Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuusgroep se begin
Nuusgroep se begin [boodskap #92541] Vr, 30 April 2004 21:40 na volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina se aandrang op Afrikaans het my nuuskierig gemaak, toe gaan
soek ek na die oorspronklike handves v.d. nuusgroep. Nogal interessante
leesstof. Indien julle belangstel, dit is by
http://open-systems.ufl.edu/mirrors/ftp.isc.org/usenet/news. announce.newgroups/soc/soc.culture.south-africa.afrikaans
(Maak net seker julle kry die hele URL indien die nuusleser dit dalk
êrens afkap!). Enkele gedagtes wat my opgeval het hier:

1) Die groep is oop vir enigiemand en is ongemodereer. Dws niemand kan
enigiemand hier belet of ontsê v.d reg om enigiets hier te plaas nie.
2) Hiervolgens kan ons in enige taal boodskappe hier plaas, maar
verkieslik Afrikaans, Nederlands of Engels.
3) "Afrikaanssprekendes" word baie wyd gedefinieer - insluitende
alternatiewe Afrikaans
4) Die volgende 2 paragrawe kom direk uit die handves uit:
"Die bedoeling is dat die voorgestelde nuusgroep
soc.culture.south-africa.afrikaans sal dien as 'n gepreksforum vir alle
inligting aangaande suidelike Afrika, Afrikaanssprekendes en die
Afrikaanse taal. Dit beteken dat alle besprekings rakende sosiale,
kulturele, politieke, ekonomiese, geskiedkundige, geografiese en ander
sake wat op een of ander wyse verband hou met Afrikaanssprekendes,
Afrikaans of suidelike Afrika, verwelkom sal word in hierdie nuusgroep.

Dit word verder begeer dat soc.culture.south-africa.afrikaans 'n
betekenisvolle middel van skakeling tussen Afrikaanssprekendes tuis en
in die buiteland sal wees, en tussen Afrikaanssprekendes en ander mense
dwarsoor die wereld."

Gedagtig aan die Gloudina se opmerking jeens sg. "Australiese" inhoud,
het ek gewonder hoe ver strek die terme "verband hou" en "skakeling"
hierbo. Is 'n persoon (expat?) wat uit Australië 'n grap oor
Australië(-rs) plaas besig met "skakeling"? Is die feit dat hý dit
snaaks vind en met ons wil deel "skakeling"? Kom dit neer op 'n poging
tot moderering of skaking as Gloudina sê so-iets is nie welkom hier nie?
Is dit enigsins goeie netiket om dit te doen?

Daar is natuurlik ook die vraag of sulke "Engelse" stories suksesvol
ver-Afrikaans of ver-Suid-Afrikaans kan word, en of dit werklik
ge-oorloof is om dit te doen. En hoeveel, indien enigsins, verskil die
kultuur en psige van die deursnee Australiër van die deursneë Afrikaner
s'n? Ek het al baie mense hoor sê dat ons gewaande (Suid-)Afrikaanse
kultuur baie nader aan die Engelse kultuur staan as aan byv Duits of
Nederlands/Vlaams/Belgies.

Ander feite wat nogal insiggewend was uit die stigting van die nuusgroep:

Die eerste besprekingsdebat oor die nuusgroep is gedateer 11 Julie 1995.
272 mense het "Ja" gestem vir die stigting, 19 "Nee" en 2 mense het
gestaak ("Abstain") Wat sou die idee wees van lg. in hierdie tipe opset?
Ek bedoel, dis nou nie asof mens vir 'n parlementslid of so iets gaan
stem nie, is dit?

Van die name wat gestem het, het nogal my oog gevang:
Reinier de Vos, Dirk Laurie, Ferdi Greyling (is dit dieselfde een wat
hier pos?), Prof HC (Christo) Viljoen, Hoepel Scheepers (die
joernalis?), JF Dullaart (ek ken 'n Joop Dullaart van Kaapstad, en dié
een is van Ikey's - dieselfde een?), Marius Swart (omdat hy ook
"knersus" in sy adres het!), Leendert van Oostrum (het hom al baie
raakgeloop - veral met onderwys), Paul Eloff (is dit dr Paul Eloff wat
nou die dag dood is?) Ek wonder watter van al daardie mense wat destyds
vir die nuusgroep gestem het, is nog hier. Watse verwagtinge het hulle
gekoester en hoever het die nuusgroep daarin geslaag, indien enigsins?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92545 is 'n antwoord op boodskap #92541] Sa, 01 Mei 2004 03:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis baie interessant.

Spencer
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92548 is 'n antwoord op boodskap #92545] Sa, 01 Mei 2004 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hehehehe:

Insults, "flames" or unnecessary criticism of a
group or a person is strongly discouraged.

Ou die group or persons nou diegene insluit wat anders or enigiets as
gloudina voel?

