n pot konfyt praat, jy sal altyd probeer om
die politiek daarin te werk en die gesprek dan 'n 'n bitter geveg te laat
ontaard. Baie jammer

Ek dink ek gaan nou maar ook van jou 'n "killfile" kandidaat maak, op
aanbeveling van die ander mense op die groep. Jammer. Eintlik hou ek van jou
ander bydraes waarin jy kennis uitruil.

Die gedigte laai ek nie af nie - uit beginsel. Dis outeursregskending en
daar is genoeg ander plekke op die internet waar mense aan sulke besprekings
kan deelneem. Jy behoort daar te gaan deelneem. Kyk by die Knoop.

Eintlik hou ek van jou as mens, maar nie van jou taktieke nie.

Protus skryf in boodskap news:39ac33f6.1366460567@news.citilink.com...
> Jy is reg, Gloudina, ek kan nie dink dat 'n ou droë gus ooi soos jy
> nog rondkyk nie.
>
>
> Tue, 29 Aug 2000 12:24:47 GMT:: @home.com skrywe:
>
>> Ag, hier kom die ou diagnosetjie nou weer.
>> Soos ek vantevore vir jou vertel het: hierdie
>> soort gepraat, is 'n soort seksisme wat vrouens
>> teenoor ander vrouens beoefen. Hierdie soort
>> gepraat word gebore in die harte van vroumense
>> wat dink hulle roeping in die lewe is om "mans'
>> se aandag op hulle te vestig, en hulle kry
>> tegnieke om ander vroumense neer te skiet,
>> sodat daar minder kompetisie is.
>>
>> Die kaalvoet-tannie
>>
>
Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #34037 is 'n antwoord op boodskap #33886] Di, 05 September 2000 06:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Baie geluk Krokkie! Kinders is wonderlike goed man :-)
Miskien moet jy nou ook verder van die nagtrein se geraas af gaan bly ( hie
hie hie )

Kinders leer 'n mens wat die woord liefde werklik beteken. 'n Nuwe dimensie
aan die lewe?

Krokkie skryf in boodskap news:39ac8cf5$0$227@helios.is.co.za...
> Toemaar ons verwag in November on 4de een.
> Het altyd gese ek wil vier kinders he. Die eerste drie was in 1 jaar daar.
> 26 September en toe 16 September die volgende jaar; 'n tweeling. 3 in een
> jaar en nou so 4 jaar later die 4 de een. Het die naweek maar vir my 'n
> big-screen gekry om die aandag aftelt (grappie)
>
> Krokkie
>
>
>
>
> @home.com wrote in message ...
>> Krokkie wrote:
>>
>>> Het julle nie 'n TV gehad nie ?
>
>>
>> Mens doen dit voor die TV, agter die TV,
>> in elke kamer van die huis en in die
>> basement ook. Dis nou as daar 'n warm-
>> bloedige man in die mix is en nie 'n
>> vet wit ou omie met 'n remote in die
>> hand nie.
>>
>> Die kaalvoet-tannie.
>>
>
Re: Wie wil tog kinders hê? [boodskap #34038 is 'n antwoord op boodskap #33893] Di, 05 September 2000 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Joe Ferdie, is dit nie 'n bietjie swartgallig nie?

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:39b11cae.5027810@news.is.co.za...
> On Thu, 31 Aug 2000 10:24:22 +0200, "Riaan"
> wrote:
>
>
> Grootmense is kinders wat dink hulle ondervinding van talle foute en
> mistastings verteenwoordig kennis?
>
Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #34054 is 'n antwoord op boodskap #33687] Di, 05 September 2000 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nie in die nuwe polities korrekte AA SA nie!

Elaine wrote:
>
> Die feit bly staan dat as jy in 'n groot maatskappy inloop en jy ding mee
> met 'n man, sal hulle sonder om twee keer te dink die man aanstel. Want hy
> verontrief nie die wereld deur "kleintjies te kry" en kraamverlof af te
> smeek nie.
>
Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #34077 is 'n antwoord op boodskap #33687] Wo, 06 September 2000 00:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Rosie wrote:

> As ek die ding reg lees, doen jy baie moeite om ander vrouens van hierdie
> nuusgroep af te jaag. Ou tegniek van jou.
>
> Eintlik hou ek van jou as mens, maar nie van jou taktieke nie.
>

Sedert wanneer het ek vir jou van hierdie nuusgroep
probeer afjaag? Watter ander vroumens het ek probeer
afjaag in die afgelope jaar? Miskien dink jy Davie Davis
is 'n vroumens? Miskien dink jy Leendert was 'n vroumens?
Ek sou graag wil weet hoekom jy dink dat ek "vroumense
van hierdie nuusgroep afjaag." Staaf bietjie jou stelling.
Hoe kan jy van my "as mens" hou. Jy ken my nie. Jy ken my
as kuberposter op hierdie nuusgroep. As laasgenoemde het
ek 'n baie komplekse persoonlikheid. Ek probeer die pot
roer sodat die nuusgroep ten alle tye interessant en dramaties
bly. Ek gebruik die nuusgroep om my daaglikse taaloefening
met Afrikaans te kry. En as jy nie die gedigte lees nie, het
ek daar vrede mee. Ek dink die beswaar wat jy teen hulle
teenwoordigheid maak, is 'n vals argument.

Gloudina
Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #34082 is 'n antwoord op boodskap #34054] Wo, 06 September 2000 04:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sê wie?! Die eerste vraag wat ek gevra is toe ek onlangs vir 'n onderhoud
by 'n groot maatskappy gegaan het was. "Is jy van plan om in die volgende 5
jaar kinders te kry?" - 'n MAN het die onderhoud gevoer. En 'n MAN het die
werk gekry. Volgens my vriendin wat ook by die maatskappy werk, het die man
nie naastenby dieselfde kwalifikasies of ondervinding as ek nie. Nou vertel
jy vir my dit werk nie meer so nie

Elaine

Lou skryf in boodskap news:39B4FBF3.E640A43E@hotmail.com.dinges...
> Nie in die nuwe polities korrekte AA SA nie!
>
> Elaine wrote:
>>
>> Die feit bly staan dat as jy in 'n groot maatskappy inloop en jy ding mee
>> met 'n man, sal hulle sonder om twee keer te dink die man aanstel. Want hy
>> verontrief nie die wereld deur "kleintjies te kry" en kraamverlof af te
>> smeek nie.
>>
Re: Vir Davie (die turkey ding) [boodskap #34087 is 'n antwoord op boodskap #34054] Wo, 06 September 2000 07:24 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Elaine is in baie gevalle nog reg. Wat op die wetboeke staan en wat altyd
gebeur loop nie aldag hand aan hand nie.

Party maatskappye verkies om eerder mans te gebruik omrede hulle meer
buigbaar is as vrouens.

Lou wrote in message ...
> Nie in die nuwe polities korrekte AA SA nie!
>
> Elaine wrote:

>> Die feit bly staan dat as jy in 'n groot maatskappy inloop en jy ding mee
>> met 'n man, sal hulle sonder om twee keer te dink die man aanstel. Want hy
>> verontrief nie die wereld deur "kleintjies te kry" en kraamverlof af te
>> smeek nie.
Vorige onderwerp: Kuns
Volgende onderwerp: re NL over ZA en aan de kant zetten van activisten.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 08:04:22 MGT 2024