Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moffie
moffie [boodskap #134687] So, 22 November 2020 08:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Moffie.
'n Moffie.
moffie
Afbreking: mof•fie


Selfstandige naamwoord: moffie
Meervoud: moffies
Verkleinwoord: moffietjie
Meervoud van verkleining: moffietjies

Betekenis:
• 'n Vingerlose handskoen; handskoen met 'n duim, maar geen vingers nie.
• (pejoratief) Manspersoon met "vroulike" gedrag of voorkoms; verwyfde man.

Gebruik:
• Ma brei vir ons moffies vir die winter.
• Seuns is soms wreed teenoor mekaar en boelies kan hul slagoffers as moffies uitkryt.

Sinoniem:
• duimhandskoen
• mofhandskoen

Afgelei:
• moffierig

Vertaling:
Engels: mitten; sissy, unmasculine man, effeminate person; faggot, homo
Nederlands: want; homoseksueel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: luidspreker
Volgende onderwerp: betas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 19:47:59 MGT 2024