Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » katspoegie
katspoegie [boodskap #138771] So, 23 Januarie 2022 08:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
katspoegie
Afbreking: kat•spoe•gie
Samestelling: kat + spoeg + -ie


Selfstandige naamwoord: katspoegie
Meervoud: katspoegies

Betekenis:
• 'n Kort afstand; baie naby.
• 'n Klein hoeveelheid; min.

Gebruik:
• Ons huis is 'n katspoegie van die strand af.
• Gooi net 'n katspoegie melk in my tee. Kan ek nog 'n katspoegie pampoen kry?

Sinoniem:
• entjie
• hanetreetjie
• spatseltjie
• titseltjie

Vertaling:
Engels: small distance; small amount (kat's spit)
Nederlands: kleine afstand; kleine hoeveelheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: flap
Volgende onderwerp: kat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 00:50:28 MGT 2024