Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans en die ANC
Afrikaans en die ANC [boodskap #9787] Di, 17 Junie 1997 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die berig het vanoggend in Beeld verskyn

----------------------------------------

Kaapstad. - Die kabinet het pas besluit dat Afrikaans in geen
omstandighede verbied sal word as onderrigmedium aan tersiêre
inrigtings nie "omdat die land nie plek het vir taalimperialisme
nie", het adj.-pres. Thabo Mbeki gister op Jeugdag bekend gemaak.

Mbeki het op die sitting van 'n nasionale jeugparlement in die ou
Volksraadsaal by die parlement tot die debat toegetree nadat die
Vryheidsfront se jeugtak opnuut gemaan het teen "die herhaling van
die geskiedenis deur taalimperialisme".

'n Beleid bestaan nie wat bepaal dat die Universiteit van Stellenbosch
'n Engelsmedium-universiteit gaan word nie. Niemand in die regering -
nie eens dr. Sibusiso Bengu, minister van onderwys, nie - het so 'n
besluit geneem nie, het hy gese.

Die kabinet is volgens hom besig om konsepwetgewing oor hoe"r onderwys
te oorweeg en net verlede week is gekyk na die kwessie van
onderrigtaal. 'n Besluit is toe geneem dat geen verbod geplaas sal
word op die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium aan tersie"re
inrigtings nie.

Mbeki het gesê: "Ek weet nie wie daarop uit is om ons almal bang te"
maak deur die storie te versprei dat planne bestaan om Afrikaans te
verbied nie. Afrikaans is 'n inheemse taal en deel van die land se
persoonlikheid. Die stories kan net die land ontwrig en die
Afrikanerjeug ontmagtig.

"Al lyk dit of ons vyandig teenoor Afrikaans is, is dit so dat die
meeste Afrikaanssprekendes swart is. Om dié rede kan ons nie 'n
houding aanneem waarvolgens geprobeer word om Afrikaans aan
Suid-Afrika se persoonlikheid te onttrek nie."

Mbeki het ook gesê hy hoop dat die Afrikanerjeug in besonder minder
kommer oor die toekoms sal hê en minder van 'n gevoel dat die nuwe
Suid-Afrika 'n bedreiging vir Afrikaans inhou.

Almal het 'n plig om die boodskap te verkondig dat die land geen plek
het vir taalimperialisme nie. Alle tale is waardevol, want dit maak
van Suid-Afrika wat dit is: Venda is net so waardevol soos Afrikaans
en Tswana net so waardevol soos Goedajaratistet ('n Indiese taal).

"Ons moet veg teen fiksie, storievertellery en dinge wat nie bestaan
nie. Daar moet ontslae geraak word van die veronderstelling dat
Afrikaans net deur Afrikaanse mense beskerm sal word. As Afrikaanse
mense alleen gestaan het, kon die taal net sowel gesterf het; die hele
land sal egter daarom veg," het Mbeki gesê.

Hy het besluit om nie sy voorbereide toespraak te lewer nie, maar
eerder te reageer op 'n paar kwelvrae wat verteenwoordigers van groot
jeugorganisasies geopper het. Dit is duidelik dat 'n groeiende
onrustigheid by die Afrikanerjeug bestaan oor die toekoms van
Afrikaans en Afrikanerkultuur, het hy gese.

Dit was nadat mnr. Kallie Kriel, voorsitter van die VF-Jeug, gese het
die onlangse uitsprake van Bengu dat die Universiteit van Stellenbosch
sy taalbeleid dringend moet hersien, is 'n manier om Engels as
voertaal aan Afrikaanse opvoedkundige instansies op te dwing.

