Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Het lewe so as dit is in SA???
Het lewe so as dit is in SA??? [boodskap #98824] Di, 28 September 2004 12:18 na volgende boodskap
P_65  is tans af-lyn  P_65
Boodskappe: 43
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Volle Lid
'Die nag van my dood'
Philip de Bruin

"Ons beskerm en ons dien", lui die polisie se leuse. Maar toe drie
gewapende polisiemanne 'n vreesbevange jong meisie wreed verkrag het,
het hulle nie beskerm of gedien nie - hulle het haar lewe verwoes. Sy
het vir die eerste keer haar verhaal aan Philip de Bruin vertel.

"Weet jy, die vernederendste oomblik was toe een van drie mans in die
hof getuig dat ek hulle R70 betaal het sodat al drie met my omgang sal
hê.

"En toe hy onder gelag van mense in die hof byvoeg: 'Daai ding is mos
lekker in jou broek."

Me. Natasha Kern, nou 24, was maar 20 jaar oud toe sy in die vroeë
oggendure van 27 Maart 1999 in 'n stuk veld naby Randfontein verkrag
is. Haar oë is twee potblou poele emosie terwyl sy gesels. Die trane lê
vlak, maar haar stem bewe van ingehoue woede en aggressie.

Sy het tot dusver geweier om haar identiteit openbaar te laat maak,
omdat sy mense se reaksie vrees. "Hulle gaan my as verkragte vrou
brandmerk, ek weet. Maar ek het besluit om met jou te praat."

Haar lewe, sê sy, is in een kort halfuur verwoes. Met die baadjie van
'n polisie-uniform oor haar kop het drie sersante haar een na die ander
ten aanskoue van mekaar verkrag. Dit juis toe sy hul hulp die nodigste
gehad het.

Soos Amanda Strydom se liedjie "Woorde" ('n skepping van Koos du
Plessis) vertel, verstaan mense nooit regtig wat so 'n verkragting aan
'n vrou doen nie. "Mense praat jou moed in, sê mooi woorde en natuurlik
is ek dankbaar. Maar hulle verstaan nie. Nie regtig nie. Soms wens ek,
ek kan net stilletjies sterf."

Met mes teen die keel

Haar nagmerrie het die nag begin toe sy en 'n vriend na 'n geselligheid
op Westonaria gegaan het. Hul verhouding was wankelrig en hulle sou
dinge uitpraat dié aand. Maar toe daag 'n gewese vriendin van hom op en
hy het Kern begin ignoreer.

"Ek het hom laat die nag gevra om my eerder huis toe te neem omdat hy
nie met my gepraat het nie. Hy het geweier en het gesê ek kan wag tot
hy reg is. Daar was 'n vulstasie so 'n halwe blok van die plek af waar
ons was. Ek het soontoe gestap om my ouers te bel om my te kom haal.

"In die winkeltjie by die vulstasiehet ek met die man agter die
toonbank gepraat. Die drie polisiemanne in volle uniform het ingestap
en na ons gesprek geluister. Die een het gesê hulle is aan diens en is
juis op pad Randfontein toe, hulle sal my by my ouers gaan aflaai.

"Ek is grootgemaak dat die polisie jou vriende is en omdat hul motor 'n
polisieregistrasienommer gehad het, het ek ingewillig. Dit was al 02:00
die oggend en ek was bly dat ek nie my ouers wakker hoef te bel nie.

"Op pad het hulle in hul eie taal gepraat en my geïgnoreer. By die
groot vierrigting-kruising buite Randfontein het die bestuurder links
gedraai. Toe ek vra waarom hy dit doen en nie reguit aanry nie, het die
aggressie begin. Die een langs my het sy baadjie uitgetrek en vir my
gesê: Shut up, you white bitch. Hy het sy baadjie oor my kop gegooi.

"Ek het paniekbevange geword en begin skreeu. Hy het 'n mes teen my
keel gedruk en gesê: I'll kill you, shut up, bitch.

"Iewers het hulle stilgehou, my aan my bene uit die motor getrek en my
op die grond gegooi. Een het my wind uitgeskop. Ek het steeds geskreeu,
toe steek hulle my met die mes in die heup. Net 'n ligte stekie, maar
genoeg om my te laat glo ek gaan sterf.

"Die baadjie was steeds oor my kop. Ek sal daardie oomblik toe die
eerste een op my geklim het, nooit, nooit, nooit vergeet nie."

Sy bly lank stil. Toe sy weer praat, is die wanhoop in haar stem amper
te veel om te verduur.

