Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SA tien jaar van nou
Re: Gloudina [boodskap #98394 is 'n antwoord op boodskap #98392] Sa, 18 September 2004 18:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 Sep 2004 18:12:35 GMT, "Ellie" wrote:

> Ek wil net laat weet dat ons toe die stormpie oorleef het, dit was meer van
> n tropiese storm as n volwaardige orkaan. Ons krag en telefoon was af van
> Donderdag middag tot omtrent so n uur gelede. Gelukkig het ons geen skade
> nie, geen een van die hoë bome het omgeval nie.
>

>
> Ellie

Wat 'n verligting om van jòu te hoor, Ellie:-) En lekker om ook te
hoor dat, behalwe vir 'n kleiner elektrisiteitsrekening, was daar
nie veel veranderinge nie.
Hannetjie (en ek) is nuuskierig oor jou huis en die riviertjie wat
deur jou erf vloei. Stuur vir ons 'n foto.

DD
Re: Gloudina [boodskap #98395 is 'n antwoord op boodskap #98392] Sa, 18 September 2004 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Dankie vir jou waaksame oog in Kanada wat omgegee het .

Wel, nou is ek darem baie verlig. Toe ek nie vir jou
op die nuusgroep sien nie, het ek aangeneem dat julle
ten minste krag verloor het, of besluit het om bietjie
uit die omgewing pad te gee. Julle was gelukkig om
nie so erg te gely het nie. Dit lyk my dit het baie slegte
weer veroorsaak tot bo in Pennsylvania.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98396 is 'n antwoord op boodskap #98393] Sa, 18 September 2004 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

Almal op die
> groep weet dat jy nooit tot die onderwysgeledere in 'n blanke
> skool kon vorder nie, en slegs vir die swartes skool gehou het.
> En dít was in 'n tyd wat van jou kollegas slegs std. 8 gehad het.

Ongelukkig vir jou, was my eerste pos in 'n privaat
meisies-skool, St. Anne's, die susterskool van Michaelhouse,
waar daar ongelukkig net wit meisies was, as gevolg van die
apartheidsreëls wat jou apartheidsvarkvaders ingevoer het.
En ek kan jou verseker dat my kollegas by Adams College
almal universiteitsgrade gehad het, sommige van wit
universiteite in SA wat hulle voor 1948 kon bywoon, sommige
van hulle met buitelandse grade. Ek wonder. Het jy 'n
universiteitsgraad? Of is jy een van daardie joggies wat
sit en pontifikeer oor allerhande akademiese dinge, sonder
om die minste benul te hê waarvan julle praat? Sê my, het
jy 'n universiteitsgraad?

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98398 is 'n antwoord op boodskap #98396] Sa, 18 September 2004 19:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 Sep 2004 19:07:10 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
> Almal op die
>> groep weet dat jy nooit tot die onderwysgeledere in 'n blanke
>> skool kon vorder nie, en slegs vir die swartes skool gehou het.
>> En dìt was in 'n tyd wat van jou kollegas slegs std. 8 gehad het.
>
> Ongelukkig vir jou, was my eerste pos in 'n privaat
> meisies-skool, St. Anne's, die susterskool van Michaelhouse,
> waar daar ongelukkig net wit meisies was, as gevolg van die
> apartheidsreëls wat jou apartheidsvarkvaders ingevoer het.
> En ek kan jou verseker dat my kollegas by Adams College
> almal universiteitsgrade gehad het, sommige van wit
> universiteite in SA wat hulle voor 1948 kon bywoon, sommige
> van hulle met buitelandse grade. Ek wonder. Het jy 'n
> universiteitsgraad? Of is jy een van daardie joggies wat
> sit en pontifikeer oor allerhande akademiese dinge, sonder
> om die minste benul te hê waarvan julle praat? Sê my, het
> jy 'n universiteitsgraad?
>
> Gloudina
>

Ek het op 'n plaas groot geword. Daar was 'n plaasskool.
Die hoogste standerd wat in ons skool bereik kon word,
is standerd vyf. My pa wou gehad het dat ek na die
dorp moes gaan om verder te leer, maar wie sou die
koeie melk? As dit nie was vir die spruit wat afgekom
het, en hoog gebly het die laaste kwartaal nie, sou ek
std. 5 met goeie lof geslaag het. Die jaar daarna wou
my pa my terug stuur plaasskool toe, om die eksamen
te gaan doen, maar die onderwysers wou nie 'n 17jrge
kind op skool toelaat nie.

DD
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98401 is 'n antwoord op boodskap #98365] Sa, 18 September 2004 21:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
My point being dat in die afgelope - se nou maar - 200 jaar is daardie
samelewing al in 'n soort posisie van rus.

Ons samelewing het begin vorm aanneem in die middel 1300's of so met
die swart stamme wat suid beweeg het later in 1652 ou Jan VR. En van
daardie tyd af is daar voortdurende beweging en omruil van
eienaarskap.

My hoop is dat 1994 die laaste groot een was en dat ons nou kan begin
bou wat mense soos die Nore as van selfsprekend aanvaar.

Almal in SA verwag in hul agterkop dat iemand hulle van hule plekke
gaan afgooi.

Voor 1994 was dit die swartmense (en hulle lei nog aan after shock) en
nou is dit die wit Afrikaners.

Die Bruinmense het voor 1994 en nou weer na 1994 die onsekerheid.

