Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Groete van Duitsland
Groete van Duitsland [boodskap #9656 is 'n antwoord op boodskap #9657] Ma, 02 Junie 1997 00:00
Thorsten Mueller  is tans af-lyn  Thorsten Mueller
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek is 'n student wat in Duitsland woon, en ek het sommige jare gelede
begin met Afrikaans leer. Verskoon wanneer ek iets vals skryf, maar dis
die eerste maal dat ek 'n e-pos aan die nuusgroep stuur en ek het nogal
geen Afrikaanse woordeboek nie.

Dis moeilik om die taal hier in Duitsland te oefen (die meeste het ek
geleer deur lees van afrikaanstalige koerante op die Internet), en toe ek
verlede jaar in Suid-Afrika was het die meeste Afrikaners ook net in
Engels met my gesels.

Deur leer van Afrikaans het ek ook baie oor my eie moedertaal geleer,
omdat ek baie daarvan hou om die twee taale te vergelyk en om uit te vind
hoe sommige woorde ontstaan het. Indien daar iemand is wat graag oor die
verskeidenheid van Duits en Afrikaans wil gesels (of miskien is daar
iemand wat my 'n bietjie kan help met my Afrikaans), stuur asseblief 'n
e-pos.

Alles van die beste,

Thorsten

(muel...@mail.uni-mainz.de,
muel...@t-online.de)

P.S.: Ihr koennt mir natuerlich auch in Deutsch schreiben; messages in
English are welcome, too.
Re: Groete van Duitsland [boodskap #9657 is 'n antwoord op boodskap #9656] Ma, 02 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Thorsten Mueller skryf:

(knip)
> Deur leer van Afrikaans het ek ook baie oor my eie moedertaal geleer,
> omdat ek baie daarvan hou om die twee taale te vergelyk en om uit te vind
> hoe sommige woorde ontstaan het. Indien daar iemand is wat graag oor die
> verskeidenheid van Duits en Afrikaans wil gesels (of miskien is daar
> iemand wat my 'n bietjie kan help met my Afrikaans), stuur asseblief 'n
> e-pos.
>
> Alles van die beste,
>
> Thorsten

Ausgezeichnet!

'n Voordeel van 'n nuwe taal leer, is dat jou toegang tot ANDER tale ook
verbeter.
So vermoed ek dat jy deur Afrikaans nou ook 'n toegang tot Nederlands en
Plattdeutsch kry.

Maar as idiomaniak (idioom-maniak) moedig ek jou aan om bo en behalwe die
woorde, ook die idiome tussen die tale te vergelyk.
Stuur vir ons op die nuusgroep gerus van die idiome wat jy NIE dieselfde
vind nie, - siende dat daar talle idiome is wat letterlik tussen Duits en
Afrikaans gelykgestel kan word, by voorbeeld: Die appel val nie ver van
die boom nie; Oggendstond het goud in die mond, ensovoorts.

Gee 'n duidelike titel: IDIOOM (gevolg deur 'n pertinente woord uit die
idioom) om die idiomatiese korrels van die politiese kaf te skei!

--
remove ANTISPAM for real mail, sorry.
Vorige onderwerp: "Die Wekker 11" deur PETER BLUM
Volgende onderwerp: Many afrikaners are pathetic
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:08:36 MGT 2024