"Terwyl hulle een na die ander op my geklim het, het ek die hele tyd
net gebid: 'Here, laat ek tog sterf. Moenie dat ek bly leef nie,
asseblief Here.' Ek het gesmeek dat hulle my doodmaak. Ek was só bang.

"Toe hulle klaar was, het een my nog gehelp om my langbroek aan te
trek. 'n Ander een het my broekie vir my gegee en nog een het my skoene
aangetrek. Toe klim hulle in die motor en ry weg. Hulle het my net so
gelos.

"Ek het gehardloop en gehardloop. Waar ek die krag vandaan gekry het,
weet ek nie. Ek wou net van daardie verskriklike plek af wegkom. Ek het
soos 'n mal mens gehardloop en gegil."

'Hulle moes gesterf het'

Toe sy tuis kom, het die gereg sy gang gegaan. Haar ouers het haar na
'n krisissentrum gebring, die polisie het vrae gevra, die
vulstasiewinkel het 'n videoband beskikbaar gestel en die drie mans is
geïdentifiseer.

En toe die hofsaak, 'n jaar later.

"Ek moes alles weer vertel, voor al daardie mense, maar veral voor
daardie drie mans. Ek kan nie eintlik my gevoel beskryf nie -
vernedering, haat, weersin, ek weet nie. En ek was bang. Bang vir daai
mans, wat my aangegluur het. En hul vroue wat my met die dood gedreig
het."

Regter Joop Labuschagne het serss. Ephraim Jabaatlholwe, Edwin Nqandela
en Nathaniel Rammutle lewenslank tronk toe gestuur. Hy het verwys na
hul "barbaarse optrede" en 'n "wrede aanval op 'n weerlose vrou".

Maar, sê Kern, met oë wat normaalweg blougroen is, maar helderblou
verkleur as sy emosioneel is, die vonnis stel haar nie tevrede nie.

"Hulle moes gesterf het. Soos ek daardie nag gesterf het. Ek is jammer,
maar dit is die waarheid. Ek kan hulle nie vergewe nie. Ek het probeer,
regtig ek het. Maar ek kan nie. Ek het drie jaar lank sielkundige hulp
gekry, maar dit kon daardie nag nie wegvat nie. In 'n kort halfuur het
hulle die vrolike, opgewekte Natasha Kern vermoor en is 'n nuwe, harde,
siniese, vriendelose Natasha Kern gebore.

"Wat daardie nag gebeur het, speel soos 'n rolprent elke dag, elke nag
in my kop af, oor en oor. Ek kry nagmerries. Ek kry woede-uitbarstings.
Ek loop met 'n woede wat ek vir niemand kan verduidelik nie.

"Hulle het al my drome weggevat. Ek was 'n haarkapster en dit was my
lewe, maar ek moes dit los. Die salon het vir my soos 'n tronk begin
voel. Ek het gedink almal kyk na my en fluister: 'Shame, daar is die
verkragte meisie'. Erger nog, ek moes mans se hare knip. Ek kan nie aan
mans raak nie.

"Ek is bang vir mans en het mans gehaat. Selfs my pa. As ek op straat
'n polisieman in uniform sien, vandag nog, begin ek sweet van angs. Ek
was lief vir kinders, maar ek wil nooit kinders hê nie. Sê nou dis 'n
dogtertjie? Ek sal haar soos in 'n tronk grootmaak en verbied om naby
'n polisieman te kom."

Niemand verstaan nie...

Op aandrang van haar sielkundige en "my wonderlike ma" het sy weer met
'n man begin uitgaan. "Dit was hel. Ek wou nie hê hy moes aan my raak
nie, laat staan nog met my vry. Maar hy het verstaan en begryp. Ons is
agt maande gelede getroud. Hy is wonderlik. Hy verstaan as ek ná donker
te bang is om uit die huis te gaan.

"Álles is in daardie halfuur in die veld by Randfontein van my
weggevat. Ek is dankbaar vir mense se bystand, maar hulle verstaan nie.
Hulle weet nie. Hulle is nie verkrag nie. Hulle was nie daar nie.

"My toekoms, vra jy? Dis 'n chaos. Dis eensaam. Die pad lyk verlate."

Kern het ná die strafsaak 'n siviele geding teen die polisie ingestel
vir skadevergoeding omdat die drie oortreders aan diens was. Dit was
die eerste geding in sy soort in Suid-Afrika.
Die hooggeregshof het haar eis van die hand gewys en bevind dat hoewel
die polisiemanne aan diens was, hulle nie betaal word om misdaad te
pleeg nie.

