Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bewaarkloof - antwoord
Bewaarkloof - antwoord [boodskap #9547] Di, 27 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hallo aan almal in s.c.sa.a !

Na aanleiding van At se boodskap oor bewaarkloof het ek 'n bietjie by
die Nasionale Kultuurhistoriese Museum gaan aanklop om hulp. Hier volg
wat Jan van den Bos vir my gestuur het i.v daarmee:

"
Ek moes eers vasstel waar die plaas Bewaarkloof geleë is, en het dit 2329BB
van die 1:50 000 topografiese reeks opgespoor. Wat interessant is, is dat
dit oos van 'n plek met die naam Tommyskloof geleë is. Dit laat my dink dat
Anglo-Boereoorlog aktiwiteite in die vorm van skermutselings hier moes
plaasvind. Wat ek wel met sekerheid kan sê is Chunespoort, die pas oor
Strydpoort oor ses blokhuise beskik het. Dit was volgens dokumente 22 myl
suid van Pietersburg (Transvaal Argiefbewaarplek, CO 291/27-291/53 FK 1958:
49-97). Hierdie linie van blokhuise is reeds op 20 Januarie 1902 voltooi
gewees.

Die Britte het tydens die Oorlog (1899-1902) verskeie landelike en
spoorweglinies oor die land heen gehad. Dit was om die aantog van die Boere,
maar ook om die opblaas van spoorlyne deur die Boere veroorsaak, af te weer.
Daar was verskillende soorte blokhuise, sommiges van klip en die ander weer
van sink. Die wat in die Pietersburg-omgewing opgerig is, was meestal van
sink. Dit is dus moontlik dat 'n Britse kamp of garnisoen in die omgewing
van Bewaarkloof gestasioneer was. Meer navorsing is egter nodig. Die rivier
daar naby maak dit 'n ideale kampplek.

Daar is ook heelwat ystersmeltterreine in die omgewing van belang. Hieroor
het ek egter geen inligting nie.

Ek hoop dat dit moontlik kan help. Laat maar weet indien nog vrae
ontstaan.

Groete

Jan van den Bos
************************************************************ *******************

* Jan van den Bos *
* National Cultural History Museum Tel : 27 (0)12 341 1320 *
* PO Box 28088 Fax : 27 (0)12 341 6146 *
* SUNNYSIDE Email : nc...@nchm.co.za *
* 0132 Director : Dr US Kusel *
* *
* 139 Mears Street *
* SUNNYSIDE Website : http://www.paperless.co.za/public/nchm/ *
************************************************************ *******************
"

Die boodskap sê niks oor die vrouens en kinders wat daar weggesteek was
nie, maar die feit dat daar nie ter ver vandaan 'n plek met die naam van
Tommyskloof is, bewys vir my nog meer die merkwaardigheid van die hele
gebeurtenis.

Ek was die afgelope naweek bevoorreg om in Tzaneen se wêreld te wees, en
ek het uitgekyk vir iets wat interessant lyk. Wat my opgeval het, was
die verskil in die landskap in die bestek van omtrent 50 KM soos die
kraai vlieg. As mens verby Pietersburg is van Pretoria se kant, is die
landskap vol kein koppies en is dit redelik droog. Ry nog 5 km en jy ry
in 'n bergreeks in, dis nou nader aan Magoebaskloof. As jy jouself weer
kom kry, sit jy in die middel van papaja en piesang boerderye. Ek kon my
oë nie glo toe ek hierdie bome sien, aan die einde van Mei nie. Dit
terwyl dit in Pretoria stortreën en snerpend koud is. Ry verby Tzaneen,
na Letsitele se kant, en die plek word weer droeër, weereens meer
bosveld. So het dit aangehou tot by die Hans Merensky reservaat,
waarlangs ons gebly het.

Wat my wel opgeval het, aan die negatiewe kant, is dat die plantegroei
naby Tzaneen, aan Pietersburg se kant, lyk soos in Europa. Die rede ?
Die natuurlike bos het plekgemaak vir plantasies. Daar is ontsettend
baie papier- en saagmeulens, wat die landskap ontsier. Die ekonomiese
redes hiervoor kan begryp word, en dit regverdig seker die verwydering
van natuurlike bos, maar ai... Dit laat my dink aan die tyd wat ek by
Graskop op veldskool was. Daar is dit die ene dennewoud, alles
aangeplant deur papiermaatskappye. Die stilte in die woud nogal
aangrypend, wanneer jy besef dat daar nie baie voëls is nie. Dit laat
mens besef watter impak die ekonomie op die natuur het. Ek sou wat wou
gee om te weet hoe dit daar gelyk het voordat die westerse ekonomie daar
ingevaar het.

Het jy dalk al iets nuuts oor bewaarkloof, At ? Vira ? Wen ?

H-J
Re: Bewaarkloof - antwoord [boodskap #9589 is 'n antwoord op boodskap #9547] Do, 29 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Henri-John Kock wrote in article
...

> Na aanleiding van At se boodskap oor bewaarkloof het ek 'n bietjie by
> die Nasionale Kultuurhistoriese Museum gaan aanklop om hulp. Hier volg
> wat Jan van den Bos vir my gestuur het i.v daarmee:



Baie dankie vir die moeite, Henry. Ek het Chuniespoort deurgewerk,
maar nooit enige blokhuise opgemerk nie. Nou weet ek hoekom.
Dit maak Bewaarkloof soveel merkwaardiger. - soos die kraai vlieg
omternt 40 km oos.

Ek het lank gelede probeer om meer oor Bewaarkloof te wete te kom,
kort nadat ek dit die eerste keer betree het.

'n Paar jaar later ontmoet ek 'n ou oom Jannie Vogel by Dendron.
Hy vertel my toe van 'n ou tannie Le Cordier (of so), omtrent so
oud as hy, wat alleen hoog in die berg bokant Bewaarkloof gebly het.
Sy het die Strydpoortberge vrou alleen deurkruis, altyd op soke na
nuwe ontdekkings. Sy was glo goed bekend met die geskiedenis
van die bergreeks. Ek het haar later gaan probeer opsoek. Maar
helaas, sy was alreeds 'n paar jaar dood. Sy het glo 'n pragtige
versameling van vondste gehad, maar niemand kon my sê wat
daarvan geword het nie.

Daar was, tot in die middel tagtigs, 'n asbesmyn in Bewaarkloof. Die
myn het toegemaak en is toe aan die Lebowa regering gegge,
tesame met die hele Bewaarkloof. Wat 'n pragtige ontspanningoord
kon geword het, is binne 'n jaar geplunder tot dat net die mure
oorgebly het. Ek was geskok. Ek was nog nie weer daar nie.

Alles van die beste
At
Re: Bewaarkloof - antwoord [boodskap #9614 is 'n antwoord op boodskap #9547] Vr, 30 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
AM de Lange wrote:
>
> Henri-John Kock wrote in article
> ...
>

In R.W.Schikkerling se "Hoe ry die Boere" word daar beskryf 'n
tydperk dat hy, toe hy gewond was, êrens in die oos-Transvaal
oorgebly het om te herstel. Die beskrywing stem baie ooreen met
die beskrywing van Bewaarkloof. Baie dankie vir hierdie vignette.

dew...@fast.co.za
Vorige onderwerp: Die betekenisse van woorde.
Volgende onderwerp: Die Ossewa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 15:01:52 MGT 2024