Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kanoneiland...vir Gloudina!
Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #98959] Vr, 01 Oktober 2004 12:21 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Laat ek jou bietjie vertel wat WERKLIK op die Upington-roete gebeur en nie
wat jy sit en oor fantasseer net om 'n punt te maak op hierdie ng nie. Jy
reken mos jy het op Perde-eiland grootgeword en toe kom die apartheidsvarke
en neuk julle storie op? Daar's net een eiland op die Oranjerivier, of
Gariep soos hy vandag bekend staan. Die eiland is 14km lank en 3km breed,
maar in essensie bestaan dit eintlik streng gesproke uit kleiner eilande by
name Bakleieiland, Vlameiland, Bo- en Ondereiland, ens. Op die eiland is
die dorp Kanoneiland self.
Aanvanklike bewoners van die eiland was 'n Korannagroep gewees....genoem
die Smalwange, saam met ander groepies, naamlik die Taaibosse, Seekoeie,
Sakmense, Laatl�ers, Moddermense, Seekoeie, Skerpioene of Spinnekopdrade.
Ek het oral gesoek, maar ek het nêrens 'n Liegbek groep gesien nie, so nou
wonder ek van watter van die groepies was die antie dan gewees?
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #98961 is 'n antwoord op boodskap #98959] Vr, 01 Oktober 2004 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Laat ek jou bietjie vertel wat WERKLIK op die Upington-roete gebeur Die eiland is 14km lank en 3km breed,
> maar in essensie bestaan dit eintlik streng gesproke uit kleiner eilande by
> name Bakleieiland, Vlameiland, Bo- en Ondereiland, ens. Op die eiland is
> die dorp Kanoneiland self.

Jy weet, jy wys deur hierdie soort praat net dat jy
nog nooit in daardie geweste werklik was nie.
Natuurlik is daar so 'n plek soos Kanoneiland
self. Maar dit was omtrent dertig my bokant
die Kakamas besproeiingsskema, wat oorspronklik
deur die NG Kerk begin is ( uitsluitlik vir witmense)
en wat hulle eie kanale uit die rivier gegrawe het.
Baie van die land onder besproeiing is op die
walle van die Oranje, maar daar is talle klein
eilandjies en een groot eiland, in my dae
Perde-eiland genoem, waarop ek gebore is.
Die eiland was so groot dat daar 'n primere
skool was op die "Ondereiland" maar ons in die
Bo-eiland het uitgestap oor 'n brug na die
primôre skool in Marchand. Naas Perde-eiland
was daar nog 'n ander eiland "Witkop-eiland"
geskei van Perde-eiland deur 'n vlakkerige
stroom. So hierdie storie dat daar net een
eiland in die Oranje is, is iets wat jy uit jou
duim suig.

Gloudina
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #98962 is 'n antwoord op boodskap #98961] Vr, 01 Oktober 2004 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:7rCdnWAxsv9CwcDcRVn-jg@rogers.com...
> Jy weet, jy wys deur hierdie soort praat net dat jy
> nog nooit in daardie geweste werklik was nie.
----Foeitog ja, klink vir my of ek meer in daai geweste met my kamera was as
wat jy liegstories uit Kanada kan opdis? Ken ook heelwat mense in daai
geweste en as jy werklik iets geweet het, sou jy geweet het dat Upington een
van die groot 'stop-overs' vir die Namibiane is.

> Natuurlik is daar so 'n plek soos Kanoneiland
> self.
----Waar? Vertel my presies.

