Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ongelooflik vereenvoudigde apartheid ...
Ongelooflik vereenvoudigde apartheid ... [boodskap #98790] Ma, 27 September 2004 09:59 na volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek verstom my aan die inhoud en lengte van "apartheids threads" (sê mens
"draad"?). Op die ou einde is dit (lekker) argumente wat nimmereindigend
herhaal word:

1. Een groep sien Afrika oppad na sy volle glorie na dekades van onreg aan
die witman se hand (vereenvoudig t.w.v. lengte).
2. 'n Tweede groep voel dieselfde betreffende die onreg, maar voel die
witmens het reeds te veel skade gedoen aan die Afrika-nasies.
3. 'n Derde groep sien Afrika as ietwat van 'n "lost cause", maar erken wel
dat apartheid verkeerd was. Hierdie groep hoop wel dat dit beter sal gaan,
bloot a.g.v. liefde vir die plek en mense. Meeste mense in hierdie groep
beweer dat Afrika geensins beter daaraan toe sou gewees het as witmense
nooit hier aangeland het nie (om beskuldigings van draadsittery te voorkom,
ek sien myself in die groep).
3. Dan is daar die vierde groep, wat terugverlang na apartheid (vereenvoudig
t.w.v. lengte).

Ek dink min/geen mense kan 'n elegante redenasie aanvoer dat apartheid reg
was nie. Maar min/geen mense kan ook bewys dat Afrika so wonderlik sou
gewees het sonder wit inmenging nie. Dit is 'n geweldige komplekse saak -
waar sou Afrika/Amerika/Australië regtig gewees het as dit nooit enige
ontwikkelde mens (in terme van tegnologie) gesien het nie? Sou tannie
Gloudina na Kanada toe uitgewyk het as dit nog deur die oorpsonklike nasies
beset was? Of sou die tekort aan water, hoë mortaliteit, armer leefwyse
(ens. ens. ens.) die meeste mense afgeskrik het?

Ek dink selfs dat geen 50 faktore kan genoem word wat of groepe 1 - 3 se
sienswyse volledig staaf nie. Let asseblief dat ek nie goeie bespreking
afkeur nie, maar slegs sê dat ons altyd oppad na 'n oplossing of
verduideliking sal wees. Vereenvouding: Wie sou ek vandag gewees het as ek
ander ouers gehad het...

Wat ek as nie-geskiedkundige ook nie verstaan nie, is die volgende:

Deur die ganse bestaan van die mens is jy of oorwin of jy het oorwin. Daar
is onderhandel en land/besittings het van eienaar verwissel. Vanwaar die
groot verskil in die huidige bestel? Het ons sodanig ontwikkel dat
"geregtigheid" uiteindelik voorrang geniet bo brutaliteit, krag, of
ontwikkelings-vermoëns (entrepeneurskap)? As dit dan wel die geval is, moet
die meeste van suidelike Afrika terug na die San-mense. As ek dit reg het,
is meeste van die huidige swartstamme vanuit Noord-Afrika en dus ook
"besetters" van grondgebied wat nie aan hulle behoort nie. En dieselfde
geld in ander wêrelddele - gee dit dan terug aan die regmatige eienaars!
Elke bestaande ontwikkelde land en mens kan selfs sê ontwikkelende land, is
op die rug van "onderworpenes" gebou. Of sulke siele is misbruik vir
goedkoop arbeid, of hulle is verneuk, of hulle is uitgemoor. Dus het alle
besetters gesondig, SA inkluis. Kanada inkluis. Al wat anders gebeur het
in SA, is dat inboorlinge nie voor die voet uitgemoor is nie (daar is wel
uitsonderinge, ek weet), maar meesal vredevolle oplossings is eers gesoek.
'n Interessante feit: Daar word geskat dat die swart-wit verhouding rondom
die begin van die 20ste eeu naby aan 1:1 was (ongeveer 1 miljoen elk). Wat
nog 'n kan wurms oopmaak - as ek jou kan uitteel, verhoog my aanspraak op
landgebied?

Ek gesels sommer....

