Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » silinder
silinder [boodskap #145104] Wo, 24 April 2024 09:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Silinder met hoogte h en 'n radius r.
'n Silinder met hoogte h en 'n radius r.
silinder
Afbreking: si•lin•der


Selfstandige naamwoord: silinder
Meervoud: silinders
Verkleinwoord: silindertjie
Meervoud van verkleining: silindertjies

Betekenis:
• 'n Voorwerp met reguit sye en ronde eindpunte van dieselfde grootte.
• Die buis waarin die suiers van 'n motor op en af beweeg.

Gebruik:
• Die volume van 'n silinder met 'n hoogte van 10cm en radius van 1cm is πr2h, of 31,4 cm3.
• Die ekonomie loop nie op al sy silinders nie.

Hiponiem:
• gassilinder
• maatsilinder
• suurstofsilinder

Afgelei:
• silinderas
• silinderblok
• silinderboor
• silinderhorlosie
• silinderinhoud
• silinderkop
• silindermantel
• silindermeul
• silinderpers
• silinderrol
• silindervoering
• silindervormig
• silinderwand

Vertaling:
Engels: cylinder
Nederlands: cilinder

Nota:
• Van Griekse, kylindros wat "roller" beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vermink
Volgende onderwerp: verrassend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 07:20:29 MGT 2024