"Spencer" skryf in boodskap news:cWEkc.390$8J.21090@news.xtra.co.nz...
> Dis baie interessant.
>
> Spencer
>
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92549 is 'n antwoord op boodskap #92545] Sa, 01 Mei 2004 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
hehehehe

Primarily, postings in Afrikaans (also in 'alternative' Afrikaans), Dutch
and
English can be expected.

"Spencer" skryf in boodskap news:cWEkc.390$8J.21090@news.xtra.co.nz...
> Dis baie interessant.
>
> Spencer
>
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92563 is 'n antwoord op boodskap #92541] So, 02 Mei 2004 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Intact  is tans af-lyn  Intact
Boodskappe: 13
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 30 Apr 2004 23:40:13 +0200, knersus wrote:

> Ek wonder watter van al daardie mense wat destyds
> vir die nuusgroep gestem het, is nog hier. Watse verwagtinge het hulle
> gekoester en hoever het die nuusgroep daarin geslaag, indien enigsins?

Van ons is nog hier, van stigtingstyd af, al hou ons maar ons bekke loer
ons nog gereeld.

Ongelukkig oor goed soos spam - slegte ou pienk soutvleis, wat destyds
nog nie bestaan het nie, ongelukkig oor die Naspers dinousourus wat
met sy logge lyf dwars oor als kom lê het, en nie mooi wou saamspeel
nie maar eerder wou afkamp, afstig en opsny. Lekker speel in julle
ou litnet hokkie, kêrels, en veels geluk met die groot pensioene.
Ons gaat julle nie mis nie. Die lig is egter na hierdie kant toe.

Snaaks hoe die kuberwêreld die realiteit weerspieël.

En dan was daar Annette.

Hoeveel keer wou ek al 'n nuwe groep, soc.culture.south-africa.afrikaans.annette.sê.vandag voorstel?

Veral jammer oor die vuilbek barbare. Dis darem so waar dat dit nie
is wat jy in jou mond insit wat jou vuil maak nie, maar wat jy daar
uithaal, nê?
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92564 is 'n antwoord op boodskap #92563] So, 02 Mei 2004 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sjeez!! Dat ek nou uitgeskel word as 'n vuilbekbarbaar deur 'n stem uit die
verlede!:))
Seker laaaaaaank voor my tyd.
--
Annette - nie een van die litnetties nie:)

"Takoeza, die gemaskerde tikman" skryf in boodskap news:4094d797.60527075@news.mweb.co.za...
> On Fri, 30 Apr 2004 23:40:13 +0200, knersus wrote:
>
>> Ek wonder watter van al daardie mense wat destyds
>> vir die nuusgroep gestem het, is nog hier. Watse verwagtinge het hulle
>> gekoester en hoever het die nuusgroep daarin geslaag, indien enigsins?
>
> Van ons is nog hier, van stigtingstyd af, al hou ons maar ons bekke loer
> ons nog gereeld.
>
> Ongelukkig oor goed soos spam - slegte ou pienk soutvleis, wat destyds
> nog nie bestaan het nie, ongelukkig oor die Naspers dinousourus wat
> met sy logge lyf dwars oor als kom lê het, en nie mooi wou saamspeel
> nie maar eerder wou afkamp, afstig en opsny. Lekker speel in julle
> ou litnet hokkie, kêrels, en veels geluk met die groot pensioene.
> Ons gaat julle nie mis nie. Die lig is egter na hierdie kant toe.
>
> Snaaks hoe die kuberwêreld die realiteit weerspieël.
>
> En dan was daar Annette.
>
> Hoeveel keer wou ek al 'n nuwe groep, soc.culture.south-africa.afrikaans.annette.sê.vandag voorstel?
>
> Veral jammer oor die vuilbek barbare. Dis darem so waar dat dit nie
> is wat jy in jou mond insit wat jou vuil maak nie, maar wat jy daar
> uithaal, nê?
>
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92574 is 'n antwoord op boodskap #92541] Ma, 03 Mei 2004 11:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek het ook destyds gestem, saam met Dirk Laurie daar op die PUK-kampus. Ek
onthou daar was 'n karakter op die nuusgroepe wat baie vurig voorbrand
gemaak het dat die groep nie gestig mag word nie. Miskien is dit hy wat nog
soms bollie hier kom pos...

In Gloudina se afwesigheid kan ek oor haar skinder. Ek sou ook seker
aandring op Afrikaans as die nuusgroep die enigste medium is waar ek die
taal nog kan sien en gebruik. Vir ons, hier in SA, is dit anders - dis
eerder nog 'n vorm van kommunikasie, in 'n meer gerieflike medium.

Wat sê julle?