On Fri, 17 Sep 2004 19:42:13 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Ferdi Greyling" skryf
>
>> Mense in Noorwee woon reeds seker 3000 jaar daar.
>> Jy word gebore op 'n plek en ontwikkel 'n sense of propriety
>
> Geen situasie is so eenvoudig soos mens dink nie.
> Jy dink die Noorweegse bevolking is 'n monolitiese
> klomp mense. Maar, is ek amper seker, daar is
> etlike groepe binne die Noorweegse rykdom, en
> een daarvan het dominant geword. Die mense
> in die noorde, wat groter aansluiting vind met
> die Inuit van Kanada en soortgelykes in Rusland,
> hou jaarliks hulle eie "circumpolar" konferensies
> en droom van die dag wanneer al dié mense in
> 'n politieke eenheid kan saamsmelt. Die mense
> in die suide en weste van Noorweë is heelwaar-
> skynlik van Germaanse oorsprong, insluitende
> hulle gode. Die mense in die oostelike dele
> van Noorweë, dink ek, is weer meer verwant
> aan die Finne, wat 'n afsonderlike rassegroep
> vorm.
>
> Gloudina
>
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98402 is 'n antwoord op boodskap #98366] Sa, 18 September 2004 21:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 17 Sep 2004 19:49:32 GMT, "@rogers.com" wrote:

> "Ferdi Greyling" skryf
>
>> Niemand in SA kan 200 jaar terugkyk en se hier woon ek en my familie
>> en gaan my kinders woon. ONs het geleer daar kom altyd die een of
>> ander gek en vat ons goed af.
>
> Of, ons het grootgeword, soos ek, met die wete dat
> ek op grond grootword wat afgevat is van ander
> mense. Nie teoretiese mense nie. Mense wat ek in
> die bulte sien bly het, teruggedruk ver van die welige
> rivieroewers en -eilande waar hulle voorsate 'n
> generasie of twee tevore gebly het. As iets my
> gevorm het, was dit hierdie skuldgevoel teenoor
> die kinders met wie ek gespeel het, kinders wat
> heelwaarskynlik net so intelligent as ek was, maar
> wat eenvoudig nooit die kanse gehad het wat ek
> gehad het nie.

My punt.
Dit lei tot onsekerheid. Almal in die bleddie land lei daaraan.

> Dis daarom dat een van die dinge wat my die
> grootste vreugde gee, die nuwe heraldiese wapen
> van SA is. Daarop sien ek mense wat probeer
> saamdink en saamwoon, en wat hulde bring aan
> die Khoi en die San, deur 'n uitgestorwe taal
> te gebruik vir sy diepste siel. Ek is trots op die
> feit dat dié wapen, as ek reg onthou, ontwerp
> is deur 'n Afrikaner.

Hopelik begin ons nou nasie bou. Maar dit gaan meer as een geslag
neem.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98403 is 'n antwoord op boodskap #98390] Sa, 18 September 2004 21:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 Sep 2004 17:59:24 GMT, "@rogers.com" wrote:

> "Plato" skryf
>
> Ek
>> en Suidwester en kie sit in die land wat jy kwansuis so opgehelp het.
>
> Ja, waar my vorige swart leerlinge nou regters en ministers
> kan word. En waar daar deur die sogenaamde "rooi gevaar"
> 'n fiskale konserwatiewe beleid gevolg word, wat die
> ekonomie van SA al hoe gesonder maak, in teenstelling met
> die apartheidsvarke se petaljes.

Suidwester is nie in SA nie. Hy is ook nie 'n Suid-Afrikaner nie.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98406 is 'n antwoord op boodskap #98393] Sa, 18 September 2004 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> En dít was in 'n tyd wat van jou kollegas slegs std. 8 gehad het.

Om terug te keer tot die kwalifikasies van onderwysers
in swart skole gedurende die apartheidsjare. Toe ek vir
die eerste keer na Adams Mission gegaan het, was die
skool nog onder die kontrole van die Amerikaanse
sendelinge. Al die onderwysers wat in die Hoërskool
skoolgehou het, behalwe ek, was swart vir die eerste
drie maande. Later het daar twee wittes bygekom.
Maar al die swart onderwysers het universiteitsgrade
gehad.
Toe gaan ek vir 'n jaar Europa toe, en daarna gee
ek twee jaar klas by Healdtown, waar al die swart
onderwysers ook universiteitsgrade gehad het.
Sommige wittes het net diplomas gehad. Toe gaan
ek terug na Adams Mission, waar die hoërskool
en opleidingskollege ondertussen oorgegaan het na
die Departement van Bantoe-Onderwys. Die plek
is toe oorstroom met meestal Afrikaners wat in
swart onderwys inkom, almal hopende om so gou
as moontlik prinsipaal of vise-prinsipaal te word van
die omliggende swart skole. En die plek is ook vol
van ou Afrikaanse ooms, wat nog uit die jare dateer
toe hulle net twee jaar na Matriek moes leer vir
hulle onderwysdiploma. Dit, my liewe DD, is wat
"Bantoe-Onderwys" aan swart onderwys gedoen
het. Dit was verantwoordelik vir die instroming van
'n klomp ou wit Afrikaner-onderwysers wat lank
in die tand was, en met 'n minimum opleiding. Die
hele ding was belaglik. Dis sogenaamde aparte
ontwikkeling, en al wat gebeur is dat wit Afrikaners
instroom in swart onderwys. Kan jy swartmense
blameer dat hulle verontwaardig was hieroor?

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98411 is 'n antwoord op boodskap #98398] So, 19 September 2004 05:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bosvark  is tans af-lyn  Bosvark
Boodskappe: 15
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Junior Lid
DD: .. wou my pa my terug stuur plaasskool toe, om die eksamen te gaan
doen, maar die onderwysers wou nie 'n 17jrge kind op skool toelaat nie.

Bosvark : Jy kon minstens die onderwyseres gaan doen het ...

