Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Roelfie en die Proses vir 'n Nuwe Beweging
Roelfie en die Proses vir 'n Nuwe Beweging [boodskap #9493] Sa, 24 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
In ons koerante hier in Kanada lees ons van
die nuwe entiteit wat Roelf Meyer op die been
probeer bring - "Proses vir 'n Nuwe Beweging."
In 1993, toe ons laas in Suid-Afrika was, het
'n swaer van my daarop gestaan dat ons vir 'n
paar uur na die konstituele samesprekings in die
Trade Centre in Johannesburg moet gaan luister.
Ek het later die suspisie gekry dat hy ons maar net
aan "Roelfie" bekend wou stel. Ek kon aanvanklik
nie verstaan hoekom my swaer altyd van hom as
"Roelfie" gepraat het nie, gewoonlik met so 'n sagte
kyk in sy o"e en met 'n fyn glimlag om die mond.Toe
ek Roelfie nou in lewende lywe ontmoet, toe het ek
verstaan hoekom. Roelfie het so klein en tenger en
ernstig gelyk, dat ek onmiddellik beskermend oor
hom gevoel het. Dis eers aan die einde van ons ont-
moeting, toe ek vir hom sê ook ons Afrikaners buite
die land maak staat op hom, en hy my vir my woorde
bedank, dat ek die sterkte en die staal in die man voel.
Hy mag klein van gestalte wees, maar in die laaste
analise lyk dit vir my asof hy een van die belangrikste
persoonlikhede van die afgelope dekade is. Dit lyk
vir my hy het 'n baie groot aandeel gehad in die
rehabilitasie van die Nasionale Party. Sy lojaliteit aan
die N.P. aanvanklik het my amper ontroer. (Ek is seker
dat die A.N.C. hom baie graag aan hulle kant wou gehad
het.) Die feit dat hy nou die moed het om die Nasionale
Party totsiens te sê en 'n nuwe rigting te probeer inslaan,
getuig van 'n man wat besluit het dat hy sy man sal moet
staan en Suid-Afrika in 'n nuwe rigting lei. 'n Mens hoop
natuurlik dat hy 'n party sal kan stig wat met die volgende
verkiesing 'n waardige opposisie sal wees vir die ANC.
Miskien moet die ANC ook nog deur 'n soortgelyke
proses gaan en miskien hulle naam verander. Hoe meer
bagasie van die verlede uitgegooi kan word, des te beter
sal dit vir almal wees. Miskien moet die woord "national"
in Suid-Afrika verban word vir 'n rukkie.

Gloudina Bouwer
Re: Roelfie en die Proses vir 'n Nuwe Beweging [boodskap #9494 is 'n antwoord op boodskap #9493] Sa, 24 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 May 1997 01:22:52 GMT, wrote:

Ja, Roelf is koel, dink ek.
Hy het ten minste die guts om te sien wat moet gebeur as die NP se
support base enigsins in die toekoms 'n politieke faktor wil wees.

>>> Miskien moet die ANC ook nog deur 'n soortgelyke
> proses gaan >>>

Die verwagting is dat die opbreek van die ANC na die 99 verkiesing kan
begin.
Dit kan dan - volgens verwagting - in 'n sentristiese min of meer vrye
mark party aan die een kant en 'n werkerspartye met Cosatu en die SAKP
aan die ander kant opbreek (soos Brittanje se Arbeiders was).

So 'n opbreek kan moontlikhede skep vir groepe soos die een wat Roelf
op die been wil kry.
Re: Roelfie en die Proses vir 'n Nuwe Beweging [boodskap #9506 is 'n antwoord op boodskap #9493] So, 25 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

Gloudina skryf oot Roelf Meyer

> Die feit dat hy nou die moed het om die Nasionale
> Party totsiens te sê en 'n nuwe rigting te probeer inslaan,
> getuig van 'n man wat besluit het dat hy sy man sal moet
> staan en Suid-Afrika in 'n nuwe rigting lei.

