Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "ek wag in my hart" deur BREYTEN BREYTENBACH
"ek wag in my hart" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #9416] Di, 20 Mei 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ek wag in my hart
Breyten Breytenbach

my hart (ek het nooit gedink dat ek
oor hart sou uitwei nie, die klotsel bloed
in pypies en kraakbeen)
is 'n toring

sodat ek jou van ver kan sien kom

oor die windkaal heuwels

met skraal bome verskroeide winkende vingers

oor die suisende wit vlakte

met my hand bo die o"e (verspied verspied)

die feestafel staan gedek, die musikante wag sluimerend
in hulle manelle soos dromende pikkewyne
met die aandster skreeu die krieke in die vlei
ek luister asemloos vir jou voeteval
(waar dool jy tussen skaterende wolwe?)

ek hang 'n lantern in die venster
en stuur my ore uit in helikopters
(het jy genoeg padkos saamgebring vir die lang tog?)
ek klim die trappe van my hart gereeld op
voedsel en drank sal my lippe nie aanraak sonder jou nie

ek hoor jou in die maanlose klowe ruis
kom jy dan nooit nader nie?

soos 'n skildwag leun ek oor die borswering van my hart
en kneus dit met rondtrappery van my moedelose voete

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Roering" deur CAREL VAN DER MERWE
Volgende onderwerp: "Lotosland" A.G. VISSER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 19:13:29 MGT 2024