"DD" skryf in boodskap news:go2pk0hcujru78cobmgfdre8s2oiqhfee4@4ax.com...
Ek het op 'n plaas groot geword. Daar was 'n plaasskool.
Die hoogste standerd wat in ons skool bereik kon word,
is standerd vyf. My pa wou gehad het dat ek na die
dorp moes gaan om verder te leer, maar wie sou die
koeie melk? As dit nie was vir die spruit wat afgekom
het, en hoog gebly het die laaste kwartaal nie, sou ek
std. 5 met goeie lof geslaag het. Die jaar daarna wou
my pa my terug stuur plaasskool toe, om die eksamen
te gaan doen, maar die onderwysers wou nie 'n 17jrge
kind op skool toelaat nie.

DD
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98412 is 'n antwoord op boodskap #98411] So, 19 September 2004 08:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> "DD" wrote in message
> news:go2pk0hcujru78cobmgfdre8s2oiqhfee4@4ax.com...
> Ek het op 'n plaas groot geword. Daar was 'n plaasskool.
> Die hoogste standerd wat in ons skool bereik kon word,
> is standerd vyf. My pa wou gehad het dat ek na die
> dorp moes gaan om verder te leer, maar wie sou die
> koeie melk? As dit nie was vir die spruit wat afgekom
> het, en hoog gebly het die laaste kwartaal nie, sou ek
> std. 5 met goeie lof geslaag het. Die jaar daarna wou
> my pa my terug stuur plaasskool toe, om die eksamen
> te gaan doen, maar die onderwysers wou nie 'n 17jrge
> kind op skool toelaat nie.
>
> DD
>
>
>
On Sun, 19 Sep 2004 07:57:26 +0200, "Bosvark" wrote:

> DD: .. wou my pa my terug stuur plaasskool toe, om die eksamen te gaan
> doen, maar die onderwysers wou nie 'n 17jrge kind op skool toelaat nie.
>
> Bosvark : Jy kon minstens die onderwyseres gaan doen het ...
>

dan verstaan jy ook wat die complains was.
Ek dog dit was omdat my hare soos die van
'n bosvark gelyk het.

DD
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98423 is 'n antwoord op boodskap #98390] So, 19 September 2004 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
> Ek
>
>> en Suidwester en kie sit in die land wat jy kwansuis so opgehelp het.
>
>
> Ja, waar my vorige swart leerlinge nou regters en ministers
> kan word. En waar daar deur die sogenaamde "rooi gevaar"
> 'n fiskale konserwatiewe beleid gevolg word, wat die
> ekonomie van SA al hoe gesonder maak, in teenstelling met
> die apartheidsvarke se petaljes.
>
> Gloudina
>
>

En steeds skree jy vanuit Kanada! Hoe kan mens jou ernstig opneem Gloudina?
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98424 is 'n antwoord op boodskap #98391] So, 19 September 2004 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
> In Suid Afrika is dit nie 'n
>
>> goeie ding vir die unies om te veel mag te kry nie. Die redes daarvoor
>> is in menige boeke uitgespel en ek dink nie dit het veel aandag nodig nie.
>
>
> Die mag van unies is 'n sikliese verskynsel. Somtyds
> het hulle die mag in hulle hande, veral wanneer daar
> vooruitgang is en werkers skaars word. Wanneer daar
> resessies is, verloor vakbonde gewoonlik 'n sekere
> mate van slaankrag. Om "die mag van vakbonde"
> te minag, soos jy voorstel, is dom. Goeie staatshuis-
> houdkunde neem alles in ag.
>
> Gloudina
>
>

Ek stel niks voor nie Gloudina, maar ek kan jou sê Afrika is 'n snaakse
plek jong. Normaliteit en balans is relatiewe terme.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98425 is 'n antwoord op boodskap #98396] So, 19 September 2004 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "DD" skryf
>
> Almal op die
>
>> groep weet dat jy nooit tot die onderwysgeledere in 'n blanke
>> skool kon vorder nie, en slegs vir die swartes skool gehou het.
>> En dìt was in 'n tyd wat van jou kollegas slegs std. 8 gehad het.
>
>
> Ongelukkig vir jou, was my eerste pos in 'n privaat
> meisies-skool, St. Anne's, die susterskool van Michaelhouse,
> waar daar ongelukkig net wit meisies was, as gevolg van die
> apartheidsreëls wat jou apartheidsvarkvaders ingevoer het.
> En ek kan jou verseker dat my kollegas by Adams College
> almal universiteitsgrade gehad het, sommige van wit
> universiteite in SA wat hulle voor 1948 kon bywoon, sommige
> van hulle met buitelandse grade. Ek wonder. Het jy 'n
> universiteitsgraad? Of is jy een van daardie joggies wat
> sit en pontifikeer oor allerhande akademiese dinge, sonder
> om die minste benul te hê waarvan julle praat? Sê my, het
> jy 'n universiteitsgraad?
>
> Gloudina
>
>

En as hy nie het nie? Wat dan?
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98426 is 'n antwoord op boodskap #98396] So, 19 September 2004 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "DD" skryf
>
> Almal op die
>
>> groep weet dat jy nooit tot die onderwysgeledere in 'n blanke
>> skool kon vorder nie, en slegs vir die swartes skool gehou het.
>> En dìt was in 'n tyd wat van jou kollegas slegs std. 8 gehad het.
>
>
> Ongelukkig vir jou, was my eerste pos in 'n privaat
> meisies-skool, St. Anne's, die susterskool van Michaelhouse,
> waar daar ongelukkig net wit meisies was, as gevolg van die
> apartheidsreëls wat jou apartheidsvarkvaders ingevoer het.
> En ek kan jou verseker dat my kollegas by Adams College
> almal universiteitsgrade gehad het, sommige van wit
> universiteite in SA wat hulle voor 1948 kon bywoon, sommige
> van hulle met buitelandse grade. Ek wonder. Het jy 'n
> universiteitsgraad? Of is jy een van daardie joggies wat
> sit en pontifikeer oor allerhande akademiese dinge, sonder
> om die minste benul te hê waarvan julle praat? Sê my, het
> jy 'n universiteitsgraad?
>
> Gloudina
>
>

Ek het al geleer dat selfs mense met Universiteitsgrade maar lekker
"stupid" kan wees. Jy tel vir my as "stupid" Gloudina. Ek neem aan jy
het 'n graad. Daar is mense wat nie geld gehad het om te kon studeer
nie. Maar boekekennis is juis net dit, boekekennis. Jy het nie die nodig
om op Universiteit te wees om wys te word nie. Dit maak jou net belese
in 'n bepaalde fakgebied.

