Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mampoer
mampoer [boodskap #130607] Do, 02 April 2020 12:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ketel vir die stook van mampoer.
'n Ketel vir die stook van mampoer.
mampoer
Afbreking: mam•poer


Selfstandige naamwoord: mampoer
Meervoud: mampoere
Verkleinwoord: mampoertjie
Meervoud van verkleining: mampoertjies

Betekenis:
• 'n Onverouderde brandewyn, uniek aan Suid-Afrika, wat veral in die Transvaal gestook word.

Gebruik:
• Die ideale alkoholgehalte, wat die beste vrugtegeur aan mampoer gee, is sowat 64 persent.

Vertaling:
Engels: mampoer, moonshine
Nederlands: mampoer, zelfgemaakte sterkedrank

Nota:
• Volgens oorlewering is mampoer vernoem na Mampuru, 'n stamhoof van die Pedi-volk, wat dit vermoedelik aan Generaal Joubert se manne verkoop het.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bloubok
Volgende onderwerp: hemelruim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 00:08:57 MGT 2024