Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hy het 'n punt beet
Hy het 'n punt beet [boodskap #98955] Vr, 01 Oktober 2004 10:17 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
'n Skrywer in vandag se Cape Times beweer, en ek stem volmondig met hom
saam, dat geen persoon wat al ooit afkoopgeld betaal het of gevra het om
afkoopgeld te betaal, kan kla oor korrupsie nie.
--
Groetnis
Annette
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99012 is 'n antwoord op boodskap #98955] Sa, 02 Oktober 2004 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hy is presies reg, in beginsel, maar die amptenary maak dit vir jou amper
onmoontlik om nie te betaal nie. In Mexiko moes ons hoes vir 'n agterste
passasier wat nie 'n sitplekgordel aangehad het nie [die voertuig het nie
eers een gehad nie]. Jy betaal daar en dan, of jy los jou gehuurde kar net
daar en jy stap 8 blokke in Mexikostad na die een of ander obskure
regeringsgebou waar niemand Engels verstaan nie.
Of, hier by julle, vang hulle my dat ek nie doodstop by 'n spooroorgang
[het so 180 gecruise en die afstand effe onderskat en wou nie wiele sleep
nie toe stop ek dood nie en idle oor die spore]nie en bied 'n kaartjie aan
van R800. Hulle het gesien die kar het 'n Namibiese registrasie en toe ek
kla oor die bedrag so hoog is, toe vra die ou vir my wat dink ék is die stop
werd? Nou, as ek hof toe moes gaan om die saak te beveg, moes ek later
weer terugkom Gauteng toe, wegbly van die besigheid af, ens. en dit sou my
duisende gekos het net om die R800 minder te kry? Toe sê ek vir hom so
R100 behoort reg te wees. Toe reken hy R50 cash vir elkeen van hulle sal
die kaartjie 'laat vlieg'.
Ek het betaal en later gedink 'as ek maar' die gesprek kon opneem sou ek
hulle loopbane kon sink en geregtigheid laat seevier, maar glo my, in die
hitte van die oomblik dink jy nie aan sulke goed en het ook nie die items om
dit mee te doen nie.

"Annette" skryf in boodskap news:cjjav6$94a$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Skrywer in vandag se Cape Times beweer, en ek stem volmondig met hom
> saam, dat geen persoon wat al ooit afkoopgeld betaal het of gevra het om
> afkoopgeld te betaal, kan kla oor korrupsie nie.
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99017 is 'n antwoord op boodskap #99012] Sa, 02 Oktober 2004 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou maar juis - al wat ek gesê het waarmee ek saamstem is dat as iemand aan
korrupsie deelneem, dan kan die persoon nie daaroor kla nie.
Lyk my daardie korruptes het jou aan die kortkrulhare beetgehad:))
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:415e4b6d.0@news1.mweb.co.za...
> Hy is presies reg, in beginsel, maar die amptenary maak dit vir jou amper
> onmoontlik om nie te betaal nie. In Mexiko moes ons hoes vir 'n agterste
> passasier wat nie 'n sitplekgordel aangehad het nie [die voertuig het nie
> eers een gehad nie]. Jy betaal daar en dan, of jy los jou gehuurde kar net
> daar en jy stap 8 blokke in Mexikostad na die een of ander obskure
> regeringsgebou waar niemand Engels verstaan nie.
> Of, hier by julle, vang hulle my dat ek nie doodstop by 'n spooroorgang
> [het so 180 gecruise en die afstand effe onderskat en wou nie wiele sleep
> nie toe stop ek dood nie en idle oor die spore]nie en bied 'n kaartjie aan
> van R800. Hulle het gesien die kar het 'n Namibiese registrasie en toe ek
> kla oor die bedrag so hoog is, toe vra die ou vir my wat dink ék is die stop
> werd? Nou, as ek hof toe moes gaan om die saak te beveg, moes ek later
> weer terugkom Gauteng toe, wegbly van die besigheid af, ens. en dit sou my
> duisende gekos het net om die R800 minder te kry? Toe sê ek vir hom so
> R100 behoort reg te wees. Toe reken hy R50 cash vir elkeen van hulle sal
> die kaartjie 'laat vlieg'.
> Ek het betaal en later gedink 'as ek maar' die gesprek kon opneem sou ek
> hulle loopbane kon sink en geregtigheid laat seevier, maar glo my, in die
> hitte van die oomblik dink jy nie aan sulke goed en het ook nie die items om
> dit mee te doen nie.
> "Annette" wrote in message
> news:cjjav6$94a$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Skrywer in vandag se Cape Times beweer, en ek stem volmondig met hom
>> saam, dat geen persoon wat al ooit afkoopgeld betaal het of gevra het om
>> afkoopgeld te betaal, kan kla oor korrupsie nie.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99022 is 'n antwoord op boodskap #99017] Sa, 02 Oktober 2004 09:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy kan nie glo hoe frustrerend dit is nie! In Mexico het die spul die ding
mooi uitgewerk. As jy 'n ou kry wat jou help met jou bagasie, dan vind jy
dat hulle dit net vir 'n sekere distansie doen, dan mag hy nie verder nie en
gee hy oor aan 'n ander man in wie se gebied hy nou is en jy moet dubbeld
fooitjie gee. Hier by ons, dis nou Nam 'n SA, is dinge vinnig besig om
dieselfde pad te loop.....die amptenary wat hulle inkomste aanvul uit sy
situasie van mag oor jou. Praat jy egter met van die swart mense hieroor,
dan sal jy uitvind dat omkoopgeld 'n deel van Afrika is. Dis vry algemeen
vir ons besighede om briewe van amptenare te kry wat vra vir bydraes want
hulle het besluit hulle wil partytjie hou of die een of ander hoë amptenaar
se dogter trou, of wat ook al, jy doen besigheid met hulle en as jy nog
besigheid wil hê, hier's 'n geleentheid om jouself te help! Mits jy hulle
klap met 'n paar rooi note, bygesê! Ons doen dit nie, maar ander doen dit
wel en hulle wen seker daardeur?
Korrupsie het natuurlik vele vorme. Dis algemeen in ons land dat as jy
op jou direksie 'n regstellende gesig het, dan gaan deure oop vir jou en jou
besigheid. Vir 'n feit word jy gedwing, as jy staatsfondse wil leen vir 'n
projek, om 'n sekere aantal regstellende lede op jou 'payroll' te hê voor
hulle vir jou 'n lening gaan gee. Die linkse politieksensitiewes onder ons
sal reken dis reg dat dit so werk, maar dis ook korrupsie!

