Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Amakeia
Re: Amakeia [boodskap #9538] Di, 27 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 5/26/97 10:32AM, in message , Mike wrote:
>
>> 'n Ander een wat ons geleer het, en wat al die jare my gunsteling was, was "Amakeia", deur A G
>> Visser . Onthou jy dit dalk ...?
>
> Onhou ek dit? Onhou ek dit? Toe ek jou briefie lees kry ek toe
> sommer so 'n maise knop in my keel, en toe begin ek dit sommer te
> gons? (Engels=hum) met die ritme van "Oh my darling, oh my darling,
> oh my darling Clementine). Toe besef ek dat ek meeste van die woorde
> vergeet het!
>
>
> Stuur asseblief die hele ene?
>
>
Mike, toe ek jou pos lees moes ek twee keer kyk, want ek kon my oë nie glo nie
- toe sit en glimlag ek van oor tot oor, want jy het my geheimpie wawyd
oopgelê. Ek sing al die jare al "Amakeia" op die wysie van "Oh my darling,
Clementine", maar ek dog ek's die enigste een ter wêreld, en ek sou dit nooit
so in die openbaar toegegee het nie , he he he! Kyk, ek's al alles genoem van
"nogal weird!" tot "so mal soos 'n haas" en "stapelgek", so ek moet nou bietjie
oppas as ek 'n tikseltjie "credibility" nog will handhaaf. Maar jy het my nou
so vér gedryf, kom ons sing maar saam:

AMAKEIA ~ deur A.G. Visser

('n voorval uit die Sesde Grensoorlog).

In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van Kafferland.

Saggies neurie Amakeia
op die wal van Kei-rivier,
tot hy slaap, die tere wiggie
van die blanke pionier:

"Stil maar, stil maar, stil Babani;
kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie -
stil maar, al is Mammie ver."

Amakeia had belowe
toe haar nonna sterwend was,
om die hulpelose kindjie
tot hy groot was, op te pas.

Liefd'ryk sorg sy vir die wit kind,
tot vir hom die lewenslig
straal uit aia Amakeia's
vrind'lik-troue swart gesig.

Onheilspellend sien sy tekens,
oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
uitgemoor en afgebrand.

Selfvergetend, doodveragtend,
met die wit kind op haar rug,
na die Amatola-berge
het sy ylings heen gevlug.

"Stil maar, stil maar, pikanienie;
oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
môre sal ons huis toe gaan."

Ag, dat oë van verspieders
ook haar skuilplaas moes ontdek!
"Spaar hom, hy's so klein nog," smeek sy
met die hande uitgestrek.

Woedend tier die wilde bende:
"Sterf of gee die wit kind hier!"
"Oor my lewelose liggaam ..."
antwoord Amaeia fier.

"My belofte aan my nonna -
beste wat daar ooit nog was -
waar hy gaan, moet Amakeia
saamgaan om hom op te pas."

"Is jul lewend nie te skei nie,
bly dan in die dood vereen -
kort proses met haar, Maxosas,
laat die blink asgaaie reën!"

*

In die Amatola-klowe
sing nog net die winterwind
deur die riete in die maanskyn:
"Tula - Tula - stil, my kind!"
Re: Amakeia [boodskap #9539 is 'n antwoord op boodskap #9538] Di, 27 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
A M de Lange het geskrywe:

> Maar selde hoor ons van die positiewe dinge - van weldade van een
> mens teenoor 'n ander mens van 'n ander ras. Laat ons hierdie
> weldade begin opdiep.

> ... hoe om in harmonie met die natuur, jou medemens en
> God te lewe.



Ja, ek stem saam dat dit baie belangrik is. Ek dink ook dit het te doen met
"Diepte", van 'n mens se siel. Hoe meer hy regtig omgee, hoe meer sal 'n mens
bereid wees om dieper te probeer kyk, en dinge te probeer verstaan. Die wat
klaar besluit het om 'n mening in te neem, ongeag wat iemand vir hulle probeer
sê, het 'n geslote verstand, waar niks in elk geval kan deurdring nie.
(Ekskuus dat ek my so lomp uitdruk, maar ek dink die volgende sal my mening
verklaar):

DIEPTE
(Th. Wassenaar)

Wie na die oppervlakte
Van stil diep water kyk,
Gewaar alleen die blare
En slyk wat bo-op dryf;

Maar wie sy oog veel dieper,
As na die oneind'ge rig,
Hy sien die donker aarde
Vol diepte en vol lig;

Hy sien geen vuilswart water
Of modderbodem meer,
Maar in die hart van die aarde
Die hemel omgekeer.

Daar dryf die los wit wolkies
Soos skepe op die see,
Soos op 'n somerlandskap
Verspreide troppe vee.