Kennis gee jou die kundigheid om die vuur te maak. Wysheid is dit wat
jou keer om jou vingers te brand...

Groete
Plato
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98431 is 'n antwoord op boodskap #98411] So, 19 September 2004 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Bosvark wrote:

> DD: .. wou my pa my terug stuur plaasskool toe, om die eksamen te gaan
> doen, maar die onderwysers wou nie 'n 17jrge kind op skool toelaat nie.
>
> Bosvark : Jy kon minstens die onderwyseres gaan doen het ...
>
>
> "DD" wrote in message
> news:go2pk0hcujru78cobmgfdre8s2oiqhfee4@4ax.com...
> Ek het op 'n plaas groot geword. Daar was 'n plaasskool.
> Die hoogste standerd wat in ons skool bereik kon word,
> is standerd vyf. My pa wou gehad het dat ek na die
> dorp moes gaan om verder te leer, maar wie sou die
> koeie melk? As dit nie was vir die spruit wat afgekom
> het, en hoog gebly het die laaste kwartaal nie, sou ek
> std. 5 met goeie lof geslaag het. Die jaar daarna wou
> my pa my terug stuur plaasskool toe, om die eksamen
> te gaan doen, maar die onderwysers wou nie 'n 17jrge
> kind op skool toelaat nie.
>
> DD
>
>
>
>

ROFL
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98441 is 'n antwoord op boodskap #98425] So, 19 September 2004 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> En as hy nie het nie? Wat dan?

Dan behoort hy minder sy mond te rek oor
akademiese dinge en mense se kwalifikasies.
Snaaks hoe minder die mens geskoold is,
hoe meer het hy opinies oor skole en
universiteite. Ons het eenkeer 'n ou hier
gehad wat vir jou fyn kon uitlê wat dan
nou "verkeerd" is met die Universiteit
van Natal en smalend gepraat het van
die "bosuniversiteite." En toe ek nou
vir hom trompop vra na watter universiteit
het hy gegaan, verwagtende dat dit ten
minste Oxford of Cambridge sou wees,
toe moes hy bieg dat hy net 'n Standerd
Ag van die Natalse Onderwysdepartement
het.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98442 is 'n antwoord op boodskap #98426] So, 19 September 2004 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

Dit maak jou net belese
> in 'n bepaalde fakgebied.

Doen jy dit met opset? Om gereeld verkeerd
te spel? Dis "vakgebied." Het jy op skool
fakke gehad?

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98444 is 'n antwoord op boodskap #98424] So, 19 September 2004 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Ek stel niks voor nie Gloudina, maar ek kan jou sê Afrika is 'n snaakse
> plek jong. Normaliteit en balans is relatiewe terme.

En ander plekke op die aardbol is nie "snaaks" nie?
Maar nee, vir jou rassistiese redes, moet jy dit nou
teen "Afrika" hê.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98446 is 'n antwoord op boodskap #98441] So, 19 September 2004 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 19 Sep 2004 19:04:50 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Plato" skryf
>
>> En as hy nie het nie? Wat dan?
>
> Dan behoort hy minder sy mond te rek oor
> akademiese dinge en mense se kwalifikasies.

>
> Gloudina
>

en as hy met slegs die genoemde std. 4 op sy skoolrapport
(maar darem 3 kwartale std. 5) 'n baie suksesvolle finansiële bedryf
beoefen? En blanke personeel het wat vir hom werk?
En nou verhuis het na een van sy persoonlike eiendomme, en 'n
bestuurder in sy oorspronklike tuisdorp aangestel het? Omdat hy nou
sowat 650 kilometer vanaf sy praktyk af woon? Maar steeds te doen het
met kliënte wat slegs met hom wil deel?
Indien hy werklik gemaklik lewe? Indien hy aan gesinne huisvesting
verskaf? Kan ons dan by std. 4 verby kyk?

DD
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98447 is 'n antwoord op boodskap #98442] So, 19 September 2004 19:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 19 Sep 2004 19:07:59 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Plato" skryf
>
> Dit maak jou net belese
>> in 'n bepaalde fakgebied.
>
> Doen jy dit met opset? Om gereeld verkeerd
> te spel? Dis "vakgebied." Het jy op skool
> fakke gehad?
>
> Gloudina
>
>

fakkit!!! :-(((

DD
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98452 is 'n antwoord op boodskap #98412] So, 19 September 2004 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bosvark  is tans af-lyn  Bosvark
Boodskappe: 15
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Junior Lid
> DD: .. wou my pa my terug stuur plaasskool toe, om die eksamen te gaan
> doen, maar die onderwysers wou nie 'n 17jrge kind op skool toelaat nie.
>
> Bosvark : Jy kon minstens die onderwyseres gaan doen het ...

dan verstaan jy ook wat die complains was.
Ek dog dit was omdat my hare soos die van
'n bosvark gelyk het.
DD

Oppas, sommige mense gaan dink jy is Mark Lottering (ook).
Bosvark
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98455 is 'n antwoord op boodskap #98442] So, 19 September 2004 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bosvark  is tans af-lyn  Bosvark
Boodskappe: 15
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Junior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:jOk3d.82523$Q7D.54595@twister01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
"Plato" skryf
Dit maak jou net belese in 'n bepaalde fakgebied.

