Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vensters in Suid-Afrika in.
Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9906] So, 06 Julie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
       Ons het onlangs 'n interessante gas vir 'n paar
dae gehad hier in Ottawa. Hy is die huidige prinsipaal
van Adams College en was hier in Kanada vir twee
maande om navorsing te doen vir sy D. ED wat hy
op voltooiing sal ontvang van R.A.U. Die ontdekking
dat 'n Zulu nou sy graad by RAU kan behaal, het my
asem weggeslaan. Dit is inderdaad 'n nuwe SA! Nog
groter was my vreugde toe Thula my vertel dat een
van die departementshoofde by Adams College,  'n
jongerige ou, sy B.A. en M.A. en Ph.D. behaal het by
die Universiteit van Zululand. 'n Man met 'n goeie
Afrikaanse van nog boonop.
   Thula het benewens sy grade in die opvoedkunde
ook 'n graad in die Wet. Sy veld van navorsing is in
Onderwys en die Wet, en hy sê Kanada is een van die
beste plekke om navorsing te doen in sy veld. Dis
Thula se tweede besoek aan Noord-Amerika. In die
tagtigerjare het die Amerikaanse ambassade vir hom
in 'n leiersprogram vir 'n maand na die VSA gevlieg
en, voorsien van sy eie gids, vir hom oral rondgewys.
   Thula is 'n baie eerlike en heldersiende man en
praat openlik oor goeie en minder goeie dinge in beide
die ou en nuwe regime. Nog iets wat my getref het:
Hy het sedert sy aanstelling op Adams Mission begin
veg vir die herstelling van die naam Adams College,
'n naam wat gedurende die apartheidsregime brutaal
verwyder is van 'n skool wat sedert die tyd van die
Voortrekkers in Natal alreeds bestaan, die heel eerste
westerse-styl skool in Natal. Toe hy my vra of ek vir
hom kan sê waar hy 'n foto van Adams kon kry, kon ek
hom gelukkig in aanraking bring met Bill Booth,  een
van die Amerikaanse sendelinge wat in die jare vyftig
van Adams Mission moes padgee, 'n man wat na meer
as dertig jaar uit SA nog Zulu kon praat met Thula op
die telefoon. Bill en sy familie gaan Adams Mission in
Oktober besoek. Teen daardie tyd hoop ek daar hang 'n
portret van Adams in die hoofsaal. So in die nuwe SA
word dinge herstel, mense hulle regmatige plek gegee,
al was hulle velle ook wit.
      Ek het deur Thula insigte gekry in die lokale Natalse
politiek en oor die probleem wat die "exiles" ook vir die
swart Suid-Afrikaner in die werksmark skep.Mens hoop
dat hierdie probleem van korte duur sal  wees.
     Ek was ook geinteresseerd  in wat familie en vriende
my kon vertel van reise binne SA. 'n Suster rapporteer
dat hulle geen geweld teengekom het nie, maar dink dan
dat dit miskien is omdat hulle nie op hoofpaaie gereis
het nie. 'n Frans-Kanadese vriendin rapporteer ook geen
sien van geweld nie. Sy praat egter met afsku van 'n Afri-
kaanse vrou in 'n Bloemfonteinse museum wat vlot Frans
met haar kon praat, en vir haar sê dat hulle in SA moes
gedoen het wat die witmense in Amerika gedoen het:
hul moes al die nie-blankes doodgeskiet het. Michelle
maak egter vir my ook die byna ongeloofbare observasie:
"die swartmense glimlag nie."
  'n Paar dae gelede bel ons seun, wat op die oomblik in
Kaapstad studeer, vir ons uit Windhoek. Hy sê dat hy vir
ons 'n e-pos boodskap gestuur het, maar net seker wou
maak dat ons wel van hom hoor. 'n E-pos boodskap van
'n jeughostel in Namibië! Hoe verander die wêreld tog
nie. Hy vertel dat hulle vir twee nagte by Ai-Ais geslaap
het. Hy doen wat ek nog altyd so baie graag sou wou
gedoen het. In my dae was daar net baie slegte grond-
paaie na Ai-Ais toe, en my ma was nie bereid om soos
ons bure met 'n kar en perde daarnatoe te ry nie, al het
ons nie te ver daarvandaan gebly nie. Nou doen my
Kanadese seun alles waaroor ek net  kon droom. Hulle
is op pad na Etosha. Hopelik sal hulle met die terugkom
die Aughrabiese Valle besoek. Hy sal dan verby die plek
ry waar sy oupa, wat hy nooit geken het nie,  begrawe lê.
Die Valle het seker ook al baie verander sedert ek dit as
kind baie besoek het. Hoop die blouerige klein verkleur-
mannetjies hardloop nog daar rond op die rotse.

