Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » agter
agter [boodskap #126186] So, 26 Mei 2019 09:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agter
Afbreking: ag•ter




Voorsetsel: agter

Betekenis:
• Nie voor nie, maar verder weg (vanaf die spreker gesien).
• Aan die agterkant van iets of iemand.

Gebruik:
• Die son gaan skuil agter die wolke.
• Jan parkeer sy motor agter die winkel. Piet sit die hele dag agter sy rekenaar.

Antoniem:
• voor

Vertaling:
Engels: behind, after, at the back of
Nederlands: achter


Bywoord: agter

Betekenis:
• Nog nie opgevang of tot waar jy moet wees nie.
• Later in rangorde.

Gebruik:
• Hy is agter met sy werk.
• PSV is agter Ajax en Feyenoord in die eredivisie.

Spreekwoord:
Agter die kap van die byl kom. [Iets agterkom; uitvind hoe iets inmekaarsteek.]
Agter die net vis. [Iets probeer doen as dit te laat is.]
Agter elke bos uitskop. [Dit is volop.]
Agter elke hond aanblaf. [Geen eie oordeel hê nie en ander napraat.]
Agter geld soos die duiwel agter 'n siel aan. [Baie geldgierig.]
Agter geslote deure. [In die geheim.]
Agter jou neus aanloop. [Iets doen sonder om te dink.]
Agter slot en grendel. [In die tronk sit.]
Agter sy rug iets doen. [Iets doen sodat hy niks daarvan weet nie.]
• As jy self agter die deur staan, soek jy 'n ander ook daar. [Jou eie gebreke sien jy maklik in 'n ander ook raak.]
• Daar sit iets agter. [Daar is onbekende redes.]
• Die bobbejaan agter die bult gaan haal. [Moeilikheid vooruitloop. jou kwel oor iets wat nog nie gebeur het nie.]
• Die duiwel sit agter sy nek. [Hy is nukkerig.]
• Die een skuil agter die ander. [Hulle gee mekaar die skuld.]
• Dis agter die rug. [Dis verby.]
• Ek wil agter die waarheid kom. [Uitvind wat waar is.]
• Hulle is agter die bos getroud. [Hulle is nie wettig getroud.]
• Hy bly agter die skerms. [Hy tree nie openlik op nie.]
• Sy het baie jare agter die rug. [Baie oud.]
• Hy het 'n paar kruisies agter die rug. [Hy is al taamlik bejaard.]
• Sy is agter die tyd. [Outyds; nie op hoogte wees nie.]
• Hy is nog nat agter die ore. [Nog jonk en onervare.]
• Sy is nie eers droog agter die ore nie. [Baie jonk en onervare.]
• Hy sit agter die wiel. [Hy bestuur.]
• Sy staan agter my. [Hy por my aan.]
• Jy moet oë van voor en van agter hê. [Alles goed waarneem.]
• Loop of die duiwel agter jou is. [Baie vinnig loop.]
• Meneer voor en Meneer agter. [Gesê as iemand oordrewe beleef is.]
• Hy praat agter my rug. [Van iemand skinder.]
• Sy skepe agter hom verbrand. [Hom die moontlikheid om terug te keer, ontneem; 'n onherroeplike stap doen.]
• Iemand liewer van agter van voor sien. [Liewer sien weggaan as kom.]
• Van agter beter lyk as van voor. [Lelik wees.]

Antoniem:
• voor

Afgelei:
• heelagter
• hotagter
• agterkant

Vertaling:
Engels: behind, after, at the back of
Nederlands: achter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gebaseer
Volgende onderwerp: toegeken
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 00:38:58 MGT 2024