Basjan
Re: Ongelooflik vereenvoudigde apartheid ... [boodskap #98801 is 'n antwoord op boodskap #98790] Ma, 27 September 2004 15:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan"

Meeste mense in hierdie groep
> beweer dat Afrika geensins beter daaraan toe sou gewees het as witmense
> nooit hier aangeland het nie (om beskuldigings van draadsittery te voorkom,
> ek sien myself in die groep). Maar min/geen mense kan ook bewys dat Afrika so wonderlik sou
> gewees het sonder wit inmenging nie. Dus het alle
> besetters gesondig, SA inkluis. Kanada inkluis. Al wat anders gebeur het
> in SA, is dat inboorlinge nie voor die voet uitgemoor is nie (daar is wel
> uitsonderinge, ek weet), maar meesal vredevolle oplossings is eers gesoek.
> 'n Interessante feit: Daar word geskat dat die swart-wit verhouding rondom
> die begin van die 20ste eeu naby aan 1:1 was (ongeveer 1 miljoen elk). Wat
> nog 'n kan wurms oopmaak - as ek jou kan uitteel, verhoog my aanspraak op
> landgebied?

Sonder dat jy dit seker opmerk, is daar 'n hele klomp
"argumente" in wat ek hierbo aanhaal, wat jy bietjie
nader moet bekyk. Soos byvoorbeeld die assumpsie
dat die swartes vinniger "aanteel" en dus so die mag
"in die hande kry." ( Ek is baie seker dat daardie
50% swart 50% wit aan die begin van die 20ste
eeu nie akkuraat kan wees nie. Waarvandaan kry
jy jou syfers? ) Mens kan ook argumenteer dat
apartheid, deur te verhinder dat 'n swart middel klas
ontwikkel, eintlik hierdie "teling" aangemoedig het.
Want dis 'n bekende feit dat die middelklas, veral
as die vrouens in so 'n maatskappy bemagtig voel,
hulle dadelik minder kinders kry. Hier in Kanada
is daar nog baie families, veral Katolieke families,
wat baie kinders gehad het. ( My een skoondogter
is die jongste van !3 kinders.)
Maar dit is eintlik nodig om die huidige feit in die
gesig te staar. SA is basies 'n swart land, met net
'n handjievol sogenaamde "wit mense" wat tot
kort gelede al die mag in hulle hande gehad het
en op amper al die goeie plaasgrond gesit het.
Die saak moet verander. Die staatsdiens moet
baie vinnig die land se bevolking weerspieël.
Anders gaan daar rewolusie kom. Enigiets wat
'n sagte landing kan help veroorsaak, behoort
toegejuig te word, in plaas van om afgekeur te
word. Onthou, SA is basies 'n swart land. Dis
nie basies wit, soos België, nie. Wat mens nou
kan sê van die VSA en die onbalanse daar, is
'n ander saak.

Gloudina
Re: Ongelooflik vereenvoudigde apartheid ... [boodskap #98802 is 'n antwoord op boodskap #98801] Ma, 27 September 2004 16:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die eenvoudige waarheid is dat die westerse bevolking in SA 'n korolasie
toon met die demografiese neigings van ander Westerse wêreld dele. Vir
presies dieselfde redes as in daardie genoemde dele.

Die term Westerling hier, sluit in alle rasse wat Westerse
kultuurwaardes deel. Wit, swart, pienk, groen en oranje.