Gloudina Bouwer
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9907 is 'n antwoord op boodskap #9906] Ma, 07 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

>
> Ons het onlangs 'n interessante gas vir 'n paar
> dae gehad hier in Ottawa. Hy is die huidige prinsipaal
> van Adams College en was hier in Kanada vir twee
> maande om navorsing te doen vir sy D. ED wat hy
> op voltooiing sal ontvang van R.A.U. Die ontdekking
> dat 'n Zulu nou sy graad by RAU kan behaal, het my
> asem weggeslaan. Dit is inderdaad 'n nuwe SA!

Amper vloek ek nou vreeslik lelik hierso. Ek het my graad in 1984 aan RAU
behaal - demmit hoe gee ek nou my ouderdom weg en toe al, ja dis al meer as 13
jaar gelede, het swart mense, 'bruin' mense, wittes en 'n paar
anderskleuriges, - dis nou die pienkes en perses wat die meer kunstige
rigtings geswot het, saam met my graad gevang. En dit was toe al nie meer so
snaaks nie. Nou praat jy asof dit 'n nuutjie is. Plekker soos RAU het meer
anderskleurige as wit studente as jy dan moet weet.

Waar was jy al die tyd mens. O jammer ek het vergeet dis ou misinformasie
Gloudina - al hoeka dertig jaar uit die land en steeds praat sy asof sy alles
weet wat hier aangaan.

Word wakker antie, dinge het lankal begin verander. Miskien moet jy self vir
'n paar maande terugkom en die ou geheue bietjie verfris :] - sal dalk keer
dat jy so baie nonsens praat. Toeriste sien net die bo-blink laag, dinge gaan
goed en sleg hierso maar jy moet dit self beleef om allerhande uitsprake te
kan maak.

Lou
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9908 is 'n antwoord op boodskap #9906] Ma, 07 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cth...  is tans af-lyn  cth...
Boodskappe: 6
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
Bouwer wrote:
>
> Die Valle het seker ook al baie verander sedert ek dit as
> kind baie besoek het. Hoop die blouerige klein verkleur-
> mannetjies hardloop nog daar rond op die rotse.
>
> Gloudina Bouwer
Ja, daar is nou n pragtige Nasionale Park, met puik geriewe,
daar is nog sommer baie van die veelkleurige koggelmanners
(akkedisse,of wat ook al). In die park self is al heelwat
wild hervestig, oa renosters.
--
Chris Theron
Durbanville
South Africa
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9914 is 'n antwoord op boodskap #9906] Di, 08 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article , iz...@igs.net (Bouwer) wrote:

>        Ek het deur Thula insigte gekry in die lokale Natalse
> politiek en oor die probleem wat die "exiles" ook vir die
> swart Suid-Afrikaner in die werksmark skep.Mens hoop
> dat hierdie probleem van korte duur sal  wees.

Ja, dit is 'n groot probleem. Ek het onlangs 'n interessante ding gehoor by 'n
goed opgeleide Zoeloevriend van my, wat jare lank eers in Ulundi vir die
Zoeloelandregering gewerk het en wat nou vir die KZN Provinsiale Regering
werk:

In die tyd toe die swart Suid Afrikaanse jeug deur die ergste van hulle
'liberation now, education later' stadium gegaan het was hy ook nog op skool
(standerd 9 meen ek). Sy ma het hom en sy broers en susters egter gedwing om
skool toe te gaan en die ding vir hulle verduidelik deur te sê: Die mense wat
julle so aanhits om julle skole af te brand en julle opleiding te laat vaar,
se kinders sit almal oorsee in skole in Engeland.

Sy was natuurlik doodreg. Vandag stroom die jong 'exiles' terug om munt te kom
slaan uit 'n land waartoe hulle niks, maar NIKS, bygedra het nie, behalwe om
dit oorsee swart te smeer. Moenie dink dat die swart Suid Afikaners wat
agtergebly het nie slim genoeg is om te besef hoe hulle uitgebuit is in die
naam van vryheid nie - en dit deur die einste regering wat vandag aan bewind
is.

> sien van geweld nie. Sy praat egter met afsku van 'n Afri-
> kaanse vrou in 'n Bloemfonteinse museum wat vlot Frans
> met haar kon praat, en vir haar sê dat hulle in SA moes
> gedoen het wat die witmense in Amerika gedoen het:
> hul moes al die nie-blankes doodgeskiet het.