Doen jy dit met opset? Om gereeld verkeerd te spel? Dis "vakgebied." Het
jy op skool fakke gehad?
Gloudina

Ek dink jy verstaan hom verkeerd, hy verwys juis na die gebied wat hy moes
bestudeer om die onderwyseres te kan doen. Watter een van hulle sy beste fak
was sal net hy weet.

Groete uit die bos
Bosvark
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98457 is 'n antwoord op boodskap #98452] So, 19 September 2004 20:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 19 Sep 2004 22:40:01 +0200, "Bosvark" wrote:

>
> Oppas, sommige mense gaan dink jy is Mark Lottering (ook).
> Bosvark
>

Sommige mense het al soveel dom raaiskote gewaag
en het al 'n kompleks oor wie en wat ek werklik is:-)
Sommige mense voel bedreigd, omdat daar mense is
wat nie bakhand staan nie. Dìt, het sommige mense al
uit Suid Wes gehoor, en hoor dit nou weer van hier.
As Dolly Parton hier skryf, sal dit oor haar bulte dreun
dat sy ek is. Verskoon as ek nie 'n naam onder teken
nie, want ek is al van soveel mense wees, beskuldig
hier, dat ek self begin wonder wie ek werklik is...
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98463 is 'n antwoord op boodskap #98457] So, 19 September 2004 23:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bosvark  is tans af-lyn  Bosvark
Boodskappe: 15
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Junior Lid
"DD" skryf in boodskap news:a2srk0dp1uf8q4d8def3oi0ec2c6lg4qkr@4ax.com...
> Oppas, sommige mense gaan dink jy is Mark Lottering (ook).
> Bosvark

Sommige mense het al soveel dom raaiskote gewaag
en het al 'n kompleks oor wie en wat ek werklik is:-)
Sommige mense voel bedreigd, omdat daar mense is
wat nie bakhand staan nie. D�t, het sommige mense al
uit Suid Wes gehoor, en hoor dit nou weer van hier.
As Dolly Parton hier skryf, sal dit oor haar bulte dreun
dat sy ek is. Verskoon as ek nie 'n naam onder teken
nie, want ek is al van soveel mense wees, beskuldig
hier, dat ek self begin wonder wie ek werklik is...

Ek verstaan hoe jy voel, ek sien 'n ander vark het pas namens my probeer
skryf.
Bosvark
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98464 is 'n antwoord op boodskap #98442] Ma, 20 September 2004 04:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nee ek doen dit nie met opset nie Gloudina. Jy sal my gereeld kis slaan
met die spelling kaart. My spelling is swak en ek weet dit. Maar dankie
dat jy dit uitwys. Ek leer darem. Stadig maar seker... ;o) Dit is my
"Achilles Heel".

Groete
Plato

@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
> Dit maak jou net belese
>
>> in 'n bepaalde fakgebied.
>
>
> Doen jy dit met opset? Om gereeld verkeerd
> te spel? Dis "vakgebied." Het jy op skool
> fakke gehad?
>
> Gloudina
>
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98465 is 'n antwoord op boodskap #98444] Ma, 20 September 2004 04:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek hou dit teen Afrika omdat ek hier bly en steeds wil bly. Ek wys die
probleme uit sodat dit aangespreek kan word.

@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
>
>> Ek stel niks voor nie Gloudina, maar ek kan jou sê Afrika is 'n snaakse
>> plek jong. Normaliteit en balans is relatiewe terme.
>
>
> En ander plekke op die aardbol is nie "snaaks" nie?
> Maar nee, vir jou rassistiese redes, moet jy dit nou
> teen "Afrika" hê.
>
> Gloudina
>
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98466 is 'n antwoord op boodskap #98446] Ma, 20 September 2004 04:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink so.

;o)

DD wrote:

> On Sun, 19 Sep 2004 19:04:50 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
>
>> "Plato" skryf


>>> En as hy nie het nie? Wat dan?

>> Dan behoort hy minder sy mond te rek oor
>> akademiese dinge en mense se kwalifikasies.
>
>
>> Gloudina

>
>
>
> en as hy met slegs die genoemde std. 4 op sy skoolrapport
> (maar darem 3 kwartale std. 5) 'n baie suksesvolle finansiële bedryf
> beoefen? En blanke personeel het wat vir hom werk?
> En nou verhuis het na een van sy persoonlike eiendomme, en 'n
> bestuurder in sy oorspronklike tuisdorp aangestel het? Omdat hy nou
> sowat 650 kilometer vanaf sy praktyk af woon? Maar steeds te doen het
> met kliënte wat slegs met hom wil deel?
> Indien hy werklik gemaklik lewe? Indien hy aan gesinne huisvesting
> verskaf? Kan ons dan by std. 4 verby kyk?
>
> DD
>
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98511 is 'n antwoord op boodskap #98464] Ma, 20 September 2004 17:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

My spelling is swak en ek weet dit. Maar dankie
> dat jy dit uitwys. Ek leer darem. Stadig maar seker... ;o) Dit is my
> "Achilles Heel".

Sal dit help as jy tweekeer dink voordat jy die
woord neersit. Was jou Engelse spelling op skool
ook so bedroewig? Of het jy net minder respek vir
Afrikaans as vir Engels?

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98512 is 'n antwoord op boodskap #98465] Ma, 20 September 2004 17:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Ek hou dit teen Afrika omdat ek hier bly en steeds wil bly. Ek wys die
> probleme uit sodat dit aangespreek kan word.