Koot

"knersus" skryf in boodskap news:c6uhbr$kpq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gloudina se aandrang op Afrikaans het my nuuskierig gemaak, toe gaan
> soek ek na die oorspronklike handves v.d. nuusgroep. Nogal interessante
> leesstof. Indien julle belangstel, dit is by
>
http://open-systems.ufl.edu/mirrors/ftp.isc.org/usenet/news. announce.newgrou
ps/soc/soc.culture.south-africa.afrikaans
> (Maak net seker julle kry die hele URL indien die nuusleser dit dalk
> êrens afkap!). Enkele gedagtes wat my opgeval het hier:
>
> 1) Die groep is oop vir enigiemand en is ongemodereer. Dws niemand kan
> enigiemand hier belet of ontsê v.d reg om enigiets hier te plaas nie.
> 2) Hiervolgens kan ons in enige taal boodskappe hier plaas, maar
> verkieslik Afrikaans, Nederlands of Engels.
> 3) "Afrikaanssprekendes" word baie wyd gedefinieer - insluitende
> alternatiewe Afrikaans
> 4) Die volgende 2 paragrawe kom direk uit die handves uit:
> "Die bedoeling is dat die voorgestelde nuusgroep
> soc.culture.south-africa.afrikaans sal dien as 'n gepreksforum vir alle
> inligting aangaande suidelike Afrika, Afrikaanssprekendes en die
> Afrikaanse taal. Dit beteken dat alle besprekings rakende sosiale,
> kulturele, politieke, ekonomiese, geskiedkundige, geografiese en ander
> sake wat op een of ander wyse verband hou met Afrikaanssprekendes,
> Afrikaans of suidelike Afrika, verwelkom sal word in hierdie nuusgroep.
>
> Dit word verder begeer dat soc.culture.south-africa.afrikaans 'n
> betekenisvolle middel van skakeling tussen Afrikaanssprekendes tuis en
> in die buiteland sal wees, en tussen Afrikaanssprekendes en ander mense
> dwarsoor die wereld."
>
> Gedagtig aan die Gloudina se opmerking jeens sg. "Australiese" inhoud,
> het ek gewonder hoe ver strek die terme "verband hou" en "skakeling"
> hierbo. Is 'n persoon (expat?) wat uit Australië 'n grap oor
> Australië(-rs) plaas besig met "skakeling"? Is die feit dat hê dit
> snaaks vind en met ons wil deel "skakeling"? Kom dit neer op 'n poging
> tot moderering of skaking as Gloudina sê so-iets is nie welkom hier nie?
> Is dit enigsins goeie netiket om dit te doen?
>
> Daar is natuurlik ook die vraag of sulke "Engelse" stories suksesvol
> ver-Afrikaans of ver-Suid-Afrikaans kan word, en of dit werklik
> ge-oorloof is om dit te doen. En hoeveel, indien enigsins, verskil die
> kultuur en psige van die deursnee Australiër van die deursneë Afrikaner
> s'n? Ek het al baie mense hoor sê dat ons gewaande (Suid-)Afrikaanse
> kultuur baie nader aan die Engelse kultuur staan as aan byv Duits of
> Nederlands/Vlaams/Belgies.
>
> Ander feite wat nogal insiggewend was uit die stigting van die nuusgroep:
>
> Die eerste besprekingsdebat oor die nuusgroep is gedateer 11 Julie 1995.
> 272 mense het "Ja" gestem vir die stigting, 19 "Nee" en 2 mense het
> gestaak ("Abstain") Wat sou die idee wees van lg. in hierdie tipe opset?
> Ek bedoel, dis nou nie asof mens vir 'n parlementslid of so iets gaan
> stem nie, is dit?
>
> Van die name wat gestem het, het nogal my oog gevang:
> Reinier de Vos, Dirk Laurie, Ferdi Greyling (is dit dieselfde een wat
> hier pos?), Prof HC (Christo) Viljoen, Hoepel Scheepers (die
> joernalis?), JF Dullaart (ek ken 'n Joop Dullaart van Kaapstad, en dié
> een is van Ikey's - dieselfde een?), Marius Swart (omdat hy ook
> "knersus" in sy adres het!), Leendert van Oostrum (het hom al baie
> raakgeloop - veral met onderwys), Paul Eloff (is dit dr Paul Eloff wat
> nou die dag dood is?) Ek wonder watter van al daardie mense wat destyds
> vir die nuusgroep gestem het, is nog hier. Watse verwagtinge het hulle
> gekoester en hoever het die nuusgroep daarin geslaag, indien enigsins?
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92576 is 'n antwoord op boodskap #92541] Ma, 03 Mei 2004 12:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 30 Apr 2004 23:40:13 +0200, knersus wrote:

> Van die name wat gestem het, het nogal my oog gevang:
> Reinier de Vos, Dirk Laurie, Ferdi Greyling (is dit dieselfde een wat
> hier pos?),

Ja.

Prof HC (Christo) Viljoen, Hoepel Scheepers (die
> joernalis?),

Ja. Voorheen van die WNNR.