Ai, dis jammer dat 'n vanselfsprekend goed opgevoede vrou nog vandag so kan
voel. Dat dit presies is wat die skynheilige Amerikaners gedoen het staan
egter soos 'n paal bo water. Ek sidder as ek dink aan flieks soos Mississippi
Burning: Ek weet nie van enige gevalle in Suid Afrika waar wit Suid Afrikaners
ooit swart mense SO behandel het nie. Niemand kan ontken dat gruweldade
gepleeg is nie, maar vir gewone middelklas mense om bv. van swart kerk tot
swart kerk te ry en hulle af te brand ... nee wat, waar het dit ooit in SA
gebeur? Sê jou Kanadese vriendin moet bietjie daar gaan uitvra as sy hier
klaar is.

> Michelle
> maak egter vir my ook die byna ongeloofbare observasie:
>  "die swartmense glimlag nie."

Dis absolute snert. Hulle glimlag en lag net nie vir dieselfde dinge as ons
nie. Iemand het nou die dag op TV vertel (ek verbeel my dit was Danie
Niehaus), hoe hy by 'n foto-uistalling was waar, onder andere, fotos vertoon
is van polisiemanne met honde reg uit die hel, wat op 'n spul swartmense
afstorm. Soos baie van ons sou, het hy skuldig gevoel en met 'n gepaste
uitdrukking van afsku na die ding staan en kyk. Toe kom 'n groep swart vroue
verby, hulle sien dieselfde foto en bars almal skaterend uit van die lag. Vir
hulle was dit die snaakste ding wat hulle in 'n lang tyd gesien het.

Ek het baie keer self al hierdie verwronge (uit 'n westerse oogpunt gesien)
sin vir humor by swartmense opgemerk. Jou vriendin het klaarblyklik bloot nie
die regte swartmense onder die regte omstandighede gesien nie. Dis darem
bietjie kwaai om so 'n veralgemeende observasie te maak oor AL die swartmense
in die HELE land as jy slegs 'n baie klein monster vir 'n baie kort tydjie
gesien het. Komaan!
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9920 is 'n antwoord op boodskap #9906] Wo, 09 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bouwer wrote in article ...
> 'n Suster rapporteer
> dat hulle geen geweld teengekom het nie, maar dink dan
> dat dit miskien is omdat hulle nie op hoofpaaie gereis
> het nie.

Baie mense het ook in die tagtigerjare gerapporteer dat hulle geen geweld
teegekom het nie. Wat sou die suster verwag het - geweld om elke draai soos
rooibokke in die wildtuin?

> 'n Frans-Kanadese vriendin rapporteer ook geen
> sien van geweld nie. Sy praat egter met afsku van 'n Afri-
> kaanse vrou in 'n Bloemfonteinse museum wat vlot Frans
> met haar kon praat, en vir haar sê dat hulle in SA moes
> gedoen het wat die witmense in Amerika gedoen het:
> hul moes al die nie-blankes doodgeskiet het.

Ek wonder wat dit is wat die afsku in Michelle verwek het - die verwysing
na die geraamtes in die Noord-Amerikaanse kas dalk?

Ek wonder ook wat so 'n onwyse opmerking van die Afrikaanse vrou ontlok het
- ek wou al dikwels so reageer op mense wat 'n toon van morele
meerderwaardigheid aanslaan terwyl hul eie geskiedenis klots in die bloed.

Groete, Leendert
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9921 is 'n antwoord op boodskap #9906] Wo, 09 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie, Gloudina, was jou woorde oor Rau - waarmee jy so intiem bekend is,
volgens jou reaksie op Lou.

Bouwer wrote in article ...
>
>
> Ons het onlangs 'n interessante gas vir 'n paar
> dae gehad hier in Ottawa. Hy is die huidige prinsipaal
> van Adams College en was hier in Kanada vir twee
> maande om navorsing te doen vir sy D. ED wat hy
> op voltooiing sal ontvang van R.A.U. Die ontdekking
> dat 'n Zulu nou sy graad by RAU kan behaal, het my
> asem weggeslaan. Dit is inderdaad 'n nuwe SA!

Net vir jou inligting, Gloudina. Hierdie verskynsel is nie 'n funksie van
die NSA nie. Dit is wat Lou jou aan die verstand probeer bring het.

Groete, Leendert
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9939 is 'n antwoord op boodskap #9906] So, 13 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Griet wrote:
>
> Jinne Gloudina, ek dog jy het vakansie gehad. Dit klink omtrent of jy
> weer een nodig het!
>
> Griet

Jy spoeg nog steeds vuur. Is dit nou sommer om duiwelsadvokaat te speel
of het iemand jou tydens jou "vakansie" opgestook?

