Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kunstekaap se Boland-konserte vorder fluks
Kunstekaap se Boland-konserte vorder fluks [boodskap #94394] Do, 24 Junie 2004 08:20
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kunstekaap se Boland-konserte vorder fluks

Kaartjieverkope vir Kunstekaap se drie spesiale Boland-konserte in die Paarl
en Wellington het pas geopen.

Die eerste konsert is op Woensdag, 28 Julie in die Paarl met 'n verdere twee
konserte op Vrydag, 30 Julie in Wellington. Die konsert in die Paarl vind om
19:00 (7 nm) in die saal van die polisiekollege plaas en die
Wellington-konserte word om 15:00 (3 nm) en 19:00 (7 nm) in die CP van der
Merwe-saal in Wellingtong gehou.

Aldrie konserte bestaan uit ballet- en operatreffers van Kaapstad se twee
professionale geselskappe.

Die balletprogram bestaan uit solo's, tweepasse en ensembles uit verlede
jaar se Classic Highlights met die bekorende musiek van Tchaikovsky,
Glazunov en Bizet, asook hoogtepunte uit die uiters gewilde Swingtime at the
Ballet van Sean Bovim waar ballet 'n nuwe baadjie aantrek en die klassieke
dansstyl lewe gee op die maat van jazzmusiek uit die dertigs en veertigs.

Bolanders sal die voorreg hê om van die balletsterre van Kaapstadse
Stadsballet in aksie te sien. Dit sluit in die danspare van Tracy Li en
Daniel Rajna asook , Marrianne Bauer en Johnny Bovang wat saam met die
geselskap optree.

Die operaprogram bied aan gehore die geleentheid om opera as 't ware te
ontdek met die uitvoering van Monde and the Magic Box. Dit is 'n nuwe,
energieke hip-hop vertoning met Kaapstad Opera se vokale ensemble wat die
storie vertel.

Die verhaal van, Monde, gaan oor 'n tiener wat op 'n opwindende reis geneem
word en treffers uit operas en blyspele beleef. Uittreksels uit La Traviata,
Turandot, Fledermaus, West Side Story en Les Miserables behoort by oud en
jonk byval te vind.

"Die kaartjies van alle vertonings beloop slegs R10 per persoon om sodoende
aan almal die geleentheid te bied om professionele teater by te woon," sê
Marlene le Roux, direkteur van gehore ontwikkeling en onderrig by
Kunstekaap.

Kaartjies vir die Paarl-konsert is verkrygbaar van Anthea Martin by telefoon
082-851-1047.

Die Wellington-vertonings is onderskeidelik om 15:00 (3nm) en 19:00 (7nm) in
die C P van der Merwe-saal in Jan van Riebeeckweg. Kaartjies is beskikbaar
by Christell Witbooi van die plaaslike munisipaliteit en sy kan by Tel: 072
308 0022 gekontak word.

NAMENS KUNSTEKAAP UITGEREIK DEUR AFRIKOM
Medianavrae:
Marlene le Roux, Artscape, Tel: 021 410 9962
Frikkie Odendaal, Afrikom, Tel: 021 423 7263

Frikkie Odendaal
AFRIKOM, 304 De Oude Schuur, 120 Bree Street, Cape Town, 8001
Tel: 021 423 7263 iFeksi: 021 422 2346

www.artslink.co.za
Vorige onderwerp: Charlie Nimb oorlede
Volgende onderwerp: Is dit in SA gesien?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:32:57 MGT 2024