Maar dit was omtrent dertig my bokant
> die Kakamas besproeiingsskema, wat oorspronklik
> deur die NG Kerk begin is ( uitsluitlik vir witmense)
> en wat hulle eie kanale uit die rivier gegrawe het.
> Baie van die land onder besproeiing is op die
> walle van die Oranje, maar daar is talle klein
> eilandjies en een groot eiland, in my dae
> Perde-eiland genoem, waarop ek gebore is.
> Die eiland was so groot dat daar 'n primere
> skool was op die "Ondereiland" maar ons in die
> Bo-eiland het uitgestap oor 'n brug na die
> primôre skool in Marchand.
----Ho! Ho! Jou storietjies loop effe deurmekaar. Deel van Kanoneiland
was juis Bo en Ondereiland! Nent soos Rand- en Vlameilande. 'n Hele 14
van hulle. MAAR, is maar net so 40 km weg van jou Kakamas af so jou
stappie vanaf die Bo-eiland na Marchand wat nog 'n verdere 15 km ongeveer
verder is, was darem 'n lange, of hoe?
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #98966 is 'n antwoord op boodskap #98962] Vr, 01 Oktober 2004 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> ----Waar? Vertel my presies.

In die Oranje-rivier, tussen Upington en
Kakamas. Bokant Fryersdale ( of was
dit Vryersdal) waar ek twee ooms
gehad het wat ook op twee verskillende
eilande geboer het. Daar is talle eilande
in die Gariep.

Gloudina
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #98967 is 'n antwoord op boodskap #98962] Vr, 01 Oktober 2004 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

en as jy werklik iets geweet het, sou jy geweet het dat Upington een
> van die groot 'stop-overs' vir die Namibiane is.

Natuurlik. Dit was in die ou dae omtrent
die enigste manier op op te ry Windhoek
toe op redelike goeie paaie.

Gloudina
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #98968 is 'n antwoord op boodskap #98962] Vr, 01 Oktober 2004 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Jou storietjies loop effe deurmekaar. Deel van Kanoneiland
> was juis Bo en Ondereiland!
net so 40 km weg van jou Kakamas af

Al wat bewys word is dat beide die Kanoneilanders
en die Perde-eilanders dieselfde denkwyse gehad het.
Verdeel die eiland in die Bo-eiland en die Ondereiland.
Hulle was in ons geval amper twee aparte gemeenskappies.
Met hulle eie kerk en skool. Ek gee toe, die afstand
tussen Marchand en Kanoneiland lyk my is bietjiee
minder as wat ek gedink het. ( Marchand is omtrent
10 myl onder Kakamas.) Maar in my pa se kar,
wat my ma knaend op dertig myl per uur geback-
seat drive het, het dit baie lank geneem, veral
as mens met Bobbejaanskrans moes opgaan.
( Ek was so verbaas, toe ek Bobbejaanskrans
baie later weer opgaan - skaars 'n gevaarlike
klein passie - hoe skrikwekkend dit vir ons
gevoel het toe ons klein was. Vandag loop
die teerpaaie heelwaarskynlik nie eens meer
oor Bobbejaankrans nie.)

Gloudina
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99003 is 'n antwoord op boodskap #98959] Vr, 01 Oktober 2004 23:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:...

Was die eerste inwoners van die eilande nie Jager Afrikaner (pa van
Jonker) en Jan Bloem nie? Vra maar net.
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99013 is 'n antwoord op boodskap #98966] Sa, 02 Oktober 2004 06:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lekker, jy praat van 'n afstand van om en by die 90 kilometer!

"@rogers.com" skryf in boodskap news:SuednWH30t2p6sDcRVn-hw@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> ----Waar? Vertel my presies.
>
> In die Oranje-rivier, tussen Upington en
> Kakamas. Bokant Fryersdale ( of was
> dit Vryersdal) waar ek twee ooms
> gehad het wat ook op twee verskillende
> eilande geboer het. Daar is talle eilande
> in die Gariep.
>
> Gloudina
>
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99014 is 'n antwoord op boodskap #98967] Sa, 02 Oktober 2004 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmm. Die goeie paaie was aan die Namibiese kant en die gemors om en by
Upington.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:YYKdndhNOKE-6sDcRVn-tw@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> en as jy werklik iets geweet het, sou jy geweet het dat Upington een
>> van die groot 'stop-overs' vir die Namibiane is.
>
> Natuurlik. Dit was in die ou dae omtrent
> die enigste manier op op te ry Windhoek
> toe op redelike goeie paaie.
>
> Gloudina
>
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99015 is 'n antwoord op boodskap #98968] Sa, 02 Oktober 2004 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:muednezbXdcf5MDcRVn-qQ@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Al wat bewys word is dat beide die Kanoneilanders
> en die Perde-eilanders dieselfde denkwyse gehad het. ---H�?
> Verdeel die eiland in die Bo-eiland en die Ondereiland.
> Hulle was in ons geval amper twee aparte gemeenskappies.
> Met hulle eie kerk en skool.
-----Steeds begryp jy nie. Die spul kleiner eilandjies vorm almal deel van
die groter Kanoneiland en die skool en ander geboue is in die dorp van
Kanoneiland.

