Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrikaans probeer verkleineer !!!
Re: Afrikaans probeer verkleineer !!! [boodskap #9358] Do, 15 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Wen wrote in article ...
> In article ,
> "EMC" wrote:
>
>> 3. Ek glo nie America On Line(AOL) weet van sy aksies nie, want dit lyk
> vir
>> my soos 'n verbreking van sy ooreenkoms met hulle regulasies.
>
> Ek het ook al daaraan gedink om AOL te laat weet van sy doen en late, maar het
> daarvan afgesien, want ek twyfel sterk dat dit enige uitwerking sal hê. Hy het
> immers die reg om wat hy dink reg is op die nuusgroep te pos, of dit nou snert
> is of nie. Die enigste ander uitweg sou wees om die nuusgroep te
modereer.

Wen,

Mense het probeer om die farao reg te help. Hy (sy?) stel nie daarin
belang nie, maar maak sy stories net slimmer.

Mense het probeer om die farao uit te trap. Dit blyk net olie op die
vuur te wees.

Al wat nou oorbly, is sensuur. Sensuur is baie gevaarlik. Sensuur kan
individueel (privaat) of kolletief (openbaar) wees. 'n Manier van private
sensuur is om die persoon te ignoreer. Die gevaar is dat die sensureerder
sal vergeet om as barmhartige Samaritaan teenoor die gewonde op te tree.
'n Manier van openbare sensuur is om die persoon deur 'n moderator t
oegang te wyer. Die gevaar is dat 'n skewe beeld van die werklikheid sal
onstaan.

Ek dink steeds dat as reghelp nie wil werk nie, is individuele sensuur die
volgende stap van optrede. As sensuur nie meer wil werk nie, is 'n
voorkomende aanval die voorlaaste stap (3) van optrede. Die laaste stap
(4) is verdelging. Ek wil nie graag by stap 3 betrokke wees nie. Ek probeer

alles om stap 4 te vermy.

Beste wense
At de Lange
Re: Afrikaans probeer verkleineer !!! [boodskap #9401 is 'n antwoord op boodskap #9358] Ma, 19 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die gevaarlikste probleem van ons tyd is seperatisme. Uitstoting van die
village idiot, die zieke, die stervende, diegene die ongemak veroorsaak
e.d.m.
Hoe maklik wil ons nie die paaitjie volg nie.
(Ek inkluis)
Gegroet
Xfiles
Vorige onderwerp: ...kuier met 'n koppie koffie
Volgende onderwerp: Re: Heimwe"e en Hanepootdruiwe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 07:40:26 MGT 2024