Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gorrel
gorrel [boodskap #131876] Ma, 29 Junie 2020 16:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gorrel
Afbreking: gor•rel


Selfstandige naamwoord: gorrel
Meervoud: gorrels
Verkleinwoord: gorreltjie
Meervoud van verkleining: gorreltjies

Betekenis:
• Die boonste wye gedeelte van die lugpyp waar die stembande sit.

Gebruik:
• Sy voel lus om hom aan die gorrel te gryp en te wurg tot hy met die waarheid uitkom.

Sinoniem:
• strottehoof
• stemkas
• larinks

Afgelei:
• gorrelgeluid
• gorrelmiddel
• gorrelpyp

Vertaling:
Engels: throat, gullet, larynx
Nederlands: gorrel


Werkwoord: gorrel
Verlede tyd: het gegorrel

Betekenis:
• Vloeistof agter in die keel laat borrel.
• (figuurlik) Dinge opmaak, veral in 'n toespraak of eksamen.

Gebruik:
• Dit help of soutwater te gorrel as jou keep seer is.
• As jy nie die antwoord ken nie, moenie gorrel nie.

Afgelei:
• uitgorrel

Vertaling:
Engels: to gargle, gurgle
Nederlands: gorgelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: souterig
Volgende onderwerp: uitgorrel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 10:06:03 MGT 2024