Hierdie bedompige weer en al die muskiete hier is ook nie juis
inspirerend nie. Ek wonder hoekom is daar nie malaria hier nie. Dit
voel nou in elk geval net soos in die Oos-Transvaal in Ontario.
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9943 is 'n antwoord op boodskap #9906] So, 13 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Griet writes: > lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>

> Ek weet nie so mooi of demokrasie, dis nou waar die meerderheid altyd
> wen, so baie regverdig is nie.
>
> Wat het nou van beskerming van minderhede geword????
>

> Griet
>

Ja nee wat Griet,
Dit was lekkerder in die ou dae van apartheid toe die
vier miljoen Afrikaners kaatjie van die baan gewees het,
alle Afrikaners lekker werkbevoorregting kon kry, en dan
nog gedink het hulle bly in 'n demokratiese land. En nou
wil jy nog vra dat daardie minderheid, wat hulle nie-blanke
landgenote uitgebuit en rondgeskuif het, beskerm moet word.
Word wakker ou suster, en dank die vader dat die witmense
nie voor die voet doodgeskiet is nie. Alleen 'n mirakel
het hulle van uitroeiing gered.
Gloudina
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9944 is 'n antwoord op boodskap #9906] So, 13 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ik wil me niet in jullie woordenstrijd mengen, maar ik vind dat Griet
inderdaad een zwak punt van iedere democratie aangeeft: zij kan
ontaarden in een dictatuur van de meerderheid. Het feit dat de Zuid
Afrikaanse blanke minderheid vroeger een minderheidsdictatuur heeft
gevestigd, betekend nog niet dat Zuid Afrika als geheel niet waakzaam
moet blijven voor het tegenovergestelde.

Arthur
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9945 is 'n antwoord op boodskap #9906] So, 13 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote:
>
> Griet writes: > lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>>
>
>> Ek weet nie so mooi of demokrasie, dis nou waar die meerderheid altyd
>> wen, so baie regverdig is nie.
>>
>> Wat het nou van beskerming van minderhede geword????
>>
>
>> Griet
>>
>
> Ja nee wat Griet,
> Dit was lekkerder in die ou dae van apartheid toe die
> vier miljoen Afrikaners kaatjie van die baan gewees het,
> alle Afrikaners lekker werkbevoorregting kon kry, en dan
> nog gedink het hulle bly in 'n demokratiese land. En nou
> wil jy nog vra dat daardie minderheid, wat hulle nie-blanke
> landgenote uitgebuit en rondgeskuif het, beskerm moet word.
> Word wakker ou suster, en dank die vader dat die witmense
> nie voor die voet doodgeskiet is nie. Alleen 'n mirakel
> het hulle van uitroeiing gered.
> Gloudina

Dis maar net dat ek ook in Kanada woon en sien hoe minderhede hier
beskerm word, terwyl daar op die oomblik teen die blanke minderheid
gediskrimineer word onder die vaandel van "affirmative action".

Ek verstaan dat daar voorheen diskriminasie was en dat mense nou probeer
om die toestand te normaliseer volgens demokratiese standaarde, maar
waneer word die punt dan bereik dat "affirmative action" nie meer nodig
is nie en beskerming van minderhede begin?

Ek is teen diskriminasie in enige vorm.

Wat vir my ook vreemd is, is dat daar 'n groot ooreenkoms is tussen die
toestand van die inheemse bevolking hier in vergelyking met die van
Suid-Afrika voor die verkiesing. Hier maak dit blykbaar egter nie saak
nie, aangesien hulle in die minderheid is!!

Persoonlik glo ek God hou 'n ogie oor al die mense in Suid-Afrika en nie
'n mirakel nie.

Griet
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9954 is 'n antwoord op boodskap #9906] Ma, 14 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Griet wrote in article ...

> Persoonlik glo ek God hou 'n ogie oor al die mense in Suid-Afrika en nie
> 'n mirakel nie.

Dankie Griet vir hierdie baie waar woorde. Daar is reeds en
word soveel duisende gebede tot God gerig vir die behoud van
Suid Afrika dat Sy hand beslis gesien kan word in die gebeure
hier.

Natuurlik sal allerhande mense vir allerhande redes die gawes
van Gof toeskryf aan een of ander mens of groep mense se
bydraes. Daarmee moet ons maar saamleef.

