Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat 'n paradys!!
Wat 'n paradys!! [boodskap #95645] Wo, 28 Julie 2004 12:55 na volgende boodskap
Aristoteles  is tans af-lyn  Aristoteles
Boodskappe: 13
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Uit Beeld:

Misdaad neem toe, glo meeste SA mense
Carin Smith

Kaapstad. - Een uit elke vyf Suid-Afrikaners of 'n lid van hul familie
sal oor 'n tydperk van ses maande misdaadslagoffers word.

Tog word meer as 'n kwart van die misdade nie eens aangemeld nie.

Die meeste Suid-Afrikaners meen boonop misdaad is aan die toeneem.

Dié statistieke en bevindings is onlangs uitgereik as deel van die firma
ACNielsen se navorsing oor maatskaplike en finansiële aangeleenthede.

Dié internasionale maatskappy doen reeds die afgelope 80 jaar vir die
sakesektor marknavorsing.

Byna 2 500 Suid-Afrikaners in stede en in landelike gebiede is in April
as deel van die navorsing ondervra.

Die meeste volwassenes - 58% - meen dat misdaad sedert 2002 toegeneem
het. Vrystaters blyk die mees optimistiese landsbewoners te wees, terwyl
KwaZulu-Natal se inwoners die mees pessimistiese oor misdaad is.

In die algemeen is diegene uit meer gegoede huise meer pessimisties,
ongeag hul ouderdom. In die algemeen is vroue meer pessimisties as mans.
'n Ontleding van die statistieke toon dat wittes in 30% (sowat 1,14
miljoen mense) van die gevalle die slagoffers was. Daarteenoor is 15%
(1,64 miljoen mense) van swart stedelinge regstreeks of onregstreeks
(deur middel van een van hul familielede) slagoffers.

Misdaad tref ook welgestelde families en die jonger segmente van die
samelewing meer as gemiddeld.

Die grootste rede waarom mense nie misdaad aanmeld nie, is omdat die
slagoffers meen die polisie sal nie die saak ondersoek nie. Sowat 12%
van die mense meen al sou die polisie probeer om die saak op te los,
hulle weens die aantal sake nie daartoe in staat sou wees nie.

Ander redes wat aangevoer is, is vorige slegte ervarings met die polisie
en 6% van die mense het gesê daar was min of geen belangstelling in hul
pleidooie by die polisiekantoor nie. 'n Klein aantal slagoffers het
stilgebly uit vrees vir viktimisasie deur die misdadigers.

Die polisie in die Oos-Kaap blyk uit die navorsing die beste beeld onder
slagoffers te hê, terwyl die Wes-Kaapse polisie tweede geëindig het.

Volgens me. Nikki Quinn, 'n navorser by ACNielsen, is die resultate van
die opname 'n aanduiding dat mense pessimisties is oor die
misdaadsituasie in die land. Aan die een kant is hul verwagtings van die
polisie laag, maar daar is terselfdertyd tog simpatie vir die polisie se
werklading.
Re: Wat 'n paradys!! [boodskap #95650 is 'n antwoord op boodskap #95645] Wo, 28 Julie 2004 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons Minister van Polisie het gesê misdaad neem af - en wie is ek om te
stry?:))
Een uit elke 5 sê jy? En hier sit ek in die Kaap met 'n uitgebreide familie,
vriendekring en klante, wat maklik meer as 500 is, en nog nie een is die
afgelope jaar geraak deur misdaad persoonlik nie.
Is ek gelukkig of wat?