'n Geweldige potensiaal vir konflik word daardeur geskep en dit kan
selfs meebring dat gematigde en vredeliewende jong Afrikaners
opstandig raak. Kriel het Afrikaans gepraat, maar Engelse afskrifte
van sy toespraak is versprei.
Re: Afrikaans en die ANC [boodskap #9803 is 'n antwoord op boodskap #9787] Wo, 18 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wilhelm Nel  is tans af-lyn  Wilhelm Nel
Boodskappe: 12
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In , fe...@is.co.za (Koos) writes:
>
> Die berig het vanoggend in Beeld verskyn
Daar is ook aandag daaraan gegee oor Monitor (RSG)

> ----------------------------------------
> Kaapstad. - Die kabinet het pas besluit dat Afrikaans in geen
> omstandighede verbied sal word as onderrigmedium aan tersiêre
> inrigtings nie ...
Waar 'n rokie trek, brand 'n vuurtjie. Dit wil voorkom of dit dan
wel ter sprake gekom het, maar dat realiteite moontlik die gunstige
(vir afrikaans) deurslag gegee het.

> Die kabinet is volgens hom besig om konsepwetgewing oor hoe"r onderwys
> te oorweeg en net verlede week is gekyk na die kwessie van
> onderrigtaal. 'n Besluit is toe geneem dat geen verbod geplaas sal
> word op die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium aan tersie"re
> inrigtings nie.
O, so dit is wel oorweeg...

> Mbeki het gesê: "Ek weet nie wie daarop uit is om ons almal bang te
> maak deur die storie te versprei dat planne bestaan om Afrikaans te
> verbied nie...
Stories? Vergeet van die stories en kyk maar net na die aksies.
Begin maar net by die skole. Natuurlik is daar geen wetgewing wat
afrikaans verbied nie, maar ander artikels wat hoegenaamd niks
met taal te doen het nie, kan wel veroorsaak dat enige taal uit
'n skool verdring word.

> Hy het besluit om nie sy voorbereide toespraak te lewer nie, maar
> eerder te reageer op 'n paar kwelvrae wat verteenwoordigers van groot
> jeugorganisasies geopper het. Dit is duidelik dat 'n groeiende
> onrustigheid by die Afrikanerjeug bestaan oor die toekoms van
> Afrikaans en Afrikanerkultuur, het hy gesê.
Heeltemal reg, die gevoel in die omgewing waarin ek leef het beslis
verander gemeet aan die rekonsiliasie atmosfeer tydens die 1994
verkiesing.
I.p.v. kort-kort hierdie openbare gepaaiery, sal ons gerus ietsie
meer konkreet wil sien. 'n Baie goeie plek om te begin is om
enige skool die besliste vermoë te gee om sy eie taal voorkeur
te kan handhaaf.

Wilhelm
Re: Afrikaans en die ANC [boodskap #9804 is 'n antwoord op boodskap #9787] Wo, 18 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
tie...@nospam.com  is tans af-lyn  tie...@nospam.com
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
> "4. COMMENT: SOWETAN, 970618, P.10, (A) - Deputy President Thabo Mbeki has
done
well to give his assurance that Afrikaans is not about to be downgraded
and,
for example, is not to be replaced by English as the language of
instruction at
institutions such as Stellenbosch University. While Afrikaners have every
right to protest against the perceived marginalisation of their language,
they
should be reminded that the country has 11 official languages and that
other
South Africans have as much right to protect their languages as they have.
What the Government is trying to do is to ensure that all official
languages
enjoy equal prominence. That goal is difficult to achieve, as can be
witnessed
at the SABC. It should also be noted that South Africans who speak the
other
nine official languages, excluding Afrikaans and English, have so far shown
their good-will in embracing English as the lingua franca of the country."<
------------------------------------------------------------ ----------------
----------------------------------------------

Enige kommentaar?