"Annette" skryf in boodskap news:cjljis$162$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nou maar juis - al wat ek gesê het waarmee ek saamstem is dat as iemand
> aan
> korrupsie deelneem, dan kan die persoon nie daaroor kla nie.
> Lyk my daardie korruptes het jou aan die kortkrulhare beetgehad:))
> --
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99034 is 'n antwoord op boodskap #98955] Sa, 02 Oktober 2004 20:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 1 Oct 2004 12:17:05 +0200, "Annette" wrote:

> 'n Skrywer in vandag se Cape Times beweer, en ek stem volmondig met hom
> saam, dat geen persoon wat al ooit afkoopgeld betaal het of gevra het om
> afkoopgeld te betaal, kan kla oor korrupsie nie.

Wat hy bedoel is dat as jy omkoopgeld betaal, is jy deel van die daad.
Maar om dit dan tot algemene beginsel te verhef en die wat dit al
gedoen het dan uit te sluit van kritiek op die daad, is vlak denke.

Dit sou beteken 'n mens se as jy al ooit 'n leun vertel het, kan jy
niks se oor mense wat lieg nie.

Natuurlik kan jy.

As een oortreding ons uitsluit van enige seggenskap oor die daad, gaan
ons so 'n paar jaar lewe - siende dat ons almal feilbare mense is - en
dan mag ons niks meer oor enigiets se nie.

Die dief wat tronk to was en sien hoe verkeerd dit is, kan sekerlik
vir ander se dit is verkeerd?
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99035 is 'n antwoord op boodskap #99012] Sa, 02 Oktober 2004 20:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 2 Oct 2004 08:21:48 +0200, "Suidwester" wrote:

Jy se eers:

> Hy is presies reg,

Dan

in beginsel, maar die amptenary maak dit vir jou amper
> onmoontlik om nie te betaal nie. In Mexiko moes ons hoes vir 'n agterste
> passasier wat nie 'n sitplekgordel aangehad het nie [die voertuig het nie
> eers een gehad nie]. Jy betaal daar en dan, of jy los jou gehuurde kar net
> daar en jy stap 8 blokke in Mexikostad na die een of ander obskure
> regeringsgebou waar niemand Engels verstaan nie.

So het jy betaal?

As hy presies reg is, mag jy dan mos niks oor omkopery se nie?

