Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SA tien jaar van nou
SA tien jaar van nou [boodskap #98235] Di, 14 September 2004 15:26 na volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Rubriek in Beeld van die ekonoom JP Landman
------------------------------------------------------------ ------------------------

Beeld-forum:
Oor tien Kersfese kan SA beter lyk
JP Landman

Oktober is dalk die mooiste, mooiste maand, maar Augustus het
opwindende politiek-ekonomiese nuus gebring. Nie dat ons daaroor praat
nie - die Olimpiese Spele en Travelgate sorg vir baie sappiger
geselskap.

Eers was daar 'n aardskuddende verslag wat omtrent geen aandag in die
media gekry het nie. Dit was Statistieke Suid-Afrika se verslag oor
bevolkingsgroei.

Die land se bevolkingsgroei is nou sowat 1,3% per jaar. Heelwat minder
as die 2% per jaar wat tot nou toe aanvaar is. Demograwe is al geruime
tyd skepties oor die 2%-syfer en die 1,3% stem ooreen met die meeste
demograwe se somme.

Voordat ons sê dis alles toe te skryf aan vigs, dit is nie. Die
verslag toon aan hoe die vrugbaarheidskoers afgeneem het van 5,7
kinders in 1970 tot 2,7 in 2004. (Die gelykbreekpunt waar die
bevolking nóg groei nóg krimp is omtrent 2,1). Die afname in
vrugbaarheid is toe te skryf aan verskeie faktore waarvan die
vernaamste twee verstedeliking en 'n verandering in die sosiale status
van vroue is.

Baie mense kyk na die groter wordende plakkerskampe om ons stede en
dorpe, skud hul koppe bekommerd en wroeg oor hoë bevolkingsgroei. Maar
plakkerskampe vertel ons meer van migrasie as van bevolkingsgroei.

Die verandering in vroue se posisie is al 'n dekade of meer aan die
gang. Tog is dit interessant dat pres. Thabo Mbeki voortdurend daarop
hamer. Hy het dit as nasionale prioriteit gestel in sy intreerede op
27 April, opgevolg met talle vroueaanstellings in openbare ampte en op
Vrouedag het hy selfs swartbemagtigingsmaatskappye gepak wat nie
genoeg doen om vroue te laat deel in hul oes nie.

Laer bevolkingsgroei verander alles. Die prentjie van te veel mense en
te min werkgeleenthede, te veel armoede en te min bronne, is nie meer
so oorweldigend nie. As die bevolking groei teen 1,3% per jaar is 'n
ekonomiese groei van 3% nie so trietsig nie. Per capita-inkomstes styg
en daar is meer welvaart om in te deel en om te verdeel.

Terloops, omtrent 'n maand nadat Statistieke SA se verslag uitgereik
is, gebruik twee dagblaaie steeds die 2%-syfer om in hul hoofartikels
te kla dat die ekonomie nie vinnig genoeg groei nie. Dis onvergeeflik!

Vooruitgang en modernisering begin wanneer mense en bronne in balans
begin kom. Dit lyk my Suid-Afrika het dié punt bereik. Wat die land
nie teen Kersfees gaan verander nie, maar wat dit wraggies oor tien
Kersfese gaan doen.

Die ander goeie nuus in Augustus is alles aangekondig in een week
tussen 20 en 27 Augustus.

Eers het Maria Ramos 'n drastiese nuwe strategie vir Transnet
aangekondig. Gelees saam met ander aankondigings is die bottom line
dat alle nie-kernsake verkoop gaan word (privatisering); dat dié geld
gebruik kan word om broodnodige infrastruktuur te verbeter
(investering); dat die private sektor in die bedryf van hawens
ingebring gaan word (deregulering); dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens
waarskynlik op pad is na privatesektorstatus (hoewel Alec Erwin dit
nog ontken); en dat daar 'n sigbare klem op doeltreffendheid is.

Daarna gooi die minister van telekommunikasiewese in 'n big
bang-aankondiging die hele telekombedryf oop. Agt jaar van Jay
Naidoo-denke word by die venster uitgegooi. Dis nou moontlik om meer
investering, meer werkgeleenthede en meer ekonomiese aktiwiteite te
genereer. Dan was daar 'n paar klein aankondigings ook: die
Lughawensmaatskappy maak bekend dat hy maniere soek om te noteer; 'n
voorgestelde wetswysiging in die parlement bring ons 'n stap nader aan
die deregulering van die brandstofbedryf. Alles tekens van 'n oper
ekonomie.

Hierdie stappe kon nie sonder baie sterk politieke rugsteun
aangekondig word nie. Trouens, die Transnet- en telekom- aankondigings
kom regstreeks uit die prioriteite wat Mbeki tydens sy staatsrede ná
die verkiesing gestel het. In daardie rede het Mbeki sy regering tot
85 spesifieke aksies verbind, 28 van hulle oor ekonomiese groei. 'n
Paar van hulle is in Augustus nagekom.

Die resultaat is 'n oper ekonomie, groter produktiwiteit, meer
investering. Dit werk die negatiewe impak van vigs en misdaad teë en
gaan die groeikoers bo 3% help.

Met 'n bevolking wat groei teen 1,3% en 'n oper ekonomie het die land
beter vooruitsigte as toe die goudprys $850, die ekonomie geslote en
bevolkingsgroei 2,5% was. Voeg by 'n beter verspreiding van welvaart
weens demokrasie en 'n mens kan die lente in die lug ruik. Geniet die
mooiste, mooiste maande.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98242 is 'n antwoord op boodskap #98235] Di, 14 September 2004 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skyrf

> Oor tien Kersfese kan SA beter lyk
> JP Landman

> Voordat ons sê dis alles toe te skryf aan vigs, dit is nie. Die
> verslag toon aan hoe die vrugbaarheidskoers afgeneem het van 5,7
> kinders in 1970 tot 2,7 in 2004. (Die gelykbreekpunt waar die
> bevolking nóg groei nóg krimp is omtrent 2,1). Die afname in
> vrugbaarheid is toe te skryf aan verskeie faktore waarvan die
> vernaamste twee verstedeliking en 'n verandering in die sosiale status
> van vroue is.

Kanada se "vrugbaarheidskoers" het nou gedaal na onder 2 %,
en ons moet glo nou drasties immigrante werf om te keer dat
dit nie nog verder verminder nie. Dit nou in een generasie. My
een skoondogte is die jongste van dertien kinders. Haar ma,
wat net voor sy afgetree het as onderwyseres, vise-prinsipaal
van 'n skool was, was wonderbaarlik goed van voorkomste
en mens sou nooit kon dink dat sy dertien kinders in die lewe
gebring het nie. Hulle was streng Katolieke. ( Haar broer was
'n biskop.) Maar sy het haar dogter self aangemoedig om
geboortebeperking toe te pas. Ten spyte van wat die pous
sê.)

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98243 is 'n antwoord op boodskap #98235] Di, 14 September 2004 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Rubriek in Beeld van die ekonoom JP Landman

> Met 'n bevolking wat groei teen 1,3% en 'n oper ekonomie het die land
> beter vooruitsigte as toe die goudprys $850, die ekonomie geslote en
> bevolkingsgroei 2,5% was. Voeg by 'n beter verspreiding van welvaart
> weens demokrasie en 'n mens kan die lente in die lug ruik.

Nou wat sou jy nou oor die sakie te sê hê,
Plato my ou filosoof.