--
Groetnis
Annette

"Aristoteles" skryf in boodskap news:ce87mq$du5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Uit Beeld:
>
> Misdaad neem toe, glo meeste SA mense
> Carin Smith
>
> Kaapstad. - Een uit elke vyf Suid-Afrikaners of 'n lid van hul familie
> sal oor 'n tydperk van ses maande misdaadslagoffers word.
>
> Tog word meer as 'n kwart van die misdade nie eens aangemeld nie.
>
> Die meeste Suid-Afrikaners meen boonop misdaad is aan die toeneem.
>
> Dié statistieke en bevindings is onlangs uitgereik as deel van die firma
> ACNielsen se navorsing oor maatskaplike en finansiële aangeleenthede.
>
> Dié internasionale maatskappy doen reeds die afgelope 80 jaar vir die
> sakesektor marknavorsing.
>
> Byna 2 500 Suid-Afrikaners in stede en in landelike gebiede is in April
> as deel van die navorsing ondervra.
>
> Die meeste volwassenes - 58% - meen dat misdaad sedert 2002 toegeneem
> het. Vrystaters blyk die mees optimistiese landsbewoners te wees, terwyl
> KwaZulu-Natal se inwoners die mees pessimistiese oor misdaad is.
>
> In die algemeen is diegene uit meer gegoede huise meer pessimisties,
> ongeag hul ouderdom. In die algemeen is vroue meer pessimisties as mans.
> 'n Ontleding van die statistieke toon dat wittes in 30% (sowat 1,14
> miljoen mense) van die gevalle die slagoffers was. Daarteenoor is 15%
> (1,64 miljoen mense) van swart stedelinge regstreeks of onregstreeks
> (deur middel van een van hul familielede) slagoffers.
>
> Misdaad tref ook welgestelde families en die jonger segmente van die
> samelewing meer as gemiddeld.
>
> Die grootste rede waarom mense nie misdaad aanmeld nie, is omdat die
> slagoffers meen die polisie sal nie die saak ondersoek nie. Sowat 12%
> van die mense meen al sou die polisie probeer om die saak op te los,
> hulle weens die aantal sake nie daartoe in staat sou wees nie.
>
> Ander redes wat aangevoer is, is vorige slegte ervarings met die polisie
> en 6% van die mense het gesê daar was min of geen belangstelling in hul
> pleidooie by die polisiekantoor nie. 'n Klein aantal slagoffers het
> stilgebly uit vrees vir viktimisasie deur die misdadigers.
>
> Die polisie in die Oos-Kaap blyk uit die navorsing die beste beeld onder
> slagoffers te hê, terwyl die Wes-Kaapse polisie tweede geëindig het.
>
> Volgens me. Nikki Quinn, 'n navorser by ACNielsen, is die resultate van
> die opname 'n aanduiding dat mense pessimisties is oor die
> misdaadsituasie in die land. Aan die een kant is hul verwagtings van die
> polisie laag, maar daar is terselfdertyd tog simpatie vir die polisie se
> werklading.
>
Re: Wat 'n paradys!! [boodskap #95660 is 'n antwoord op boodskap #95650] Wo, 28 Julie 2004 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" schreef in bericht
:

> Ons Minister van Polisie het gesê misdaad neem af - en wie is ek om te
> stry?:))
> Een uit elke 5 sê jy? En hier sit ek in die Kaap met 'n uitgebreide familie,
> vriendekring en klante, wat maklik meer as 500 is, en nog nie een is die
> afgelope jaar geraak deur misdaad persoonlik nie.
> Is ek gelukkig of wat?

Geld vir prikkeldraad?

--
PietHein
Re: Wat 'n paradys!! [boodskap #95661 is 'n antwoord op boodskap #95650] Wo, 28 Julie 2004 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" schreef in bericht
:

> Ons Minister van Polisie het gesê misdaad neem af - en wie is ek om te
> stry?:))
> Een uit elke 5 sê jy? En hier sit ek in die Kaap met 'n uitgebreide familie,
> vriendekring en klante, wat maklik meer as 500 is, en nog nie een is die
> afgelope jaar geraak deur misdaad persoonlik nie.
> Is ek gelukkig of wat?

Geld vir prikkeldraad?

