Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bekrompe
bekrompe [boodskap #136270] Wo, 14 April 2021 15:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bekrompe
Afbreking: be•krom•pe


Byvoeglike naamwoord: bekrompe
Vergrotende trap: meer bekrompe, bekrompener
Oortreffende trap: mees bekrompe, bekrompenste
Attributief: bekrompe

Betekenis:
• Met min spasie en beweegruimte; ingeperk en benoud.
• (figuurlik) Wat dinge eng beskou en nie die breë prentjie raaksien nie.

Gebruik:
• Die verstekelinge is in 'n bekrompe kamertjie toegesluit.
• Politici het die gebeure uitbuit om propaganda vir hul eie bekrompe sienings te maak.

Sinoniem:
• enghartig
• kleingeestig
• kleinsielig

Antoniem:
• onbekrompe
• ruimhartig

Afgelei:
• bekrompenheid

Vertaling:
Engels: cramped, confined; narrow-minded
Nederlands: bekrompen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aankweek
Volgende onderwerp: daeraad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 07:46:57 MGT 2024