Herodotus
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98245 is 'n antwoord op boodskap #98243] Di, 14 September 2004 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> "Ferdi Greyling" skryf
>
>
>> Rubriek in Beeld van die ekonoom JP Landman
>
>
>> Met 'n bevolking wat groei teen 1,3% en 'n oper ekonomie het die land
>> beter vooruitsigte as toe die goudprys $850, die ekonomie geslote en
>> bevolkingsgroei 2,5% was. Voeg by 'n beter verspreiding van welvaart
>> weens demokrasie en 'n mens kan die lente in die lug ruik.
>
>
> Nou wat sou jy nou oor die sakie te sê hê,
> Plato my ou filosoof.
>
> Herodotus
>
>

Mmmmmmmm. Nie veel nie. Ek kou maar aan die een so stadig en suig wat ek
kan uit die murg uit. Maar die klink vir my na 'n optimis instede van 'n
realis. Ek dink nie mense was vreeslik negatief oor Zim toe die oorgegee
is aan Bob en kie nie. Nee wat dit is vêr te vroeg om sulke beule te
begin blaas. Veels te vroeg...

Groete
Plato
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98246 is 'n antwoord op boodskap #98243] Di, 14 September 2004 20:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "Ferdi Greyling" skryf
>
>
>> Rubriek in Beeld van die ekonoom JP Landman
>
>
>> Met 'n bevolking wat groei teen 1,3% en 'n oper ekonomie het die land
>> beter vooruitsigte as toe die goudprys $850, die ekonomie geslote en
>> bevolkingsgroei 2,5% was. Voeg by 'n beter verspreiding van welvaart
>> weens demokrasie en 'n mens kan die lente in die lug ruik.
>
>
> Nou wat sou jy nou oor die sakie te sê hê,
> Plato my ou filosoof.
>
> Herodotus
>
>

Terloops, as dit jou 'n huppel in die stap gee Gloudina is ek bly. Dis
omtrent al wat die stukkie teks werd is.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98248 is 'n antwoord op boodskap #98246] Di, 14 September 2004 21:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Terloops, as dit jou 'n huppel in die stap gee Gloudina is ek bly. Dis
> omtrent al wat die stukkie teks werd is.

Ja-nee wat jong. Julle soort wat net eenvoudig nie
glo dat daar iets goeds uit 'n "nie-blanke" se brein
kan kom nie, sal tot julle dooddag aanhou dat
dinge net al slegter en slegter in SA gaan. Maar
wie gee in alle geval om wat "julle" dink. Julle
het julleself op die kantlyn geplaas met julle
geklaery en getjankery. Ek hoop daar is genoeg
Afrikaners wat nie soos julle is nie, wat nog
die goeie naam van die Afrikaner sal hooghou
in SA. Ek wéét daar is sulke Afrikaners.
Veral dié vroue wat Afrikaanse name het,
en wat in belangrike poste aangestel word
in hierdie bestel.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98253 is 'n antwoord op boodskap #98248] Wo, 15 September 2004 04:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jip.

@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
>
>> Terloops, as dit jou 'n huppel in die stap gee Gloudina is ek bly. Dis
>> omtrent al wat die stukkie teks werd is.
>
>
> Ja-nee wat jong. Julle soort wat net eenvoudig nie
> glo dat daar iets goeds uit 'n "nie-blanke" se brein
> kan kom nie, sal tot julle dooddag aanhou dat
> dinge net al slegter en slegter in SA gaan. Maar
> wie gee in alle geval om wat "julle" dink. Julle
> het julleself op die kantlyn geplaas met julle
> geklaery en getjankery. Ek hoop daar is genoeg
> Afrikaners wat nie soos julle is nie, wat nog
> die goeie naam van die Afrikaner sal hooghou
> in SA. Ek wëét daar is sulke Afrikaners.
> Veral dié vroue wat Afrikaanse name het,
> en wat in belangrike poste aangestel word
> in hierdie bestel.
>
> Gloudina
>
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98275 is 'n antwoord op boodskap #98235] Wo, 15 September 2004 15:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi,

Ai, daar sit ek toe vandag en luister na Alex Jay op 94.t Radion
Highveld oor die net, en lees jou stuk. Twee maal. Man, jou stuk maak
my sommer opgewonde, ek kry tot hoenervleis..

Ons het 'n kantoor in Oslo, Noorwiee, waar ek agt wonderlike weke
vertoef het vir besighheid. Nou daar's 'n land waarna die derde wereld
kan opkyk. (12 maande maternity leave. 100% pay. Beat that!) Elk geval
- een ding wat my ge-"strike" het van die Norwegians, is die trots en
'affection' waarmee hulle van hulle pragtige land praat. Dis asof, oor
die eeue, generasie na generasie 'n utopia geskep het, waarin elke
burger belangrik is, en elkeen persoonlike responsibility neem vir die
behoud van elke dorpie, elke trein, elke sypaadjie. Dis 'n
ongelooflike plek, waar niemand 'n slegte ding te se het van hulle
land nie. Die gevolg is dat daar 'n atmosfeer van optimisme heers...

Presies die teenoorgestelde van SA. Waar almal die vaderland beswadder
en bevloek. Mense in die verlede leef en teen die toekoms rebelleer.
Soos gerookte tieners spartel ons maar voort.

Vir die eerste keer in 'n baie, baie lang tyd lees ek 'n afrikaanse
stuk wat optimisties is. Gebasseer op feite. Glas is half vol. Goed
gedaan, Ferdi. Goed gedaan.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98277 is 'n antwoord op boodskap #98275] Wo, 15 September 2004 16:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die glas is slegs half vol as hy bewese eers leeg te gewees het. Dit is
TE vroeg in SA se geskiedenis na 94 om te kom praat oor of die bus op
die regte pad is aldan nie. Ons moet ten minste die 20 jaar kerf
verbysteek voor ons kan begin jubel. Ek sou egter eers die ANC wou sien
uitgestem word deur die massa voor ons met reg kan sê ons is op die
regte pad. En ek bedoel nie noodwendig 'n vervanging met wit regering
nie. Net 'n normale regerings oorgang...

Groete
Plato

BitterEinder wrote:
> Ferdi,
>
> Ai, daar sit ek toe vandag en luister na Alex Jay op 94.t Radion
> Highveld oor die net, en lees jou stuk. Twee maal. Man, jou stuk maak
> my sommer opgewonde, ek kry tot hoenervleis..
>
> Ons het 'n kantoor in Oslo, Noorwiee, waar ek agt wonderlike weke
> vertoef het vir besighheid. Nou daar's 'n land waarna die derde wereld
> kan opkyk. (12 maande maternity leave. 100% pay. Beat that!) Elk geval
> - een ding wat my ge-"strike" het van die Norwegians, is die trots en
> 'affection' waarmee hulle van hulle pragtige land praat. Dis asof, oor
> die eeue, generasie na generasie 'n utopia geskep het, waarin elke
> burger belangrik is, en elkeen persoonlike responsibility neem vir die
> behoud van elke dorpie, elke trein, elke sypaadjie. Dis 'n
> ongelooflike plek, waar niemand 'n slegte ding te se het van hulle
> land nie. Die gevolg is dat daar 'n atmosfeer van optimisme heers...
>
> Presies die teenoorgestelde van SA. Waar almal die vaderland beswadder
> en bevloek. Mense in die verlede leef en teen die toekoms rebelleer.
> Soos gerookte tieners spartel ons maar voort.
>
> Vir die eerste keer in 'n baie, baie lang tyd lees ek 'n afrikaanse
> stuk wat optimisties is. Gebasseer op feite. Glas is half vol. Goed
> gedaan, Ferdi. Goed gedaan.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98278 is 'n antwoord op boodskap #98275] Wo, 15 September 2004 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"BitterEinder" skryf

Nou daar's 'n land waarna die derde wereld
> kan opkyk. (12 maande maternity leave. 100% pay. Beat that!)

Kanada het ook 12 maande maternity leave. Dit hang af
waar jy werk, wat jy daardie 12 maande uitkry. Basies
kry jy maar net "unemployment" ( wat gewoonlik omtrent
60% van jou vorige salaris per maand is. Maar ek merk
op die Munisipaliteit van Ottawa betaal die verskil, en
die staatsdiens maak ook grotendeels die verskil op.
Dis nou maar net drie of vier jaar so. Voorheen was
dit ses maande vir maternity leave.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98315 is 'n antwoord op boodskap #98277] Do, 16 September 2004 15:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
> Ek sou egter eers die ANC wou sien
> uitgestem word deur die massa voor ons met reg kan sê ons is op die
> regte pad. En ek bedoel nie noodwendig 'n vervanging met wit regering
> nie. Net 'n normale regerings oorgang...