Ek gee toe, die afstand
> tussen Marchand en Kanoneiland lyk my is bietjiee
> minder as wat ek gedink het. ( Marchand is omtrent
> 10 myl onder Kakamas.) Maar in my pa se kar,
> wat my ma knaend op dertig myl per uur geback-
> seat drive het, het dit baie lank geneem, veral
> as mens met Bobbejaanskrans moes opgaan.
----Jy praat so baie strooi dat jy nie kan onthou wat jy laas gelieg het
nie! Volgens jou vorige skrywe het julle sommer vinnig oorgedraf Marchand
toe vanaf 'Perdeeiland'.

----Toe sê nou, is jy 'n afstammeling van die Smalwange?
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99016 is 'n antwoord op boodskap #99003] Sa, 02 Oktober 2004 06:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, hulle is genoem die Smalwange en was 'n Koranna-groepie.

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0410011543.6b1ecfb@posting.google.com...
> "Suidwester" wrote in message
> news:...
>
> Was die eerste inwoners van die eilande nie Jager Afrikaner (pa van
> Jonker) en Jan Bloem nie? Vra maar net.
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99028 is 'n antwoord op boodskap #98959] Sa, 02 Oktober 2004 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester, jy poep nou teen donderweer...

Die Reader's Digest atlas se skaal is 1:500000 en is gebaseer op die
1:250000 reeks topografiese en lugvaartkaarte soos deur die
Landmeter-Generaal gepubliseer. Ek spoor die volgende benoemde eilande
in die Oranje op, beginnende by Upington:
1) Swartkopeiland 5km stroomaf van Upington soos die kraai vlieg
2) Kanoneiland 15km
3) Rooikopeiland 19km
4) Skanskopeiland 21km (Regoor Keimoes)
5) Perde-eiland 21 km stroomaf van Keimoes soos die kraai vlieg, regoor
Marchand en sowat 5km stroomaf van Kakamas
6) Groot-Vaalkopeiland 15km stroomaf van Kakams soos die kraai vlieg

Swartkopeiland en Groot-Vaalkopeiland is die eerste en laaste van die
benoemde eilande op die kaart. Tussenin en beginnende effens stroomop
van Swartkopeiland tel ek sowat 30 ander kleiner eilande. Soos die
rivier sy loop verander met die seisoene kom en gaan die aantal eilande
sekerlik, maar die wat ek hierbo genoem het wys almal tekens van
permanente bewoning, so hulle bly seker jaar in en jaar uit daar.

Die punt is (a) dat daar baie eilande in die Oranjerivier is, en (b) dat
Perde-eiland bestaan en dat dit meer as 40 km van Kanoneiland af is.
Dit kan hoegenaamd nie as deel van Kanoneiland gesien word nie.