Hy is nie reg nie. Hy is halfpad reg.
Hy se eintlik as jy omkoopgeld betaal bevorder jy die misdaad van
korrupsie en laat jy dit voortbestaan wat dit het twee kante nodig -
die wat omkoopgeld vra en die wat dit gee.

Hy fouteer deur die beginsel daarvan af te lei dat as jy een keer
oortree het, verbeur jy alle reg om die daad af te keur.
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99036 is 'n antwoord op boodskap #99034] Sa, 02 Oktober 2004 21:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Oct 2004 22:50:11 +0200, Ferdi Greyling wrote:

>
>
> "Annette"
>
>> 'n Skrywer in vandag se Cape Times beweer, en ek stem volmondig met hom
>> saam, dat geen persoon wat al ooit afkoopgeld betaal het of gevra het om
>> afkoopgeld te betaal, kan kla oor korrupsie nie.
>

en Ferdi wil haar toe omkoop met sy denke:

> Wat hy bedoel is dat as jy omkoopgeld betaal, is jy deel van die daad.
> Maar om dit dan tot algemene beginsel te verhef en die wat dit al
> gedoen het dan uit te sluit van kritiek op die daad, is vlak denke.
>

Ek wonder Ferdi, of jy, of ék, Annette verkeerd verstaan het.
Sy het die woord 'afkoopgeld' gebruik, en ek het daarby aanvaar,
iemand wat die boete betaal en nie hof toe gaan daarvoor nie.

As ek reg is, is jou stelling natuurlik verkeerd. Vica versa...

DD
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99037 is 'n antwoord op boodskap #99036] Sa, 02 Oktober 2004 21:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Oct 2004 23:13:11 +0200, DD wrote:


>>> 'n Skrywer in vandag se Cape Times beweer, en ek stem volmondig met hom
>>> saam, dat geen persoon wat al ooit afkoopgeld betaal het of gevra het om
>>> afkoopgeld te betaal, kan kla oor korrupsie nie.


heelwaarskynlik is dit ek wat verkeerd is. Te vinnig gereageer.
Niemand vrà vir 'n afkoopBOETE nie. Die alternatief is
vanselfsprekend. Sorry:-)

DD
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99040 is 'n antwoord op boodskap #99034] So, 03 Oktober 2004 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nie 'n goeie voorbeeld wat jy gebruik nie Ferdi, maar wat korrupsie betref
stem ek met die skrywer saam - mens kan nie kla oor korrupsie van die
verkeersmanne as jy lustig self aan die korrupsiestelsel meedoen nie.
Hoe ontstaan die korrupsie in die eerste plek?
1) Deur iemand wat van 'n swak stelsel misbruik kan maak, en
2) Deur iemand wat minder "boete"wil betaal of hom/haarself moeite wil
bespaar.

Mens kan hierdie mense ( die amptenare) om elke hoek en draai vastrek as jy
wil.
Die maklikste is om te sê gee die kaartjie. Dan onmiddelik aan die betrokke
verkeersowerheid te skryf om vrystelling van die boete te vra omdat jy
afgedreig is.
Dit het nou al twee keer met my gebeur dat ek net die kaartjie gevra het, 'n
gekruisde tjek aan die kaartjie geheg het en aan die magistraat gestuur het,
en beide kere is die tjek aan my terug gestuur met 'n nota dat die saak
geskrap is.
Soos ek die saak sien, maak die koruptes staat op die gierigheid van die
slagoffer.
Dis hoekom daar so baie diefstal is, omdat soveel mense maar al te bereid is
om 'n goedkoop gesteelde produk van die straat af te koop.
Dis hoekom op straathoeke en paaie so vol is van mense goed daar wil
verkoop, omdat daar mense is wat van hulle koop. Nie een van die
straatverkopers betaal 'n sent belasting nie - so jy skiet jouself eintlik
belastinggewys in die voet. As al die straatverkopers as belastingbetaler
geregistreer is ( soos wat die wet elk geval vereis), dan sal ons
belastingkoers al klaar heelwat laer wees as wat dit tans is.
Nou kom ons natuurlik by die vraag hoekom die polisie nie daagliks na elke
straatverkoper gaan en bewys lewer van registrasie nie, en dan die persoon
en hule ware van die straat verwyder nie - en die antwoord is voor die hand
liggend - die politici en die polisie is kop in een mus met hierdie mense -
hetsy by wyse van die voorsiening van die gesteelde ware, of geld wat
ontvang word om ander pad te kyk of omdat "op sy grond" sake gedoen word.
Vir enigiemand vir wie dit saak maak om korrupsie uit te roei, sal nie
wegkruip agter verskonings van leuens vertel nie.
Ek mag miskien al mens wees in my omgewing wat nie informele straatverkopers
ondersteun nie, maar soos ek dit sien, is dit een minder verkope vir hulle,
en een meer verkoop vir iemand wat aan al die vereistes van die wet voldoen
om handel te dryf.
--
Groetnis
Annette