--
PietHein
Re: Wat 'n paradys!! [boodskap #95664 is 'n antwoord op boodskap #95650] Wo, 28 Julie 2004 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Baie gelukkig. Ek ken weer bitter min mense wat nie deur misdaad in een
of ander gedaante geraak is nie. Daar is al by my ingebreek 3 keer seder
94...

Groete
Plato

Annette wrote:

> Ons Minister van Polisie het gesê misdaad neem af - en wie is ek om te
> stry?:))
> Een uit elke 5 sê jy? En hier sit ek in die Kaap met 'n uitgebreide familie,
> vriendekring en klante, wat maklik meer as 500 is, en nog nie een is die
> afgelope jaar geraak deur misdaad persoonlik nie.
> Is ek gelukkig of wat?
>
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Aristoteles" wrote in message
> news:ce87mq$du5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Uit Beeld:

>> Misdaad neem toe, glo meeste SA mense
>> Carin Smith

>> Kaapstad. - Een uit elke vyf Suid-Afrikaners of 'n lid van hul familie
>> sal oor 'n tydperk van ses maande misdaadslagoffers word.

>> Tog word meer as 'n kwart van die misdade nie eens aangemeld nie.

>> Die meeste Suid-Afrikaners meen boonop misdaad is aan die toeneem.

>> Dié statistieke en bevindings is onlangs uitgereik as deel van die firma
>> ACNielsen se navorsing oor maatskaplike en finansiële aangeleenthede.

>> Dié internasionale maatskappy doen reeds die afgelope 80 jaar vir die
>> sakesektor marknavorsing.

>> Byna 2 500 Suid-Afrikaners in stede en in landelike gebiede is in April
>> as deel van die navorsing ondervra.

>> Die meeste volwassenes - 58% - meen dat misdaad sedert 2002 toegeneem
>> het. Vrystaters blyk die mees optimistiese landsbewoners te wees, terwyl
>> KwaZulu-Natal se inwoners die mees pessimistiese oor misdaad is.

>> In die algemeen is diegene uit meer gegoede huise meer pessimisties,
>> ongeag hul ouderdom. In die algemeen is vroue meer pessimisties as mans.
>> 'n Ontleding van die statistieke toon dat wittes in 30% (sowat 1,14
>> miljoen mense) van die gevalle die slagoffers was. Daarteenoor is 15%
>> (1,64 miljoen mense) van swart stedelinge regstreeks of onregstreeks
>> (deur middel van een van hul familielede) slagoffers.

>> Misdaad tref ook welgestelde families en die jonger segmente van die
>> samelewing meer as gemiddeld.

>> Die grootste rede waarom mense nie misdaad aanmeld nie, is omdat die
>> slagoffers meen die polisie sal nie die saak ondersoek nie. Sowat 12%
>> van die mense meen al sou die polisie probeer om die saak op te los,
>> hulle weens die aantal sake nie daartoe in staat sou wees nie.

>> Ander redes wat aangevoer is, is vorige slegte ervarings met die polisie
>> en 6% van die mense het gesê daar was min of geen belangstelling in hul
>> pleidooie by die polisiekantoor nie. 'n Klein aantal slagoffers het
>> stilgebly uit vrees vir viktimisasie deur die misdadigers.

>> Die polisie in die Oos-Kaap blyk uit die navorsing die beste beeld onder
>> slagoffers te hê, terwyl die Wes-Kaapse polisie tweede geëindig het.

>> Volgens me. Nikki Quinn, 'n navorser by ACNielsen, is die resultate van
>> die opname 'n aanduiding dat mense pessimisties is oor die
>> misdaadsituasie in die land. Aan die een kant is hul verwagtings van die
>> polisie laag, maar daar is terselfdertyd tog simpatie vir die polisie se
>> werklading.

>
Re: Wat 'n paradys!! [boodskap #95672 is 'n antwoord op boodskap #95664] Wo, 28 Julie 2004 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sit darem self en wonder waarvoor is daai 8' drade en hekke voor die
huise in Pretoria?

