Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jan Sukkelaar
Jan Sukkelaar [boodskap #94973] Do, 15 Julie 2004 08:32 na volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
JAN SUKKELAAR
VERDWAALBOOM PLAAS
SOEKMEKAAR

DIE BELASTING KANTOOR

ONDERWERP: AANMANING

Geagte Meneer,

Die brief van u kantoor het vanoggend hier aangekom, u sal nie besef
hoe groot my verbasing was toe ek lees dat u vir my moeilikheid wil
maak nie. Graag wil ek net 'n paar ervaringe met u deel:

Laas week het ek 'n seun aan die dood afgestaan, wat gesterf het weens
die volgende rede: Ons kleinhuisie is deur 'n leerling
trekker-bestuurder in sy moer gery.My oorlede seun het opelyf
ontwikkel en moes noodgedwonge die veld instorm.Hy het sy gat afgevee
met 'n giftige muishondvel en sodoende gesterf aan ontsteking in die
hol. Die begrafnis onkostes het my heeltemal platsak gelaat.

My jongste dogter is op die paal gesit deur 'n boemelaar. Ek moes die
bliksem R100.00 betaal om nie 'n familie-lid te word nie.

Een van my ander seuns het pampoentjies onder lede gehad. Toe gaan bad
die donner in die rivier. Die siekte sak toe af na sy knaters en hy is
nou 'n nul op 'n kontrak. Dit alles beteken dat ek nou harder moet
werk om 'n bestaan te maak.

My ander seun, die een met die gesonde ballas,het gaan visvang met die
kano vir iets om te eet. Maar toe keer hy die kano om wat toe sink,
dit beteken dat ons nou ander wee moet soek om kos op die tafel te
kry.

My oudste dogter, wat op die dorp werk, het nie Transport nie. Ek het
dit goed gedink om haar my bakkie te leer bestuur. Nou die dag, toe ek
op die lande was, het my seun met die pampoen-ballas die taak
onderneem om haar finaal te toets.
Dit het nie goeie resultate afgelewer nie. Blykbaar het die brieke
gefail, toe jaag hulle deur die skuur se muur, waarna die bakkie toe
omslaan en aan die brand slaan. Al my winter-voer is moer toe.

Ook het my dogter al haar hare afgebrand en is nou afsiek sonder enige
inkomste. Sy kan eers weer gaan werk as haar hare uitgegroei is. Nou
moet u weet hoe lank dit gaan vat, want haar kop is so kaal, dit lyk
of sy saans met haar poepol op die kussing le.

Die enigste vervoermiddel wat ons tans het, is 'n brandsiek donkie.

Bo op alles ly my sesde vrou ook nog aan depressie want sy kan nie
verwagtend raak nie, ons sal kan doen met ekstra hulp op die plaas.'n.
Dokter het my die raad gegee dat ek haar moet skrikmaak op die fyn
draai, blykbaar het dit in die verlede vir ander vrouens gehelp. Ek
het toe vooraf my 303-geweer gelaai en onder die bed weggesteek. Die
aand toe ek reken dit is sulke tyd, het ek die geweer by die venster
uit laat leun en die skoot afgetrek. Die gevolge was enorm: my vrou
het die bed bekak, ek het 'n breuk opgedoen en my enigste melkkoei is
die ewigheid in.

Dit beteken ons almal is so semi-gefok en sal darem aan die lewe kan
bly totdat die dooie koei se vleis gedaan is.

So om geld uit my te probeer kry is net so goed as om botter in 'n
erdvark se gat met 'n warm naald te stop. Ek hoop 'n storm muishond
stront tref al julle moere in daai kantoor en dat die hele lot af siek
boek met kak spatsels op die longe om julle 'n idee te gee waardeur ek
moet gaan. Dankie by Voorbaat

Die bereidwillige vir nog krediet

Jan Sukkelaar
Re: Jan Sukkelaar [boodskap #94984 is 'n antwoord op boodskap #94973] Do, 15 Julie 2004 11:35 Na vorige boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Jy arme drommel! Ek kan met jou meevoel.
Die enige oplossing is jou plaas in 'n 'plaas-van-plesier'
omtower met jou dogters en vrou as werknemers.

tak_...@yahoo.co.uk (BitterEinder) schreef in bericht
:

> JAN SUKKELAAR
> VERDWAALBOOM PLAAS
> SOEKMEKAAR
>
> So om geld uit my te probeer kry is net so goed as om botter in 'n
> erdvark se gat met 'n warm naald te stop. Ek hoop 'n storm muishond
> stront tref al julle moere in daai kantoor en dat die hele lot af siek
> boek met kak spatsels op die longe om julle 'n idee te gee waardeur ek
> moet gaan. Dankie by Voorbaat
>
> Die bereidwillige vir nog krediet
>
> Jan Sukkelaar

--
PietHein
Vorige onderwerp: Moeg gereis
Volgende onderwerp: cornershot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 16:16:48 MGT 2024