Plato, jy het 'n 'legitimate concern' aangaande die oorhoofse
demokrasie in Suid Afrika. Daar gaan nooit, ooit weer 'n alternatiewe
regering regeer nie. Vir 'n verskeidenheid redes: geen 'credible
alternative', populasie persentasies, politieke geskiedenis,
tribalism, education om maar 'n paar te noem. Ja, dit is 'n GROOT
KOMMER vir diegene wat begaande is oor die ‘mechanics' van demokrasie.

Nou, jy is van die mening dat om te sien of SA op die regte pad is,
moet die huidige bedeling eers vervang word. Maar, jy weet, en ek
weet, dat die ANC nie uitgestem gaan word nie.

Dit laat jou met 'n penarie: hoe gaan jy nou ooit bepaal of SA "..op
die regte pad is.."?

Antwoord: Jy kan nie. Jy moet maar die beste van hierdie saak maak.
Die ANC is hier om te bly. Nie VIGS, nie tyd, nie oorlog is daartoe
instaat om dit te verander nie.

Nou is jy in 'n ander pnarie ook:
As die ANC nie gaan verdwyn nie, hoe gaan jy jouself en jou gemeenskap
bevorder? Die enigste, werklike manier is: "If you can't beat them,
join them". As jy half intilligent en half vooruitsiende is, dan sal
jy 'n lid van die ANC word en probeer om change-and-progress te lewer
van binne af….

Ek was ook 'n Japie wat van die mening was dat '94 die einde was van
enige hoop in SA. Stert tussen die bene pad gevat en al. 10 jaar later
sien ek dat daar kwaai geweld in England ook is. Dat politikuste in
Ierland ook moer korrup is. Dat daar ook freaks in Belgie is. Dat
lewens standaarde in plekke in Amerika ook maar bra kak is.
Verkragting alledaags is in oos-Europa.

Jy weet, Plato, dat die wereld buite SA ook nie heeltemal dig is nie.
Die Afrikaner/Boer het slegs een enkele metode oor om homself op die
wereldverhoog mee te paradeer: Rugby.

Die wereld sien Springbok Rugby as die venster in Afrikanerdom in.
En wat sien hulle?
Rudolf-fokken-Straeuli se onvermoee om met modernisering te deel.
Kamp-fokken-Staaldraad vir breinlose etterblapse. Corne Krige wat na
geweld oorslaan wannerr hy nie sy sin kry nie. Geo Cronje wat nie ‘n
kamer met Quinton Davids wil deel nie….

En die wereld se: "Dank god daai domkoppe is uiteindelik buite
bewind."
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98316 is 'n antwoord op boodskap #98315] Do, 16 September 2004 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jy vergeet een ding. As die ANC opfok is daar kak. Hulle het nie veel
ruimte vir foute nie. Dis die ding met Afrika, die foute is nie klein
nie. Dis reusagtige en "spectacular" boggerops. So as die ANC nie
uitgestem word nie sal hulle met tyd sink. Indien nie is dit wonderlik
en die lewe gaan aan. Maar as hulle val is dit verby met kees... Ek en
vele ander draai soos leeus rondom 'n mank buffel rond. Dit moet die
regering van die dag goed besef! As hy val gaan ons hom eet! Net soos in
die natuur is daar meer prooi as wat daar jagters is in ons land... Daar
is nou vir jou 'n holistiese kykie naa SA!

Groete
Plato

BitterEinder wrote:
>> Ek sou egter eers die ANC wou sien
>> uitgestem word deur die massa voor ons met reg kan sê ons is op die
>> regte pad. En ek bedoel nie noodwendig 'n vervanging met wit regering
>> nie. Net 'n normale regerings oorgang...
>
>
> Plato, jy het 'n 'legitimate concern' aangaande die oorhoofse
> demokrasie in Suid Afrika. Daar gaan nooit, ooit weer 'n alternatiewe
> regering regeer nie. Vir 'n verskeidenheid redes: geen 'credible
> alternative', populasie persentasies, politieke geskiedenis,
> tribalism, education om maar 'n paar te noem. Ja, dit is 'n GROOT
> KOMMER vir diegene wat begaande is oor die ‘mechanics' van demokrasie.
>
> Nou, jy is van die mening dat om te sien of SA op die regte pad is,
> moet die huidige bedeling eers vervang word. Maar, jy weet, en ek
> weet, dat die ANC nie uitgestem gaan word nie.
>
> Dit laat jou met 'n penarie: hoe gaan jy nou ooit bepaal of SA "..op
> die regte pad is.."?
>
> Antwoord: Jy kan nie. Jy moet maar die beste van hierdie saak maak.
> Die ANC is hier om te bly. Nie VIGS, nie tyd, nie oorlog is daartoe
> instaat om dit te verander nie.
>
> Nou is jy in ‘n ander pnarie ook:
> As die ANC nie gaan verdwyn nie, hoe gaan jy jouself en jou gemeenskap
> bevorder? Die enigste, werklike manier is: "If you can't beat them,
> join them". As jy half intilligent en half vooruitsiende is, dan sal
> jy 'n lid van die ANC word en probeer om change-and-progress te lewer
> van binne af….
>
> Ek was ook ‘n Japie wat van die mening was dat '94 die einde was van
> enige hoop in SA. Stert tussen die bene pad gevat en al. 10 jaar later
> sien ek dat daar kwaai geweld in England ook is. Dat politikuste in
> Ierland ook moer korrup is. Dat daar ook freaks in Belgie is. Dat
> lewens standaarde in plekke in Amerika ook maar bra kak is.
> Verkragting alledaags is in oos-Europa.
>
> Jy weet, Plato, dat die wereld buite SA ook nie heeltemal dig is nie.
> Die Afrikaner/Boer het slegs een enkele metode oor om homself op die
> wereldverhoog mee te paradeer: Rugby.
>
> Die wereld sien Springbok Rugby as die venster in Afrikanerdom in.
> En wat sien hulle?
> Rudolf-fokken-Straeuli se onvermoee om met modernisering te deel.
> Kamp-fokken-Staaldraad vir breinlose etterblapse. Corne Krige wat na
> geweld oorslaan wannerr hy nie sy sin kry nie. Geo Cronje wat nie ‘n
> kamer met Quinton Davids wil deel nie….
>
> En die wereld se: "Dank god daai domkoppe is uiteindelik buite
> bewind."
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98317 is 'n antwoord op boodskap #98315] Do, 16 September 2004 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Mense moet een ding nie vergeet nie (nie dat dit veel saakmaak of hulle
dit besef of nie) en dit is dat ons Westerlinge nie anders kan as om te
oorleef nie. Dit is in ons aard en ons is beter toegerus as enige ander
kultuur op aarde om dit te doen. Die lewe mag wel vir ons moeilik gemaak
word maar ons sal steeds oorleef.

Ek voel 'n veer wat mense van die Afrikaner dink. Dit maak net so min
saak as wat ek van die Engelse kon dink of van die Kanadese ensovoorts.
Die slimste man in die wêreld is toevallig 'n Afrikaner. Maar dit
tersyde sou dit 'n moerse fout van enige iemand wees om die Afrikaner te
onderskat. 'n GROOT FOUT!

Soos ek sê die ANC en kie kry nie 'n tweede kans nie. Ons kry wel al die
kanse in die wêreld. Die ANC moet weet ons hou hom fyn dop... Grrrrr....
;o) Hy kan homself net 'n guns bewys deur dieselfde te doen.