JF Dullaart (ek ken 'n Joop Dullaart van Kaapstad, en dié
> een is van Ikey's - dieselfde een?), Marius Swart (omdat hy ook
> "knersus" in sy adres het!), Leendert van Oostrum (het hom al baie
> raakgeloop - veral met onderwys),

Hy pos nog soms onder skuilname.
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92577 is 'n antwoord op boodskap #92574] Ma, 03 Mei 2004 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou waar is die aantie dan heen?:))

Koot, ek dink solank mens 'n nota laat in Afrikaans dat mens graag die grap
met almal wil deel, en dit dan in Engels plaas, is niks mee verkeerd nie.
Soos jy self weet is daar sekere grappe wat beter in Engels vertel kan kan
word as wat mens dit in Afrikaans vertaal, net so wat daar grappe is wat in
geen ander taal as Afrikaans vertel kan word nie.

As ons dan kwansuis net Afrikaans hier wou wees, hoekom is die naam dan in
Engels?
Neewat - ons verstaan almal Engels hier - en dit is tog nie dat ons 'n hele
relaas in Engels skryf nie - dis net die oorvertel van 'n grappie. Op enige
ander manier, waar mense hier wil kom argumenteer en moeilikheid soek in
Engels, sal ek ook op Afrikaans aandring - soos wat al gedoen het.

Gloudina het self al mense hier in Engels geantwoord - en ek het haar nie
oor die vingers getik daaroor nie:))

--
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:c759l7$bhb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het ook destyds gestem, saam met Dirk Laurie daar op die PUK-kampus. Ek
> onthou daar was 'n karakter op die nuusgroepe wat baie vurig voorbrand
> gemaak het dat die groep nie gestig mag word nie. Miskien is dit hy wat nog
> soms bollie hier kom pos...
>
> In Gloudina se afwesigheid kan ek oor haar skinder. Ek sou ook seker
> aandring op Afrikaans as die nuusgroep die enigste medium is waar ek die
> taal nog kan sien en gebruik. Vir ons, hier in SA, is dit anders - dis
> eerder nog 'n vorm van kommunikasie, in 'n meer gerieflike medium.
>
> Wat sê julle?
>
> Koot
>
> "knersus" wrote in message
> news:c6uhbr$kpq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Gloudina se aandrang op Afrikaans het my nuuskierig gemaak, toe gaan
>> soek ek na die oorspronklike handves v.d. nuusgroep. Nogal interessante
>> leesstof. Indien julle belangstel, dit is by
>>
>
http://open-systems.ufl.edu/mirrors/ftp.isc.org/usenet/news. announce.newgrou
> ps/soc/soc.culture.south-africa.afrikaans
>> (Maak net seker julle kry die hele URL indien die nuusleser dit dalk
>> êrens afkap!). Enkele gedagtes wat my opgeval het hier:
>>
>> 1) Die groep is oop vir enigiemand en is ongemodereer. Dws niemand kan
>> enigiemand hier belet of ontsê v.d reg om enigiets hier te plaas nie.
>> 2) Hiervolgens kan ons in enige taal boodskappe hier plaas, maar
>> verkieslik Afrikaans, Nederlands of Engels.
>> 3) "Afrikaanssprekendes" word baie wyd gedefinieer - insluitende
>> alternatiewe Afrikaans
>> 4) Die volgende 2 paragrawe kom direk uit die handves uit:
>> "Die bedoeling is dat die voorgestelde nuusgroep
>> soc.culture.south-africa.afrikaans sal dien as 'n gepreksforum vir alle
>> inligting aangaande suidelike Afrika, Afrikaanssprekendes en die
>> Afrikaanse taal. Dit beteken dat alle besprekings rakende sosiale,
>> kulturele, politieke, ekonomiese, geskiedkundige, geografiese en ander
>> sake wat op een of ander wyse verband hou met Afrikaanssprekendes,
>> Afrikaans of suidelike Afrika, verwelkom sal word in hierdie nuusgroep.
>>
>> Dit word verder begeer dat soc.culture.south-africa.afrikaans 'n
>> betekenisvolle middel van skakeling tussen Afrikaanssprekendes tuis en
>> in die buiteland sal wees, en tussen Afrikaanssprekendes en ander mense
>> dwarsoor die wereld."
>>
>> Gedagtig aan die Gloudina se opmerking jeens sg. "Australiese" inhoud,
>> het ek gewonder hoe ver strek die terme "verband hou" en "skakeling"
>> hierbo. Is 'n persoon (expat?) wat uit Australië 'n grap oor
>> Australië(-rs) plaas besig met "skakeling"? Is die feit dat hê dit
>> snaaks vind en met ons wil deel "skakeling"? Kom dit neer op 'n poging
>> tot moderering of skaking as Gloudina sê so-iets is nie welkom hier nie?
>> Is dit enigsins goeie netiket om dit te doen?
>>
>> Daar is natuurlik ook die vraag of sulke "Engelse" stories suksesvol
>> ver-Afrikaans of ver-Suid-Afrikaans kan word, en of dit werklik
>> ge-oorloof is om dit te doen. En hoeveel, indien enigsins, verskil die
>> kultuur en psige van die deursnee Australiër van die deursneë Afrikaner
>> s'n? Ek het al baie mense hoor sê dat ons gewaande (Suid-)Afrikaanse
>> kultuur baie nader aan die Engelse kultuur staan as aan byv Duits of
>> Nederlands/Vlaams/Belgies.
>>
>> Ander feite wat nogal insiggewend was uit die stigting van die nuusgroep:
>>
>> Die eerste besprekingsdebat oor die nuusgroep is gedateer 11 Julie 1995.
>> 272 mense het "Ja" gestem vir die stigting, 19 "Nee" en 2 mense het
>> gestaak ("Abstain") Wat sou die idee wees van lg. in hierdie tipe opset?
>> Ek bedoel, dis nou nie asof mens vir 'n parlementslid of so iets gaan
>> stem nie, is dit?
>>
>> Van die name wat gestem het, het nogal my oog gevang:
>> Reinier de Vos, Dirk Laurie, Ferdi Greyling (is dit dieselfde een wat
>> hier pos?), Prof HC (Christo) Viljoen, Hoepel Scheepers (die
>> joernalis?), JF Dullaart (ek ken 'n Joop Dullaart van Kaapstad, en dié
>> een is van Ikey's - dieselfde een?), Marius Swart (omdat hy ook
>> "knersus" in sy adres het!), Leendert van Oostrum (het hom al baie
>> raakgeloop - veral met onderwys), Paul Eloff (is dit dr Paul Eloff wat
>> nou die dag dood is?) Ek wonder watter van al daardie mense wat destyds
>> vir die nuusgroep gestem het, is nog hier. Watse verwagtinge het hulle
>> gekoester en hoever het die nuusgroep daarin geslaag, indien enigsins?
>>
>> --
>> _______
>> | OSCAR |
>> |KNERSUS|
>> |__&CO__|
>
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92578 is 'n antwoord op boodskap #92576] Ma, 03 Mei 2004 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
JF Dullaart is die een van Ikeys.
--
Annette

