Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » merk
merk [boodskap #128687] Sa, 14 Desember 2019 11:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
merk
Afbreking: merk


Selfstandige naamwoord: merk
Meervoud: merke
Verkleinwoord: merkie
Meervoud van verkleining: merkies

Betekenis:
• 'n Vlek of kol op iets of iemand.
• 'n Kenteken ter identifikasie.

Gebruik:
• Na die ongeluk het hy 'n lelike merk op sy gesig.
• Die boer bring sy merk op die beeste aan.

Afgelei:
• boekmerk
• brandmerk
• beboortemerk
• handelsmerk
• merkbaar
• merker
• merkkryt
• merkteken
• merkvloeistof
• merkwaardig
• merkwerk

Vertaling:
Engels: mark, scar; sign, token
Nederlands: merk


Werkwoord: merk
Verlede tyd: het gemerk

Betekenis:
• 'n Vlek of kol op iets sit.
• Iets raaksien of opmerk.
• Aandui of vrae reg of verkeerd beantwoord is.

Gebruik:
• Sy ma merk al sy klere, sodat hy dit nie verloor nie.
• Ek merk dat jy jou hare gesny het.
• Die juffrou merk die kinders se vraestelle.

Spreekwoord:
• Hy merk onraad. [Gevaar vermoed.]

Vertaling:
Engels: to mark, observe, notice
Nederlands: merken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: menslik
Volgende onderwerp: mes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 23:56:25 MGT 2024