Groete
Plato

BitterEinder wrote:

>> Ek sou egter eers die ANC wou sien
>> uitgestem word deur die massa voor ons met reg kan sê ons is op die
>> regte pad. En ek bedoel nie noodwendig 'n vervanging met wit regering
>> nie. Net 'n normale regerings oorgang...
>
>
> Plato, jy het 'n 'legitimate concern' aangaande die oorhoofse
> demokrasie in Suid Afrika. Daar gaan nooit, ooit weer 'n alternatiewe
> regering regeer nie. Vir 'n verskeidenheid redes: geen 'credible
> alternative', populasie persentasies, politieke geskiedenis,
> tribalism, education om maar 'n paar te noem. Ja, dit is 'n GROOT
> KOMMER vir diegene wat begaande is oor die ‘mechanics' van demokrasie.
>
> Nou, jy is van die mening dat om te sien of SA op die regte pad is,
> moet die huidige bedeling eers vervang word. Maar, jy weet, en ek
> weet, dat die ANC nie uitgestem gaan word nie.
>
> Dit laat jou met 'n penarie: hoe gaan jy nou ooit bepaal of SA "..op
> die regte pad is.."?
>
> Antwoord: Jy kan nie. Jy moet maar die beste van hierdie saak maak.
> Die ANC is hier om te bly. Nie VIGS, nie tyd, nie oorlog is daartoe
> instaat om dit te verander nie.
>
> Nou is jy in ‘n ander pnarie ook:
> As die ANC nie gaan verdwyn nie, hoe gaan jy jouself en jou gemeenskap
> bevorder? Die enigste, werklike manier is: "If you can't beat them,
> join them". As jy half intilligent en half vooruitsiende is, dan sal
> jy 'n lid van die ANC word en probeer om change-and-progress te lewer
> van binne af….
>
> Ek was ook ‘n Japie wat van die mening was dat '94 die einde was van
> enige hoop in SA. Stert tussen die bene pad gevat en al. 10 jaar later
> sien ek dat daar kwaai geweld in England ook is. Dat politikuste in
> Ierland ook moer korrup is. Dat daar ook freaks in Belgie is. Dat
> lewens standaarde in plekke in Amerika ook maar bra kak is.
> Verkragting alledaags is in oos-Europa.
>
> Jy weet, Plato, dat die wereld buite SA ook nie heeltemal dig is nie.
> Die Afrikaner/Boer het slegs een enkele metode oor om homself op die
> wereldverhoog mee te paradeer: Rugby.
>
> Die wereld sien Springbok Rugby as die venster in Afrikanerdom in.
> En wat sien hulle?
> Rudolf-fokken-Straeuli se onvermoee om met modernisering te deel.
> Kamp-fokken-Staaldraad vir breinlose etterblapse. Corne Krige wat na
> geweld oorslaan wannerr hy nie sy sin kry nie. Geo Cronje wat nie ‘n
> kamer met Quinton Davids wil deel nie….
>
> En die wereld se: "Dank god daai domkoppe is uiteindelik buite
> bewind."
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98320 is 'n antwoord op boodskap #98277] Do, 16 September 2004 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

. Ek sou egter eers die ANC wou sien
> uitgestem word deur die massa voor ons met reg kan sê ons is op die
> regte pad. En ek bedoel nie noodwendig 'n vervanging met wit regering
> nie. Net 'n normale regerings oorgang...

Ongelukkig, ou Plato, lê jy en jou makkers in die bed wat
julle apartheidsvaders vir julle voorberei het. Deur vir veertig
jaar 'n onwettige diktatorskap in stand te hou, wat 80% van
die bevolking onteien het, het jou apartheidsvoorvaders
seker gemaak dat daar 'n massiewe amper monolitiese
party ontstaan wat lojaliteit gee aan die vryheidsvegters wat
vir hulle regte geveg het. Buitendien het jou apartheidsvoor-
vaders gesorg dat jy en mense soos jy nou gemarginaliseer
is. As daar enige politieke verskuiwings in SA plaasvind,
sal dit binne die boesem van die ANC gebeur. As iemand
vir jou tien jaar gelede gesê het dat oor tien jaar die ou
NP nie meer sou bestaan nie, sou jy hom kon glo?

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98321 is 'n antwoord op boodskap #98315] Do, 16 September 2004 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"BitterEinder" skryf

. Ja, dit is 'n GROOT
> KOMMER vir diegene wat begaande is oor die 'mechanics' van demokrasie.

Ek wonder hoekom jy bostaande sê. In watter
opsig is daar enigiets verkeerd met die
"meganismes van demokrasie" in die huidige
SA?

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98322 is 'n antwoord op boodskap #98316] Do, 16 September 2004 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

Ek en
> vele ander draai soos leeus rondom 'n mank buffel rond. Dit moet die
> regering van die dag goed besef! As hy val gaan ons hom eet! Net soos in
> die natuur is daar meer prooi as wat daar jagters is in ons land

Ag my dierbaarheid tog. Jy en mense soos jy leef
in 'n sprokiesland van dink dat julle enige uitwerking
het op die staatshuishoudkundige proses. Jy klink
ongeveer soos daardie joggies wat nou in die
hof is, wat die land sommer so sito sito wou oorneem
met 'n handjievol manne. En jou probleem is dat jy
aanhoudend rassisties dink. Dis ons teen hulle. Eers
wanneer jy polities grootword, en besef dat daar oor
beginsels gestry moet word en nie rassisties gedink
word nie, sal jy enige invloed op die politiek kan hê.
Eers wanneer jy en 'n ander ou wat nie dieselfde
kleur vel as jy het nie, vir dieselfde ideale stry, dan
sal SA polities gebalanseer raak. Baie Afrikaners
doen dit alreeds. Jy is 'n trologdiet en besig om
uit te sterf as 'n politieke faktor saam met honderde
Afrikaners soos jy wat dink julle is so macho.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98332 is 'n antwoord op boodskap #98320] Vr, 17 September 2004 04:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Waar val jy uit Gloudina? Ek het fokol met 40 jaar van enige iets te
doen. Ek is nie eens so oud nie! Nee wat gee daardie argument vir iemand
wat omgee...

@rogers.com wrote:
> "Plato" skryf
>
> . Ek sou egter eers die ANC wou sien
>
>> uitgestem word deur die massa voor ons met reg kan sê ons is op die
>> regte pad. En ek bedoel nie noodwendig 'n vervanging met wit regering
>> nie. Net 'n normale regerings oorgang...
>
>
> Ongelukkig, ou Plato, lê jy en jou makkers in die bed wat
> julle apartheidsvaders vir julle voorberei het. Deur vir veertig
> jaar 'n onwettige diktatorskap in stand te hou, wat 80% van
> die bevolking onteien het, het jou apartheidsvoorvaders
> seker gemaak dat daar 'n massiewe amper monolitiese
> party ontstaan wat lojaliteit gee aan die vryheidsvegters wat
> vir hulle regte geveg het. Buitendien het jou apartheidsvoor-
> vaders gesorg dat jy en mense soos jy nou gemarginaliseer
> is. As daar enige politieke verskuiwings in SA plaasvind,
> sal dit binne die boesem van die ANC gebeur. As iemand
> vir jou tien jaar gelede gesê het dat oor tien jaar die ou
> NP nie meer sou bestaan nie, sou jy hom kon glo?
>
> Gloudina
>
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98333 is 'n antwoord op boodskap #98321] Vr, 17 September 2004 04:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kan dit dalk wees, DIE FEIT DAT ONS NIE DEMOKRASIE HET NIE?????

Die mense stem wel vir die ANC en ander partye in maar dan is daar iets
soos 'n oorloop klousule waar die ouens lekker van party kan verander
sonder om hul posisie te verloor. Solank die stelsel bestaan stem ek nie
in die land nie. Dit is nie demokraties nie, maak nie saak wat wie sê nie.

O en dan kan ons nie eens vir verteenwoordigers stem nie. Fok dit! Ek
stem nie vir partye nie. Ek stem vir mense. Mense in my area waar ek
woon en dan nasionaal. Daar is 'n rede hoekom die ANC die huidige
stelsel verkies. Hulle weet voor hulle siele dat daar individue is wat
meer populêr is as die party...

