Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vroeg Duitswes
Vroeg Duitswes [boodskap #97210] Di, 24 Augustus 2004 10:43
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die afgelope week is die nuus hier by ons oorheers deur die storie van die
herdenking van die Hereroslagting deur die Duitsers en die die Duitse
ambassadeur se verskoning. Daarmee was die Herero's heel opgeklits, maar
het verklaar dat hulle steeds voortgaan om kompensasie te eis van Duitsland,
want hulle voel 'n verskoning sonder kompensasie is eintlik niksseggend.
Die naweek verskyn daar in die Windhoek Observer, 'n onafhanklike
koerant wat nie deur News 24 beheer word nie, 'n artikel geskryf deur 'n
kleinseun van Kurt von Francois, einste hy die eerste Duitse Goewerneur in
ou Duits-SWA. Die Duitse goewerneur het duidelik so 'n bietjie los plesier
gehad so ver weg van die huis af en hy het 'n kind verwek by 'n Damara-vrou.
Hierdie man reken dat:

-----Die Duitsers nie kolonieseerders in SWA was nie. Duits-SWA is gereken
as 'n Duitse protektoraat en die Duitse soldate was hier om vrede tussen die
land se strydenes te bring.
-----Kurt von Francois was 'n kartograaf van beroep en hy het 'n kopie van
'n vroeë kaart van die land aangeheg waarop die algemene gebiede waar van
die plaaslike bevolkings voorgekom het, aangedui is. Die land is 'n groot
plek en meestal woestyn en semi-woestyn en toe was daar nog nie veel mense
nie. Gebiede vir die Damara, Hottentot, Owambo en nama word aangedui, maar
niks vir die Herero nie en dit was vóór die sogenaamde volksmoord van die
Duitsers op die Herero's. As hy reg is, en die kans is baie groot want die
bestaande geskiedenisboeke staaf dit meestal, dan het die Herero's vanuit
Betsjoeanaland [Botswana vandag] in die ooste ingetrek in die land in en die
plaaslike swart bevolking verdring en hul grond gevat. Nog erger nog, dit
beteken dat die Herero's ná die Dorslandtrekkers [blankes] en die Bastertrek
in die land gekom het.
-----Die Herero's het gelief van oorlog maak en het Duitse plase geroof van
hul bees en die mense en hul kinders doodgemaak. So was die Hottentotte en
die Herero's ook van tyd tot tyd aanmekaar en het die Duitsers probeer om
die vrede te bewaar. Vele Damaras en ook Basters is opgelei as Duitse
soldate om te help. Uiteindelik, na ongeveer 14 plase afgebrand, geroof en
gemoor was, het Von Trotha se moer gestrip en beloof om die Herero terug te
dryf na sy land vanwaar hy kom en die wat nie wil hol nie, die sal hy almal
vrekskiet. Die storie het dan gegroei en nou is hulle al by
volksmoord........
Stemme van protes kon die afgelope paar dae vanuit Hererogeledere
gehoor word van oraloor. Hier by ons is mos vele 'chat shows'. Daar is
selfs duer sommige gedreig dat die plaaslike Duitsers nou nie moet kom kak
maak nie. Die Herero se 'fight' is nie met die plaaslike Duitsers nie,
maar met Duitsland. Duitsland moet betaal.....tot die een ou inskakel en
vir hulle verduidelik dat die persoon wat die artikel geskryf het, nie 'n
plaaslike Duitser is nie, maar 'n Damara, of kleurling, afhangend hoe hy
homself sien. Nou wonder die manne nog wat hulle getref het.......
Vorige onderwerp: Amerikaanse koffie
Volgende onderwerp: Stander-gang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 08:55:52 MGT 2024