"Plato" skryf in boodskap news:FKydncQvnI_2IprcRVn-pQ@is.co.za...
> Baie gelukkig. Ek ken weer bitter min mense wat nie deur misdaad in een
> of ander gedaante geraak is nie. Daar is al by my ingebreek 3 keer seder
> 94...
>
> Groete
> Plato
>
> Annette wrote:
>
>> Ons Minister van Polisie het gesê misdaad neem af - en wie is ek om te
>> stry?:))
>> Een uit elke 5 sê jy? En hier sit ek in die Kaap met 'n uitgebreide familie,
>> vriendekring en klante, wat maklik meer as 500 is, en nog nie een is die
>> afgelope jaar geraak deur misdaad persoonlik nie.
>> Is ek gelukkig of wat?
>>
>>
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Aristoteles" wrote in message
>> news:ce87mq$du5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>> Uit Beeld:
>
>>> Misdaad neem toe, glo meeste SA mense
>>> Carin Smith
>
>>> Kaapstad. - Een uit elke vyf Suid-Afrikaners of 'n lid van hul familie
>>> sal oor 'n tydperk van ses maande misdaadslagoffers word.
>
>>> Tog word meer as 'n kwart van die misdade nie eens aangemeld nie.
>
>>> Die meeste Suid-Afrikaners meen boonop misdaad is aan die toeneem.
>
>>> Dié statistieke en bevindings is onlangs uitgereik as deel van die firma
>>> ACNielsen se navorsing oor maatskaplike en finansiële aangeleenthede.
>
>>> Dié internasionale maatskappy doen reeds die afgelope 80 jaar vir die
>>> sakesektor marknavorsing.
>
>>> Byna 2 500 Suid-Afrikaners in stede en in landelike gebiede is in April
>>> as deel van die navorsing ondervra.
>
>>> Die meeste volwassenes - 58% - meen dat misdaad sedert 2002 toegeneem
>>> het. Vrystaters blyk die mees optimistiese landsbewoners te wees, terwyl
>>> KwaZulu-Natal se inwoners die mees pessimistiese oor misdaad is.
>
>>> In die algemeen is diegene uit meer gegoede huise meer pessimisties,
>>> ongeag hul ouderdom. In die algemeen is vroue meer pessimisties as mans.
>>> 'n Ontleding van die statistieke toon dat wittes in 30% (sowat 1,14
>>> miljoen mense) van die gevalle die slagoffers was. Daarteenoor is 15%
>>> (1,64 miljoen mense) van swart stedelinge regstreeks of onregstreeks
>>> (deur middel van een van hul familielede) slagoffers.
>
>>> Misdaad tref ook welgestelde families en die jonger segmente van die
>>> samelewing meer as gemiddeld.
>
>>> Die grootste rede waarom mense nie misdaad aanmeld nie, is omdat die
>>> slagoffers meen die polisie sal nie die saak ondersoek nie. Sowat 12%
>>> van die mense meen al sou die polisie probeer om die saak op te los,
>>> hulle weens die aantal sake nie daartoe in staat sou wees nie.
>
>>> Ander redes wat aangevoer is, is vorige slegte ervarings met die polisie
>>> en 6% van die mense het gesê daar was min of geen belangstelling in hul
>>> pleidooie by die polisiekantoor nie. 'n Klein aantal slagoffers het
>>> stilgebly uit vrees vir viktimisasie deur die misdadigers.
>
>>> Die polisie in die Oos-Kaap blyk uit die navorsing die beste beeld onder
>>> slagoffers te hê, terwyl die Wes-Kaapse polisie tweede geëindig het.
>
>>> Volgens me. Nikki Quinn, 'n navorser by ACNielsen, is die resultate van
>>> die opname 'n aanduiding dat mense pessimisties is oor die
>>> misdaadsituasie in die land. Aan die een kant is hul verwagtings van die
>>> polisie laag, maar daar is terselfdertyd tog simpatie vir die polisie se
>>> werklading.
>
>>
>
Re: Wat 'n paradys!! [boodskap #95686 is 'n antwoord op boodskap #95645] Do, 29 Julie 2004 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Interessant.

