Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gister
gister [boodskap #127130] Do, 18 Julie 2019 15:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gister
Afbreking: gis•ter




Bywoord: gister

Betekenis:
• Vorige dag; die dag voor vandag.

Gebruik:
• Jy moes jou taak al gister ingehandig het.

Spreekwoord:
• Ek onthou dit soos die dag van gister. [Baie goed.]
• Sy is nie van gister nie. [Bejaard of ervare.]
• Vandag is nie gister nie. [Omstandighede het verander.]
• Sy gister en vandag se praatjies kom nie ooreen nie. [Iemand verander dikwels van mening.]
• Het jy my gister gehuur, het jy my vandag gehad. [Omdat ek nie in jou diens is nie, kan jy my nie hiet en gebied nie.]

Antoniem:
• môre

Afgelei:
• eergister
• gisteraand
• gistermiddag
• gisternag
• gisteroggend

Vertaling:
Engels: yesterday, the previous day
Nederlands: gister

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: poppekas
Volgende onderwerp: tannie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 23:18:00 MGT 2024