Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit Rapport se standpunte - Tim du Plessis maak vandag baie sin!
Uit Rapport se standpunte - Tim du Plessis maak vandag baie sin! [boodskap #98730] So, 26 September 2004 06:09 na volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
RAAKPUNT: Verkeerde Mbeki het in VN gepraat
Tim du Plessis

Afrika moet eers voor sy eie deur vee
Uit die oordaad van lofprysinge waarmee die lewe van dr. Beyers Naudé
die afgelope drie weke besing is, was die politieke ontleder Steven
Friedman se waarnemings bes moontlik die mees gepaste.

"Dit kan belangrik wees om te behoort. Maar ons het mense nodig wat
weier om te behoort om ons vorentoe te vat." En: "Moraliteit bring
vooruitgang wanneer dit inwaarts na die eie groep gerig word eerder as
uitwaarts na ander," het Friedman Woensdag in sy rubriek in Business Day
geskryf.

Naudé was iemand wat grootgemaak is om met sy eie groep te identifiseer
en om moraliteit te gebruik om die foute van ander uit te wys. As Naudé
dit gedoen het, sou hy groot status en invloed in
"apartheid-Suid-Afrika" gehad het. Maar hy sou nie onthou word as 'n
bringer van vooruitgang nie. Nou sal hy lank geeer word presies omdat hy
aangedring het daarop om moraliteit te rig op die sondes en dwalinge van
sy eie groep.

Friedman betreur dan die feit dat daar deesdae so min projekteerders is
van inwaartse moraliteit.

Inderdaad, wie is daar vandag wat die soort rol speel wat Naudé in sy
tyd gespeel het?

Die nuwe orde in die land is mos nie naastenby so volmaak dat daar nie
meer Beyers Naudés nodig is nie.

Tog, 'n dag later word 'n toespraak gerapporteer wat mnr. Moeletsi
Mbeki, visepresident van die Suid-Afrikaanse Instituut vir
Internasionale Aangeleenthede, vroeër die week in Durban gehou het.
Moeletsi is uit huis uit 'n joernalis en deesdae 'n bekwame speler in
die uitgewers- en vermaakbedryf.

"Afrika se politieke elite plunder die hulpbronne en laat die kontinent
in 'n slegter toestand as in die koloniale era. Hulle vat hul lande se
hulpbronne en versteek dit in Switserse bankrekenings. Gevolglik is die
gemiddelde Afrikaan vandag armer as in die tyd van kolonialisme," het
Moeletsi gesê.

Hy het drie Afrika-lande uitgesonder as prima voorbeelde van dié
plundering: Zimbabwe, Ekwatoriaal-Guinee en Nigerië, al drie dik pelle
van die Suid-Afrikaanse regering. "Zimbabwe is 'n teksboek-voorbeeld van
die korrelasie tussen dalende lewenspeile en die groeiende mag van
politieke elites," het hy gesê.

Die oplossing van Zimbabwe se probleme sal begin by 'n terugkeer tot die
demokrasie, het Moeletsi gesê. Daarmee het hy verwoord wat almal weet en
sommer ook die sotterny van die Suid-Afrikaanse regering dat Robert
Mugabe 'n legitieme president is vir 'n ses geslaan.

Goed gesê, Moeletsi. Jy het gepraat soos 'n Beyers Naudé. Jy en
finansminister Trevor Manuel, wat voorverlede week die
vrybuiter-kapitaliste gestriem het wat hulle so onbeskaamd loop en
verryk aan bemagtigingstransaksies.

Synde 'n bekende en gerespekteerde denker in Suid-Afrika, waar Mugabe
toegejuig word as hy by die president se inhuldiging opdaag en waar
inbellers dag ná dag Mugabe se lof sing in radioprogramme, kan Moeletsi
se standpunt kwalik 'n gewilde een wees.

U sal merk ek noem doelbewus nie dat Moeletsi pres. Thabo Mbeki se broer
is nie. Soos Moeletsi tereg opmerk, hy praat uit omdat dit sy plig is as
'n politieke ontleder. Boonop dink hy vir homself en benodig hy nie die
president se toestemming vir wat hy dink nie.