Suidwester wrote:
> Laat ek jou bietjie vertel wat WERKLIK op die Upington-roete gebeur en nie
> wat jy sit en oor fantasseer net om 'n punt te maak op hierdie ng nie. Jy
> reken mos jy het op Perde-eiland grootgeword en toe kom die apartheidsvarke
> en neuk julle storie op? Daar's net een eiland op die Oranjerivier, of
> Gariep soos hy vandag bekend staan. Die eiland is 14km lank en 3km breed,
> maar in essensie bestaan dit eintlik streng gesproke uit kleiner eilande by
> name Bakleieiland, Vlameiland, Bo- en Ondereiland, ens. Op die eiland is
> die dorp Kanoneiland self.
> Aanvanklike bewoners van die eiland was 'n Korannagroep gewees....genoem
> die Smalwange, saam met ander groepies, naamlik die Taaibosse, Seekoeie,
> Sakmense, Laatlêers, Moddermense, Seekoeie, Skerpioene of Spinnekopdrade.
> Ek het oral gesoek, maar ek het nêrens 'n Liegbek groep gesien nie, so nou
> wonder ek van watter van die groepies was die antie dan gewees?
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99030 is 'n antwoord op boodskap #99028] Sa, 02 Oktober 2004 15:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Regstelling! My skaalliniaal het op die verkeerde skaal gelê toe ek die
metings gedoen het - 1:25 ipv 1:50. Dus is die afstande net mooi 2x so
ver as wat ek in my oorsp. pos gelys het.

Op 'n ouer 1:500000 kaart wat ek hier opgespoor het (1951), wys daar
meer eilandname:
Beginnende by Upington:
Pokie
Jooste
Swartkop
Kanon
Bellavista
Rooikop
Smits
Van Keimos:
Skanskop
Bok
Ram
Elim
Van Kakamas
Drif
Van Marchand
Witkop
Perde
Renosterkop
Groot (word in die RD-atlas as Groot-Vaalkop aangedui)
Waterval (net bokant die Aughrabieswaterval)

knersus wrote:
> Suidwester, jy poep nou teen donderweer...
>
> Die Reader's Digest atlas se skaal is 1:500000 en is gebaseer op die
> 1:250000 reeks topografiese en lugvaartkaarte soos deur die
> Landmeter-Generaal gepubliseer. Ek spoor die volgende benoemde eilande
> in die Oranje op, beginnende by Upington:
> 1) Swartkopeiland 5km stroomaf van Upington soos die kraai vlieg
> 2) Kanoneiland 15km
> 3) Rooikopeiland 19km
> 4) Skanskopeiland 21km (Regoor Keimoes)
> 5) Perde-eiland 21 km stroomaf van Keimoes soos die kraai vlieg, regoor
> Marchand en sowat 5km stroomaf van Kakamas
> 6) Groot-Vaalkopeiland 15km stroomaf van Kakams soos die kraai vlieg
>
> Swartkopeiland en Groot-Vaalkopeiland is die eerste en laaste van die
> benoemde eilande op die kaart. Tussenin en beginnende effens stroomop
> van Swartkopeiland tel ek sowat 30 ander kleiner eilande. Soos die
> rivier sy loop verander met die seisoene kom en gaan die aantal eilande
> sekerlik, maar die wat ek hierbo genoem het wys almal tekens van
> permanente bewoning, so hulle bly seker jaar in en jaar uit daar.
>
> Die punt is (a) dat daar baie eilande in die Oranjerivier is, en (b) dat
> Perde-eiland bestaan en dat dit meer as 40 km van Kanoneiland af is. Dit
> kan hoegenaamd nie as deel van Kanoneiland gesien word nie.
>
> Suidwester wrote:
>
>> Laat ek jou bietjie vertel wat WERKLIK op die Upington-roete gebeur en
>> nie wat jy sit en oor fantasseer net om 'n punt te maak op hierdie ng
>> nie. Jy reken mos jy het op Perde-eiland grootgeword en toe kom die
>> apartheidsvarke en neuk julle storie op? Daar's net een eiland op
>> die Oranjerivier, of Gariep soos hy vandag bekend staan. Die eiland
>> is 14km lank en 3km breed, maar in essensie bestaan dit eintlik streng
>> gesproke uit kleiner eilande by name Bakleieiland, Vlameiland, Bo- en
>> Ondereiland, ens. Op die eiland is die dorp Kanoneiland self.
>> Aanvanklike bewoners van die eiland was 'n Korannagroep
>> gewees....genoem die Smalwange, saam met ander groepies, naamlik die
>> Taaibosse, Seekoeie, Sakmense, Laatlêers, Moddermense, Seekoeie,
>> Skerpioene of Spinnekopdrade. Ek het oral gesoek, maar ek het nêrens
>> 'n Liegbek groep gesien nie, so nou wonder ek van watter van die
>> groepies was die antie dan gewees?

