Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Die Wekker 11" deur PETER BLUM
"Die Wekker 11" deur PETER BLUM [boodskap #9663] Ma, 02 Junie 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE WEKKER 11
Peter Blum

Want alle lus wil ewigheid. Wil eindelose
ruimte om op te gaan. Wil soos 'n olievlek
oor logge water brei, sprei. Wil in hom betrek
wat raakbaar is, passief genaakbaar. Wil osmose
deur alle vlies. Wil onbegrensde tyd. Wil soos 'n
taal in duister valleie eeue-deur traag swel,
boeie van buiging breek. Wil absorbeer en rek
tot dit - vry - elke inval tolk. Alle lus wil.
Oorwin lê nou die dink diensbaar. Jou weerlose
wekker swyg. Hoor: in die onmeetlike vertrek
as gebaar van oorgawe staan die uurwerk stil.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: Re: 'n Groot Verrassing - Dankie!
Volgende onderwerp: Groete van Duitsland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 17:20:54 MGT 2024