Sy het appÚl aangeteken. Vyf appÚlregters het twee weke gelede haar
betoog aangehoor en die uitspraak word eersdaags verwag.

pdeb...@beeld.com

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Het lewe so as dit is in SA??? [boodskap #98828 is 'n antwoord op boodskap #98824] Di, 28 September 2004 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Waar was Pym Fortuin nou weer geskiet?
Mos op straat in Holland?

Dit kan nie lekker wees om 'n politikus daar te wees nie.
Re: Het lewe so as dit is in SA??? [boodskap #98831 is 'n antwoord op boodskap #98828] Di, 28 September 2004 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P_65  is tans af-lyn  P_65
Boodskappe: 43
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi Greyling drukte met precisie uit :
> Waar was Pym Fortuin nou weer geskiet?
> Mos op straat in Holland?
>
> Dit kan nie lekker wees om 'n politikus daar te wees nie.

Was die moordenaar een polisieman?

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Het lewe so as dit is in SA??? [boodskap #98832 is 'n antwoord op boodskap #98831] Di, 28 September 2004 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 28 Sep 2004 14:20:58 GMT, P_65 wrote:

> Ferdi Greyling drukte met precisie uit :
>> Waar was Pym Fortuin nou weer geskiet?
>> Mos op straat in Holland?

>> Dit kan nie lekker wees om 'n politikus daar te wees nie.
>
> Was die moordenaar een polisieman?

Nee. 'n Kieser.
Re: Het lewe so as dit is in SA??? [boodskap #98834 is 'n antwoord op boodskap #98832] Di, 28 September 2004 14:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P_65  is tans af-lyn  P_65
Boodskappe: 43
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi Greyling schreef op 28/09/2004 :
> On Tue, 28 Sep 2004 14:20:58 GMT, P_65 wrote:
>
> >> Waar was Pym Fortuin nou weer geskiet?
>>> Mos op straat in Holland?
>
>>> Dit kan nie lekker wees om 'n politikus daar te wees nie.

>> Was die moordenaar een polisieman?
>
>
> Nee. 'n Kieser.

Een extreemgroene linkse milieuaktivist :D
Pim Fortuin was te regs ,dus gevaarlik en mos uit die weg geruim word

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Het lewe so as dit is in SA??? [boodskap #98836 is 'n antwoord op boodskap #98824] Di, 28 September 2004 14:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie storie is 'n aaklige een wat jou lus maak om polisiemanne aan die
strot te gryp. Maak nie saak wie se skuld dit is nie, maar vandag se
polisiemag, beide hier by ons in Namibië, asook duidelik by julle in SA is
een chaotiese kakspul. Daar's duidelik nie veel trots vir die mag oor nie
en vna die kriminele loop in die uniform rond. Hier by ons is daar
daaglikse gevalle van vergryp deur lede van die polisie, bedrog, kak
aanjaag, alles. As jy 'n saak rapporteer, dan het hulle nie 'n motor
beskikbaar nie want die bevelvoerder is daarmee huistoe of sy liefvrou gaan
kuier, of wat ook al. Wat die ouens nou maar doen as daar 'n inbraak is,
is om die polisie te bel en te sê jy dink jy het 'n swart man doodgeskiet
hulle moet kom kyk. Binne minute is 'n hele horde daar en dan sê jy heel
onskuldig dat hulle seker verkeerd gehoor het....jy't 'n swart man gesién,
maar terwyl hulle nou so gewillig daar is, kyk bietjie na hierdie inbraak.
hulle's so 'n bietjie die moer in, maar dan help die storie ook nie veel nie
want vele van die polisiemanne is al gevang dat hulle saam met die stelers
werk en 'n hap uit die inkomste kry!