Groete
Plato

@rogers.com wrote:
> "Basjan"
>
> Meeste mense in hierdie groep
>
>> beweer dat Afrika geensins beter daaraan toe sou gewees het as witmense
>> nooit hier aangeland het nie (om beskuldigings van draadsittery te
>
> voorkom,
>
>> ek sien myself in die groep).
>
> Maar min/geen mense kan ook bewys dat Afrika so wonderlik sou
>
>> gewees het sonder wit inmenging nie.
>
> Dus het alle
>
>> besetters gesondig, SA inkluis. Kanada inkluis. Al wat anders gebeur het
>> in SA, is dat inboorlinge nie voor die voet uitgemoor is nie (daar is wel
>> uitsonderinge, ek weet), maar meesal vredevolle oplossings is eers gesoek.
>> 'n Interessante feit: Daar word geskat dat die swart-wit verhouding
>
> rondom
>
>> die begin van die 20ste eeu naby aan 1:1 was (ongeveer 1 miljoen elk).
>
> Wat
>
>> nog 'n kan wurms oopmaak - as ek jou kan uitteel, verhoog my aanspraak op
>> landgebied?
>
>
> Sonder dat jy dit seker opmerk, is daar 'n hele klomp
> "argumente" in wat ek hierbo aanhaal, wat jy bietjie
> nader moet bekyk. Soos byvoorbeeld die assumpsie
> dat die swartes vinniger "aanteel" en dus so die mag
> "in die hande kry." ( Ek is baie seker dat daardie
> 50% swart 50% wit aan die begin van die 20ste
> eeu nie akkuraat kan wees nie. Waarvandaan kry
> jy jou syfers? ) Mens kan ook argumenteer dat
> apartheid, deur te verhinder dat 'n swart middel klas
> ontwikkel, eintlik hierdie "teling" aangemoedig het.
> Want dis 'n bekende feit dat die middelklas, veral
> as die vrouens in so 'n maatskappy bemagtig voel,
> hulle dadelik minder kinders kry. Hier in Kanada
> is daar nog baie families, veral Katolieke families,
> wat baie kinders gehad het. ( My een skoondogter
> is die jongste van !3 kinders.)
> Maar dit is eintlik nodig om die huidige feit in die
> gesig te staar. SA is basies 'n swart land, met net
> 'n handjievol sogenaamde "wit mense" wat tot
> kort gelede al die mag in hulle hande gehad het
> en op amper al die goeie plaasgrond gesit het.
> Die saak moet verander. Die staatsdiens moet
> baie vinnig die land se bevolking weerspieël.
> Anders gaan daar rewolusie kom. Enigiets wat
> 'n sagte landing kan help veroorsaak, behoort
> toegejuig te word, in plaas van om afgekeur te
> word. Onthou, SA is basies 'n swart land. Dis
> nie basies wit, soos België, nie. Wat mens nou
> kan sê van die VSA en die onbalanse daar, is
> 'n ander saak.
>
> Gloudina
>
Re: Ongelooflik vereenvoudigde apartheid ... [boodskap #98810 is 'n antwoord op boodskap #98790] Di, 28 September 2004 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf in boodskap news:cj8oat$ete$1@solaris.cc.vt.edu...
>
> Deur die ganse bestaan van die mens is jy of oorwin of jy het oorwin. Daar
> is onderhandel en land/besittings het van eienaar verwissel. Vanwaar die
> groot verskil in die huidige bestel? Het ons sodanig ontwikkel dat
> "geregtigheid" uiteindelik voorrang geniet bo brutaliteit, krag, of
> ontwikkelings-vermoëns (entrepeneurskap)?
-----Dis presies daarom dat die meeste mense betrokke in ons land met die
herverdeling van grond, hierdie hele poging deur Mugabe en nou Swapo, sien
as 'n politieke foefie [van 'n geestesarm regering wat nie behoorlik kan
regeer of praktiese oplossings kan bied vir sy honger mense op die grond
nie], nie om grond vir benadeeldes te kry nie.....om ontwikkelde eiendomme
vir belaglike pryse te kry [verkieslik met skenkersgeld] en so die party se
broeders finansieel te bevoordeel en die ryk elite van die regering te
verbreed. Jy sal verstom wees om te sien dat van die hervestigingsgrond
toegeken word aan staatsamptenare wat meer as R400 000 per jaar verdien!

As dit dan wel die geval is, moet
> die meeste van suidelike Afrika terug na die San-mense. As ek dit reg het,
> is meeste van die huidige swartstamme vanuit Noord-Afrika en dus ook
> "besetters" van grondgebied wat nie aan hulle behoort nie.
-----Plus natuurlik die feit dat meeste van die plase wat nie natuurlike
water op het nie [rivier, fontein, ens] nie kon bewoon gewees het deur
enigiemand nie want die tegnologie om water onder die grond uit te kry het
nog nie in Afrika bestaan nie tot vroeg in die 20ste eeu nie. Seker maar
soos die ou antie sal sê daar waar haar oog kan sien, daar is haar eiendom?

