Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aangee
aangee [boodskap #134855] Wo, 02 Desember 2020 20:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aangee
Afbreking: aan•gee
Samestelling: aan + gee


Werkwoord: gee aan, aangee
Verlede tyd: het aangegee

Betekenis:
• Om iets vir iemand te gee; met die hand oorhandig.
• Iets uitwys; aandui.
• Iemand by die owerhede aanmeld; aankla.

Gebruik:
• Kan jy vir my die tamatiesous aangee?
• Die besonderhede word op die etiket aangegee.
• Ek dink jy moet die saak by die polisie aangee!

Vertaling:
Engels: to give, hand, pass on; indicate, point out; report, notify, declare
Nederlands: aangeven


Selfstandige naamwoord: aangee
Meervoud: aangeë
Verkleinwoord: aangeetjie
Meervoud van verkleining: aangeetjies

Betekenis:
• Die handeling om 'n bal aan te gee.

Gebruik:
• Dit was 'n swak aangee!

Vertaling:
Engels: pass
Nederlands: pass

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aandrywing
Volgende onderwerp: wiks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 07:38:11 MGT 2024