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:0u4ul01k0b92a0sf21ih4usf86dl1uqhul@4ax.com...
>
>
>
>> 'n Skrywer in vandag se Cape Times beweer, en ek stem volmondig met hom
>> saam, dat geen persoon wat al ooit afkoopgeld betaal het of gevra het om
>> afkoopgeld te betaal, kan kla oor korrupsie nie.
>
> Wat hy bedoel is dat as jy omkoopgeld betaal, is jy deel van die daad.
> Maar om dit dan tot algemene beginsel te verhef en die wat dit al
> gedoen het dan uit te sluit van kritiek op die daad, is vlak denke.
>
> Dit sou beteken 'n mens se as jy al ooit 'n leun vertel het, kan jy
> niks se oor mense wat lieg nie.
>
> Natuurlik kan jy.
>
> As een oortreding ons uitsluit van enige seggenskap oor die daad, gaan
> ons so 'n paar jaar lewe - siende dat ons almal feilbare mense is - en
> dan mag ons niks meer oor enigiets se nie.
>
> Die dief wat tronk to was en sien hoe verkeerd dit is, kan sekerlik
> vir ander se dit is verkeerd?
>
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99041 is 'n antwoord op boodskap #99036] So, 03 Oktober 2004 06:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy verstaan reg Diedie
--
Groetnis
Annette

"DD" skryf in boodskap news:676ul0l2ko7lps4tuvprblslttf6d6firo@4ax.com...
> On Sat, 02 Oct 2004 22:50:11 +0200, Ferdi Greyling
> wrote:
>
>>
>>
>> "Annette"
>>
>>> 'n Skrywer in vandag se Cape Times beweer, en ek stem volmondig met hom
>>> saam, dat geen persoon wat al ooit afkoopgeld betaal het of gevra het om
>>> afkoopgeld te betaal, kan kla oor korrupsie nie.
>>
>
> en Ferdi wil haar toe omkoop met sy denke:
>
>> Wat hy bedoel is dat as jy omkoopgeld betaal, is jy deel van die daad.
>> Maar om dit dan tot algemene beginsel te verhef en die wat dit al
>> gedoen het dan uit te sluit van kritiek op die daad, is vlak denke.
>>
>
> Ek wonder Ferdi, of jy, of ék, Annette verkeerd verstaan het.
> Sy het die woord 'afkoopgeld' gebruik, en ek het daarby aanvaar,
> iemand wat die boete betaal en nie hof toe gaan daarvoor nie.
>
> As ek reg is, is jou stelling natuurlik verkeerd. Vica versa...
>
> DD
>
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99042 is 'n antwoord op boodskap #99037] So, 03 Oktober 2004 06:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O nee - jy was reg - en glo dit of jy wil of nie, daar is wel mense wat aan
die verkeersman vra of hy/sy nie maar aan kan ry met 'n vergoedinkie aan die
betrokke verkeersman nie.
Dit is natuurlik ook korrupsie - maar ongelukkig sien baie mense dit as iets
waarmee gespog kan word by partytjies.

--
Groetnis
Annette

"DD" skryf in boodskap news:gg6ul096ukavttb9a9qig9fhn0rfkmbngf@4ax.com...
> On Sat, 02 Oct 2004 23:13:11 +0200, DD wrote:
>
>
>
>>>> 'n Skrywer in vandag se Cape Times beweer, en ek stem volmondig met hom
>>>> saam, dat geen persoon wat al ooit afkoopgeld betaal het of gevra het om
>>>> afkoopgeld te betaal, kan kla oor korrupsie nie.
>
>
> heelwaarskynlik is dit ek wat verkeerd is. Te vinnig gereageer.
> Niemand vr� vir 'n afkoopBOETE nie. Die alternatief is
> vanselfsprekend. Sorry:-)
>
> DD
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99044 is 'n antwoord op boodskap #99042] So, 03 Oktober 2004 09:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Oct 2004 08:55:40 +0200, "Annette" wrote:

> O nee - jy was reg - en glo dit of jy wil of nie, daar is wel mense wat aan
> die verkeersman vra of hy/sy nie maar aan kan ry met 'n vergoedinkie aan die
> betrokke verkeersman nie.
> Dit is natuurlik ook korrupsie - maar ongelukkig sien baie mense dit as iets
> waarmee gespog kan word by partytjies.