Nooit geweet daar bestaan 'n woord soos "viktimisasie" nie.

Max____________________________

"Aristoteles" skryf in boodskap news:ce87mq$du5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Uit Beeld:
>
> Misdaad neem toe, glo meeste SA mense
> Carin Smith
>
> Kaapstad. - Een uit elke vyf Suid-Afrikaners of 'n lid van hul familie
> sal oor 'n tydperk van ses maande misdaadslagoffers word.
>
> Tog word meer as 'n kwart van die misdade nie eens aangemeld nie.
>
> Die meeste Suid-Afrikaners meen boonop misdaad is aan die toeneem.
>
> Dié statistieke en bevindings is onlangs uitgereik as deel van die firma
> ACNielsen se navorsing oor maatskaplike en finansiële aangeleenthede.
>
> Dié internasionale maatskappy doen reeds die afgelope 80 jaar vir die
> sakesektor marknavorsing.
>
> Byna 2 500 Suid-Afrikaners in stede en in landelike gebiede is in April
> as deel van die navorsing ondervra.
>
> Die meeste volwassenes - 58% - meen dat misdaad sedert 2002 toegeneem
> het. Vrystaters blyk die mees optimistiese landsbewoners te wees, terwyl
> KwaZulu-Natal se inwoners die mees pessimistiese oor misdaad is.
>
> In die algemeen is diegene uit meer gegoede huise meer pessimisties,
> ongeag hul ouderdom. In die algemeen is vroue meer pessimisties as mans.
> 'n Ontleding van die statistieke toon dat wittes in 30% (sowat 1,14
> miljoen mense) van die gevalle die slagoffers was. Daarteenoor is 15%
> (1,64 miljoen mense) van swart stedelinge regstreeks of onregstreeks
> (deur middel van een van hul familielede) slagoffers.
>
> Misdaad tref ook welgestelde families en die jonger segmente van die
> samelewing meer as gemiddeld.
>
> Die grootste rede waarom mense nie misdaad aanmeld nie, is omdat die
> slagoffers meen die polisie sal nie die saak ondersoek nie. Sowat 12%
> van die mense meen al sou die polisie probeer om die saak op te los,
> hulle weens die aantal sake nie daartoe in staat sou wees nie.
>
> Ander redes wat aangevoer is, is vorige slegte ervarings met die polisie
> en 6% van die mense het gesê daar was min of geen belangstelling in hul
> pleidooie by die polisiekantoor nie. 'n Klein aantal slagoffers het
> stilgebly uit vrees vir viktimisasie deur die misdadigers.
>
> Die polisie in die Oos-Kaap blyk uit die navorsing die beste beeld onder
> slagoffers te hê, terwyl die Wes-Kaapse polisie tweede geëindig het.
>
> Volgens me. Nikki Quinn, 'n navorser by ACNielsen, is die resultate van
> die opname 'n aanduiding dat mense pessimisties is oor die
> misdaadsituasie in die land. Aan die een kant is hul verwagtings van die
> polisie laag, maar daar is terselfdertyd tog simpatie vir die polisie se
> werklading.
>
Re: Wat 'n paradys!! [boodskap #96310 is 'n antwoord op boodskap #95650] So, 08 Augustus 2004 07:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Just-me  is tans af-lyn  Just-me
Boodskappe: 37
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Hel ek wens ek was jy of een van jou familie.....
Anette, ek se nou reguit vir jou jy gorrel.