--
Julie Morgan
http://home.sprynet.com/sprynet/gotravel

Edit email - Needed for unwanted mail
Re: Afrikaans en die ANC [boodskap #9805 is 'n antwoord op boodskap #9787] Wo, 18 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
tie...@nospam.com  is tans af-lyn  tie...@nospam.com
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
AM de Lange wrote in article
...
>
>
> Koos wrote in article
> ...
>>
>> Die berig het vanoggend in Beeld verskyn

> Koos, ek het ook die berig gelees. As dit die waarheid
> sou wees, sal ek baie bly wees.
>
> Maar ons lamal weet dat veral politici en koerante ewe
> ywerig liegstories opdis. Hoe sal ons seker kan maak dat
> die berig die waarheid is. Wie kan raad gee?
>
> Beste wense
> At de Lange
>

Hier is 'n berig soos ek dit gister per e-pos ontvang het:

------------------------------------------------------------ ----------------
----------------------------------------------
> "1c. AFRIKAANS LANGUAGE WILL BE PROTECTED, PLEDGES MBEKI: THE STAR,
970617,
P.3 - Deputy President Thabo Mbeki has moved to allay Afrikaner fears that
Afrikaans would cease to be a language of instruction at tertiary
institutions.
"There will be no prohibition against the use of Afrikaans as a medium of
higher instruction," Mbeki told a special youth assembly in Parliament. Mr
Mbeki told the assembly, organised by the National Youth Commission as part
of
Youth Day celebrations, that the Cabinet had reviewed legislation dealing
with
higher education and adopted a position that would allow for Afrikaans to
be
used as a language of instruction at traditionally Afrikaans tertiary
institutions."<
------------------------------------------------------------ ----------------
----------------------------------------------

en nog een vandag:

------------------------------------------------------------ ----------------
----------------------------------------------
> "3. WELL SAID: CITIZEN, 970617, P.6, (A) - Deputy President Thabo Mbeki
disclosed yesterday that the cabinet has taken a decision not to prohibit
Afrikaans from being used as a language of instruction at universities and
tertiary institutions. Speaking at a special youth assembly to mark Youth
Day
and commemorate the student uprising on June 16, 1976, Mr Mbeki said that
Afrikaner fears that they and their language were being marginalised were
based
on false information. He was concerned about what appeared to be a sense
of
unease about the future among the Afrikaans section of the population,
especially its youth. "The Afrikaner people are my people," he said.
"They
are our people. The Afrikaans language is a South African language. It's
part
of what makes SA's personality." Part of the tradition of June 16 the
government was trying to live up to was to ensure there was no imperialism
in
respect of language. "We value Venda as much as Afrikaans, Tswana as much
as
Gujerati," Mr Mbeki said. A Freedom Front representative said that one of
the
reasons why the student uprising of June 16, 1976, took place was because a
section of South African youth had the perception that Afrikaans was being
imposed as a language of tuition. "Today history is being repeated, only
the
language and the role players differ," he said. Mr Mbeki was announcing a
cabinet decision, which is binding on all ministers, including the Minister
of
Education, Prof Sibusiso Bengu, whose controversial speech at Stellenbosch
University set off alarm bells about the future of Afrikaans at
Stellenbosch
and other Afrikaans universities. Coming from Mr Mbeki, who is to be our
next
president and already controls the day-to-day running of the country, his
assurance augurs well not just for the future of Afrikaans, but good
relations
between the ruling majority and other sections of the community."<
------------------------------------------------------------ ----------------
----------------------------------------------

Ek was baie bly om hierdie berig te lees. Soos At sal ek ook graag wil
weet of hierdie die waarheid is.

Verder, ek het nie besef dit is 'n uitgemaakte saak that Mbeki ons volgende
president gaan wees nie.

--
Julie Morgan
http://home.sprynet.com/sprynet/gotravel

Edit email - Needed for unwanted mail
Re: Afrikaans en die ANC [boodskap #9818 is 'n antwoord op boodskap #9787] Do, 19 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Jun 1997 13:51:54 GMT, "AM de Lange" wrote:
> Koos, ek het ook die berig gelees. As dit die waarheid
> sou wees, sal ek baie bly wees.

Vandag se berig (verskoon die snaakse formaat, dis uit 'n ander
stelsel ge-"cut" en "paste.