Beste wense
At de Lange
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9955 is 'n antwoord op boodskap #9906] Ma, 14 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Jul 97 12:43:11, lous@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
<< Miskien moet jy na SA kom en bietjie met mense praat wat wel
> gely het maar dit in hul harte kon vind om die verdrukker te vergewe. >>

... en sommer help soek ook na 'n verdrukker wat kan erken dat hy
verdruk het...
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9956 is 'n antwoord op boodskap #9906] Ma, 14 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gys Dubbeld  is tans af-lyn  Gys Dubbeld
Boodskappe: 21
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article writes:
> From:
> Subject: Re: Vensters in Suid-Afrika in.
> Date: 13 Jul 1997 02:30:52 GMT

> Griet writes: > lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>>

>> Ek weet nie so mooi of demokrasie, dis nou waar die meerderheid altyd
>> wen, so baie regverdig is nie.
>>
>> Wat het nou van beskerming van minderhede geword????
>>

>> Griet
>>

> Ja nee wat Griet,
> Dit was lekkerder in die ou dae van apartheid toe die
> vier miljoen Afrikaners kaatjie van die baan gewees het,
> alle Afrikaners lekker werkbevoorregting kon kry, en dan
> nog gedink het hulle bly in 'n demokratiese land. En nou
> wil jy nog vra dat daardie minderheid, wat hulle nie-blanke
> landgenote uitgebuit en rondgeskuif het, beskerm moet word.
> Word wakker ou suster, en dank die vader dat die witmense
> nie voor die voet doodgeskiet is nie. Alleen 'n mirakel
> het hulle van uitroeiing gered.
> Gloudina

Alles waar, maar nogtans...

Liberale Demokrasie werk uitstekend waar die bevolking redelik homogeen is,
(en ek praat nou nie bloot van kulturele homogeniteit nie). Waar
gemeenskappe hoogs heterogeen is in terme van inkomste, opvoedingsstandaard,
kulturele waardes, ens., is volle demokrasie 'n probleem as daar nie 'n vorm
van "minderheidsbeskerming" bestaan nie: in plaas daarvan dat mense
politieke leiers en partye ondersteun op grond van hulle "performance" of "
track record" word alles saamgevoeg onder een saak. Al die jare onder
apartheid het die grootste gedeelte van blanke Afrikaansprekendes vir die
NP gestem, maak nie saak hoe vrot hulle soms was nie, en maak nie saak of
hulle werklik die belange van en waardes van so 'n verskeidenheid groep
mense verteenwoordig nie. Selfs so vroeg as 1970 was daar al heelwat
Afrikaners wie se waardestelsels nader aan die van die Progresiewe Party
was - maar die meeste van hulle het selfs nog tot 1994 solied vir die NP
gestem. Dieselfde gebeur nou, daar word vir die ANC gestem op grond van sy
(geregverdigde) reputasie as bevrydingsbeweging en nie op grond van wat
hy doen of waarvoor hy werklik staan nie. Die gevolg is dat die klein
aktiewe kliek wat enige politieke party oorheers maar kan maak en breek
soos hulle wil. Dit was altyd geval binne die NP en dit dreig om ook nou
binne die ANC te gebeur: die Party word oorheers deur 'n binnegroep van
"exiles" ten koste van mense soos Ramaphosa, wat 'n uitstekende insig in die
SA politiek het, en diegene wat groter kontak met die verskillende groepe
binne die land het en die ANC sal verkiesings bly wen (nes die
NP al die jare gedoen het). Dit beteken dat die planne van so 'n
binnegroep ongesteurd uitgevoer sal kan word (ondanks alle beloftes word
daar byvoorbeeld niks omtrent werkloosheid gedoen nie - ekonomiese groei
word redelik suksesvol gestimuleer in die rigting van "jobless growth"
omdat dit die binnekliek bevoordeel, en hulle weet dat die armes tog nog
maar vir hulle sal bly stem, op dieselfde manier word Engels, ten spyte
van all beloftes tov multikulturalisme, ten alle koste bevorder en word
daar geen stappe gedoen om ten minste Zoeloe en Xhosa tot tegniese,
kulturele en ekonomiese gebruikstale te ontwikkel nie, inteendeel, die
enigste ander inheemse taal wat sulke vermoens het (Afrikaans) word
stelselmatig teruggedruk tot die vlak van waar hy bloot weer 'n "tribal
language" sal wees.

Laat ons nie vergeet dat Zoeloe, Xhosa en Afrikaans die drie grootste tale
in Suid Afrika is nie - en dat die onderontwikkeling van hierdie tale die
ekonomiese, kulturele en tegnologies mag in Suid Afrika ferm in die hande
van, basies blanke, Engelsprekendes vestig.