Hy sien die hoë hemel
So diep daaronder welf,
So rein en ongemete
Soos lig en diepte self.

So is in alle dinge
'n Diepte te ontdek,
Waar suiwre siel van skoonheid
Sig aan die stof onttrek.

Liefde aan almal,
Vira.
Re: Amakeia [boodskap #9540 is 'n antwoord op boodskap #9538] Di, 27 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
vi...@iafrica.com wrote in article
...

Vira, baie dankie dat jy ons weer aan die inhoud van die
gedig laat dink het.

Toe ek die volgende vers lees

> "Is jul lewend nie te skei nie,
> bly dan in die dood vereen -
> kort proses met haar, Maxosas,
> laat die blink asgaaie reën!"

kom 'n gedagte skielik by my op.

Ons land is vrot van negatiwiteit. Wat betref die rasseverhoudinge,
hoor 'n mens gedurig hoe die een die ander ingedoen het.

Maar selde hoor ons van die positiewe dinge - van weldade van een
mens teenoor 'n ander mens van 'n ander ras. Laat ons hierdie
weldade begin opdiep.

Beide eerste ministers JBM Herzog en JC Smuts was van
mening dat die gebrek aan rasseharmonie die grootste enkele
probleem van Suid Afrika is wat opgelos moet word. Hulle is al
lank nie meer met ons nie, maar die probleem is nog steeds
daar. Hoeveel nader is ons aan die oplossing as toe?

Ek dink dat die probleem 'n deel van 'n veel groter probleem is,
naamlik kultuurharmonie. Dit is deel van 'n nog veel groter
probleem wat die "diep ekologiese probleem" genoem kan
word - hoe om in harmonie met die natuur, jou medemens en
God te lewe.

Gebrek aan kultuurharmonie vuur die gebrek aan rasseharmonie
aan. Daar is byvoorbeeld 'n persoon, vanuit die Engelse kultuur,
wat die Afrikaanse kultuur verguis. Maar vir iemand wat nie
oplettend lees nie, lyk dit asof die persoon eintlik besig is om
namens swartmense witmense by te kom met die Afrikaner as
die gerieflike slaansak. Sy verguisings is vet op die vuur van
van 'n ander persoon wat rassehaat aanblaas.

Haat is soos 'n aansteeklike en bykans ongeneesbare siekte.
As jy daarmee in kontak kom, is jy kort voor lank self hopeloos
siek. Dink maar aan Ebola koors as voorbeeld. Hanteer die
haataanblasers soos wat julle iemand sal hanteer wat Ebola
koors het.

Isoleer hulle van ander mense. Met ander woorde, vermy dat
hulle openbare kontak kan maak. Elke keer wat julle hulle
terug antwoord, gee dit hulle net verdere geleentheid vir kontak
en dus aansteking. Versorg hulle in isolasie deur steeds
isolerend in die versorging op te tree. Skryf privaat aan hulle,
met die nodige respek. Vertel hulle aan watter
aansteeklik/ongeneesbare siekte hulle lei. Gee hulle die nodige
medisyne om die simptome van die siekte te onderdruk totdat
hulle dit nie meer wil inneem nie. Daarna kan niks meer vir hulle
gedoen word nie, behalwe om vir hulle te bid.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Amakeia [boodskap #9565 is 'n antwoord op boodskap #9538] Wo, 28 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mike[2]  is tans af-lyn  Mike[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 27 May 97 09:00:03 GMT, vi...@iafrica.com wrote:

> Mike, toe ek jou pos lees moes ek twee keer kyk, want ek kon my oë nie glo nie
> - toe sit en glimlag ek van oor tot oor, want jy het my geheimpie wawyd
> oopgelê. Ek sing al die jare al "Amakeia" op die wysie van "Oh my darling,
> Clementine", maar ek dog ek's die enigste een ter wêreld, en ek sou dit nooit
> so in die openbaar toegegee het nie , he he he! Kyk, ek's al alles genoem van
> "nogal weird!" tot "so mal soos 'n haas" en "stapelgek", so ek moet nou bietjie
> oppas as ek 'n tikseltjie "credibility" nog will handhaaf. Maar jy het my nou
> so vér gedryf, kom ons sing maar saam:
>
>
> AMAKEIA ~ deur A.G. Visser
>
> ('n voorval uit die Sesde Grensoorlog).
>
>
> In die skadu van die berge,
> bos-beskut aan alle kant,
> staan alleen die hartbeeshuisie
> op die grens van Kafferland.
>
> Saggies neurie Amakeia
> op die wal van Kei-rivier,
> tot hy slaap, die tere wiggie
> van die blanke pionier:

Ens. ens.