_______________________________
Kaapstad. - Tersiêre onderwysinrig·
tings sal hul eie taalbeleid kan ont·
wikkel, maar die regering sal toe·
sien dat dit regverdig en billik is en ·
aan die Grondwet voldoen, het dr. ·
Sibusiso Bengu, minister van onder·
wys, gister gesê
^Uit Bengu se verduideliking blyk ·
dit dat dié beleid vir die Universiteit ·
van Stellenbosch kan beteken dat hy ·
op voorgraadse vlak spesiale voor·
siening sal moet maak vir studente ·
wat nie Afrikaans magtig is nie.
^Bengu het op 'n perskonferensie ·
bekend gemaak dat die kabinet die ·
wetsontwerp op hoër onderwys aan·
vaar het vir indiening by die parle·
ment.
^Hy het gesê die regering sal nie ·
taalbeleid aan tersiêre inrigtings op·
dwing nie.
^Die wetsontwerp bepaal dat die in·
rigtings hul eie taalbeleid mag be·
paal, maar die regering sal 'n raam·
werk neerlê om te verseker dat dit in ·
letter en gees met die Grondwet oor·
eenstem.
^Hy dink dit is net regverdig dat in·
rigtings wat die vryheid het om te ·
besluit oor dinge wat hul voortbe·
staan raak, toegelaat word om oor ·
hul eie taalbeleid te besluit.
^Sy departement se raamwerk vir ·
die taalbeleid sal daarop gemik wees ·
om die grondwet na gelang van ·
praktiese situasies te vertolk.
^As 'n inrigting studente toelaat, ·
maar hulle is gefrustreerd omdat die ·
taalbeleid nie hersien word op 'n wy·
se wat hulle begunstig nie, is dit die ·
****** Einde van blok 1 ·
*Alg Teks 8.25 Nimrod·
departement se plig om te kyk of die ·
beleid regverdig is, het hy gesê.
^Sekere studente van KwaZuluZNa·
tal wat aan die Universiteit van Stel·
lenbosch in wingerdboukunde stu·
deer, moet hul vierjaargraad in vyf ·
jaar afhandel omdat hulle op die taal ·
moet konsentreer.
^Dié kursus word aan geen ander ·
universiteit aangebied nie.
^"Dit is duur vir die regering as ·
hulle vyf jaar op universiteit moet ·
deurbring." Hul frustrasie met die ·
taal lei tot die frustrasie van die hele ·
stelsel."
^Op die vraag of die beoogde raam·
werk van die regering vir bepaalde ·
getalle voorsiening maak, het Bengu ·
gesê hulle het nog nie dié punt be·
reik nie. In die taalbeleid vir skole is ·
getalle ter sprake, maar die departe·
ment word beperk deur wat hy kan ·
bekostig. "Ons wil nie hê dat 'n ·
enkele leerder benadeel word nie."
^Bengu het gesê die Vrystaatse *180 spasie te groot ·
·
****** Einde van blok 2 ·
*Alg Teks 8.25 Nimrod·
Universiteit gebruik op voorgraadse ·
en nagraadse vlak Engels vir die ·
aanbieding van sekere vakke, hoe·
wel dit steeds hoofsaaklik 'n Afri·
kaanse universiteit is.
^Die Universiteit van Stellenbosch ·
gebruik egter net Engels vir die aan·
bieding van enkele nagraadse kur·
susse. Die universiteit gebruik vol·
gens hom geen Engels vir die aan·
bieding van voorgraadse kursusse ·
nie.
^Dit benadeel sommige studente, ·
wat die grondwetlike reg het om in ·
'n taal van hul keuse onderrig te ·
word.
^Volgens Bengu moet alle inrig·
tings verander wat betref taalbeleid. ·
Die Grondwet maak voorsiening vir ·
die gelykheid van al elf landstale. ·
Die departement kan egter nie daar·
om sover gaan om inrigtings te ·
dwing om iets te doen wat onprak·
ties is nie.
^Die wetgewing bepaal ook dat 'n ·
voorwaarde vir die openbare finan·
siering befondsing van tersiêre inrigtings is dat ·
hul rade strategiese planne moet ·
voorlê en verslag moet doen oor hul ·
prestasie, gemeet aan hul doelwitte. ·
Die meganismes daarvoor sal in die ·
Witskrif op Hoër Onderwys uiteen·
gesit word wat aanstaande maand ·
voor die kabinet dien.
^Die wetgewing maak volgens Ben·
gu voorsiening vir effens groter mag ·
vir die rade en 'n meer verteenwoora*== ·
digende samestelling daarvan. Die ·
adviesraad op universiteite en tech·
nikons sal vervang word deur 'n ·
raad vir hoër onderwys. Die raad se ·
pligte sal die versekering en bevor·
dering van gehalte insluit.
****** Einde van al 3 blokke ·
Re: Afrikaans en die ANC [boodskap #9822 is 'n antwoord op boodskap #9787] Vr, 20 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Abel du Plessis[2]  is tans af-lyn  Abel du Plessis[2]
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
"tie...@nospam.com" wrote:

>> "4. COMMENT: SOWETAN, 970618, P.10, (A) - Deputy President Thabo Mbeki has
> done
> well to give his assurance that Afrikaans is not about to be downgraded
> and,
> for example, is not to be replaced by English as the language of
> instruction at
> institutions such as Stellenbosch University. ens...
> Enige kommentaar?
>

Ek wonder of die Taiwanese die ouens geglo het toe hulle gesê het dat
hulle nooit diplomatieke bande met Taiwan sal verbreek nie. Dit was
nie 'n week later nie en toe...
Volgens my is Mbeki en Mandela die paaiers wat almal vertel wat hulle
graag wil hoor en dit dan in die aangewese minister se skoot laat om
te doen wat hulle in elk geval beplan het om te doen.
Die dag wanneer 'n mens 'n politikus se 'assurance' glo, moet jy maar
die teleurstelling sluk wanneer dit kom.

My 5c (stuiwer)

Abel

Abel du Plessis abe...@unison.co.za
Kommetjie
South Africa
Re: Afrikaans en die ANC [boodskap #9825 is 'n antwoord op boodskap #9787] Sa, 21 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Jun 1997 16:44:20 GMT, "tie...@nospam.com" wrote:
> Verder, ek het nie besef dit is 'n uitgemaakte saak that Mbeki ons volgende
> president gaan wees nie.

Dis so uitgemaak as wat jy kan kry in die politiek.
Hy regeer reeds die land in effek met Mandela op die agtergrond.

Voor hy president raak, moet die ANC hom natuurlik in 'n interne
demokratiese stemming as leier kies. Maar dit sal uiters vreemd wees
as dit nie gebeur nie.
Re: Afrikaans en die ANC [boodskap #9839 is 'n antwoord op boodskap #9787] Ma, 23 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:
> Path: hermes.is.co.za!iafrica.com!uct.uni.net.za!csir.uni.net.za!n ews.up.ac.za!not-for-mail
> From: "AM de Lange"
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Subject: Re: Afrikaans en die ANC
> Date: 17 Jun 1997 13:51:54 GMT
> Organization: University of Pretoria test
> Lines: 26
> Message-ID:
> References:
> NNTP-Posting-Host: 137.215.110.83
> X-Newsreader: Microsoft Internet News 4.70.1155
> Xref: charon.hipsys.co.za soc.culture.south-africa.afrikaans:6979
>
>
>
> Koos wrote in article
> ...
>>
>> Die berig het vanoggend in Beeld verskyn
>>
>> ----------------------------------------
>>
>> Kaapstad. - Die kabinet het pas besluit dat Afrikaans in geen
>> omstandighede verbied sal word as onderrigmedium aan tersiêre
>> inrigtings nie "omdat die land nie plek het vir taalimperialisme
>> nie", het adj.-pres. Thabo Mbeki gister op Jeugdag bekend gemaak.
>
>
>
> Koos, ek het ook die berig gelees. As dit die waarheid
> sou wees, sal ek baie bly wees.
>
> Maar ons lamal weet dat veral politici en koerante ewe
> ywerig liegstories opdis. Hoe sal ons seker kan maak dat
> die berig die waarheid is. Wie kan raad gee?
>
> Beste wense
> At de Lange
>

Lees weer die woorde "..Afrikaans in geen omstandighede verbied sal word.."
maar daar is meer as een manier om 'n kat dood te maak. Hy het in der
waarheid niks nuuts gesê nie. On het 11 tale, almal moet gelyke prominensie
geniet.