> 'n Interessante feit: Daar word geskat dat die swart-wit verhouding rondom
> die begin van die 20ste eeu naby aan 1:1 was (ongeveer 1 miljoen elk). Wat
> nog 'n kan wurms oopmaak - as ek jou kan uitteel, verhoog my aanspraak op
> landgebied?
-----Ek weet nie van jou statistieke nie, maar wat ek wel weet, is dat voor
die Turnhalle beraad in Windhoek begin het, was die blankes die tweede
grootste bevolkingsgroep in SWA gewees.
>
> Ek gesels sommer....
>
> Basjan
>
Re: Ongelooflik vereenvoudigde apartheid ... [boodskap #98811 is 'n antwoord op boodskap #98801] Di, 28 September 2004 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soos ek jou hierbo gevra het, hoekom is dit so dat mense wat skaars genoeg
kos vir hulleself het, 12 of meer kinders maak? Wat sou jy dit roep?
Verantwoordelikheid teenoor jou nageslag? Daar is geen manier wat hierdie
mense vir hul hordes 'n sinvolle toekoms kan gee nie, maar kinders die maak
hulle.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:2Y-dnYhNhdV2sMXcRVn-rg@rogers.com...
>
> "Basjan"
>
> Meeste mense in hierdie groep
>> beweer dat Afrika geensins beter daaraan toe sou gewees het as witmense
>> nooit hier aangeland het nie (om beskuldigings van draadsittery te
> voorkom,
>> ek sien myself in die groep).
> Maar min/geen mense kan ook bewys dat Afrika so wonderlik sou
>> gewees het sonder wit inmenging nie.
> Dus het alle
>> besetters gesondig, SA inkluis. Kanada inkluis. Al wat anders gebeur het
>> in SA, is dat inboorlinge nie voor die voet uitgemoor is nie (daar is wel
>> uitsonderinge, ek weet), maar meesal vredevolle oplossings is eers gesoek.
>> 'n Interessante feit: Daar word geskat dat die swart-wit verhouding
> rondom
>> die begin van die 20ste eeu naby aan 1:1 was (ongeveer 1 miljoen elk).
> Wat
>> nog 'n kan wurms oopmaak - as ek jou kan uitteel, verhoog my aanspraak op
>> landgebied?
>
> Sonder dat jy dit seker opmerk, is daar 'n hele klomp
> "argumente" in wat ek hierbo aanhaal, wat jy bietjie
> nader moet bekyk. Soos byvoorbeeld die assumpsie
> dat die swartes vinniger "aanteel" en dus so die mag
> "in die hande kry." ( Ek is baie seker dat daardie
> 50% swart 50% wit aan die begin van die 20ste
> eeu nie akkuraat kan wees nie. Waarvandaan kry
> jy jou syfers? ) Mens kan ook argumenteer dat
> apartheid, deur te verhinder dat 'n swart middel klas
> ontwikkel, eintlik hierdie "teling" aangemoedig het.
> Want dis 'n bekende feit dat die middelklas, veral
> as die vrouens in so 'n maatskappy bemagtig voel,
> hulle dadelik minder kinders kry. Hier in Kanada
> is daar nog baie families, veral Katolieke families,
> wat baie kinders gehad het. ( My een skoondogter
> is die jongste van !3 kinders.)
> Maar dit is eintlik nodig om die huidige feit in die
> gesig te staar. SA is basies 'n swart land, met net
> 'n handjievol sogenaamde "wit mense" wat tot
> kort gelede al die mag in hulle hande gehad het
> en op amper al die goeie plaasgrond gesit het.
> Die saak moet verander. Die staatsdiens moet
> baie vinnig die land se bevolking weerspieël.
> Anders gaan daar rewolusie kom. Enigiets wat
> 'n sagte landing kan help veroorsaak, behoort
> toegejuig te word, in plaas van om afgekeur te
> word. Onthou, SA is basies 'n swart land. Dis
> nie basies wit, soos België, nie. Wat mens nou
> kan sê van die VSA en die onbalanse daar, is
> 'n ander saak.
>
> Gloudina
>
Re: Ongelooflik vereenvoudigde apartheid ... [boodskap #98843 is 'n antwoord op boodskap #98811] Di, 28 September 2004 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 28 Sep 2004 08:36:50 +0200, "Suidwester" wrote:

> Soos ek jou hierbo gevra het, hoekom is dit so dat mense wat skaars genoeg
> kos vir hulleself het, 12 of meer kinders maak? Wat sou jy dit roep?
> Verantwoordelikheid teenoor jou nageslag? Daar is geen manier wat hierdie
> mense vir hul hordes 'n sinvolle toekoms kan gee nie, maar kinders die maak
> hulle.

Ek dink dat die swartes kinders as pensioen sien.
Hoe meer pensioene daar is om vir sy ou dag te sorg,
hoe beter. Die premie wat hy moet betaal om daardie
pensioene groot te maak, is op daardie oomblik nie
'n faktor nie, want hy beplan vorentoe.