Dit is waar van enige persoon wat die sekuriteit van die bondel
verlaat na 'n kant waar nie baie gevind word nie. Die NP by
monde van FW de Klerk beweer egter dat hulle die wereld vir
Roelf so warm gemaak het dat hy maar moes bedank.

Ongelukkig, tipies van die Ou Suid Afrika, word Roelf dood
geswyg. Die gevolg is dat 'n mens nie weet wat is die nuwe
rigting wat hy wil inslaan nie. Miskien het hy nog self nie
gesê wat die nuwe rigting is nie. Ek hoop dat ons gou
daarvan te wete sal kom.

> 'n Mens hoop
> natuurlik dat hy 'n party sal kan stig wat met die volgende
> verkiesing 'n waardige opposisie sal wees vir die ANC.

'n Mens moet nooit 'n party stig om net opposisie met invloed
te wees nie. 'n Mens moet 'n party stig om aan die bewind te
kom. Die party se standpunt en beleid moet dus vir die
meerderheid aanvaarbaar wees. Daarna volg die langpad om te
groei van opposisie na regerende party.

Daar is net een ou probleempie. Hoe gesonder die party se
beleid, hoe langer neem dit om aan bewind te kom.

> Miskien moet die ANC ook nog deur 'n soortgelyke
> proses gaan en miskien hulle naam verander.

Nou praat jy. Maar het jy al gedink in water stormagtige
gedagtewereld hulle sal beland as hulle hul naam gaan
verander. Neem byvoorbeeld elkeen van die dire woorde
'african', 'national' en 'congress' en vra jouself af wat dit
beteken en wat in die plek van elk moet kom.

> Hoe meer
> bagasie van die verlede uitgegooi kan word, des te beter
> sal dit vir almal wees.

Dis baie waar. Dis die toekoms wat saak maak. Die verlede
kan nie met 'n jota verander word nie. Die verlede is alleen
maar 'n leerboek vir die toekoms.

> Miskien moet die woord "national"
> in Suid-Afrika verban word vir 'n rukkie.

Nee wat. Die probleem gaan veel dieper. Dis 'n bygeloof dat
nasionalisme vir 'n beter toekoms sorg, soos wat met enige
ander -isme (liberalisme, sosialsime, konserwatisme, ...)
ook die geval is. Gaan kyk maar net na die leerboek van die
verlede.

Waarom hou al hierdie bygelowe so lank uit. Omdat hulle
gebou word op die volgende bodembygeloof wat die politici
altyd voorhou: skaar jou by ons -isme sodat on die regering
kan word wat vir jou 'n beter toekoms sal besorg. Gee vir
ons genoeg van jou geld en ondersteuning om aan die gang
te kom en ons sal vir jou 'n beter toekoms gee.

Dis 'n bose kringloop van verbruik. Die politici verbruik stemme
en geld sodat hulle aan bewind kan kom of opposisie kan wees.
Daarna verbruik hulle 'n groot salaris. Hulle vat van die wat
produseer om uiteindelik te gee aan die wat verbruik om so plek
vir verdere reis op die soustrein te kry.

Die kringloop moet verbreek word. Ons moet verander van 'n
samelewing van verbruikers na 'n samelewing van produseerders.
Dit kan net gebeur as elkeen mens se kreatiwiteit bevorder word.
Kom ons bespreek die volgende sake liewers onder die
onderwerp:
Politici en Kreatiwiteit.

Wat behels kreatiwiteit?
Hoe word kreatiwiteit of bevorder of benadeel?
Pas dit 'n politikus om kreatiwiteit te bevorder?

Beste wense
At de Lange
Vorige onderwerp: Auf Deutsch geschrieben (was Re: New Spelling)
Volgende onderwerp: Re: Beknopte lys van idiome tot dusver.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 01:50:44 MGT 2024