Wat ek interesant gevind het is sy woorde:

> "We value Venda as much as Afrikaans, Tswana as much as Gujerati,"
> Mr Mbeki said.

So hy plaas Afrikaans, Venda en Tswana op dieselfde vlak as 'n nie amptelike
taal - Gujerati. Nou as dit nie dinge in perspektief plaas nie, dan weet ek
nie.

Cheers
Lou
Re: Afrikaans en die ANC [boodskap #9846 is 'n antwoord op boodskap #9787] Di, 24 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in article
...
> I have not noticed that the Afrikaners need to be riminded of this - it is
> generally the Afrikaners who are reminding 9 of the other 10 that they have
> the right to protect their languages. The problem is that members of these
> 9 language groups show no interest whatever in protecting their own
> langauges. On the contrary, they often lecture their Afrikaans compatriots
> on the advantages of using the so-called "international language" Some time
> ago, a group of Soweto school headmasters polled by a newspaper expressed
> the opinion that Afrikaners are dperiving their children by not educating
> them through the medium of English.

Ek sal liewers in Afrikaans kommentaar lewer op hierdie
bydrae van Leendert. Daarmee wil ek nie onbeskof wees
nie, maar wil ek eerder die saak in die Afrikaanse kring
bring.

As 'n mens Engels en Afrikaans met mekaar vergelyk teen
die agtergrond van AL DIE TALE IN DIE WERELD, is hulle
baie na aan mekaar verwant. Om 'n beeld te gebruik, hulle is
so na aan mekaar verwant as 'n sjimpansee en 'n oerangoetang
in vergelyking met al die ander soogdiere van die wereld.

Kom ons praat van die mense wat Afrikaans DINK, as
Afrikaners. Dit maak nie saak hoeveel ander tale hulle
praat nie, of wat hulle velkleur of godsdiens is nie. Julle sal
opmerk dat ek die woord DINK gebruik, in plaas van die
woord "praat".

Waarom wil al die mense wat Afrikaans dink, dan nie ophou
daarmee en liewers Engels begin dink nie. Daar is en elk
geval so baie wat in die besigheidwereld die praat van Afrikaans
verruil het vir Engels. Is dit omdat die mense dalk weet dat
Afrikaans praat hulle terug hou? Nee, daar is tog veel meer
suksesvolle besigheidmense wat steeds Afrikaans on elke
draai praat.

Is dit nie dalk omdat die Britse Ryk in die verlede Afrikaners
soveel smart en skade aangedoen het nie? Nee - want in die
meeste ander plekke in die wereld waar dit ook gebeur het, het
Engels die verowerdes se tale geweldig verdring.

Is dit nie dalk omdat Afrikaners lui is en nie ander tale wil
aanleer nie? Is dit nie dalk dat Afrikaners hoogmoedig is nie?
Is dit nie dalk dat Afrikaners arrogant is nie? Is dit nie dalk dat
Afrikaners so verstok is nie?

Ek kan so aangaan en tientalle redes opdis. In iedere geval kan
ek argumente vir en teen 'n rede aanvoer. Die gevolg is dat sulke
redes my niks nader aan die antwoord bring nie. Die vraag bly
dus steeds staan:

Waarom wil mense wat in Afrikaans DINK, nie ophou om Afrikaans
te praat nie?

Kom mense, laat ons kyk of ons hierdie vraag kan beantwoord!

Alles van die beste
At de Lange
Vorige onderwerp: Re: Dimensionele eienskappe van Taal (ingekort)
Volgende onderwerp: Dimensionele eienskappe van Taal (lank)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 08:43:53 MGT 2024