Nou hoekom praat jy en Suidwester en sulke snare
so knaend van "Afrika" asof dit die enigste plek is
waar almal dom is, almal lui is, almal mense is wat
op neergesien kan word.
Ek hoop ook dat jy sal aanhou praat van die
probleme van Afrika, sodat hulle aangespreek
kan word. Soos die feit dat daar nog teveel
beboubare grond in SA in wit hande is. Soos
die feit dat meer geld bestee moet word om
die agtergeblewenes in SA op te hef. ( Dis
wat hulle gedoen het in die dertigerjare toe
daar baie Afrikaner "armblankes" was. )

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98513 is 'n antwoord op boodskap #98511] Ma, 20 September 2004 17:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
> My spelling is swak en ek weet dit. Maar dankie
>
>> dat jy dit uitwys. Ek leer darem. Stadig maar seker... ;o) Dit is my
>> "Achilles Heel".
>
>
> Sal dit help as jy tweekeer dink voordat jy die
> woord neersit. Was jou Engelse spelling op skool
> ook so bedroewig? Of het jy net minder respek vir
> Afrikaans as vir Engels?
>
> Gloudina
>
>

As daar nou ooit 'n gelaaide vraag was dan is die 'n perfekte voorbeeld!
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98516 is 'n antwoord op boodskap #98513] Ma, 20 September 2004 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> As daar nou ooit 'n gelaaide vraag was dan is die 'n perfekte voorbeeld!

Is jy 'n te groot lafaard om die vraag te
beantwoord?

Penkop met die voorlaaier.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98517 is 'n antwoord op boodskap #98512] Ma, 20 September 2004 17:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> Ek hou dit teen Afrika omdat ek hier bly en steeds wil bly. Ek wys die
>> probleme uit sodat dit aangespreek kan word.
>
>
> Nou hoekom praat jy en Suidwester en sulke snare
> so knaend van "Afrika" asof dit die enigste plek is
> waar almal dom is, almal lui is, almal mense is wat
> op neergesien kan word.
> Ek hoop ook dat jy sal aanhou praat van die
> probleme van Afrika, sodat hulle aangespreek
> kan word. Soos die feit dat daar nog teveel
> beboubare grond in SA in wit hande is. Soos
> die feit dat meer geld bestee moet word om
> die agtergeblewenes in SA op te hef. ( Dis
> wat hulle gedoen het in die dertigerjare toe
> daar baie Afrikaner "armblankes" was. )
>
> Gloudina
>
>

Jy wil hê die blankes moet alles doen Gloudina. Dit is die verkeerde
aanslag op die probleem. Afrika is die armste kontinent op aarde en tog
is daar hordes bronne om te benut. Dit lê net daar. Mense hier is nie
dom nie, maar net kultureel agtergeblewe. Dis die waarheid.

Groete
Plato
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98520 is 'n antwoord op boodskap #98516] Ma, 20 September 2004 17:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> As daar nou ooit 'n gelaaide vraag was dan is die 'n perfekte voorbeeld!
>
>
> Is jy 'n te groot lafaard om die vraag te
> beantwoord?
>
> Penkop met die voorlaaier.
>
>

Nee. Dis net 'n vraag wat probeer om 'n antwoord uit te lok. Ek is nie
hier om egos te streel nie.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98536 is 'n antwoord op boodskap #98512] Di, 21 September 2004 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:bqE3d.17$36n1.1@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
> Nou hoekom praat jy en Suidwester en sulke snare
> so knaend van "Afrika" asof dit die enigste plek is
> waar almal dom is, almal lui is, almal mense is wat
> op neergesien kan word.
-----Hoekom weerlê jy nie die feite vir ons nie? Daar op einste Carte
Blanche het jy gesien dat die oorspronklike mens uit Afrika gekom het. Nou
daag ek jou uit. Die blanke setlaars het in 1652 in die Kaap geland. Nou
hoekom wys jy nie vir ons die infrastruktuur wat die 'inheemse' mense in
Afrika opgerig het nie? 'n enkele permanente gebou, pad, brug of
treinspoor? Al die minerale is deur wit mense ontdek en onder hulle
inisiatief ontgin. Wel met swart arbeid, maar hulle is vir hul werk
betaal. Werk wat hulle nooit gehad het nie! Geld gemaak wat hulle nooit
gehad het nie. Huise gekry wat hulle nooit gehad het nie en mediese sorg
gekry wat hulle nooit gehad het nie. Die resultate van die geskiedenis wys
egter dat die swart man nie hiertoe in staat is nie! Feit soos 'n koei.
Wat jy egter verkeerd verstaan, is dat ek nie daarom sê die swart man is
sleg nie! Sommige mense is in staat om entrepeneur te speel terwyl meeste
maar vir 'n salaris moet werk want hy kan nie anders nie.

> Ek hoop ook dat jy sal aanhou praat van die
> probleme van Afrika, sodat hulle aangespreek
> kan word. Soos die feit dat daar nog teveel
> beboubare grond in SA in wit hande is.
-----Nie 'n probleem nie. Die grond is te koop aan enigiemand wat dit kan
beskostig. Die probleem is egter die dubbele standaarde. 'n Ou in die
stad kan 'n huis koop sê teen R200 000 en dit 'n week verkoop vir R500 000
as hy iemand kan kry wat mal genoeg is om daardie prys te betaal. Almal
sal hom geluk wens met die wins wat hy gemaak het......maar laat die boer
nou sy plaas wat op R800 per hektaar waardeer is en hy besluit as hy dan
moet verkoop, sal R1000 per ha hom mooi pas, dan word hy as 'n uitbuiter
verwyt! HY misgun die swart mense die kans om grond te bekom!

