Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klou
klou [boodskap #135829] Wo, 03 Maart 2021 14:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kat se klou.
'n Kat se klou.
klou
Afbreking: klou


Selfstandige naamwoord: klou
Meervoud: kloue
Verkleinwoord: kloutjie
Meervoud van verkleining: kloutjies

Betekenis:
• Poot of skerp nael van 'n roofdier; gryppoot; grypnael.
• Hoef van 'n viervoetige dier of hakkie van 'n insekpoot.
• 'n Mens se hand.
• 'n Werktuig wat hieraan herinner.

Gebruik:
• Die kat dreig die hond met 'n skerp klou.
• Maak die skaap se klou goed skoon en ontsmet die wonde.
• Hou jou kloue van my af!
• Trek die spyker met die hamer se klou uit.

Spreekwoord:
Klou in die grond slaan. [Jou bes doen.]
• As die klou uitsteek, is die leeu daaragter. [Gee ag op klein gevaartekens.]

Afgelei:
• klouaap
• kloudoring
• klouhamer
• kloupoot
• klouyster
• perdeklou
• skaapkloutjie

Vertaling:
Engels: claw, paw, talon
Nederlands: klauw


Werkwoord: klou
Verlede tyd: het geklou
Teenwoordige deelwoord: klouende

Betekenis:
• Stewig na aan iets vashou; vasvat; vasgryp; klem.

Gebruik:
• Hy klou vir sy lewe.

Vergelyking:
Klou soos klits.
Klou soos 'n neet.

Afgelei:
• klouter

Vertaling:
Engels: to claw, cling, clench
Nederlands: klauwen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kuierarea
Volgende onderwerp: skoolhemp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 14:21:05 MGT 2024