fluitjieblaser [boodskap #142338] |
Wo, 28 Junie 2023 08:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20196 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fluitjieblaser
Afbreking: flui•tjie•bla•ser
Samestelling: fluitjie + blaser
Selfstandige naamwoord: fluitjieblaser
Meervoud: fluitjieblasers
Verkleinwoord: fluitjieblasertjie
Meervoud van verkleining: fluitjieblasertjies
Betekenis:
• Persoon wat 'n fluitjie blaas, soos die skeidsregter by 'n sportwedstryd.
• (figuurlik) Iemand wat 'n wandaad aan die kaak stel; verklikker; klikbek.
Gebruik:
• 'n Ier is as fluitjieblaser vir die rugbywedstryd aangewys.
• Hoekom word die fluitjieblaser vervolg, en nie die skuldiges nie?
Afgelei:
• fluitjieblasery
Vertaling:
Engels: umpire; whistle blower
Nederlands: scheidsrechter; klokkenluider
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|