Soos
> die feit dat meer geld bestee moet word om
> die agtergeblewenes in SA op te hef.
-----Presies wat dink jy het met die swart mense oor die algemeen gebeur in
Suider-Afrika? In die sogenaamde 'lokasies' is goedkoop behuising gebou
wat teen nominale bedrae verhuur is aan swart mense, hulle het gratis medies
van die staat af gekry, gratis skoolgegaan. Bring vir my daardie selfde
goedkoop behuising vir blankes? Medies moes ons self betaal en skoolgeld
en boeke koop ook. Hoeveel opheffing wil jy nog hê? Ek neem ook sterk
eksepsie teen jou 'opheffing'......wat laat jou dink dat jy soveel beter is
as 'n ander mens dat jy hom wil 'ophef'?

( Dis
> wat hulle gedoen het in die dertigerjare toe
> daar baie Afrikaner "armblankes" was. )
------Miskien moet jy vir ons vertel waar die blankes in die dertigerjare
sodanige hulp gekry het. Dis nou huise, grond, ens. In ou Suidwes weet
ek wel van die Avisdam by Windhoek wat gebou was om armblankes na die
depressie 'n werkgeleentheid te gee. LET WEL: Werkgeleentheid vir
betaling nie pasella nie!
>
> Gloudina
>
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98551 is 'n antwoord op boodskap #98536] Di, 21 September 2004 10:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Feit soos 'n koei.
> Wat jy egter verkeerd verstaan, is dat ek nie daarom sê die swart man is
> sleg nie! Sommige mense is in staat om entrepeneur te speel terwyl meeste
> maar vir 'n salaris moet werk want hy kan nie anders nie.

Daar is bewys dat aan die begin van die
twintigste eeu swartmense in die ou Kaap-
kolonie meer mielies verbou het as wat
hulle nodig gehad het en meer as wat daar
in die setlaars se gebiede verbou is. Toe
begin hulle allerhande wette maak in
verband met grondbesit en van daardie
tyd af was die swart bevolking, wat meer
as tagtig persent van SA se bevolking
uitmaak, nie meer ekonomies bemagtig
nie. Dis maklik om entrepreneur te speel
as al die wette aan jou kant is. Dis maklik
vir my pa om 'n goeie boerdery op die
eilande van die Gariep te maak, as die
grond van ander afgevat gewees het, en
hy en ander witmense alleen die reg het
om daar te boer. Alle handearbeid natuurlik
nog gedoen deur die bruinmense wat van
daardie land afgestoot is. En dit alles onder
die toesig van die NG Kerk, die wit NG
Kerk.
Dat hulle nie lank voor die einde van die
twintigste eeu al witmense se kele begin
afsny het nie, gaan my verstand te bowe.
As ek 'n bruinmens was, sou ek in opstand
gekom het.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98554 is 'n antwoord op boodskap #98551] Di, 21 September 2004 11:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Sep 2004 10:54:24 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Daar is bewys dat aan die begin van die
> twintigste eeu swartmense in die ou Kaap-
> kolonie meer mielies verbou het as wat
> hulle nodig gehad het en meer as wat daar
> in die setlaars se gebiede verbou is.

Dieselfde is opgeteken in destydse Natal in die 1800's as ek reg
onthou wat ek al opgelees het.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98557 is 'n antwoord op boodskap #98551] Di, 21 September 2004 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "Suidwester" skryf
>
> Feit soos 'n koei.
>
>> Wat jy egter verkeerd verstaan, is dat ek nie daarom sê die swart man is
>> sleg nie! Sommige mense is in staat om entrepeneur te speel terwyl
>
> meeste
>
>> maar vir 'n salaris moet werk want hy kan nie anders nie.
>
>
> Daar is bewys dat aan die begin van die
> twintigste eeu swartmense in die ou Kaap-
> kolonie meer mielies verbou het as wat
> hulle nodig gehad het en meer as wat daar
> in die setlaars se gebiede verbou is. Toe
> begin hulle allerhande wette maak in
> verband met grondbesit en van daardie
> tyd af was die swart bevolking, wat meer
> as tagtig persent van SA se bevolking
> uitmaak, nie meer ekonomies bemagtig
> nie. Dis maklik om entrepreneur te speel
> as al die wette aan jou kant is. Dis maklik
> vir my pa om 'n goeie boerdery op die
> eilande van die Gariep te maak, as die
> grond van ander afgevat gewees het, en
> hy en ander witmense alleen die reg het
> om daar te boer. Alle handearbeid natuurlik
> nog gedoen deur die bruinmense wat van
> daardie land afgestoot is. En dit alles onder
> die toesig van die NG Kerk, die wit NG
> Kerk.
> Dat hulle nie lank voor die einde van die
> twintigste eeu al witmense se kele begin
> afsny het nie, gaan my verstand te bowe.
> As ek 'n bruinmens was, sou ek in opstand
> gekom het.
>
> Gloudina
>
>

Nou waar sou hulle die mielies kry Gloudina? Dit is nie ingeems nie...?
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98559 is 'n antwoord op boodskap #98551] Di, 21 September 2004 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:ALT3d.6394$fFq1.995@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
> Daar is bewys dat aan die begin van die
> twintigste eeu swartmense in die ou Kaap-
> kolonie meer mielies verbou het as wat
> hulle nodig gehad het en meer as wat daar
> in die setlaars se gebiede verbou is.
----Wonderlik vir hulle, maar ek sou reken dat die inheemste mense seker
maklik 'n 1000 keer meer in getalle moes wees as die setlaars? So het
hulle 'n 1000 keer meer mielies geproduseer?

