Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » daeraad
daeraad [boodskap #136271] Wo, 14 April 2021 17:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die daeraad.
Die daeraad.
daeraad
Afbreking: da•e•raad
Samestelling: dae + raad


Selfstandige naamwoord: daeraad
Meervoud: daerade

Betekenis:
• Die aanbreek van die nuwe dag; tyd net voor die sonsopkoms.
• (figuurlik) 'n Nuwe begin.

Gebruik:
• Die wat vroeg opstaan sal met die prag en praal van die daeraad beloon word.
• Die politici het 'n nuwe daeraad beloof, maar daarvan het daar ook mooi niks gekom nie.

Wisselvorm:
• dageraad

Sinoniem:
• dagbreek
• daglumier
• hoenderkraai
• lumier
• môregloed
• môrelig
• môreskemering
• môrestond
• oggendstond
• rooidag

Vertaling:
Engels: dawn, daybreak
Nederlands: dageraad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bekrompe
Volgende onderwerp: drogredenasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 21:01:40 MGT 2024