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> "BitterEinder" skryf
>
> .. Ja, dit is 'n GROOT
>
>> KOMMER vir diegene wat begaande is oor die 'mechanics' van demokrasie.
>
>
> Ek wonder hoekom jy bostaande sê. In watter
> opsig is daar enigiets verkeerd met die
> "meganismes van demokrasie" in die huidige
> SA?
>
> Gloudina
>
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98334 is 'n antwoord op boodskap #98322] Vr, 17 September 2004 04:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> Ag my dierbaarheid tog. Jy en mense soos jy leef
> in 'n sprokiesland van dink dat julle enige uitwerking
> het op die staatshuishoudkundige proses.
>
> Gloudina
>
>

Nee Gloudina, slaap gerus in die wete dat ek weet ek het nie veel impak
op die ANC nie. Omtrent soveel as wat 'n leeu 'n invloed het op wat daai
Buffel (waarvan ek gepraat het) eet of uit dinges... Maar daai Buffel
word oud, beseer, siek en dan...

Cheers
Plato
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98346 is 'n antwoord op boodskap #98321] Vr, 17 September 2004 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
> Ek wonder hoekom jy bostaande sê. In watter
> opsig is daar enigiets verkeerd met die
> "meganismes van demokrasie" in die huidige
> SA?

Tannie Bouwer,

Die meganismes van demokrasie in SA laat wel toe dat daar ‘n
verplasing van regerende party(e) kan plaasvind, maar gaan hierdie
verplasing ooit plaasvind?

Dit is die kommer.

‘n Goeie voorbeeld van hoekom dit belangrik is om van politieke partye
te verander, nie net leierskap nie, is Northern Ireland:

Vir 18 jaar, onder drie leiers (Margaret Thatcher, John Major en
William Hague ) was die Conservative Party se posisie: "We do not
negotiate with terrorists". Dinge in Ulster was verskriklik gedurende
die Tories se bewind. Die Royal Ulster Constabulary het geen katolieke
lede gehad nie, daar was meer Britse soldate in NI as vandag in Irak,
blah-blah-blah. In 1997 kom Tony Blair en sy Labour Party aan bewind
en lewer onmiddelik die Good Friday Agreement. 7 jaar later is NI ‘n
beter plek….probleme bestaan nog, maar dit is 'n beter plek.

Demokrasie is afhanklik van "periodic change". Die punt wat ek gemaak
het is dat hierdie "periodic change" nooit gaan plaasvind in SA nie.
Tannie weet, en ek weet, dat mag die mens uiteindelik "corrupt". Die
feit dat dieselfde party vir dekades lank in bewind gaan bly is die
groot kommer. Mandela is 'n towenaar, Mbeki is skerp. Maar wat van
twee of drie generasies later?

Ons kan optimisties wees en hoop dat ‘moderates', soos Mandela/Mbeki,
leierskap sal behou, of ons kan pessimisties wees en vewag dat die
‘radicals', soos Zuma, uiteindelik die oorhand gaan kry (en as ons
eerlik met onsself is sal ons erken dat dit die inevitable is)…

Laat ek 'n swak voorbeeld gebruik: Wat sal die gevolg wees as ‘n
Robert Mugabe by Mbeki se successor sou oorneem?

Ja, jy het 'n demokraties verkieste party in bewind. Ja, jy het ‘n
demokraties verkieste leier aan die helm. Maar agv al die redes wat ek
gister genoem het, stem die populsie nie die party uit bewind nie. Die
ekonomie knak, en ALMAL lei.

Persoonlik, wil ek glo dat die ‘moderates' binne die ANC die
‘radicals' sal oorskadu. Dat die toepassing van demokrasie in ewewig
gehou sal word deur mense soos Ferdi Greyling en andere in 'n vrye
media. Persoonlik wil ek glo dat die ANC daartoe instaat is om
tribalism (veral tussen swart tribes en wit tribes) onder hande te
hou. Persoonlik hoop ek dat die ANC daartoe instaat is om gelyke
welvaart aan alle burgers in Suid Afrika te bring.

Want ek moet nog 'n man met 'n vol pens en 'n vol beursie ontmoet wat
dinge wil verander.

Vriendelike groete
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98350 is 'n antwoord op boodskap #98346] Vr, 17 September 2004 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"BitterEinder" skryf

> Die meganismes van demokrasie in SA laat wel toe dat daar 'n
> verplasing van regerende party(e) kan plaasvind, maar gaan hierdie
> verplasing ooit plaasvind?
>
> Dit is die kommer.

Nouja, daar is 'n industrie in SA oor hierdie "kommer."
Kom ons noem hulle nou maar kommer-brommers.
Hulle sit en tjank aanmekaar oor hierdie "gevaar."
Instede daarvan om deel te word van die body
politic in SA. Die gevaar lê nie soseer by die
ANC se ledetal nie. Hulle is baie divers. Meer
en meer witmense sluit aan. Die gevaar lê by
die Demokratiese Party ( is dit die naam) van
Leon se party. As hulle aanhou om 'n hawe te
word vir "witmense" dan word dit al hoe meer
gesien as 'n "wit" party. Wat is die beginsels van
die Demokratiese Party wat dit verskillend maak
van die ANC?

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98351 is 'n antwoord op boodskap #98346] Vr, 17 September 2004 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"BitterEinder" skryf

> Demokrasie is afhanklik van "periodic change". Die punt wat ek gemaak
> het is dat hierdie "periodic change" nooit gaan plaasvind in SA nie.

Ek weet nie hoekom jy dit sê nie.
Kan jy in die toekoms sien? Het
jy voorsien dat die Nasionale
Party sou ophou bestaan binne
tien jaar?

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98354 is 'n antwoord op boodskap #98333] Vr, 17 September 2004 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
Plato,

Ek verkies ook die "Preportional Representation" geur van demokrasie
bo die "One-man-one-Vote" geur. Ek stem ook saam dat die Oorloop
klousule kommerwekkend is. Maar dit is nogsteeds 'n legitimate
democracy. En beter as die domkop-diktatorskap van die verlede.
Miskien moet jy dit oorweeg om lidmaatskap van die ANC op te neem en
al jou politieke energie te bele in aksies, nie slegs woodjies op 'n
nuusgroep nie. Jy is jonk, ons toekoms. Dis ons oues se
verantwoordelikheid om julle te onderrig en lei en te hoop dat julle
ietsie positief vir ons kleinkinders kan doen.

Groetnis,
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98359 is 'n antwoord op boodskap #98275] Vr, 17 September 2004 15:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Sep 2004 08:48:51 -0700, tak_...@yahoo.co.uk (BitterEinder) wrote:

> Presies die teenoorgestelde van SA. Waar almal die vaderland beswadder
> en bevloek. Mense in die verlede leef en teen die toekoms rebelleer.
> Soos gerookte tieners spartel ons maar voort.

Ek dink vanoggend in die stort skielik daaraan dat die rede hoekom
almal in SA afgepis is van tyd tot tyd is miskien omdat almal in SA
voel hulle band met grond word of is gesny.
Mense in Noorwee woon reeds seker 3000 jaar daar.
Jy word gebore op 'n plek en ontwikkel 'n sense of propriety (dink ek
is die Engels).
Dis jou plek en jy relax.
SA is maar op pad soontoe.

Eers het die wittes en die swartes die koi en die san se grond gevat.
Toe vat die wittes die swartes se grond.
Toe kom vat die Engelse die Boere se grond.
Toe van die Boere goed terug van die Engelse.
Nou vat die swartes van die grond en goed terug van wittes.

Niemand in SA kan 200 jaar terugkyk en se hier woon ek en my familie
en gaan my kinders woon. ONs het geleer daar kom altyd die een of
ander gek en vat ons goed af.

Ons kleinkinders gaan dalk rustiger sit, om hulle kyk en se"hier woon
ek en my mense" .