>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99031 is 'n antwoord op boodskap #99030] Sa, 02 Oktober 2004 17:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Ram
> Elim

Dankie dat jy vir my weer aan ou dinge
herinner het. Ek het twee ooms gehad
wat op twee verskillende eilande naby
Fryersdale geboer het. Dit was sover
ek kan onthou nie deel van groter
besproeiings-skemas nie. Ek wonder
hoe hulle hul water uit die rivier gekry
het.

Gloudina
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99039 is 'n antwoord op boodskap #99031] Sa, 02 Oktober 2004 22:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"

> Fryersdale geboer het.

Ek dink ek spel dit nog verkeerd.
Ek dink dit moet Friersdale wees.

Gloudina
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99043 is 'n antwoord op boodskap #99028] So, 03 Oktober 2004 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf in boodskap news:cjmejm$s9r$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Suidwester, jy poep nou teen donderweer...

Jy gebruik die verkeerde metafoor hier.

Ou Suidwester DINK hy poep dat dit bulder. Intussen
kan enigiemand met 'n padkaart sien dis alles nattes.

Swart Simon

PS: Hallo daar Suidwester! Hoe lyk dit deesdae met
die olie-pryse daar agter jou sand-duin? Is hulle al
'n bietjie besig om te stabiliseer?
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99046 is 'n antwoord op boodskap #99043] So, 03 Oktober 2004 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf

> Jy gebruik die verkeerde metafoor hier.
>
> Ou Suidwester DINK hy poep dat dit bulder. Intussen
> kan enigiemand met 'n padkaart sien dis alles nattes.

Ag Simon, ek sê mos altyd as ek in die moeilikheid
is, sal ek graag vir jou as my prokureur wil hê.
Net nie as hulle my voor die hof daag oordat ek
hierdie gedigte op die nuusgroep plaas nie. Want
ek weet jy dink ek skend outeursregte deur dit
te doen.

Gloudina
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99058 is 'n antwoord op boodskap #99028] Ma, 04 Oktober 2004 06:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken nogal dié wêreld heel billik en ken ook baie mense daar. Ek gaan
nie met jou kaart stry nie, maar die Kanaalape wat vandag nog daar bly, sê
dat die eilande maak almal die geheel uit wat bekend staan as Kanoneiland.
Daar is ook die dorp wat bekend staan as Kanoneiland.

"knersus" skryf in boodskap news:cjmejm$s9r$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Dit kan hoegenaamd nie as deel van Kanoneiland gesien word nie.
>

>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |_&_KIE_|
Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99066 is 'n antwoord op boodskap #99058] Ma, 04 Oktober 2004 11:36 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Ek ken nogal dié wêreld heel billik en ken ook baie mense daar. Ek gaan
> nie met jou kaart stry nie, maar die Kanaalape wat vandag nog daar bly, sê
> dat die eilande maak almal die geheel uit wat bekend staan as Kanoneiland.
> Daar is ook die dorp wat bekend staan as Kanoneiland.

Maar as jy hulle vra of 'n eiland wat verder wes in
die Oranje is as Kakamas, ook deel van Kanoneiland
uitmaak, dan sal hulle vir jou uitlag. Kanoneiland en
Kakamas se eilande is twee verskillende dinge. Ek
dink jy vra hulle die verkeerde vraag.

Gloudina
Vorige onderwerp: Tigh Mor
Volgende onderwerp: Hy het 'n punt beet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 09:49:05 MGT 2024