Vira, you're a brick (jy is 'n baksteen? heh, heh,). Man, ek is ewig
in you dank. (Moenie notisie vat van my humorsin nie, want ek word
ook beskryf as "utterly wierd, with the sickest sense of humour").
In 'n vroeër pos sê jy ek sal seker lekker huil? Maar ek sê vir jou
toe ek Amakeia deurlees, toe skree ek sommer snot en trane (of wassit
miskien maar net krokodil-trane?) So waarie vet man, ek het toe
sommer 'n groter knop in my keel, dat ekkie eens ......(nee wat, dis
'n sensetiewe ding die met my).
Ek het my 'n "Iomega Zip Drive" gekoop (een 3.5" skyfie hou 100 MB) en
al Gloudina se gediggies 'n Amakeia op een spesiale skyfie gesit
(hierdie een word spesiaal net gehou vir gedigte en idiome). Eendag,
eeeendag, as ek so bietjie meer tyd op hanne het sal ek hulle ammal
oppie "web" (spinnerak?? heh, heh), op my eie tuisblad sit.
Nou, gepraat vannie "web": watter vertalings gee mens vir ((Nou gaan
ek die Engelse name gee, en dan my vertolking gee, met die hoop dat
miskien één goeie siel (kan jy nou sien hoe kom die Anglisismis uit?)
my sal regtrek.))
World Wide Web = Wêreld Wye Spinnerak?
Surf the Web = Golf die Branders oppie Spinnerak?
Browse the Web = Die Spinnerak Deurblaai?
Search Engine = Deurdringende Masjien?
Web Browser = Spinnerak Deurblaaier?

Dis maar nou net 'n paar van hulle (en Mense, ONTHOU!! dis ammal tong
innie kies, hoor?).
Voeg nog sommer so 'n paar by, mense en lat ons 'n bietjie pret hê
hier oppie Spinnerak in plaas van al die gemors wat mens moet lees van
al die "Left - and Right Wingers".

Alles ten Beste.
Van daai mal Kangeroo,
Mike.
Re: Amakeia [boodskap #9613 is 'n antwoord op boodskap #9538] Vr, 30 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
v9516778.8....  is tans af-lyn  v9516778.8....
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
> World Wide Web = Wêreld Wye Spinnerak?
> Surf the Web = Golf die Branders oppie Spinnerak?
> Browse the Web = Die Spinnerak Deurblaai?
> Search Engine = Deurdringende Masjien?
> Web Browser = Spinnerak Deurblaaier?
>>Web Page = Spinnerak Blad? <-- GeorgieBoy se nederige bydrae
Re: Amakeia [boodskap #9660 is 'n antwoord op boodskap #9538] Ma, 02 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Jonnie wrote in article
...
> In article ,
> v9516778.8....@pukrs3.puk.ac.za wrote:
>>
>>> World Wide Web = Wêreld Wye Spinnerak?
>
> Wat van "Wêreldwydweb" vir World Wide Web? Ek dink dit is 'n mooi Afr
> woord en dit sê lekkerder as die Engelse een. Ok, dit is afgelei van die
> Engels (anglisisme?), maar what the hell, dit MOET tog iewers vandaan
> kom.
Jonnie,

Miskien is 'web' nie 'n anglisisme nie.

Web kom van die Ou Engelse woord 'wefan'. Ou Engels is
gevorm uit veral Anglies en Saksies. Ek het al voorheen
geskryf van my vermoede (Conjecture) dat Laag Saksies
(Nederduits) 'n noemenswaardige rol gespeel het in die
vorming van Afrikaans. Hier het ons tipies 'n voorbeeld
daarvan. Die woord 'wefan' het in Afrikaans 'weef' geword.

Maar selfs die woord 'web' word in Afrikaans gebruik vir 'n
spinnerak asook die swemvlies tussen 'n watervo"el se pote.
Daar is dus niks verkeerd om Wordl Wide Web te vertaal
met Wereld Wye Web nie. Volgens ons taalre"els behoort
ons wereldwye aanmekkat te skryf. Maar in die geval sou
dit nie pla nie om so die WWW te kan behou

Beste wense.
At de Lange
Re: Amakeia [boodskap #9661 is 'n antwoord op boodskap #9538] Ma, 02 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Jonnie  is tans af-lyn  Jonnie
Boodskappe: 31
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
v9516778.8....@pukrs3.puk.ac.za wrote:
>
>> World Wide Web = Wêreld Wye Spinnerak?

Wat van "Wêreldwydweb" vir World Wide Web? Ek dink dit is 'n mooi Afr
woord en dit sê lekkerder as die Engelse een. Ok, dit is afgelei van die
Engels (anglisisme?), maar what the hell, dit MOET tog iewers vandaan
kom.

--
Jonnie
Vorige onderwerp: Hollands : (was: Engels (twee van ons)}
Volgende onderwerp: Engels (twee van ons)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 08:40:10 MGT 2024