Jack het sowat 18 maande gelede van die Tarlton kant af, by
Krugersdorp ingery. By die Krugersdorp Wildtuin verby, is die
spoed (ek dink) 80 kmu. Hy is gemeet @ 140 kmu.

Die swart verkeerskonstabel het hom sy besonderhede gevra, en
intussen sit Jack 'n R200 noot in sy bestuurslisensie. Toe die
verkeersman begin skryf, haal hy sy lisensie uit, en hou dit uit na
hom. Die verkeersman se reaksie was dat hy nie vir 'n bestuurslisensie
voorgekeer is nie, maar vir 'n spoedoortreding.
Maar hy dring aan dat die man na sy lisensie kyk, was Jack se
teenreaksie. Die verkeersman kyk toe na die lisensie, en terwyl hy
die R200 opvou en in sy hempsak steek, vra hy Jack om tog maar
versigtig te ry.

Slegs 'n week later kry Jack weer 'n spoedkaartjie daar vir 'n R1000.
Toe was dit 'n witman. Hy wou nie weer die kans vat nie, en het
die R1000 betaal, en vir my gesê dat hy tog R800 afslag gekry het:-)

Jack, 'n rekenaarwinkeleienaar, is dikwels op die pad en ry as 'n
gewoonte met 'n R200 noot in sy lisensie.

> O nee - jy was reg - en glo dit of jy wil of nie, daar is wel mense wat aan
> die verkeersman vra of hy/sy nie maar aan kan ry met 'n vergoedinkie aan die
> betrokke verkeersman nie.

Dìt, is te gevaarlik. Die risiko dat 'n mens vir poging tot omkoop
aangekla kan word, is ek nie bereid om te loop nie. Jack se manier
is m.i. waterdig. Én, om oop kaarte te speel, ek betaal liewer R200
aan die kaartjieskrywer as R1000 aan die munisipaliteit.

'n Paar weke gelede het 'n Metro Polisieman met baie entoesiasme
in Smith Straat, Durban, begin kaartjies skryf. My kar was reg
geparkeer, 'n byna nuwe kar, én buite gewoonte, was daar selfs
geld in die parkeermeter.

Entoesiasties, het ek gesê. Wat sê die uitdrukking van 'n stok en 'n
hond:-) Die lisensiehouer wat ek gebruik is een van die wat hergebruik
word, en suig nie altyd lekker teen die venster vas nie. Dit het
soveel afgesak, dat die vervaldatum net nie gesien kon word nie.

Dit het R100 kaartjie teen my windskerm verseker. En ek kon nie
uitmaak waarvoor die kaartjie uitgemaak is nie. Lekker moerig het
ek, wat toe sy kar agter myne geparkeer sien, na hom begin soek.
En hom in 'n systraat gekry, sowat 'n blok daarvandaan.

Toe ek die kaartjie so half onder sy neus druk, en vra of hy dit
geskryf het, en hy dit bevestig, het ek hom vertel dat hy nòu
saam met my na my kar stap. Die mense vir wie hy op daardie oomblik
besig was om 'n kaartjie te skryf, het dit geniet:-)

By my kar gekom het hy my gewys waarvoor die kaartjie is, en so hoflik
gevra dat ek 'n beswaar gaan indien. ek ook noem dat hy gesien het
dat die lisensie geldig is, dat ek bietjie soos 'n boef gevoel het oor
my houding:-)

Anyway, die beswaar is ingedien, en die boete moes twee weke gelede
al betaal gewees het. En, ek het niks van die Metropolisie af gehoor
nie. Omdat ek hulle nie vertrou nie, het ek gery na hulle kantoor,
waar 'n Indiërvrou my gevra het om dit te ignoreer, want my beswaar is
op rekenaar. En sy het dit vir my gewys.

Ek dink, dat ek nie van hulle gaan hoor hieroor nie. En, dit kan tog
nie op rekord geplaas word teen my nie. Maar dit is steeds 'n kommer
omdat ons weet hoe swak hul stelsels is.

Miskien moet ek later weer gaan uitvind of dit geskrap is of wat. Want
tot onlangs toe het ek hope kaartjies weggesmyt. Die sisteem laat dit
nie meer toe nie.

DD
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99045 is 'n antwoord op boodskap #99044] So, 03 Oktober 2004 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

>> Dit is natuurlik ook korrupsie - maar ongelukkig sien baie mense dit as iets
>> waarmee gespog kan word by partytjies.

