Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hard
hard [boodskap #127135] Vr, 19 Julie 2019 07:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hard
Afbreking: hard




Byvoeglike naamwoord: hard
Vergrotende trap: harder
Oortreffende trap: hardste
Attributief: harde
Intensief: kliphard, rotshard, keihard, steenhard, klipsteenhard, keisteenhard, staalhard, ysterhard

Betekenis:
• Iets wat nie maklik kan breek of vervorm nie; nie sag nie; stewig.
• Met baie krag; sterk impak.
• Met hoë volume; wat goed gehoor kan word.
• Fluks; met inspanning en moeite.
• Psigologies teen baie bestand; wat vir niks terugdeins nie.
• Streng en onverbiddelik; wat geen genade toon nie.

Gebruik:
• Die brood is al hard.
• Hy het my hard geslaan.
• Jy praat baie hard.
• Sy werk vreeslik hard.
• Hy is 'n harde man.
• Die juffrou is hard op die kinders.

Vergelyking:
• So hard soos 'n klip.

Antoniem:
• sag

Spreekwoord:
• Beter hard geblaas, as die mond verbrand. ['n Mens moet maar altyd versigtig wees.]

Vertaling:
Engels: hard; with force; loud; hard, difficult; rugged; strict
Nederlands: hard

Nota:
• Moenie "hard" met "moeilik" verwar nie: "Die toets was moeilik" (en nie hard nie).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geleer
Volgende onderwerp: burger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 01:46:33 MGT 2024