Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » alles
alles [boodskap #126178] So, 26 Mei 2019 08:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
alles
Afbreking: al•les




Voornaamwoord: alles

Betekenis:
• Al die dinge saam; die hele versameling of hoeveelheid sonder uitsondering.

Gebruik:
• In sy poging om alles te betwyfel, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat hy alles kon betwyfel, behalwe die feit dat hy twyfel.

Spreekwoord:
• Oor alles en nog wat. [Oor baie sake.]
Alles is na die maan. [Alles is verlore.]
Alles is tot niet. [Alles is verlore.]
Alles maak en breek. [Alles uit woede wil breek; alles met geweld wil doen.]
Alles op die spel sit. [Alles waag.]
Alles op een kaart sit. [Alles in een slag wys.]
Alles staan op los skroewe. [Alles is deurmekaar.]
Alles uitblaker. [Geheim rondvertel.]
Alles vir soetkoek opeet. [Alles glo wat iemand vir jou vertel.]
Alles word vir jou op 'n skinkbord aangedra. [Jy bekom alles sonder inspanning.]
• Ja en amen sê op alles. [Alles goedkeur. Instem sonder om ’n eie mening uit te spreek.]
• Dis alles maanskyn en rose. [Alles is voorspoedig en goed.]
• Dis alles net lippetaal. [Die woorde is nie eg en opreg nie.]
• Dis alles pure wind. [Dis sommer 'n grootpratery.]
• Dis nie alles goud wat blink nie. [Nie alles wat mooi lyk, is goed nie.]
• Dis nie alles gras wat groen is nie. [Skyn bedrieg.]
• Einde goed, alles goed. [As alles goed afloop, vergeet 'n mens al die moeilikheid verbonde aan die saak.]
• Hy is die spil waarom alles draai. [Die leidende persoon.]
• Hy jaag alles deur sy keel. [Jou besittings aan sterk drank verkwis.]
• Hy raap en skraap alles. [Hy versamel voor die voet.]
• Hy wil alles kort en klein slaan. [Hy wil alles breek.]
• Vir die reine is alles rein. [Op sigself is niks onrein nie.]

Vertaling:
Engels: everything, all
Nederlands: alles

Nota:
• "Alles" word soms verkort tot "als".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Transvaal
Volgende onderwerp: meerderheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 03:16:14 MGT 2024