Laat ek nou vir jou vertel hoe dinge daar in jou
Durban so 'n veertig jaar gelede gedoen is. Ek
was vir die tweede keer by Adams Mission en
het vir my 'n Volkswagen gekoop ( een van
daardie's wat nog stokstil moes staan voordat
jy dit in die eerste versnelling kon plaas. ) My
jonger suster kom toe in Durban werk as
sosiale werkster. Haar hoof was 'n predikant
van die NG Kerk, dus neem ek aan die sosiale
werk is deur die NG Kerk bedryf ( en ek neem
aan sy het net wit kliënte gehad.) Omdat ek nie
veel nut vir die kar op Adams Mission gehad
het nie, gee ek toe maar vir haar die kar om
te gebruik sodat sy elke naweek vir my kan
kom kuier.
Sy het altyd gelag wanneer sy vertel hoe sy
periodiek al die parkeerkaartjies van die
sosiale werksters EN die van haar baas, die
predikant, gevat het en na haar "kontak" in
die verkeersafdeling geneem het en dat hulle
nooit eintlik iets hoef te betaal het nie.
Ongelukkig het sy eenkeer op 'n riksja-plek
geparkeer en sy het óf nie die papier op haar
windskerm gesien nie, of dit het afgewaai.
Die kar was natuurlik op my naam geregistreer,
en eendag daag daar 'n balju by Adams Mission
op en soek vir my. Ek was nie op daardie oomblik
op die plek nie, en toe ek terugkom, is die hele
plek opgewonde oor die feit dat die balju nou
vir my kom soek het en fantaseer hulle allerhande
dinge. Ek vind toe uit daar is 'n onbetaalde
parkeerboete wat al vir maande geignoreer was.
Ek dink hulle moes die verkeerde adres op die
brief geskryf het, want ek het dit nooit in die pos
gekry nie.
So dit is hoe dinge omtrent veertig jaar gelede
in Durban gedoen is, DD.

Gloudina
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99047 is 'n antwoord op boodskap #99045] So, 03 Oktober 2004 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Oct 2004 07:33:41 -0400, "@rogers.com" wrote:

> Laat ek nou vir jou vertel hoe dinge daar in jou
> Durban so 'n veertig jaar gelede gedoen is.
**
**
**
> So dit is hoe dinge omtrent veertig jaar gelede
> in Durban gedoen is, DD.
>
> Gloudina
>

Dinge het baie onlangs heel verander hier, Gloudina.
Onbetaalde boetes word op rekenaar geplaas, en
die verkeersmense (van die munisipaliteite wat gevorderd
genoeg is daarvoor, natuurlik) het 'n kietergeftie by hulle
waarmee daar in 'n netwerk ingegaan kan word.
Dàn, volgens dreigemente via media, alhoewel ek nie
weet of sò 'n geval al gerealiseer het nie, word jou
rekord nagespeur indien jy vir enigiets gevra is om stil te hou,
en indien daar onbetaalde boetes is, kan jy gearresteer word.

Daar is meer dinge wat daarmee saamgaan, bv. dat die
betrokke beamptes daar en dan 'n oorspronklike dagvaarding
moet kan toon wat geignoreer is, maar die basis is dat dit nie meer so
maklik is om weg te kom nie.

Die laaste kaartjie wat ek geignoreer het, was 'n spoedkaartjie
uit Johannesburg. Toé nog wonende in Carletonville, het ek die
verkeersafdeling daar gaan gesels, en gevra dat hulle moet kyk of
dit op rekenaar is. Sy het vir my gesê dat Carletonville nie op
Johannesburg se netwerk kan ingaan nie, en dat ek dit buitendien
moet ignoreer omdat dit per gewone pos afgelewer is. Dit kon weggeraak
het. (So, daar kan nie op verskillende netwerke ingegaan word nie.
Miskien sal daar later inligting uitgeruil word.)

Daarna het 'n swart publieke aanklaer volgens 'n koerant gesê dat sò
'n verskoning (onafgelewerde of laat pos) nie as verskoning sou waarde
dra nie. Ek dink dat hy nie in 'n regsberoep behoort te wees nie.

Omdat ons steeds nie weet hoeveel van die tipe stories is blaf en of
daar werklik byt is nie, is ons effe versigtiger nou.

