Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Roering" deur CAREL VAN DER MERWE
"Roering" deur CAREL VAN DER MERWE [boodskap #9334] Wo, 14 Mei 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ROERING
Carel van der Merwe

Hansbul maak vuur
in die kallerhok
by die skuur.
Boerklong sit op sy st^ere
rug teen die muur
keer met sy hoed die vuur se gloed
maar bly die skouspel beloer.
Hansbul speel kitaar
en raak die snaar
van sy meisie
wat dans langs die vuur.
Skadu's roer teen die muur.
Sy swaai haar se sye
laat sien haar se dye.
Boerklong vang 'n broekie
se blits
voel 'n vonk -
iets woel
wat altyd doodstil sit.
Hy wonder waantoe
as sy speelserig sing:
Appelkoospit
appelkoospit
wat bo in die boom
se mik
sit....

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: "ek wag in my hart" deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 21:58:17 MGT 2024