"P_65" skryf in boodskap news:mn.e35a7d491df85071.18398@hotmail.be...
> 'Die nag van my dood'
> Philip de Bruin
>
>
> "Ons beskerm en ons dien", lui die polisie se leuse. Maar toe drie
> gewapende polisiemanne 'n vreesbevange jong meisie wreed verkrag het, het
> hulle nie beskerm of gedien nie - hulle het haar lewe verwoes. Sy het vir
> die eerste keer haar verhaal aan Philip de Bruin vertel.
>
> "Weet jy, die vernederendste oomblik was toe een van drie mans in die hof
> getuig dat ek hulle R70 betaal het sodat al drie met my omgang sal hê.
>
> "En toe hy onder gelag van mense in die hof byvoeg: 'Daai ding is mos
> lekker in jou broek."
>
> Me. Natasha Kern, nou 24, was maar 20 jaar oud toe sy in die vroeë
> oggendure van 27 Maart 1999 in 'n stuk veld naby Randfontein verkrag is.
> Haar oë is twee potblou poele emosie terwyl sy gesels. Die trane lê vlak,
> maar haar stem bewe van ingehoue woede en aggressie.
>
> Sy het tot dusver geweier om haar identiteit openbaar te laat maak, omdat
> sy mense se reaksie vrees. "Hulle gaan my as verkragte vrou brandmerk, ek
> weet. Maar ek het besluit om met jou te praat."
>
> Haar lewe, sê sy, is in een kort halfuur verwoes. Met die baadjie van 'n
> polisie-uniform oor haar kop het drie sersante haar een na die ander ten
> aanskoue van mekaar verkrag. Dit juis toe sy hul hulp die nodigste gehad
> het.
>
> Soos Amanda Strydom se liedjie "Woorde" ('n skepping van Koos du Plessis)
> vertel, verstaan mense nooit regtig wat so 'n verkragting aan 'n vrou doen
> nie. "Mense praat jou moed in, sê mooi woorde en natuurlik is ek dankbaar.
> Maar hulle verstaan nie. Nie regtig nie. Soms wens ek, ek kan net
> stilletjies sterf."
>
> Met mes teen die keel
>
> Haar nagmerrie het die nag begin toe sy en 'n vriend na 'n geselligheid op
> Westonaria gegaan het. Hul verhouding was wankelrig en hulle sou dinge
> uitpraat dié aand. Maar toe daag 'n gewese vriendin van hom op en hy het
> Kern begin ignoreer.
>
> "Ek het hom laat die nag gevra om my eerder huis toe te neem omdat hy nie
> met my gepraat het nie. Hy het geweier en het gesê ek kan wag tot hy reg
> is. Daar was 'n vulstasie so 'n halwe blok van die plek af waar ons was.
> Ek het soontoe gestap om my ouers te bel om my te kom haal.
>
> "In die winkeltjie by die vulstasiehet ek met die man agter die toonbank
> gepraat. Die drie polisiemanne in volle uniform het ingestap en na ons
> gesprek geluister. Die een het gesê hulle is aan diens en is juis op pad
> Randfontein toe, hulle sal my by my ouers gaan aflaai.
>
> "Ek is grootgemaak dat die polisie jou vriende is en omdat hul motor 'n
> polisieregistrasienommer gehad het, het ek ingewillig. Dit was al 02:00
> die oggend en ek was bly dat ek nie my ouers wakker hoef te bel nie.
>
> "Op pad het hulle in hul eie taal gepraat en my geïgnoreer. By die groot
> vierrigting-kruising buite Randfontein het die bestuurder links gedraai.
> Toe ek vra waarom hy dit doen en nie reguit aanry nie, het die aggressie
> begin. Die een langs my het sy baadjie uitgetrek en vir my gesê: Shut up,
> you white bitch. Hy het sy baadjie oor my kop gegooi.
>
> "Ek het paniekbevange geword en begin skreeu. Hy het 'n mes teen my keel
> gedruk en gesê: I'll kill you, shut up, bitch.
>
> "Iewers het hulle stilgehou, my aan my bene uit die motor getrek en my op
> die grond gegooi. Een het my wind uitgeskop. Ek het steeds geskreeu, toe
> steek hulle my met die mes in die heup. Net 'n ligte stekie, maar genoeg
> om my te laat glo ek gaan sterf.
>
> "Die baadjie was steeds oor my kop. Ek sal daardie oomblik toe die eerste
> een op my geklim het, nooit, nooit, nooit vergeet nie."
>
> Sy bly lank stil. Toe sy weer praat, is die wanhoop in haar stem amper te
> veel om te verduur.
>
> "Terwyl hulle een na die ander op my geklim het, het ek die hele tyd net
> gebid: 'Here, laat ek tog sterf. Moenie dat ek bly leef nie, asseblief
> Here.' Ek het gesmeek dat hulle my doodmaak. Ek was sê bang.
>
> "Toe hulle klaar was, het een my nog gehelp om my langbroek aan te trek.
> 'n Ander een het my broekie vir my gegee en nog een het my skoene
> aangetrek. Toe klim hulle in die motor en ry weg. Hulle het my net so
