Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog eise kom in Limpopo
Nog eise kom in Limpopo [boodskap #97474] Di, 31 Augustus 2004 06:09
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Marietie Louw

Grondeise kan wel nog ingestel word op die grond van mnr. Tito Mboweni,
president van die Reserwebank, en so nege ander plase in die
Magoebaskloof-omgewing.

Mnr. Mashili Mokono, grondeisekommissaris in Limpopo, het Maandag gesê
nog eise in die gebied, sowat 70 km vanaf Polokwane (Pietersburg), gaan
in die nabye toekoms in die Staatskoerant afgekondig word.

Volgens hom sal Mboweni se grond, asook dié van mnr. Ngoako Ramatlhodi,
voormalige premier in Limpopo, en van mnr. Egenas Lekganyane, hoof van
die St. Egenas Zion Church, 'n splintergroep van die ZCC-kerk, moontlik
nog geëis word.

Dít kom ná groot ongelukkigheid onder grondeienaars in Magoebaskloof
omdat dié drie bekende Suid-Afrikaners se grond die enigste in die
gebied is wat nie geëis is nie.

Dr. Theo de Jager, lid van Agri-Letaba, sê Mokono het aan boere gesê
eise op Mboweni, Ramatlhodi en Lekganyane se plase kon nie bevestig
word nie. "Dit is absolute snert."

Volgens hom is boere beswaard omdat hulle vermoed dat die eisers se
grond voor 1913 onteien is en nie ná 1913 soos die Restitusiewet vereis
nie.

"Die meeste lede van die Makgoba-stam het net ná 1895 uit die gebied
getrek toe hoofman Makgoba se kop deur die Swazi's afgekap is. Ná 1913
was die meeste van hulle huurarbeiders op grond."

Mokono het Maandag gesê swart mense kon kragtens wetgewing in 1895 en
vroeg in die 1900's nie grond in hul name geregistreer het nie.

"Al die grond was in wit mense se name geregistreer. Swartes het net op
grond gewoon en was dikwels plakkers of plaasarbeiders. Ná 1913 is
hulle weens apartheidswetgewing verwyder."

Volgens Mokono dink wit eienaars dalk die eise op hul grond is nie
geldig nie, want hulle het bewyse dat die grond in hul name
geregistreer was.

"Dit tel nie, want swartes kon nie grond in hul name geregistreer het
nie, al het hulle daarop gewoon. Daar moet vir 'n restitusie-eis net
bewys word dat hulle op grond gewoon het en daarvan verwyder is ná
1913."

VF+ gaan vrae vra oor dié drie

Die VF+ het Maandag skerp daarop gereageer dat die grond van mnr. Tito
Mboweni, president van die Reserwebank, mnr. Ngoako Ramatlhodi,
voormalige premier van Limpopo, en mnr. Egenas Lekganyane, kerkleier,
in Magoebaskloof nie geëis is nie.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, het gesê dit dui op "dubbele
standaarde en ruik na Zimbabwe se rassistiese wyse van
grondhervorming".

Volgens hom gaan die VF+ vrae oor dié kwessie in die parlement vra. "As
dit waar is dat dié drie se grond nie geëis is nie, stuur dit 'n
ernstige boodskap aan Suid-Afrika se boere en trek dit 'n streep deur
pres. Mbeki se versekerings dat grondhervorming in Suid-Afrika anders
as in Zimbabwe sal geskied."

bron : Beeld

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Vorige onderwerp: Uitgeput
Volgende onderwerp: 'n Vliegtuig vir elke werkdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 00:57:45 MGT 2024