Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oud-LP op mielieland vermoor
Oud-LP op mielieland vermoor [boodskap #93146] Sa, 22 Mei 2004 14:45
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Marietie Louw

In minstens die derde plaasmoord binne 'n week is 'n boer van
Heidelberg, Gauteng, Vrydag op 'n mielieland op sy plaas doodgeskiet.

Vier mans het mnr. Eddie Jordaan (71) glo kort ná 09:00 oorval terwyl
hy mielies op die plaas verkoop het, het supt. Andy Pieke,
polisiewoordvoerder in die Oos-Rand, gesê.

Twee skote is glo geskiet, maar net een het hom in die bolyf getref.

Volgens Pieke het die aanvallers met Jordaan se selfoon, sowat R5 000
en sy vuurwapen gevlug. Party het in 'n swart Citi Golf weggery en
ander het weggehardloop.

Pieke het gesê Jordaan is inderhaas na 'n hospitaal op die dorp
geneem, maar is by sy aankoms dood verklaar.

Mnr. Chris van Zyl, veiligheidshoof van die TLU SA, het Vrydag gesê
dié moord is onrusbarend. "Ons het gerugte gehoor dat Jordaan vroeër
die week gewaarsku is oor 'n moontlike aanval en dit bekommer ons."

Jordaan was van 1989 tot 1992 'n KP-LP.

Mnr. Pieter Groenewald, woordvoerder van die VF Plus, het Vrydag gesê
dié party gaan die departement van veiligheid en sekuriteit opnuut vra
om aandag aan plaasmoorde te gee.

Vroeër vandeesweek is mnr. Henk Fourie (29) van die plaas Varkenskraal
in die Groblersdal-omgewing in Mpumalanga koelbloedig vermoor.

Me. Dina Fourie, sy suster wat in Pretoria woon, het Vrydag gesê: "Dit
was bloot moord. Die moordenaars het nie eens 5c uit my boetie se
bakkie gevat nie. Hulle het niks, niks, niks gevat nie."

Fourie en sy vrou, Shirley, het hout op die dorp gaan aflaai voordat
hulle op die plaas, sowat 10 km buite die dorp, oorval is. Fourie is
in die rug geskiet.

"Dit sal baie vertroosting bring as die moordenaars gevang word.
Ongelukkig sal dit nooit my broer kan terugbring nie," het mev. Dina
Fourie gesê.

Haar broer word Dinsdagoggend 10:00 uit die NG kerk Groblersdal
begrawe.

Die Suid-Afrikaanse boer wat verlede naweek op 'n plaas in die
Tuli-blok in Botswana vermoor is, word ook Dinsdag begrawe.

Mev. Tertia Momberg (47) sal om 14:00 uit die Avbob-kapel in Kempton
Park begrawe word.
Vorige onderwerp: Kerkstraatbom
Volgende onderwerp: Pretorians remember Church St
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 02:20:43 MGT 2024