In elk geval - sien julle praat ook van alternatiewe tot die ANC.
Wel, die grootste staatsdiens-staking ooit is in proses in SA (wit
Afrikaans onnies toi-toi, by the way, saam met swart kollegas inm die
straat!).

Behalwe dat dit volgens reg, vreedsaam en in die riglyne van die
grondwet en die burgerlike samelewing gebeur, is die interresante ding
dat dit ondergrondse spanning tussen Cosatu en die ANC demonstreer.

Waaroor? Oor kapitalisme/sosialisme.
Mbeki se regering is streng op fiskale besparing en lae
staatsuitgawes. Hulle sien inflasie as 'n groot vyand en wil die
amptenare nie verhogings gee buite die 3 tot 6% strook wat die
reserwebank as inflasie-teiken het nie.

Cosatu en sy ander vakbond-vennote is meer sosialisties van siening en
reken hoer inflasie is 'n minimale prys om te betaal om die armes te
bevoordeel.

Die twee bree groepe takel mekaar dus in die polities steriele
omgewing van gereguleerde arbeidsverhoudinge. Niemand kan se die een
beveg die ander vennoot oor politiek nie. Maar onder alles is die
kloof tussen hulle 'n werklikheid.

Daar word ook gese dit is onder meer Cosatu wat sy muscles toets - kyk
hoeveel trefkrag het hy nog na tien jaan se alliansie.

Dan vra 'n mens hoekom nou? Vier jaar van nou af is die Mbeki-era
verby. Die stoeiery oor wie hom gaan opvolg, sal oor so twee jaar in
die ANC begin.

Dus - die idee van 'n arbeider-opposisie gebou om Cosatu is lewendig.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98361 is 'n antwoord op boodskap #98359] Vr, 17 September 2004 16:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Goeie skrywe Ferdi! Goeie skrywe.

Ferdi Greyling wrote:

> On 15 Sep 2004 08:48:51 -0700, tak_...@yahoo.co.uk (BitterEinder)
> wrote:
>
> beswadder
>
>> en bevloek. Mense in die verlede leef en teen die toekoms rebelleer.
>> Soos gerookte tieners spartel ons maar voort.
>
>
> Ek dink vanoggend in die stort skielik daaraan dat die rede hoekom
> almal in SA afgepis is van tyd tot tyd is miskien omdat almal in SA
> voel hulle band met grond word of is gesny.
> Mense in Noorwee woon reeds seker 3000 jaar daar.
> Jy word gebore op 'n plek en ontwikkel 'n sense of propriety (dink ek
> is die Engels).
> Dis jou plek en jy relax.
> SA is maar op pad soontoe.
>
> Eers het die wittes en die swartes die koi en die san se grond gevat.
> Toe vat die wittes die swartes se grond.
> Toe kom vat die Engelse die Boere se grond.
> Toe van die Boere goed terug van die Engelse.
> Nou vat die swartes van die grond en goed terug van wittes.
>
> Niemand in SA kan 200 jaar terugkyk en se hier woon ek en my familie
> en gaan my kinders woon. ONs het geleer daar kom altyd die een of
> ander gek en vat ons goed af.
>
> Ons kleinkinders gaan dalk rustiger sit, om hulle kyk en se"hier woon
> ek en my mense" .
>
> In elk geval - sien julle praat ook van alternatiewe tot die ANC.
> Wel, die grootste staatsdiens-staking ooit is in proses in SA (wit
> Afrikaans onnies toi-toi, by the way, saam met swart kollegas inm die
> straat!).
>
> Behalwe dat dit volgens reg, vreedsaam en in die riglyne van die
> grondwet en die burgerlike samelewing gebeur, is die interresante ding
> dat dit ondergrondse spanning tussen Cosatu en die ANC demonstreer.
>
> Waaroor? Oor kapitalisme/sosialisme.
> Mbeki se regering is streng op fiskale besparing en lae
> staatsuitgawes. Hulle sien inflasie as 'n groot vyand en wil die
> amptenare nie verhogings gee buite die 3 tot 6% strook wat die
> reserwebank as inflasie-teiken het nie.
>
> Cosatu en sy ander vakbond-vennote is meer sosialisties van siening en
> reken hoer inflasie is 'n minimale prys om te betaal om die armes te
> bevoordeel.
>
> Die twee bree groepe takel mekaar dus in die polities steriele
> omgewing van gereguleerde arbeidsverhoudinge. Niemand kan se die een
> beveg die ander vennoot oor politiek nie. Maar onder alles is die
> kloof tussen hulle 'n werklikheid.
>
> Daar word ook gese dit is onder meer Cosatu wat sy muscles toets - kyk
> hoeveel trefkrag het hy nog na tien jaan se alliansie.
>
> Dan vra 'n mens hoekom nou? Vier jaar van nou af is die Mbeki-era
> verby. Die stoeiery oor wie hom gaan opvolg, sal oor so twee jaar in
> die ANC begin.
>
> Dus - die idee van 'n arbeider-opposisie gebou om Cosatu is lewendig.
>
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98365 is 'n antwoord op boodskap #98359] Vr, 17 September 2004 19:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Mense in Noorwee woon reeds seker 3000 jaar daar.
> Jy word gebore op 'n plek en ontwikkel 'n sense of propriety

Geen situasie is so eenvoudig soos mens dink nie.
Jy dink die Noorweegse bevolking is 'n monolitiese
klomp mense. Maar, is ek amper seker, daar is
etlike groepe binne die Noorweegse rykdom, en
een daarvan het dominant geword. Die mense
in die noorde, wat groter aansluiting vind met
die Inuit van Kanada en soortgelykes in Rusland,
hou jaarliks hulle eie "circumpolar" konferensies
en droom van die dag wanneer al dié mense in
'n politieke eenheid kan saamsmelt. Die mense
in die suide en weste van Noorweë is heelwaar-
skynlik van Germaanse oorsprong, insluitende
hulle gode. Die mense in die oostelike dele
van Noorweë, dink ek, is weer meer verwant
aan die Finne, wat 'n afsonderlike rassegroep
vorm.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98366 is 'n antwoord op boodskap #98359] Vr, 17 September 2004 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Niemand in SA kan 200 jaar terugkyk en se hier woon ek en my familie
> en gaan my kinders woon. ONs het geleer daar kom altyd die een of
> ander gek en vat ons goed af.

Of, ons het grootgeword, soos ek, met die wete dat
ek op grond grootword wat afgevat is van ander
mense. Nie teoretiese mense nie. Mense wat ek in
die bulte sien bly het, teruggedruk ver van die welige
rivieroewers en -eilande waar hulle voorsate 'n
generasie of twee tevore gebly het. As iets my
gevorm het, was dit hierdie skuldgevoel teenoor
die kinders met wie ek gespeel het, kinders wat
heelwaarskynlik net so intelligent as ek was, maar
wat eenvoudig nooit die kanse gehad het wat ek
gehad het nie.
Dis daarom dat een van die dinge wat my die
grootste vreugde gee, die nuwe heraldiese wapen
van SA is. Daarop sien ek mense wat probeer
saamdink en saamwoon, en wat hulde bring aan
die Khoi en die San, deur 'n uitgestorwe taal
te gebruik vir sy diepste siel. Ek is trots op die
feit dat dié wapen, as ek reg onthou, ontwerp
is deur 'n Afrikaner.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98367 is 'n antwoord op boodskap #98359] Vr, 17 September 2004 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> In elk geval - sien julle praat ook van alternatiewe tot die ANC.
> Wel, die grootste staatsdiens-staking ooit is in proses in SA (wit
> Afrikaans onnies toi-toi, by the way, saam met swart kollegas inm die
> straat!).

Nou daar het jy dit. Mense wat dink in terme van
politieke beginsels en nie volgens ras of kleur nie.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98368 is 'n antwoord op boodskap #98359] Vr, 17 September 2004 19:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Behalwe dat dit volgens reg, vreedsaam en in die riglyne van die
> grondwet en die burgerlike samelewing gebeur, is die interresante ding
> dat dit ondergrondse spanning tussen Cosatu en die ANC demonstreer.
>
> Waaroor? Oor kapitalisme/sosialisme.