Die Universiteit van Natal in Durban het sopas besluit, mede as gevolg van
ekonomiese druk van bo, die onderrig van alle tale, behalwe Engels en
Zoeloe stop te sit. Planne wat bestaan het om ander SA tale, soos Sotho en
Tswana en Xhosa aan te bied, sal ook waarskynlik nie meer voortgaan
nie.

In 'n land wat bestaan uit 'n verskeidenheid minderhede moet daar beperkings
op die mag van 'n meerderheidsparty bestaan. Die gebrek aan sulke
beperkings het ons vvorheen in die moeilikheid laat beland, en
daarsonder sal dit weer gebeur.

Gys
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9957 is 'n antwoord op boodskap #9906] Ma, 14 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
>
Gloudina skryf:

>  en dank die vader dat die witmense
>  nie voor die voet doodgeskiet is nie. Alleen 'n mirakel
>  het hulle van uitroeiing gered.

Miskien 'n mirakel wat deur Suid Afrikaners self bewerkstellig is?  Wat sou
gebeur het as die ANC oorlog op die wittes verklaar het?  Dink jy ons sou net
handjies gevou gesit het terwyl ons vermoor word?  Nee, dis op 'n baie slinkser
manier gedoen.  Hulle praat vrede, sodat ons nie terug baklei nie, en intussen
word ons wel vermoor, maar mens noem dit "crime" plaas van "war".  Agterbaks,
nè?

V.
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9958 is 'n antwoord op boodskap #9906] Ma, 14 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
>> Ek weet nie so mooi of demokrasie, dis nou waar die meerderheid altyd
>> wen, so baie regverdig is nie.

Ek verstom my hoedat demokrasie in sy moderne betekenis
(massas oordonder die res) enigsins inslag vind by die mensdom
regoor die planeet, wat veronderstel is om vooruit te beweeg.
Dit is mos basies verkeerd om te redeneer dat die behoefte van die
massa die behoeftes van die enkeles oorheers, ons is nie dieselfde
en God verbied, ons sal nooit almal dieselfde wees nie. Wat gebeur
as die massas waansinnig raak, of 'n groep is wat nog nooit 'n happie
gesofistikeerdheid beleef het nie. Wat van die vry denkende
individualis verswelg deur stereotipes ? Nee wat, demokrasie is 'n
woord wat met 'n romantiese (figuurlik, maar ook letterlik, die Romeins en
Griekse beginsels) beginsel assosieer; maar wragtig niks anders as
fascisme oorgelaat aan die massas is nie. Daar is ook die meer
Europese beginsel waar minderhede eksplisiet en doelgerig beskerm
word, maar dit is maar bra betekenislose begrippe in ons huidige
regering en in die Afrika lewensbeskouing waar, soos iemand dit mooi
stel, oppermag natuurlike seleksie van die sterkste is.

Pro Konfederalis
Etienne Marais

+
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9973 is 'n antwoord op boodskap #9906] Di, 15 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote in article

> Ja boet. Laat die een van ons wit velle wat nie gebaat het by apartheid, die
> eerste klip gooi.
>
> Van Kanada tot Suid Afrika - gebaat het ons gebaat. Van die wat nou kwansuis
> so teen apartheid was - het maar in 'n groot mate hulle huidige posisie in die
> lewe te danke aan die voorregte wat apartheid gebied het. Kyk maar die ou spul
> anties van die Black Sash - vreeslik teen apartheid gewees - maar tog te
> lekker gelewe in Houghton met die tea parties en nou sit hulle hoeka in
> Austalia.

Ek hoor wat jy sê, lou. Maar ek wag nog vir die een wat werklik die
balansstaat sal optel van hoeveel daar gebaat is deur enigeen.

Ek vermoed dit sal nie voor oor fyftig jaar wees nie.

Onse WVK, byvoorbeeld - 'n poging in hierdie verband, het duidelik nog nie
van double entry bookkeeping gehoor nie - om van audi alteram partem nie
eens te praat nie.