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:fedc9050ntjcm0enn021794fef5ij2mspg@4ax.com...
> On Fri, 30 Apr 2004 23:40:13 +0200, knersus wrote:
>
>
> > Reinier de Vos, Dirk Laurie, Ferdi Greyling (is dit dieselfde een wat
>> hier pos?),
>
> Ja.
>
> > joernalis?),
>
> Ja. Voorheen van die WNNR.
>
> > "knersus" in sy adres het!), Leendert van Oostrum (het hom al baie
>> raakgeloop - veral met onderwys),
>
> Hy pos nog soms onder skuilname.
>
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92579 is 'n antwoord op boodskap #92577] Ma, 03 Mei 2004 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dit beteken dan seker dat die nuusgroep vir Afrikaanses is, of mense wat
die taal magtig is, eerder as vir Afrikaans as sulks. Ek wou sê per se, maar
dit klink te pretensieus..

"Annette" skryf in boodskap news:c75el1$kv8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nou waar is die aantie dan heen?:))
>
> Koot, ek dink solank mens 'n nota laat in Afrikaans dat mens graag die grap
> met almal wil deel, en dit dan in Engels plaas, is niks mee verkeerd nie.
> Soos jy self weet is daar sekere grappe wat beter in Engels vertel kan kan
> word as wat mens dit in Afrikaans vertaal, net so wat daar grappe is wat in
> geen ander taal as Afrikaans vertel kan word nie.
>
> As ons dan kwansuis net Afrikaans hier wou wees, hoekom is die naam dan in
> Engels?
> Neewat - ons verstaan almal Engels hier - en dit is tog nie dat ons 'n hele
> relaas in Engels skryf nie - dis net die oorvertel van 'n grappie. Op enige
> ander manier, waar mense hier wil kom argumenteer en moeilikheid soek in
> Engels, sal ek ook op Afrikaans aandring - soos wat al gedoen het.
>
> Gloudina het self al mense hier in Engels geantwoord - en ek het haar nie
> oor die vingers getik daaroor nie:))
>
> --
> Annette
> "Koot" wrote in message
> news:c759l7$bhb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek het ook destyds gestem, saam met Dirk Laurie daar op die PUK-kampus. Ek
>> onthou daar was 'n karakter op die nuusgroepe wat baie vurig voorbrand
>> gemaak het dat die groep nie gestig mag word nie. Miskien is dit hy wat
> nog
>> soms bollie hier kom pos...
>>
>> In Gloudina se afwesigheid kan ek oor haar skinder. Ek sou ook seker
>> aandring op Afrikaans as die nuusgroep die enigste medium is waar ek die
>> taal nog kan sien en gebruik. Vir ons, hier in SA, is dit anders - dis
>> eerder nog 'n vorm van kommunikasie, in 'n meer gerieflike medium.
>>
>> Wat sê julle?
>>
>> Koot
>>
>> "knersus" wrote in message
>> news:c6uhbr$kpq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Gloudina se aandrang op Afrikaans het my nuuskierig gemaak, toe gaan
>>> soek ek na die oorspronklike handves v.d. nuusgroep. Nogal interessante
>>> leesstof. Indien julle belangstel, dit is by
>>>
>>
>
http://open-systems.ufl.edu/mirrors/ftp.isc.org/usenet/news. announce.newgrou
>> ps/soc/soc.culture.south-africa.afrikaans
>>> (Maak net seker julle kry die hele URL indien die nuusleser dit dalk
>>> êrens afkap!). Enkele gedagtes wat my opgeval het hier:
>>>
>>> 1) Die groep is oop vir enigiemand en is ongemodereer. Dws niemand kan
>>> enigiemand hier belet of ontsê v.d reg om enigiets hier te plaas nie.
>>> 2) Hiervolgens kan ons in enige taal boodskappe hier plaas, maar
>>> verkieslik Afrikaans, Nederlands of Engels.