On Wed, 28 Jul 2004 15:38:32 +0200, "Annette" wrote:

> Ons Minister van Polisie het gesê misdaad neem af - en wie is ek om te
> stry?:))
> Een uit elke 5 sê jy? En hier sit ek in die Kaap met 'n uitgebreide familie,
> vriendekring en klante, wat maklik meer as 500 is, en nog nie een is die
> afgelope jaar geraak deur misdaad persoonlik nie.
> Is ek gelukkig of wat?
Re: Wat 'n paradys!! [boodskap #96311 is 'n antwoord op boodskap #96310] So, 08 Augustus 2004 07:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Tensy jy dit wit op swart kan bewys, lieg jy as jy sê ek gorrel.

--
Groetnis
Annette

"Just-me" skryf in boodskap news:1lkbh056a5k73438v0e4mad6c8pmvhnq13@4ax.com...
> Hel ek wens ek was jy of een van jou familie.....
> Anette, ek se nou reguit vir jou jy gorrel.
>
>
> On Wed, 28 Jul 2004 15:38:32 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ons Minister van Polisie het gesê misdaad neem af - en wie is ek om te
>> stry?:))
>> Een uit elke 5 sê jy? En hier sit ek in die Kaap met 'n uitgebreide familie,
>> vriendekring en klante, wat maklik meer as 500 is, en nog nie een is die
>> afgelope jaar geraak deur misdaad persoonlik nie.
>> Is ek gelukkig of wat?
>
Re: Wat 'n paradys!! [boodskap #96320 is 'n antwoord op boodskap #96311] So, 08 Augustus 2004 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DeeDee  is tans af-lyn  DeeDee
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 8 Aug 2004 09:19:12 +0200, "Annette" wrote:

> Tensy jy dit wit op swart kan bewys, lieg jy as jy sê ek gorrel.

Ek het ook 'n probleem met wat jy sê, Annette.
Miskien minder blatant as Frikkie, maar my
kliëntetal alleen is sowat 1200 - 1500
en ek ken nie 50 van hulle goed genoeg
om te antwoord waarop jy vir sowat 500
geantwoord het nie. Ek herken meeste nie
eens op straat nie, maar weet wel dat sommige
al beroof is, en weet ook dat menige eis deur
my sekretaresse of een van die toonbankmeisies
gehanteer is.
Miskien, net miskien, sou Frikkie TCP voorstel:-)

DD
Re: Wat 'n paradys!! [boodskap #96336 is 'n antwoord op boodskap #96311] So, 08 Augustus 2004 16:52 Na vorige boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam met dingetjie - jy gorrel. Geen diefstal, inbraak,
aanranding, moord, bedrog vir enige van die 500 mense wat jy ken nie?
Statisties onmoontlik - jy werk nie dalk vir die SA Polisiediens se
statistieke afdeling nie - hulle statistieke is net so ....
ongelooflik!

"Annette" skryf in boodskap news:...
> Tensy jy dit wit op swart kan bewys, lieg jy as jy sê ek gorrel.
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Just-me" wrote in message
> news:1lkbh056a5k73438v0e4mad6c8pmvhnq13@4ax.com...
>> Hel ek wens ek was jy of een van jou familie.....
>> Anette, ek se nou reguit vir jou jy gorrel.
>>
>>
>> On Wed, 28 Jul 2004 15:38:32 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>>> Ons Minister van Polisie het gesê misdaad neem af - en wie is ek om te
>>> stry?:))
>>> Een uit elke 5 sê jy? En hier sit ek in die Kaap met 'n uitgebreide
> familie,
>>> vriendekring en klante, wat maklik meer as 500 is, en nog nie een is die
>>> afgelope jaar geraak deur misdaad persoonlik nie.
>>> Is ek gelukkig of wat?
>>
Vorige onderwerp: Nasionale partij fusioneert met ANC
Volgende onderwerp: Al-Quaida plans to attack SA-tourists in J'burg?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 23:10:21 MGT 2024