Maar kom ek vertel jou meer van die huidige Durban.
Parkeerplek is geen probleem nie, en jy kan sommer
ìn die hoofstaat òp die ryvlak parkeer, selfs al is dit in
spitstyd.
Daar is egter twee voorwaardes daarvoor.
Die bestuurder moet swart wees
en die voertuig moet 'n taxi wees.

Ek oordryf nie.
Pine Straat, die hoofstraat wat uitgaan op die N3, het in selfs
spitstyd sommige plekke net een baan om op te ry. Die Taxi's beset
weerskante van die pad tot twee bane. Met somtyds 'n Metro polisiekar
agter hulle wat ook sommer daar stilhou en by 'n winkel in is.
Feit is, die Metro Polisie kan nie die swart (veral) taxi verkeer
hanteer nie.

So dit is hoe dinge huidiglik in Durban gedoen word, Gloudina.

DD
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99052 is 'n antwoord op boodskap #99045] So, 03 Oktober 2004 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Oct 2004 07:33:41 -0400, "@rogers.com" wrote:

> Laat ek nou vir jou vertel hoe dinge daar in jou
> Durban so 'n veertig jaar gelede gedoen is.

Dit is inderdaad 'n ou gewoonte.
By die twee plekke waar ek al in my lewe gewerk het, was daar in die
ou bedeling gereeld gepraat van mens wat die of daai een op die regte
plek ken wat 'n kaartjie kon dooddruk.

En vandag oor Metro-polisie wat omkoopgeld vat.
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99053 is 'n antwoord op boodskap #99040] So, 03 Oktober 2004 16:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Oct 2004 08:51:18 +0200, "Annette" wrote:

> Nie 'n goeie voorbeeld wat jy gebruik nie

Beginsel is dieselfde.

Dis 'n baie algemen fout om te maak. Mense se gereeld sulke goed vir
mekaar.

Piet: " Jy kan nie dit aan my doen nie, dis verkeer!"

Piet2: " Ha! Jy kan nie praat nie, wat het nou die dag aan Gert
gedoen!"

Die verkeerd en die kennis van verkeerd is nie een en dieselfde ding
nie.

'n Goeie voorbeeld in die soort ding is om aan jong mense te vra of
hulle dink 'n prostituut kan verkrag word?
Natuurlik kan sy.
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99054 is 'n antwoord op boodskap #99053] So, 03 Oktober 2004 17:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 03 Oct 2004 18:58:46 +0200, Ferdi Greyling wrote:

>
> 'n Goeie voorbeeld in die soort ding is om aan jong mense te vra of
> hulle dink 'n prostituut kan verkrag word?
> Natuurlik kan sy.
>
>

as die tjek hop, is dit verkragting

DD
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99055 is 'n antwoord op boodskap #99022] So, 03 Oktober 2004 22:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bosvark  is tans af-lyn  Bosvark
Boodskappe: 15
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Junior Lid
Suidwester
Jy kan nie glo hoe frustrerend dit is nie! In Mexico het die spul die ding
mooi uitgewerk. As jy 'n ou kry wat jou help met jou bagasie, dan vind jy
dat hulle dit net vir 'n sekere distansie doen, dan mag hy nie verder nie en
gee hy oor aan 'n ander man in wie se gebied hy nou is en jy moet dubbeld
fooitjie gee.

Bosvark
Ek was vroeër vanjaar vir 'n paar weke in verskillende dele van Meksiko en
het niks daarvan ervaar nie. Ek sê nie dat dit nie gebeur nie, maar ek dink
nie dit kom meer algemeen daar voor nie, Meksiko is nogal
toeristevriendelik.
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99056 is 'n antwoord op boodskap #99055] Ma, 04 Oktober 2004 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dan moes hulle dit drasties verander het. Ons het per bus van Mexicostad
na Toluca gereis waar ons hotel was. In Toluca stop die bus en sonder om
'n woord te sê, klim die drywer van die bus af en waai! Toe sou ons
uitvind dat dit die end van die roete is. Toe moes ons 'n taxi huur. So
tussen die gesukkel met die verstaan deur, vervoer 'n taxi ons tot op 'n
punt, so 'n paar blokke weg van die hotel af en stop net daar. Toe moes
ons die ou betaal en 'n ander taxi huur vir die res van die trippie. Ek
het maar net ondervind dat hulle die situasie met die min verstaan oor die
taalprobleem lekker 'speel' sodat meer ouens 'n inkomste maak. Moet sê
Mexico het van die mooiste vroumense wat ek nog gesien het. Dan daai
fantastiese geboue wat so tussen aakliges staan en die Mexikane se
blokhuisies en 'n bakkie se canopy wat ten volle gechroom is....

