Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » flap
flap [boodskap #138770] Sa, 22 Januarie 2022 19:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Langstertflap (sakaboela).
'n Langstertflap (sakaboela).
flap
Afbreking: flap


Werkwoord: flap
Verlede tyd: het geflap

Betekenis:
• Om vinnig op en af, of heen en weer te beweeg.

Gebruik:
• Die olifant flap sy ore.

Vertaling:
Engels: to flap
Nederlands: flappen


Selfstandige naamwoord: flap
Meervoud: flappe
Verkleinwoord: flappie
Meervoud van verkleining: flappies

Betekenis:
• Stuk materiaal of papier wat oor- of omgeslaan is.
• Soort voël met 'n lang stert; langstertvink in die genus Euplectes.
• Soort tuinblom; iris.

Gebruik:
• Die tent se flap wapper in die wind.
• Die flap is die grootste vinksoort, waarvan die mannetjies weens hul lang sterte ongemaklik ope en af vlieg.
Flappe blom gewoonlik het vir 'n kort rukkie.

Afgelei:
• flaphoed
• flapore
• flappend
• flapper
• flapperend
• flapflappie
• flapteks
• flapuit

Vertaling:
Engels: flap; cape orchid
Nederlands: flap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hospitaliseer
Volgende onderwerp: katspoegie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:26:09 MGT 2024