Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Etosha se leeus
Etosha se leeus [boodskap #99407] Wo, 13 Oktober 2004 10:05
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Aan die westekant van die wildtuin is daar groot ongelukkigheid onder die
boere wat grens met die Etosha Nasionale park. Leeus het 'n gat in die
grensdrade gekry en die plase ingevaar. lekker onder die bees begin vang
en hulle dik gevreet en omtrent al by die R100 000 se skade aangerig. Die
boere wil hulle skiet voor nog skade aangerig word en Natuurbewaring keer
dat die sop spat en verbied die boere om die leeus te skiet want dis die
Park se leeus en hulle sal hulle kom terughaal. Intussen eet die leeus
maar lekker gratis steak........
Die boere wil die grensdraad tussen hul plase en die wildtuin beveilig
hê [veral beter in stand gehou word], maar Natuurbewaring sê daar's nie geld
daarvoor nie. Vra jy die vraag wie se leeus dit is, dan is dit die Staat
se leeus, maar vra jy wie gaan betaal vir die bees wat vrekgebyt is, dan
raak so 'n staatsamptenaar darem met die stomheid geslaan, jy sal dit nie
glo nie! Kenners van wild reken meeste dat so 'n leeu wat eers die lekker
pad van die plase gevat het, sal nie weer kan wegbly nie en dis beter dat
die diere gejag word..........trofeejag want jy kan maklik tot R30 000+ kry
vir 'n wilde leeu jag by oorsese jagters, maar nee, die 'greenies' skeit in
hul spreekwoordelike polisierok!
Vorige onderwerp: Vraag aan Ferdi: re Zuma
Volgende onderwerp: Re: So dit kan nie in die RSA gebeur nie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 06:03:47 MGT 2024