"Bosvark" skryf in boodskap news:41607a0d.0@news1.mweb.co.za...
> Bosvark
> Ek was vroeër vanjaar vir 'n paar weke in verskillende dele van Meksiko en
> het niks daarvan ervaar nie. Ek sê nie dat dit nie gebeur nie, maar ek
> dink
> nie dit kom meer algemeen daar voor nie, Meksiko is nogal
> toeristevriendelik.
>
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99062 is 'n antwoord op boodskap #99054] Ma, 04 Oktober 2004 08:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 03 Oct 2004 19:34:29 +0200, DD wrote:

n Sun, 03 Oct 2004 18:58:46 +0200, Ferdi Greyling
> wrote:
>

>> 'n Goeie voorbeeld in die soort ding is om aan jong mense te vra of
>> hulle dink 'n prostituut kan verkrag word?
>> Natuurlik kan sy.


>
> as die tjek hop, is dit verkragting

Ander voorbeeld is kan jy van 'n dief steel?

Natuurlik kan jy.
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99068 is 'n antwoord op boodskap #99056] Ma, 04 Oktober 2004 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bosvark  is tans af-lyn  Bosvark
Boodskappe: 15
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Junior Lid
Hoe lank gelede was dit? Ons het met 'n paar busse gery, maar dit was nie
hoofsaaklik vir toeriste nie, daar was meer locals as gringos. Dit was groot
luukse busse, met lugreëling, Spaanse raserige TV en die hele werke. Geen
probleme nie, nogal billike tariewe ook. Die taal is soms 'n probleem, maar
'n mens kom wel reg.

Meksiko is 'n lekker plek om te besoek, veral die dele by Karibbiese kus.

Bosvark

Suidwester skryf in boodskap news:4160f17c.0@news1.mweb.co.za...
> Dan moes hulle dit drasties verander het. Ons het per bus van Mexicostad
> na Toluca gereis waar ons hotel was. In Toluca stop die bus en sonder om
> 'n woord te sê, klim die drywer van die bus af en waai! Toe sou ons
> uitvind dat dit die end van die roete is. Toe moes ons 'n taxi huur. So
> tussen die gesukkel met die verstaan deur, vervoer 'n taxi ons tot op 'n
> punt, so 'n paar blokke weg van die hotel af en stop net daar. Toe moes
> ons die ou betaal en 'n ander taxi huur vir die res van die trippie. Ek
> het maar net ondervind dat hulle die situasie met die min verstaan oor die
> taalprobleem lekker 'speel' sodat meer ouens 'n inkomste maak. Moet sê
> Mexico het van die mooiste vroumense wat ek nog gesien het. Dan daai
> fantastiese geboue wat so tussen aakliges staan en die Mexikane se
> blokhuisies en 'n bakkie se canopy wat ten volle gechroom is....
> "Bosvark" wrote in message
> news:41607a0d.0@news1.mweb.co.za...
>> Bosvark
>> Ek was vroeër vanjaar vir 'n paar weke in verskillende dele van Meksiko en
>> het niks daarvan ervaar nie. Ek sê nie dat dit nie gebeur nie, maar ek
>> dink
>> nie dit kom meer algemeen daar voor nie, Meksiko is nogal
>> toeristevriendelik.
>>
>
Re: Hy het 'n punt beet [boodskap #99073 is 'n antwoord op boodskap #99068] Ma, 04 Oktober 2004 13:52 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis seker waar die verskil is? 1997, en ons was basies in Mexikostad en sy
onmiddellike omgewing.

"Bosvark" skryf in boodskap news:cjrh0a$8q9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hoe lank gelede was dit? Ons het met 'n paar busse gery, maar dit was nie
> hoofsaaklik vir toeriste nie, daar was meer locals as gringos. Dit was
> groot
> luukse busse, met lugreëling, Spaanse raserige TV en die hele werke. Geen
> probleme nie, nogal billike tariewe ook. Die taal is soms 'n probleem,
> maar
> 'n mens kom wel reg.
>
> Meksiko is 'n lekker plek om te besoek, veral die dele by Karibbiese kus.
>
> Bosvark
>
>
> Suidwester wrote in message
> news:4160f17c.0@news1.mweb.co.za...
>> Dan moes hulle dit drasties verander het. Ons het per bus van
>> Mexicostad
>>>


>
Vorige onderwerp: Kanoneiland...vir Gloudina!
Volgende onderwerp: Ongelooflik vereenvoudigde apartheid ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 17:11:45 MGT 2024