Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vraag aan Ferdi: re Zuma
Vraag aan Ferdi: re Zuma [boodskap #99349] Ma, 11 Oktober 2004 09:13 na volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi,

Ek sien Beeld se voorblad dra vandag 'n artikel aangaande Schabir
Shaik, finansiële raadgewer en vriend van adj.pres. Jacob Zuma.

Kan jy ons, in 'n neutedop, bietjie insig gee tot die agtergrond van
hierdie saak.

Wat ek ook graag wil weet, is wat jou opinie is van hierdie Jacob
Zuma?
Re: Vraag aan Ferdi: re Zuma [boodskap #99350 is 'n antwoord op boodskap #99349] Ma, 11 Oktober 2004 10:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Daar is twee angles op die ding. Regs en polities.
Volgens die klagstaat lyk dit of Shaik oor 'n aantal jare geld aan
Zuma gegee/geleen het.
Mag 'n politikus se vriend aan hom geld gee?

Dit lyk asof Zuma nie goed met geld werk nie.
Voeg hierby die werklikheid dat baie van die exiles actually nooit 'n
persoonlike bankrekening ooit kon opbou soos politici gewoonlik doen
voor hulle die politiek betree nie.
Die ouens moes land inkom, huis koop, kinders skool toe stuur, kar
koop ens. alles in een slag. En sommihe het 'n top-lewensstyl.
Die ander kant van dit is dat baie van hulle dit wel gedoen het sonder
'n gemors van hul persoonlike finansies te maak.

Anyway, so Shaik gee vir Zuma geld.
Die vraag is of hy dienste in ruil gekry het. Dis waarskynlik die crux
van die saak.

Onthou ook - soos die redakteur van die Business Day in sy rubriek
geskryf het, dit alles werk uit op R200 000 per jaar. Is dit wat Zuma
vra as hy in die mark is vir omkoop as adjunk-president?

Die aanklag is ook dat hy die omkoopgeld sou ontvang het om beskerming
te gee in wapen-aankoop-kontrakte, maar Zuma was nerens klaarblyklik
in 'n posisie om sulke beskerming te gee nie. Die adj-pres werk nie
daarmee nie.

Die politieke kwessie is dat Zuma wel in die running is om Thabo op te
volg en dat die aanklagte en ondersoeke nou twee keer voortydig gelek
is en dat dit wel Zuma se naam skade doen.

Soos dit vir my lyk kan Zuma nie baie goed met sy geldsake werk nie en
het hy sakeman-vriende wat hom geld gegee het.

Die twee vrae dan: Was dit omkoopgeld? En indien nie, is dit gesond
dat politici geld van sakemanne kry? Ek vermoed dit gebeur meer kere
as wat mens dink.

En dan - was die ondersoek gelek om Zuma te diskrediteer?

Die hofsaak gaan aantoon of die skenkings omkoopgeld/korrupsie was of
nie.

Die kanse is daar gaan bevind word daar was geen korrupsie bewys nie.
Maar dat dit nie ys van 'n adj pres is om geld van sakemanne te vat
nie.
En dat die boekhou van daardie geld nie 'n voorbeeld van boekhouding
was nie.

Dit sal ons dan laat presies waar ons begin het.

On 11 Oct 2004 02:13:56 -0700, tak_...@yahoo.co.uk (BitterEinder) wrote:

> Ferdi,
>
> Ek sien Beeld se voorblad dra vandag 'n artikel aangaande Schabir
> Shaik, finansiële raadgewer en vriend van adj.pres. Jacob Zuma.
>
> Kan jy ons, in 'n neutedop, bietjie insig gee tot die agtergrond van
> hierdie saak.
>
> Wat ek ook graag wil weet, is wat jou opinie is van hierdie Jacob
> Zuma?
Re: Vraag aan Ferdi: re Zuma [boodskap #99364 is 'n antwoord op boodskap #99350] Di, 12 Oktober 2004 02:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdietjiekie - volgens die koerantberigte in my besit het Shaik se
besigheid die geld aan Zuma "geleen" - en nie die persoon nie. Daar is
ietwat van 'n verskil - veral vanuit 'n regsoogpunt.
Nêrens kom die woord "leen" voor waar daar na die geld verwys word nie.
Ook - dis die eerste maal dat ek hoor dat hy jaarliks bedrae van R200,000
betaal is - wat is jou inligtingsbron in hierdie verband?
Zuma asook Shaik het tot nogtoe al die tyd in die wêreld gehad om die
"volle" verhaal te vertel - en het hulle nie.
Die meerderheid ANC-lede wil van Zuma ontslae raak - Mbkei se probleem is
dat Zuma hom dan moontlik na Inkatha kan wend - en word die Zulu's weereens
'n faktor om mee te reken.
Re: Vraag aan Ferdi: re Zuma [boodskap #99369 is 'n antwoord op boodskap #99350] Di, 12 Oktober 2004 06:36 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:7smkm0d6t22eoq407dsodqbdssm38ui0d7@4ax.com...
>
>
> Daar is twee angles op die ding. Regs en polities.
> Volgens die klagstaat lyk dit of Shaik oor 'n aantal jare geld aan
> Zuma gegee/geleen het.
> Mag 'n politikus se vriend aan hom geld gee?
-----Nee en altyd nee! Dit plaas hom in 'n beïnvloedbare posisie en dit is
iets waaraan die verantwoordelike amptenaar hom nooit sal blootstel nie en
as hy dit doen....ghoebaai!

> Anyway, so Shaik gee vir Zuma geld.
> Die vraag is of hy dienste in ruil gekry het. Dis waarskynlik die crux
> van die saak.
-----Natuurlik het hy! Dink jy werklik enigiemand sal geld skenk aan 'n
invloedryke persoon sonder om sy pond vleis terug te verwag?
>
> Onthou ook - soos die redakteur van die Business Day in sy rubriek
> geskryf het, dit alles werk uit op R200 000 per jaar. Is dit wat Zuma
> vra as hy in die mark is vir omkoop as adjunk-president?
------Ek weet van gevalle waar mense vir baie minder omgekoop is. Verder
moet jy onthou dat enige voordele wat uit sy invloed kon gespruit het, hy
ook 'n aandeel in die 'spoils' kon gehad het. 'n Simpel voorbeeld. Toe
die spul verouderde Chevs aan Nam gesmous is, het Sam Nujoma darem lekker in
die VSA gekuier. Hierdie byvoordele is ook deel van die omkoop.
>
> Die aanklag is ook dat hy die omkoopgeld sou ontvang het om beskerming
> te gee in wapen-aankoop-kontrakte, maar Zuma was nerens klaarblyklik
> in 'n posisie om sulke beskerming te gee nie. Die adj-pres werk nie
> daarmee nie.
------Maar as Adj. pres kan hy dalk op 'n paar knoppe druk wat sal kak as hy
sê kak?
>
> Dit sal ons dan laat presies waar ons begin het.
-------'n Korrupte ou wat verskonings soek vir sy omkoopbaarheid?
Vorige onderwerp: Het die Aussies die pad gewys?
Volgende onderwerp: Etosha se leeus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 01:21:22 MGT 2024