Groete, Leendert
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9974 is 'n antwoord op boodskap #9906] Di, 15 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Jul 97 09:19:21 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:

<<>Gloudina skryf:
>
>>  en dank die vader dat die witmense
>>  nie voor die voet doodgeskiet is nie. Alleen 'n mirakel
>>  het hulle van uitroeiing gered.
>
> Miskien 'n mirakel wat deur Suid Afrikaners self bewerkstellig is?  Wat sou
> gebeur het as die ANC oorlog op die wittes verklaar het?  Dink jy ons sou net
> handjies gevou gesit het terwyl ons vermoor word?  Nee, dis op 'n baie slinkser
> manier gedoen.  Hulle praat vrede, sodat ons nie terug baklei nie, en intussen
> word ons wel vermoor, maar mens noem dit "crime" plaas van "war".  Agterbaks,
> nê?
>
> V.>>

Dis 'n baie algemene "common wisdom" onder regserige wittes in SA
vandag wat jy hier kwytraak. Maar sodra 'n mens aan dit begin druk kry
jy antwoorde soos: Iemand het vertel hy het glo gehoor dat Mbeki op 'n
township vergadering sou gese het dat....

Dan vra jy: "Nou wie is die mens wat sulke vergaderings bywoon?"
Dan raak die antwoorde wollerig en vol van "my niggie se swaertjie wat
sê" en so aan.

By the way, waar bly jy? Ek dink nie in SA nie.
Ek sink as jy nie hier bly nie en jy wil kom oorlog maak is dit dalk
'n goeie move om eers terug te kom.

In die begin jare 90 het mense soos Eugene Terre'Blanche, die KP  en
selfs Constand Viljoen gereeld openlike en verskuilde oproepe tot 'n
rasse-oorlog gemaak.

Toe was so 'n oorlog 'n klein entjie weg, maar toe het so te sê al
die witmense anderkant gekyk of vrede bepleit en die aand eerder
movies toe gegaan.

Nou het hulle vrede, nog meer movies en vryheid van spraak ---- en
raai wat doen hulle nou?

Hulle praat oorlog!!
(Darem nou nie so hardop dat 'n mens sal sê: "haai en wanneer ?"
nie.)

Soos jy na toe neig ook volgens jou pos.

Waar was julle toe ou ET julle nodig gehad het? Hoekom blaf julle nou
so grommend van agter die toe hekkie vir die posman?

Julle kan 'n mens nogal heel siek op die maag maak.
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9975 is 'n antwoord op boodskap #9906] Di, 15 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in article
...
> Ik wil me niet in jullie woordenstrijd mengen, maar ik vind dat Griet
> inderdaad een zwak punt van iedere democratie aangeeft: zij kan
> ontaarden in een dictatuur van de meerderheid. Het feit dat de Zuid
> Afrikaanse blanke minderheid vroeger een minderheidsdictatuur heeft
> gevestigd, betekend nog niet dat Zuid Afrika als geheel niet waakzaam
> moet blijven voor het tegenovergestelde.

Arthur, ek dink dat jy en Griet reg is. Maar wat ons onsself
moet afvra, is waarom een deel (respektiewelik minderheid
of meerderheid) 'n diktatuur kan uitoefen op die ander deel
(meerderheid of minderheid)? Met ander woorde, wat veroorsaak
dat mense (individueel of kollektief) diktatorieel word?
WAT MAAK DAT MENSE MAG WIL H^E OOR ANDER MENSE
SE LEWENS?

As ons hierdie vraag beantwoord het, het ons 'n groot tree
vorentoe geneem.

'n Vraag wat hiermee saamhang, is
WANNEER IS DIT NIE MEER NODIG OM MAG TE H^E OOR
ANDER MENSE SE LEWENS NIE?

Ek sou graag hierdie twee vrae self probeer antwoord deur die
saak van LIEFDE aan te roer. Maar ek sou eerder verkies om
te lees hoe julle dit begryp.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9976 is 'n antwoord op boodskap #9906] Di, 15 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> On Mon, 14 Jul 97 12:43:11, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
> > gely het maar dit in hul harte kon vind om die verdrukker te vergewe. >>
>
>
> .... en sommer help soek ook na 'n verdrukker wat kan erken dat hy
> verdruk het...

Ja boet. Laat die een van ons wit velle wat nie gebaat het by apartheid, die
eerste klip gooi.