Dit respekteer 'n mens. Maar tog kan jy nie anders as om die skrille
kontras raak te sien tussen die woorde die afgelope week van Mbeki die
politieke ontleder en Mbeki die president nie.

By 'n sitting van die Algemene Vergadering in New York het pres. Mbeki
met grofgeskut losgetrek teen die magtige en ryk nywerheidslande wat
oorlog maak in Irak en teen "terreur" baklei terwyl hulle niks doen aan
armoede en onderontwikkeling nie.

Outydse verwytpolitiek, dus. Dit waaroor Steven Friedman essensieel
skryf wanneer hy aanvoer moraliteit is 'n stomp instrument wanneer dit
teen die "ander groep" aangewend word. Dit bring geen vooruitgang nie,
want dit word gebruik om gebreke en versuime te verberg.

Om alles te vererger, was ou Nare Bob aan Mbeki se sy, al keffende teen
Bush en Blair. Wat 'n verleentheid.

Mbeki en Mugabe is toegejuig - deur die flentergat-lande wat die getalle
volmaak van die VN se tandelose Algemene Vergadering. Die president weet
seker daardie toejuiging is minder werd as niks.

Veel meer betekenisvol is dat die lande wat pres. Mbeki aangespreek het
sy woorde met 'n ysige stilte begroet het. Mbeki het natuurlik volkome
gelyk dat armoede 'n groter bedreiging vir die mensdom is as terreur en
die sterk nywerheidslande weet dit.

Maar hulle weet ook hulle het die volmaakte verskoning om hulle af te
vee aan sy geldige waarskuwings solank hy niks sê oor die vergrype van
sy podiumgenoot en ander Afrika-leiers nie.

As die ander Mbeki die afgelope week in New York gepraat het, kon daar
vordering gewees het met die ideale van opheffing in Afrika en globale
armoedeverligting.

Gelukkig vir ons het hy in Suid-Afrika gepraat.
Re: Uit Rapport se standpunte - Tim du Plessis maak vandag baie sin! [boodskap #98731 is 'n antwoord op boodskap #98730] So, 26 September 2004 06:13 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het nog altyd meer van Mbeki die joernalis gehou.
--
Groetnis
Annette