> gelos.
>
> "Ek het gehardloop en gehardloop. Waar ek die krag vandaan gekry het, weet
> ek nie. Ek wou net van daardie verskriklike plek af wegkom. Ek het soos 'n
> mal mens gehardloop en gegil."
>
> 'Hulle moes gesterf het'
>
> Toe sy tuis kom, het die gereg sy gang gegaan. Haar ouers het haar na 'n
> krisissentrum gebring, die polisie het vrae gevra, die vulstasiewinkel het
> 'n videoband beskikbaar gestel en die drie mans is geïdentifiseer.
>
> En toe die hofsaak, 'n jaar later.
>
> "Ek moes alles weer vertel, voor al daardie mense, maar veral voor daardie
> drie mans. Ek kan nie eintlik my gevoel beskryf nie - vernedering, haat,
> weersin, ek weet nie. En ek was bang. Bang vir daai mans, wat my
> aangegluur het. En hul vroue wat my met die dood gedreig het."
>
> Regter Joop Labuschagne het serss. Ephraim Jabaatlholwe, Edwin Nqandela en
> Nathaniel Rammutle lewenslank tronk toe gestuur. Hy het verwys na hul
> "barbaarse optrede" en 'n "wrede aanval op 'n weerlose vrou".
>
> Maar, sê Kern, met oë wat normaalweg blougroen is, maar helderblou
> verkleur as sy emosioneel is, die vonnis stel haar nie tevrede nie.
>
> "Hulle moes gesterf het. Soos ek daardie nag gesterf het. Ek is jammer,
> maar dit is die waarheid. Ek kan hulle nie vergewe nie. Ek het probeer,
> regtig ek het. Maar ek kan nie. Ek het drie jaar lank sielkundige hulp
> gekry, maar dit kon daardie nag nie wegvat nie. In 'n kort halfuur het
> hulle die vrolike, opgewekte Natasha Kern vermoor en is 'n nuwe, harde,
> siniese, vriendelose Natasha Kern gebore.
>
> "Wat daardie nag gebeur het, speel soos 'n rolprent elke dag, elke nag in
> my kop af, oor en oor. Ek kry nagmerries. Ek kry woede-uitbarstings. Ek
> loop met 'n woede wat ek vir niemand kan verduidelik nie.
>
> "Hulle het al my drome weggevat. Ek was 'n haarkapster en dit was my lewe,
> maar ek moes dit los. Die salon het vir my soos 'n tronk begin voel. Ek
> het gedink almal kyk na my en fluister: 'Shame, daar is die verkragte
> meisie'. Erger nog, ek moes mans se hare knip. Ek kan nie aan mans raak
> nie.
>
> "Ek is bang vir mans en het mans gehaat. Selfs my pa. As ek op straat 'n
> polisieman in uniform sien, vandag nog, begin ek sweet van angs. Ek was
> lief vir kinders, maar ek wil nooit kinders hê nie. Sê nou dis 'n
> dogtertjie? Ek sal haar soos in 'n tronk grootmaak en verbied om naby 'n
> polisieman te kom."
>
> Niemand verstaan nie...
>
> Op aandrang van haar sielkundige en "my wonderlike ma" het sy weer met 'n
> man begin uitgaan. "Dit was hel. Ek wou nie hê hy moes aan my raak nie,
> laat staan nog met my vry. Maar hy het verstaan en begryp. Ons is agt
> maande gelede getroud. Hy is wonderlik. Hy verstaan as ek ná donker te
> bang is om uit die huis te gaan.
>
> "Álles is in daardie halfuur in die veld by Randfontein van my weggevat.
> Ek is dankbaar vir mense se bystand, maar hulle verstaan nie. Hulle weet
> nie. Hulle is nie verkrag nie. Hulle was nie daar nie.
>
> "My toekoms, vra jy? Dis 'n chaos. Dis eensaam. Die pad lyk verlate."
>
>
> Kern het ná die strafsaak 'n siviele geding teen die polisie ingestel vir
> skadevergoeding omdat die drie oortreders aan diens was. Dit was die
> eerste geding in sy soort in Suid-Afrika.
> Die hooggeregshof het haar eis van die hand gewys en bevind dat hoewel die
> polisiemanne aan diens was, hulle nie betaal word om misdaad te pleeg nie.
>
> Sy het appèl aangeteken. Vyf appèlregters het twee weke gelede haar betoog
> aangehoor en die uitspraak word eersdaags verwag.
>
> pdeb...@beeld.com
>
> --
> Dit is een automatische handtekening van MesNews.
> Site : http://mesnews.no-ip.com
>
Re: Het lewe so as dit is in SA??? [boodskap #98848 is 'n antwoord op boodskap #98824] Di, 28 September 2004 20:22 Na vorige boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 28 Sep 2004 12:18:42 GMT, P_65 wrote:

> 'Die nag van my dood'
> Philip de Bruin
>

>
> pdeb...@beeld.com

het enige van julle 'Special Assignment' nou net gekyk?

DD
Vorige onderwerp: Hoe moeilik is dit om te verstaan?
Volgende onderwerp: Nigeriese babas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 12:50:17 MGT 2024