Van Kanada tot Suid Afrika - gebaat het ons gebaat. Van die wat nou kwansuis
so teen apartheid was - het maar in 'n groot mate hulle huidige posisie in die
lewe te danke aan die voorregte wat apartheid gebied het. Kyk maar die ou spul
anties van die Black Sash - vreeslik teen apartheid gewees - maar tog te
lekker gelewe in Houghton met die tea parties en nou sit hulle hoeka in
Austalia.
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #9990 is 'n antwoord op boodskap #9906] Wo, 16 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
> On Mon, 14 Jul 97 09:19:21 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:

> >
>>> en dank die vader dat die witmense
>>> nie voor die voet doodgeskiet is nie. Alleen 'n mirakel
>>> het hulle van uitroeiing gered.
>>
>> Miskien 'n mirakel wat deur Suid Afrikaners self bewerkstellig is? Wat sou
>> gebeur het as die ANC oorlog op die wittes verklaar het? Dink jy ons sou net
>> handjies gevou gesit het terwyl ons vermoor word? Nee, dis op 'n baie slinkser
>> manier gedoen. Hulle praat vrede, sodat ons nie terug baklei nie, en intussen
>> word ons wel vermoor, maar mens noem dit "crime" plaas van "war". Agterbaks,
>> nê?
>>
>> V.>>

> Dis 'n baie algemene "common wisdom" onder regserige wittes in SA
> vandag wat jy hier kwytraak. Maar sodra 'n mens aan dit begin druk kry
> jy antwoorde soos: Iemand het vertel hy het glo gehoor dat Mbeki op 'n
> township vergadering sou gese het dat....

> Dan vra jy: "Nou wie is die mens wat sulke vergaderings bywoon?"
> Dan raak die antwoorde wollerig en vol van "my niggie se swaertjie wat
> sê" en so aan.

Jy weet, Koos, meeste wat jy kwytraak herinner sterk aan wat soggens
stomend in die bulkamp lê. Vira het net gesê dat witmense hulleself sou
verdedig SOU hulle voor die voet doodgeskiet geword het. Sy't nie oorlog
verklaar nie. Nou draai jy al weer die ding om en plaas haar in dieselfde
kamp met mense soos ET en kie.

Daar is 'n groot verskil tussen oorlog verklaar en jouself verdedig. Ek
dink nie dat wittes vandag spesifiek vir politiese doeleindes vermoor word
nie. Soos ek alreeds in 'n vorige skrywe uitgewys het dink ek dat daardie
klas van geweld teen wittes in die minderheid is (Amy Biehl en 'n paar
ander was uitsonderings - hulle is vermoor NET omdat hulle wit is). Meeste
geweld teen witmense is myns insiens bloot krimineel en swartmense ly net
so swaar, indien nie swaarder nie, onder dieselfde juk. Dit is onnodig vir
die ANC om 'n RASSEgeweldsveldtog teen die wittes te loods want ons is
reeds onskadelik gemaak deur 'n stelsel wat ons self na hierdie kontinent
gebring het.

Ek stem saam met Vira dat as RASSEgeweld in groot mate teen wittes gerig
sou word, dan sal dit op volskaalse burgeroorlog uitloop waar wittes
saamskaar en teen swartes die wapens opneem. So 'n situasie wil ek my nie
eers indink nie. Dit is te gruwelik vir woorde. Dit sou ook geen langter-
myn verandering teweeg
bring nie, want al sou witmense die oorlog wen, sou hulle nooit toegelaat
word om dit te gebruik om weer aan bewind te bly nie. Hulle sou baie gou
weer die mag verloor.

Wat ek baie ironies vind is dat die kêreltjies wat Amy Biehl so koelbloedig
vermoor het vandag 'n kans het om amnestie te kry OMDAT hulle rassiste is.
As hulle haar beroof/verkrag het, sou hulle kanse op amnestie skraal gewees
het. Dit baat dus om 'n rassis te gewees het voor die amnestie sperdatum.
Maar as jy net 'n gewone boef was, dan sit jou turf. En dít moet versoening
bewerkstellig ....
Re: Vensters in Suid-Afrika in. [boodskap #10053 is 'n antwoord op boodskap #9906] Ma, 21 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange schreef ...

> WAT MAAK DAT MENSE MAG WIL H^E OOR ANDER MENSE
> SE LEWENS?

Ik denk dat hier een simpele -biologische- reden voor te geven is.
Macht betekent zekerheid, een goede positie, aanzien, veel mooie
vrouwen (of sterke mannen), goede kansen voor je kinderen
(onsterfelijkheid). Kijk maar naar rest van de natuur.

> WANNEER IS DIT NIE MEER NODIG OM MAG TE H^E OOR
> ANDER MENSE SE LEWENS NIE?

Macht is onontbeerlijk; als er geen "machtige" personen of instanties
zijn, dus als iedereen even machtig is, dan zal er pas echt een
machtstrijd losbarsten.

Arthur
Vorige onderwerp: Dankie Vyg!
Volgende onderwerp: "Die Knoop" vier 10000 besoeke en 400+ bestemmings in Afrikaans!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 20:40:31 MGT 2024