Ja, dis gewoonlik die spanning in meeste westerse
lande. Hier in Kanada het ons gelukkig of ongelukkig,
'n sterk derde party ( die NDP, the New Democratic
Party) wat die vakbonde tot 'n groot mate verteen-
woordig. Ongelukkig kan hulle nooit 'n dominante
party word nie. Maar wanneer, soos nou, ons 'n
Liberal minderheidsregering het, kan hulle duidelik
die agenda beinvloed.
Ongelukkig het die ou Conservative Party in 'n
paar kleinere partye versplinter, en tot die dag dat
hulle leer om saam te smelt, sal die Liberal Party
seker maar aan bewind bly.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98379 is 'n antwoord op boodskap #98366] Sa, 18 September 2004 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> "Ferdi Greyling" skryf
>
>
>> Niemand in SA kan 200 jaar terugkyk en se hier woon ek en my familie
>> en gaan my kinders woon. ONs het geleer daar kom altyd die een of
>> ander gek en vat ons goed af.
>
>
> Of, ons het grootgeword, soos ek, met die wete dat
> ek op grond grootword wat afgevat is van ander
> mense. Nie teoretiese mense nie. Mense wat ek in
> die bulte sien bly het, teruggedruk ver van die welige
> rivieroewers en -eilande waar hulle voorsate 'n
> generasie of twee tevore gebly het. As iets my
> gevorm het, was dit hierdie skuldgevoel teenoor
> die kinders met wie ek gespeel het, kinders wat
> heelwaarskynlik net so intelligent as ek was, maar
> wat eenvoudig nooit die kanse gehad het wat ek
> gehad het nie.
> Dis daarom dat een van die dinge wat my die
> grootste vreugde gee, die nuwe heraldiese wapen
> van SA is. Daarop sien ek mense wat probeer
> saamdink en saamwoon, en wat hulde bring aan
> die Khoi en die San, deur 'n uitgestorwe taal
> te gebruik vir sy diepste siel. Ek is trots op die
> feit dat dié wapen, as ek reg onthou, ontwerp
> is deur 'n Afrikaner.
>
> Gloudina
>
>

Ek wil nie lelik wees nie Gloudina, maar dit is al lank nie meer jou
plek om trots aldan nie te wees op enige iets van Suid Afrika nie. Dit
mag jou wel verbly. Om trots te wees beteken jy het een of ander
belange. En as dit waar is dat jy een of ander belange het dan sou ek sê
jy is nêrens tuis nie.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98380 is 'n antwoord op boodskap #98367] Sa, 18 September 2004 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "Ferdi Greyling" skryf
>
>
>> In elk geval - sien julle praat ook van alternatiewe tot die ANC.
>> Wel, die grootste staatsdiens-staking ooit is in proses in SA (wit
>> Afrikaans onnies toi-toi, by the way, saam met swart kollegas inm die
>> straat!).
>
>
> Nou daar het jy dit. Mense wat dink in terme van
> politieke beginsels en nie volgens ras of kleur nie.
>
> Gloudina
>
>

[Plato vluister] wag, wag die fliek is nog nie verby nie Gloudina. Kyk
mooi die "grand finale" is oppad... Gaan die stakers kry wat hulle wil
hê en (sommige van hulle verdien)? Gaan die regering dit regkry om sy
rug styf te hou? Gaan die petalje begin om die land te skeur? Wie weet?
Nie jy of ek nie Gloudina! Bly kyk...
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98381 is 'n antwoord op boodskap #98365] Sa, 18 September 2004 07:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "Ferdi Greyling" skryf
>
>
>> Mense in Noorwee woon reeds seker 3000 jaar daar.
>> Jy word gebore op 'n plek en ontwikkel 'n sense of propriety
>
>
> Geen situasie is so eenvoudig soos mens dink nie.
> Jy dink die Noorweegse bevolking is 'n monolitiese
> klomp mense. Maar, is ek amper seker, daar is
> etlike groepe binne die Noorweegse rykdom, en
> een daarvan het dominant geword. Die mense
> in die noorde, wat groter aansluiting vind met
> die Inuit van Kanada en soortgelykes in Rusland,
> hou jaarliks hulle eie "circumpolar" konferensies
> en droom van die dag wanneer al dié mense in
> 'n politieke eenheid kan saamsmelt. Die mense
> in die suide en weste van Noorweë is heelwaar-
> skynlik van Germaanse oorsprong, insluitende
> hulle gode. Die mense in die oostelike dele
> van Noorweë, dink ek, is weer meer verwant
> aan die Finne, wat 'n afsonderlike rassegroep
> vorm.
>
> Gloudina
>
>

Ek dink daar is net een groep in Noorweë wat die minderheid vorm. Dis
die Laplanders of Sami mense. Hulle is versprei oor ander Europese lande
heen en ook Rusland. Hulle het selfbeskikkingsreg deur hulle eie
parlement. In Finland word jy as Sami beskou deur keuse of assosiasie.

Baie van daai goed kan vir die Afrikaner hier in SA werk.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98384 is 'n antwoord op boodskap #98379] Sa, 18 September 2004 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Ek wil nie lelik wees nie Gloudina, maar dit is al lank nie meer jou
> plek om trots aldan nie te wees op enige iets van Suid Afrika nie. Dit
> mag jou wel verbly. Om trots te wees beteken jy het een of ander
> belange. En as dit waar is dat jy een of ander belange het dan sou ek sê
> jy is nêrens tuis nie.

Ek dink jy praat louter onsin. Wie gee vir jou die
reg om te oordeel. Ek het in my jare in SA bygedra
tot die ontwikkeling van SA. Ek het Afrikaans gegee
vir een van die regters wat nou op die Konstitusionele
Hof sit. Ek het verhandelinge geskryf wat nou nog
in biblioteke in SA lê en wat aangehaal word in
akademiese werke. 'n Niggie van my het die eerste
( en heelwaarskynlik die enigste) handboek vir
verpleegsters in Afrikaans uitgegee. Ek het 'n suster
wie se naam op verskeie akademiese publikasies
verskyn. Ek kan aangaan. Wat het jy en joune
uitgerig wat jou die reg gee om trots te wees?
Ek is trots op die feit dat reg en geregtigheid
uiteindelik in SA geseëvier het. In my dae in
SA was ek "tuis" in SA deur te gaan skoolhou
in swart skole, ongeag wat die witnerwe soos jy
daarvan sê.
En ongelukkig vir jou argument, is ek ook baie
tuis in Kanada. Anders as sommige van die nuwe
immigrante uit SA, wat nie altyd die Kanada vind
waaroor hulle gefantaseer het nie.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98385 is 'n antwoord op boodskap #98380] Sa, 18 September 2004 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> [Plato vluister] wag, wag die fliek is nog nie verby nie Gloudina. Kyk
> mooi die "grand finale" is oppad... Gaan die stakers kry wat hulle wil
> hê en (sommige van hulle verdien)? Gaan die regering dit regkry om sy
> rug styf te hou? Gaan die petalje begin om die land te skeur? Wie weet?
> Nie jy of ek nie Gloudina! Bly kyk...

Plato. Ek raak nou moeg vir jou gereelde spel-
foute. Dis "fluister." Wat se verskoning het jy
vir jou haglike spelling. Jy kla altyd jy is "te
jonk" om vir apartheid verantwoordelik te wees.
Maar jy moes jou skoolopleiding deels voor
1994 gehad het, so jou skoolopleiding moes
nog die Christelik-nasionale tipe gewees het.

