Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Olifantdebat
Olifantdebat [boodskap #99620] Di, 19 Oktober 2004 08:29
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Aan die gang is die debat oor die olifante van die Krugerwildtuin en
Botswana se nasionale parke uitgedun moet word al dan nie. Aan die een
kant is die groep mense wat reken die olifante is eenvoudig te veel en besig
om die omgewing te vernietig en dat 'n drastiese uitdunningsprogram gedoen
sal moet word. Teenoor hulle is natuurlik die groep wat reken dat geen
olifant behoort uitgedun te word nie en dat ander maniere gesoek moet word
om die getalle van die diere te beheer....soos geboortebeperking, oorplasing
van diere na ander areas, ens.
'n Baie interessante bydrae was egter die ou wat gereken het dat 'n dier
net gaan waar water is en dat die skepping van kunsmatige watergate
en -punte in die Kruger die oorsaak is dat die olifantgetalle so hoog is.
Beperk die beskikbare water en die getalle sal afneem. Dit maak nogal sin,
want die woestynolifante van die Namib se getalle is ook besig om stadig
handuit te ruk. Die rede is definitief nie dat daar meer kos is nie, maar
meer en meer bestaansboere skep wel waterpunte in die Namib wat nooit
bestaan het nie en die olifante gebruik dit en teel aan.
As 'n langtermyplan het dit seker meriete, maar mens wonder net of
hierdie proffie al wel bygestaan en kyk het hoe 'n dier vrek van dors. In
'n droogte is dit al erg genoeg, maar as jy wel water beskikbaar het? Dalk
sal die konferensie hierdie week meer lig en 'n praktiese uitvoeringsplan
gee?
Vorige onderwerp: Oor "In Dutch"
Volgende onderwerp: vir basjan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 14:08:34 MGT 2024