Toe
> begin hulle allerhande wette maak in
> verband met grondbesit en van daardie
> tyd af was die swart bevolking, wat meer
> as tagtig persent van SA se bevolking
> uitmaak, nie meer ekonomies bemagtig
> nie.
-----Dis hier waar jy die kluts kwyt is. Ja die swart mense is in hul
gebiede ingedwing, daarmee kan ek nie stry nie, MAAR gebiede soos die
Transkei, Natal en meeste van die tuislande was van die beste landbougrond
in die land! Dis nog vandag die beste landbougrond in die land...mits jy
kundige hande op die job kan kry! Hoekom probeer jy nie vasstel wat is die
produksie uit die Transkeigebied in vergelyking met bv die Vrystaat wat
omtrent ewe groot is nie? Die groot grap van die hele storie was dat die
regering van doerie tyd nogal ewe gedink het hulle gee die swartman 'n kans
om homself ekonomies te bemagtig in 'n vrugbare area waar hulle sonder die
kompetisie van die wit boere kon produseer en hulleself ophef. Die
geskiedenis wys egter dat dit nie gebeur het nie want jy kan nie 'n situasie
ryp druk nie. Jy kan 'n perd by die water bring, maar as hy nie wil drink
nie, sal hy nie.

Dis maklik om entrepreneur te speel
> as al die wette aan jou kant is.
-----Watter wet het ek nodig om 'n entrepeneur te wees? Het enigiemand
nodig? Hier by ons is een van die rykste manne in die land Frans Indongo
wat omtrent nie 'n dag skool bygewoon het nie. Jare gelede het ek hom
ontmoet gedurende die oorlogsjare. Terwyl die ander spul gepolitiek het,
het hy besigheid gedoen....heel wettig, want daar was heelwat swart mense
wat besighede gehad het, orals in die land. Wat snaaks was dat hy altyd
gelag het en gesê het hy maak net 1% wins. Dit werk so: As hy R1 betaal
vir iets dan verkoop hy hom vir R2. Een persent! Die punt wat ek
probeer maak, is dat jy niemand skuld kan gee vir jou eie slapgatgeid nie.
Geen swartman is ooit verbied om 'n besigheid te hê nie. Ja, hy was
gedwing om dit in 'n sekere area te bedryf, maar hy kon wel vooruit gaan as
hy so wou. Vele het dit gedoen en rol in die geld. Die massas het bly
suip en rondlê en so lê hulle vandag steeds rond................
Dis maklik
> vir my pa om 'n goeie boerdery op die
> eilande van die Gariep te maak, as die
> grond van ander afgevat gewees het, en
> hy en ander witmense alleen die reg het
> om daar te boer.
----Hou op lieg. Daar's net een eiland en jy ken nie eers sy naam nie.
Perde-eiland, verbeel jou! Dis een moerse groot stuk grond en ment vele
'erwe' op met besproeiingsregte op. Hoogs intensiewe boerdery waarvoor
tonne kapitaal nodig is.

Alle handearbeid natuurlik
> nog gedoen deur die bruinmense wat van
> daardie land afgestoot is.
----Siestog, maar jou storietjie verander ook nie. Daai bruinmense is
almal betaal....met geld, kos en klere. Hulle het ook nie Kanoneiland
besit nie en die infrastruktuur van die kanale kom ook nie van die bruin
hande of breins af nie. Hulle was die houthakkers wat enige tyd kon gewaai
het na 'n ander plek waar hulle dalk self kon beter doen.....soos Marchand,
hm?

> Dat hulle nie lank voor die einde van die
> twintigste eeu al witmense se kele begin
> afsny het nie, gaan my verstand te bowe.
> As ek 'n bruinmens was, sou ek in opstand
> gekom het.
-----Tante, jy lees nie lekker nie, of jy registreer nie lekker nie. Ek
het lankal vir jou vertel dat einste Madiba se groot vrede kom van 'n sekere
week af [lank voor hy president was] wat hy die land se weermag se
instellings besoek het op uitnodiging van 'n stategiese skuif van die manne
in beheer. Hulle het vir hom gewys wat sou kon gebeur as die ANC besluit
om 'n burgerlike oorlog te begin. Gelukkig is hy 'n wyse man.....
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98561 is 'n antwoord op boodskap #98554] Di, 21 September 2004 12:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kry net julle getalle-perspektiewe reg. Daar was 'n paar boere teen 'n
horde swartes.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:ro50l014uic52rt2nakpp79qrtgvc0rv4c@4ax.com...
> On Tue, 21 Sep 2004 10:54:24 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
> > twintigste eeu swartmense in die ou Kaap-
>> kolonie meer mielies verbou het as wat
>> hulle nodig gehad het en meer as wat daar
>> in die setlaars se gebiede verbou is.
>
>
> Dieselfde is opgeteken in destydse Natal in die 1800's as ek reg
> onthou wat ek al opgelees het.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98562 is 'n antwoord op boodskap #98554] Di, 21 September 2004 12:32 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:

> On Tue, 21 Sep 2004 10:54:24 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
>
>> twintigste eeu swartmense in die ou Kaap-
>> kolonie meer mielies verbou het as wat
>> hulle nodig gehad het en meer as wat daar
>> in die setlaars se gebiede verbou is.
>
>
>
> Dieselfde is opgeteken in destydse Natal in die 1800's as ek reg
> onthou wat ek al opgelees het.

Weereens, waar kom die mielies vandaan? En waar is die tekens van
suksesvolle verbouing vandag? Gee my 'n voorbeeld buite SA...

Groete
Plato
Vorige onderwerp: Re: boers Join the ANC...
Volgende onderwerp: Uit Rapport se standpunte - Tim du Plessis maak vandag baie sin!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 16:43:51 MGT 2024