"Plato" skryf in boodskap news:cj5mf7$r5m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> RAAKPUNT: Verkeerde Mbeki het in VN gepraat
> Tim du Plessis
>
>
> Afrika moet eers voor sy eie deur vee
> Uit die oordaad van lofprysinge waarmee die lewe van dr. Beyers Naudé
> die afgelope drie weke besing is, was die politieke ontleder Steven
> Friedman se waarnemings bes moontlik die mees gepaste.
>
> "Dit kan belangrik wees om te behoort. Maar ons het mense nodig wat
> weier om te behoort om ons vorentoe te vat." En: "Moraliteit bring
> vooruitgang wanneer dit inwaarts na die eie groep gerig word eerder as
> uitwaarts na ander," het Friedman Woensdag in sy rubriek in Business Day
> geskryf.
>
> Naudé was iemand wat grootgemaak is om met sy eie groep te identifiseer
> en om moraliteit te gebruik om die foute van ander uit te wys. As Naudé
> dit gedoen het, sou hy groot status en invloed in
> "apartheid-Suid-Afrika" gehad het. Maar hy sou nie onthou word as 'n
> bringer van vooruitgang nie. Nou sal hy lank geeer word presies omdat hy
> aangedring het daarop om moraliteit te rig op die sondes en dwalinge van
> sy eie groep.
>
> Friedman betreur dan die feit dat daar deesdae so min projekteerders is
> van inwaartse moraliteit.
>
> Inderdaad, wie is daar vandag wat die soort rol speel wat Naudé in sy
> tyd gespeel het?
>
> Die nuwe orde in die land is mos nie naastenby so volmaak dat daar nie
> meer Beyers Naudés nodig is nie.
>
> Tog, 'n dag later word 'n toespraak gerapporteer wat mnr. Moeletsi
> Mbeki, visepresident van die Suid-Afrikaanse Instituut vir
> Internasionale Aangeleenthede, vroeër die week in Durban gehou het.
> Moeletsi is uit huis uit 'n joernalis en deesdae 'n bekwame speler in
> die uitgewers- en vermaakbedryf.
>
> "Afrika se politieke elite plunder die hulpbronne en laat die kontinent
> in 'n slegter toestand as in die koloniale era. Hulle vat hul lande se
> hulpbronne en versteek dit in Switserse bankrekenings. Gevolglik is die
> gemiddelde Afrikaan vandag armer as in die tyd van kolonialisme," het
> Moeletsi gesê.
>
> Hy het drie Afrika-lande uitgesonder as prima voorbeelde van dié
> plundering: Zimbabwe, Ekwatoriaal-Guinee en Nigerië, al drie dik pelle
> van die Suid-Afrikaanse regering. "Zimbabwe is 'n teksboek-voorbeeld van
> die korrelasie tussen dalende lewenspeile en die groeiende mag van
> politieke elites," het hy gesê.
>
> Die oplossing van Zimbabwe se probleme sal begin by 'n terugkeer tot die
> demokrasie, het Moeletsi gesê. Daarmee het hy verwoord wat almal weet en
> sommer ook die sotterny van die Suid-Afrikaanse regering dat Robert
> Mugabe 'n legitieme president is vir 'n ses geslaan.
>
> Goed gesê, Moeletsi. Jy het gepraat soos 'n Beyers Naudé. Jy en
> finansminister Trevor Manuel, wat voorverlede week die
> vrybuiter-kapitaliste gestriem het wat hulle so onbeskaamd loop en
> verryk aan bemagtigingstransaksies.
>
> Synde 'n bekende en gerespekteerde denker in Suid-Afrika, waar Mugabe
> toegejuig word as hy by die president se inhuldiging opdaag en waar
> inbellers dag ná dag Mugabe se lof sing in radioprogramme, kan Moeletsi
> se standpunt kwalik 'n gewilde een wees.
>
> U sal merk ek noem doelbewus nie dat Moeletsi pres. Thabo Mbeki se broer
> is nie. Soos Moeletsi tereg opmerk, hy praat uit omdat dit sy plig is as
> 'n politieke ontleder. Boonop dink hy vir homself en benodig hy nie die
> president se toestemming vir wat hy dink nie.
>
> Dit respekteer 'n mens. Maar tog kan jy nie anders as om die skrille
> kontras raak te sien tussen die woorde die afgelope week van Mbeki die
> politieke ontleder en Mbeki die president nie.
>
> By 'n sitting van die Algemene Vergadering in New York het pres. Mbeki
> met grofgeskut losgetrek teen die magtige en ryk nywerheidslande wat
> oorlog maak in Irak en teen "terreur" baklei terwyl hulle niks doen aan
> armoede en onderontwikkeling nie.
>
> Outydse verwytpolitiek, dus. Dit waaroor Steven Friedman essensieel
> skryf wanneer hy aanvoer moraliteit is 'n stomp instrument wanneer dit
> teen die "ander groep" aangewend word. Dit bring geen vooruitgang nie,
> want dit word gebruik om gebreke en versuime te verberg.
>
> Om alles te vererger, was ou Nare Bob aan Mbeki se sy, al keffende teen
> Bush en Blair. Wat 'n verleentheid.
>
> Mbeki en Mugabe is toegejuig - deur die flentergat-lande wat die getalle
> volmaak van die VN se tandelose Algemene Vergadering. Die president weet
> seker daardie toejuiging is minder werd as niks.
>
> Veel meer betekenisvol is dat die lande wat pres. Mbeki aangespreek het
> sy woorde met 'n ysige stilte begroet het. Mbeki het natuurlik volkome
> gelyk dat armoede 'n groter bedreiging vir die mensdom is as terreur en
> die sterk nywerheidslande weet dit.
>
> Maar hulle weet ook hulle het die volmaakte verskoning om hulle af te
> vee aan sy geldige waarskuwings solank hy niks sê oor die vergrype van
> sy podiumgenoot en ander Afrika-leiers nie.
>
> As die ander Mbeki die afgelope week in New York gepraat het, kon daar
> vordering gewees het met die ideale van opheffing in Afrika en globale
> armoedeverligting.
>
> Gelukkig vir ons het hy in Suid-Afrika gepraat.
>
Vorige onderwerp: SA tien jaar van nou
Volgende onderwerp: Soek inligting oor au pairs in Holland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 21:04:03 MGT 2024