Oor die stakings. Ek bly in 'n land waar daar
altyd een of ander staking aan die gang is.
Ek was al in 'n onwettige "wild cat strike"
waar jy jou medestakers meer vrees as die
administrasie self, en by die huis bly liewers
om te gaan werk, want anders noem hulle
jou 'n "scab." Stakings is die normale proses
van onderhandel. Dis 'n teken van gesondheid
in 'n land as die werkers bemagtig voel. Dis
alleen mense soos Ronald Reagan wat stakers
se regte beskadig deur hulle summier af te
dank as hulle staak.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98387 is 'n antwoord op boodskap #98384] Sa, 18 September 2004 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>> Ek wil nie lelik wees nie Gloudina, maar dit is al lank nie meer jou
>> plek om trots aldan nie te wees op enige iets van Suid Afrika nie. Dit
>> mag jou wel verbly. Om trots te wees beteken jy het een of ander
>> belange. En as dit waar is dat jy een of ander belange het dan sou ek sê
>> jy is nêrens tuis nie.
>
>
> Ek dink jy praat louter onsin. Wie gee vir jou die
> reg om te oordeel. Ek het in my jare in SA bygedra
> tot die ontwikkeling van SA. Ek het Afrikaans gegee
> vir een van die regters wat nou op die Konstitusionele
> Hof sit. Ek het verhandelinge geskryf wat nou nog
> in biblioteke in SA lê en wat aangehaal word in
> akademiese werke. 'n Niggie van my het die eerste
> ( en heelwaarskynlik die enigste) handboek vir
> verpleegsters in Afrikaans uitgegee. Ek het 'n suster
> wie se naam op verskeie akademiese publikasies
> verskyn. Ek kan aangaan. Wat het jy en joune
> uitgerig wat jou die reg gee om trots te wees?
> Ek is trots op die feit dat reg en geregtigheid
> uiteindelik in SA geseëvier het. In my dae in
> SA was ek "tuis" in SA deur te gaan skoolhou
> in swart skole, ongeag wat die witnerwe soos jy
> daarvan sê.
> En ongelukkig vir jou argument, is ek ook baie
> tuis in Kanada. Anders as sommige van die nuwe
> immigrante uit SA, wat nie altyd die Kanada vind
> waaroor hulle gefantaseer het nie.
>
> Gloudina
>
>

Die vraag bly steeds. As jy soveel bygedra het, hoekom sit jy nog in
Kanada? Nee wat blaas maar eerder (soos ek reeds gesê het) rook in
iemand anders se hol op... Jou optrede strook nie met wat jy sê nie. Ek
en Suidwester en kie sit in die land wat jy kwansuis so opgehelp het.
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98388 is 'n antwoord op boodskap #98385] Sa, 18 September 2004 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> "Plato" skryf
>
>
>
>> [Plato vluister] wag, wag die fliek is nog nie verby nie Gloudina. Kyk
>> mooi die "grand finale" is oppad... Gaan die stakers kry wat hulle wil
>> hê en (sommige van hulle verdien)? Gaan die regering dit regkry om sy
>> rug styf te hou? Gaan die petalje begin om die land te skeur? Wie weet?
>> Nie jy of ek nie Gloudina! Bly kyk...
>
>
> Plato. Ek raak nou moeg vir jou gereelde spel-
> foute. Dis "fluister." Wat se verskoning het jy
> vir jou haglike spelling. Jy kla altyd jy is "te
> jonk" om vir apartheid verantwoordelik te wees.
> Maar jy moes jou skoolopleiding deels voor
> 1994 gehad het, so jou skoolopleiding moes
> nog die Christelik-nasionale tipe gewees het.
>
> Oor die stakings. Ek bly in 'n land waar daar
> altyd een of ander staking aan die gang is.
> Ek was al in 'n onwettige "wild cat strike"
> waar jy jou medestakers meer vrees as die
> administrasie self, en by die huis bly liewers
> om te gaan werk, want anders noem hulle
> jou 'n "scab." Stakings is die normale proses
> van onderhandel. Dis 'n teken van gesondheid
> in 'n land as die werkers bemagtig voel. Dis
> alleen mense soos Ronald Reagan wat stakers
> se regte beskadig deur hulle summier af te
> dank as hulle staak.
>
> Gloudina
>
>

[Streep deur Gloudina se spel maag bekotsing]

Ek stem saam oor die staking gedeelte. In Suid Afrika is dit nie 'n
goeie ding vir die unies om te veel mag te kry nie. Die redes daarvoor
is in menige boeke uitgespel en ek dink nie dit het veel aandag nodig nie.

Groete
Plato
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98390 is 'n antwoord op boodskap #98387] Sa, 18 September 2004 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

Ek
> en Suidwester en kie sit in die land wat jy kwansuis so opgehelp het.

Ja, waar my vorige swart leerlinge nou regters en ministers
kan word. En waar daar deur die sogenaamde "rooi gevaar"
'n fiskale konserwatiewe beleid gevolg word, wat die
ekonomie van SA al hoe gesonder maak, in teenstelling met
die apartheidsvarke se petaljes.

Gloudina
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98391 is 'n antwoord op boodskap #98388] Sa, 18 September 2004 18:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

In Suid Afrika is dit nie 'n
> goeie ding vir die unies om te veel mag te kry nie. Die redes daarvoor
> is in menige boeke uitgespel en ek dink nie dit het veel aandag nodig nie.

Die mag van unies is 'n sikliese verskynsel. Somtyds
het hulle die mag in hulle hande, veral wanneer daar
vooruitgang is en werkers skaars word. Wanneer daar
resessies is, verloor vakbonde gewoonlik 'n sekere
mate van slaankrag. Om "die mag van vakbonde"
te minag, soos jy voorstel, is dom. Goeie staatshuis-
houdkunde neem alles in ag.

Gloudina
Gloudina [boodskap #98392 is 'n antwoord op boodskap #98390] Sa, 18 September 2004 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil net laat weet dat ons toe die stormpie oorleef het, dit was meer van
n tropiese storm as n volwaardige orkaan. Ons krag en telefoon was af van
Donderdag middag tot omtrent so n uur gelede. Gelukkig het ons geen skade
nie, geen een van die hoë bome het omgeval nie.

Die hele buurt is nou buite vandag om skoon te maak, takke, blare, sny
gras ens. dis n lieflike vroeg herfs dag met n ligte briesie en n fletsblou
lug. n Vriendin se 'basement' was onder water, en nog n vriendin se
agtertuinheining (hout) het sommer weggewaai :-) maar behalwe die riviertjie
in ons agterplaas wat sterk gevloei het, was ons OK. Die was vir my nes n
lekker sterk Kaapse Suid-Oostewind met heelwat rëen, niks soos orkaan Hugo
van n hele paar jaar gelede nie.

Dankie vir jou waaksame oog in Kanada wat omgegee het .

Groete

Ellie
Re: SA tien jaar van nou [boodskap #98393 is 'n antwoord op boodskap #98384] Sa, 18 September 2004 18:37 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 18 Sep 2004 11:55:12 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
>> Ek het Afrikaans gegee
> vir een van die regters wat nou op die Konstitusionele
> Hof sit. Ek het verhandelinge geskryf wat nou nog
> in biblioteke in SA lê en wat aangehaal word in
> akademiese werke. 'n Niggie van my het die eerste
> ( en heelwaarskynlik die enigste) handboek vir
> verpleegsters in Afrikaans uitgegee. Ek het 'n suster
> wie se naam op verskeie akademiese publikasies
> verskyn. Ek kan aangaan.
>
> Gloudina
>

Jy sal nie besef hoe irriterend en afhanklik van aandag jy klink met
die tipe vervelige herhalings nie, Gloudina. Anders gesien, as jy dit
nie besef nie, is jy nie lekker in jou top stôrie nie. Almal op die
groep weet dat jy nooit tot die onderwysgeledere in 'n blanke
skool kon vorder nie, en slegs vir die swartes skool gehou het.
En dìt was in 'n tyd wat van jou kollegas slegs std. 8 gehad het.

DD
Vorige onderwerp: Re: boers Join the ANC...
Volgende onderwerp: Uit Rapport se standpunte - Tim du Plessis maak vandag baie sin!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 18:41:26 MGT 2024