DD
Re: Ongelooflik vereenvoudigde apartheid ... [boodskap #99078 is 'n antwoord op boodskap #98790] Di, 05 Oktober 2004 04:26 Na vorige boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hi

Ek sal dit dan ook kort hou. Mooi opgesom. Ek sit saam met jou in groep
nr. 3

Groete
Plato

Basjan wrote:
> Ek verstom my aan die inhoud en lengte van "apartheids threads" (sê mens
> "draad"?). Op die ou einde is dit (lekker) argumente wat nimmereindigend
> herhaal word:
>
> 1. Een groep sien Afrika oppad na sy volle glorie na dekades van onreg aan
> die witman se hand (vereenvoudig t.w.v. lengte).
> 2. 'n Tweede groep voel dieselfde betreffende die onreg, maar voel die
> witmens het reeds te veel skade gedoen aan die Afrika-nasies.
> 3. 'n Derde groep sien Afrika as ietwat van 'n "lost cause", maar erken wel
> dat apartheid verkeerd was. Hierdie groep hoop wel dat dit beter sal gaan,
> bloot a.g.v. liefde vir die plek en mense. Meeste mense in hierdie groep
> beweer dat Afrika geensins beter daaraan toe sou gewees het as witmense
> nooit hier aangeland het nie (om beskuldigings van draadsittery te voorkom,
> ek sien myself in die groep).
> 3. Dan is daar die vierde groep, wat terugverlang na apartheid (vereenvoudig
> t.w.v. lengte).
>
> Ek dink min/geen mense kan 'n elegante redenasie aanvoer dat apartheid reg
> was nie. Maar min/geen mense kan ook bewys dat Afrika so wonderlik sou
> gewees het sonder wit inmenging nie. Dit is 'n geweldige komplekse saak -
> waar sou Afrika/Amerika/Australië regtig gewees het as dit nooit enige
> ontwikkelde mens (in terme van tegnologie) gesien het nie? Sou tannie
> Gloudina na Kanada toe uitgewyk het as dit nog deur die oorpsonklike nasies
> beset was? Of sou die tekort aan water, hoë mortaliteit, armer leefwyse
> (ens. ens. ens.) die meeste mense afgeskrik het?
>
> Ek dink selfs dat geen 50 faktore kan genoem word wat of groepe 1 - 3 se
> sienswyse volledig staaf nie. Let asseblief dat ek nie goeie bespreking
> afkeur nie, maar slegs sê dat ons altyd oppad na 'n oplossing of
> verduideliking sal wees. Vereenvouding: Wie sou ek vandag gewees het as ek
> ander ouers gehad het...
>
> Wat ek as nie-geskiedkundige ook nie verstaan nie, is die volgende:
>
> Deur die ganse bestaan van die mens is jy of oorwin of jy het oorwin. Daar
> is onderhandel en land/besittings het van eienaar verwissel. Vanwaar die
> groot verskil in die huidige bestel? Het ons sodanig ontwikkel dat
> "geregtigheid" uiteindelik voorrang geniet bo brutaliteit, krag, of
> ontwikkelings-vermoëns (entrepeneurskap)? As dit dan wel die geval is, moet
> die meeste van suidelike Afrika terug na die San-mense. As ek dit reg het,
> is meeste van die huidige swartstamme vanuit Noord-Afrika en dus ook
> "besetters" van grondgebied wat nie aan hulle behoort nie. En dieselfde
> geld in ander wêrelddele - gee dit dan terug aan die regmatige eienaars!
> Elke bestaande ontwikkelde land en mens kan selfs sê ontwikkelende land, is
> op die rug van "onderworpenes" gebou. Of sulke siele is misbruik vir
> goedkoop arbeid, of hulle is verneuk, of hulle is uitgemoor. Dus het alle
> besetters gesondig, SA inkluis. Kanada inkluis. Al wat anders gebeur het
> in SA, is dat inboorlinge nie voor die voet uitgemoor is nie (daar is wel
> uitsonderinge, ek weet), maar meesal vredevolle oplossings is eers gesoek.
> 'n Interessante feit: Daar word geskat dat die swart-wit verhouding rondom
> die begin van die 20ste eeu naby aan 1:1 was (ongeveer 1 miljoen elk). Wat
> nog 'n kan wurms oopmaak - as ek jou kan uitteel, verhoog my aanspraak op
> landgebied?
>
> Ek gesels sommer....
>
> Basjan
>
Vorige onderwerp: Hy het 'n punt beet
Volgende onderwerp: RWC1995 Finaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:19:22 MGT 2024