>>> 3) "Afrikaanssprekendes" word baie wyd gedefinieer - insluitende
>>> alternatiewe Afrikaans
>>> 4) Die volgende 2 paragrawe kom direk uit die handves uit:
>>> "Die bedoeling is dat die voorgestelde nuusgroep
>>> soc.culture.south-africa.afrikaans sal dien as 'n gepreksforum vir alle
>>> inligting aangaande suidelike Afrika, Afrikaanssprekendes en die
>>> Afrikaanse taal. Dit beteken dat alle besprekings rakende sosiale,
>>> kulturele, politieke, ekonomiese, geskiedkundige, geografiese en ander
>>> sake wat op een of ander wyse verband hou met Afrikaanssprekendes,
>>> Afrikaans of suidelike Afrika, verwelkom sal word in hierdie nuusgroep.
>>>
>>> Dit word verder begeer dat soc.culture.south-africa.afrikaans 'n
>>> betekenisvolle middel van skakeling tussen Afrikaanssprekendes tuis en
>>> in die buiteland sal wees, en tussen Afrikaanssprekendes en ander mense
>>> dwarsoor die wereld."
>>>
>>> Gedagtig aan die Gloudina se opmerking jeens sg. "Australiese" inhoud,
>>> het ek gewonder hoe ver strek die terme "verband hou" en "skakeling"
>>> hierbo. Is 'n persoon (expat?) wat uit Australië 'n grap oor
>>> Australië(-rs) plaas besig met "skakeling"? Is die feit dat hê dit
>>> snaaks vind en met ons wil deel "skakeling"? Kom dit neer op 'n poging
>>> tot moderering of skaking as Gloudina sê so-iets is nie welkom hier nie?
>>> Is dit enigsins goeie netiket om dit te doen?
>>>
>>> Daar is natuurlik ook die vraag of sulke "Engelse" stories suksesvol
>>> ver-Afrikaans of ver-Suid-Afrikaans kan word, en of dit werklik
>>> ge-oorloof is om dit te doen. En hoeveel, indien enigsins, verskil die
>>> kultuur en psige van die deursnee Australiër van die deursneë Afrikaner
>>> s'n? Ek het al baie mense hoor sê dat ons gewaande (Suid-)Afrikaanse
>>> kultuur baie nader aan die Engelse kultuur staan as aan byv Duits of
>>> Nederlands/Vlaams/Belgies.
>>>
>>> Ander feite wat nogal insiggewend was uit die stigting van die
> nuusgroep:
>>>
>>> Die eerste besprekingsdebat oor die nuusgroep is gedateer 11 Julie 1995.
>>> 272 mense het "Ja" gestem vir die stigting, 19 "Nee" en 2 mense het
>>> gestaak ("Abstain") Wat sou die idee wees van lg. in hierdie tipe opset?
>>> Ek bedoel, dis nou nie asof mens vir 'n parlementslid of so iets gaan
>>> stem nie, is dit?
>>>
>>> Van die name wat gestem het, het nogal my oog gevang:
>>> Reinier de Vos, Dirk Laurie, Ferdi Greyling (is dit dieselfde een wat
>>> hier pos?), Prof HC (Christo) Viljoen, Hoepel Scheepers (die
>>> joernalis?), JF Dullaart (ek ken 'n Joop Dullaart van Kaapstad, en dié
>>> een is van Ikey's - dieselfde een?), Marius Swart (omdat hy ook
>>> "knersus" in sy adres het!), Leendert van Oostrum (het hom al baie
>>> raakgeloop - veral met onderwys), Paul Eloff (is dit dr Paul Eloff wat
>>> nou die dag dood is?) Ek wonder watter van al daardie mense wat destyds
>>> vir die nuusgroep gestem het, is nog hier. Watse verwagtinge het hulle
>>> gekoester en hoever het die nuusgroep daarin geslaag, indien enigsins?
>>>
>>> --
>>> _______
>>> | OSCAR |
>>> |KNERSUS|
>>> |__&CO__|
>>
>
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92581 is 'n antwoord op boodskap #92577] Ma, 03 Mei 2004 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Annette, ek stem met jou saam. As jy 'n item sien in Engels en jy wil nie
Engels lees nie, hou verby! Daar is tog geen verpligting nie?

Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92611 is 'n antwoord op boodskap #92581] Wo, 05 Mei 2004 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Daar staan tog duidelik geskryf Afrikaans, Engels en Nederlands mag!

De groeten aan jullie allemaal.

Max____________________________

"Suidwester" skryf in boodskap news:40966237.0@news1.mweb.co.za...
> Annette, ek stem met jou saam. As jy 'n item sien in Engels en jy wil nie
> Engels lees nie, hou verby! Daar is tog geen verpligting nie?
> "Annette" wrote in message
> news:c75el1$kv8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Nou waar is die aantie dan heen?:))
>>
>> Koot, ek dink solank mens 'n nota laat in Afrikaans dat mens graag die
> grap
>> met almal wil deel, en dit dan in Engels plaas, is niks mee verkeerd nie.
>> Soos jy self weet is daar sekere grappe wat beter in Engels vertel kan kan
>> word as wat mens dit in Afrikaans vertaal, net so wat daar grappe is wat
> in
>> geen ander taal as Afrikaans vertel kan word nie.
>>
>> As ons dan kwansuis net Afrikaans hier wou wees, hoekom is die naam dan in
>> Engels?
>> Neewat - ons verstaan almal Engels hier - en dit is tog nie dat ons 'n
> hele
>> relaas in Engels skryf nie - dis net die oorvertel van 'n grappie. Op
> enige
>> ander manier, waar mense hier wil kom argumenteer en moeilikheid soek in
>> Engels, sal ek ook op Afrikaans aandring - soos wat al gedoen het.
>>
>> Gloudina het self al mense hier in Engels geantwoord - en ek het haar nie
>> oor die vingers getik daaroor nie:))
>>
>> --
>> Annette
>> "Koot" wrote in message
>> news:c759l7$bhb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Ek het ook destyds gestem, saam met Dirk Laurie daar op die
PUK-kampus.
> Ek
>>> onthou daar was 'n karakter op die nuusgroepe wat baie vurig voorbrand
>>> gemaak het dat die groep nie gestig mag word nie. Miskien is dit hy
wat
>> nog
>>> soms bollie hier kom pos...
>>>
>>> In Gloudina se afwesigheid kan ek oor haar skinder. Ek sou ook seker
>>> aandring op Afrikaans as die nuusgroep die enigste medium is waar ek die
>>> taal nog kan sien en gebruik. Vir ons, hier in SA, is dit anders - dis
>>> eerder nog 'n vorm van kommunikasie, in 'n meer gerieflike medium.
>>>
>>> Wat sê julle?
>>>
>>> Koot
>>>
>>> "knersus" wrote in message
>>> news:c6uhbr$kpq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Gloudina se aandrang op Afrikaans het my nuuskierig gemaak, toe gaan
>>>> soek ek na die oorspronklike handves v.d. nuusgroep. Nogal
> interessante
>>>> leesstof. Indien julle belangstel, dit is by
>>>>
>>>
>>
>
http://open-systems.ufl.edu/mirrors/ftp.isc.org/usenet/news. announce.newgrou
>>> ps/soc/soc.culture.south-africa.afrikaans
>>>> (Maak net seker julle kry die hele URL indien die nuusleser dit dalk
>>>> êrens afkap!). Enkele gedagtes wat my opgeval het hier:
>>>>
>>>> 1) Die groep is oop vir enigiemand en is ongemodereer. Dws niemand
> kan
>>>> enigiemand hier belet of ontsê v.d reg om enigiets hier te plaas nie.
>>>> 2) Hiervolgens kan ons in enige taal boodskappe hier plaas, maar
>>>> verkieslik Afrikaans, Nederlands of Engels.
>>>> 3) "Afrikaanssprekendes" word baie wyd gedefinieer - insluitende
>>>> alternatiewe Afrikaans
>>>> 4) Die volgende 2 paragrawe kom direk uit die handves uit:
>>>> "Die bedoeling is dat die voorgestelde nuusgroep
>>>> soc.culture.south-africa.afrikaans sal dien as 'n gepreksforum vir
> alle
>>>> inligting aangaande suidelike Afrika, Afrikaanssprekendes en die
>>>> Afrikaanse taal. Dit beteken dat alle besprekings rakende sosiale,
>>>> kulturele, politieke, ekonomiese, geskiedkundige, geografiese en ander
>>>> sake wat op een of ander wyse verband hou met Afrikaanssprekendes,
>>>> Afrikaans of suidelike Afrika, verwelkom sal word in hierdie
> nuusgroep.
>>>>
>>>> Dit word verder begeer dat soc.culture.south-africa.afrikaans 'n
>>>> betekenisvolle middel van skakeling tussen Afrikaanssprekendes tuis en
>>>> in die buiteland sal wees, en tussen Afrikaanssprekendes en ander
> mense
>>>> dwarsoor die wereld."
>>>>
>>>> Gedagtig aan die Gloudina se opmerking jeens sg. "Australiese" inhoud,
>>>> het ek gewonder hoe ver strek die terme "verband hou" en "skakeling"
>>>> hierbo. Is 'n persoon (expat?) wat uit Australië 'n grap oor
>>>> Australië(-rs) plaas besig met "skakeling"? Is die feit dat hê dit
>>>> snaaks vind en met ons wil deel "skakeling"? Kom dit neer op 'n
> poging
>>>> tot moderering of skaking as Gloudina sê so-iets is nie welkom hier
> nie?
>>>> Is dit enigsins goeie netiket om dit te doen?
>>>>
>>>> Daar is natuurlik ook die vraag of sulke "Engelse" stories suksesvol
>>>> ver-Afrikaans of ver-Suid-Afrikaans kan word, en of dit werklik
>>>> ge-oorloof is om dit te doen. En hoeveel, indien enigsins, verskil
> die
>>>> kultuur en psige van die deursnee Australiër van die deursneë
> Afrikaner
>>>> s'n? Ek het al baie mense hoor sê dat ons gewaande (Suid-)Afrikaanse
>>>> kultuur baie nader aan die Engelse kultuur staan as aan byv Duits of
>>>> Nederlands/Vlaams/Belgies.
>>>>
>>>> Ander feite wat nogal insiggewend was uit die stigting van die
>> nuusgroep:
>>>>
>>>> Die eerste besprekingsdebat oor die nuusgroep is gedateer 11 Julie
> 1995.
>>>> 272 mense het "Ja" gestem vir die stigting, 19 "Nee" en 2 mense het
>>>> gestaak ("Abstain") Wat sou die idee wees van lg. in hierdie tipe
> opset?
>>>> Ek bedoel, dis nou nie asof mens vir 'n parlementslid of so iets
> gaan
>>>> stem nie, is dit?
>>>>
>>>> Van die name wat gestem het, het nogal my oog gevang:
>>>> Reinier de Vos, Dirk Laurie, Ferdi Greyling (is dit dieselfde een wat
>>>> hier pos?), Prof HC (Christo) Viljoen, Hoepel Scheepers (die
>>>> joernalis?), JF Dullaart (ek ken 'n Joop Dullaart van Kaapstad, en di�
>>>> een is van Ikey's - dieselfde een?), Marius Swart (omdat hy ook
>>>> "knersus" in sy adres het!), Leendert van Oostrum (het hom al baie
>>>> raakgeloop - veral met onderwys), Paul Eloff (is dit dr Paul Eloff wat
>>>> nou die dag dood is?) Ek wonder watter van al daardie mense wat
> destyds
>>>> vir die nuusgroep gestem het, is nog hier. Watse verwagtinge het
> hulle
>>>> gekoester en hoever het die nuusgroep daarin geslaag, indien enigsins?
>>>>
>>>> --
>>>> _______
>>>> | OSCAR |
>>>> |KNERSUS|
>>>> |__&CO__|
>>>
>>
>
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92683 is 'n antwoord op boodskap #92574] Vr, 07 Mei 2004 22:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf

> In Gloudina se afwesigheid kan ek oor haar skinder. Ek sou ook seker
> aandring op Afrikaans as die nuusgroep die enigste medium is waar ek die
> taal nog kan sien en gebruik. Vir ons, hier in SA, is dit anders - dis
> eerder nog 'n vorm van kommunikasie, in 'n meer gerieflike medium.
>
> Wat sê julle?

Gloudina is nou weer terug, dankie. En sy sê nog
aaneen dat as iemand 'n Australiese sinkhuis-grap
in sinkhuis-Engels op hierdie AFRIKAANSE nuusgroep
sit, 'n mens sou verwag dat mense wat Afrikaans
liefhet, en gewerk het vir die stigting van 'n Afrikaanse
nuusgroep, van hulself sou laat hoor. Anders ontaard
hierdie nuusgroep in die speelgrond van die frikkies
en die janne, wat geradbraakte Afrikaans kwalik kan
kwytraak, maar goed weet hoe om vuil te praat en
te vloek.

Penkop op kommando in die Derde Republiek
Re: Nuusgroep se begin [boodskap #92684 is 'n antwoord op boodskap #92577] Vr, 07 Mei 2004 22:08 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Nou waar is die aantie dan heen?:))

Die aantie was na Toronto toe, waar die
Dalai Lama en Richard Gere en sewe-
duisend ander mense die Kalachakra-
tantra onderneem het.

Tant Hessie van die Algonquins
Vorige onderwerp: 10 kg goud vir ´n koppie koffie!
Volgende onderwerp: Re: DA arts spokesperson announced
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:25:44 MGT 2024