Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Ubuntu - vgl Was Afrikaners Nazis?
Re: Ubuntu - vgl Was Afrikaners Nazis? [boodskap #9249] Wo, 30 April 1997 00:00 na volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek waardeer AM de Lange se aanmerkings baie. Dit gee my 'n
wyer beeld van konsepte wat ek, regtelik of verkeerdelik, tot
dusver slegs binne my eie persoonlike raamwerk betrag het.

Ja, natuurlik, die Christelike gelowiges is verdeeld. Soos
u tereg opmerk is dit voor die hand liggend as mens na al
die verskillende denominasies kyk wat elk die waarhede van die
Bybel verskillend interpreteer.

Maar kom ons kyk na daardie verskille. Neem die Metodis, wat bv.
die uitverkiesingsleer verwerp, teenoor die Gereformeerde wat
dit aanhang. Of die Baptis wat die grootdoop voorstaan en
die Metdodis en Gereformeerde en andere wat dit verwerp. Tipies
is die verskille dinge waaroor Gods Woord hom nie duidelik
uitlaat nie. Daarby gesê bevind ons onsself in 'n gevalle wêreld
waar die sonde telkens seëvier en dit is dus te wagte.

Neem nou Ubuntu. Weereens, soos u tereg opmerk, is daar
verskeie toepassings van die begrip. Net soos Christenskap
kan dit vir sleg sowel as goed aangewend word.

Hier is dus 'n ooreenkoms.

Die verskil is dat die Christelike geloof 'n maatstaf het waarteen
reg of verkeerd gemeet kan word. In Ubuntu ontbreek dit.

Wie is ek om vir die Zoeloe te sê: "Jy doen verkeerd as jy 'n ander
man doodslaan omdat dit teen die beginsels van Ubuntu indruis",
terwyl die Zoeloe self Ubuntu as sy regverdiging van die wandaad
gebruik. Daarteenoor is dit maklik om die daad op Christelike gronde
te veroordeel, ongeag die denominasie van die gelowige.

Ek het spesifiek na WARE Christenskap verwys in my skrywe, om daarmee
te probeer laat blyk dat ek na die strewe verwys om soos Christus te
lewe, en nie verkeerdelike interpretasies wat direk in stryd is met
die Christus-voorbeeld, wat ons telkens in die geskiedenis in die
kerk opmerk, tot vandag toe nog.

Feit bly staan, die gelowige kan sy dade aan die Bybel meet en dan
tot die slotsom kom dat hy verkeerd gehandel het, in stryd met
wat die Bybel leer. Dit het ons in die belydenis van die moderator
van die NG Kerk dat die kerk gesondig het in sy steun aan apartheid
en dat die kerk om vergifnis pleit.

Waaraan meet die disipel van Ubuntu homself? Die maatstaf ontbreek.

'n Stelling van u waarmee ek ongelukkig nie kan saamstem nie, is dat
Chirstenskap nie 'n onmiddelike uitkoms vir ons land en al sy mense
in die huidige bedeling bied nie. Ek glo dat dit wel so 'n uitkoms
bied. Nie as gevolg van die goedheid van die mense wat hulle
Chirstenskap uitleef nie, maar eerder as gevolg van die mag van die
Here wie hulle aanbid.

Die ommeswaai wat in KZN plaasgevind het kort voor die verkiesing is
'n klinklare bewys hiervan. Ek en baie ander skryf hierdie ommeswaai
direk toe aan die verhoor van duisende gebede wat regoor die wêreld
aan God opgedra is om in te gryp. Miskien weet u ook van die massa-
saamtrek by Kingspark in Durban waar duisende gelowiges saam
spesifiek oor die saak gebid het. En dit het gebeur.

Weereens vra ek: kon Ubuntu die ommeswaai bewerkstellig het? Ek is
bevrees nie, want tot wie bid die disipel van Ubuntu en wie is daar
om die gebed te verhoor?

Hierdie vraag ignoreer natuurlik u Sothovriend se verduideliking dat
Ubuntu 'n harmonieuse verhouding met medemens, natuur SOWEL as God
beteken. Vraag is: wie is die God? Onder die swartmense met wie ek
te doene het, is die Godsbegrip diep ingeketen. Umvelinqangi, Hy-Wat-
Van-Die-Begin-Af-Bestaan, meen ek is 'n eeue-oue begrip. Eerder as
'n hulpmiddel is dit egter 'n las in evangelisasie omdat dit
Christus as Middelaar uitsluit. Van die uitgangspunt dat die
Christelike geloof die enigste ware geloof is, dra Ubuntu niks by
om die gelowige selfs beter te maak nie, maar die gevaar dat hy
as gevolg van Ubuntu en sy geloof in Umvelinqangi vir Christus
verwerp bestaan wel.

Dit is egter nie al rede hoekom Christenskap 'n uitkoms bied nie. Tot
'n mindere mate is daar is ook die verdraagsaamheid van die gelowige.
Dieselfde verdraagsaamheid kan weliswaar ook bestaan as gevolg van
'n aanhang na die Ubuntufilosofie, maar soos u self sê, dit gaan die
vuurdoop nie weerstaan nie, want mense is feilbaar. Daarenteen maak
die gelowige nie op homself staat om die Christus-voorbeeld te volg
nie, maar eerder op die werking van die Heilige Gees wat van sondaars
heiliges maak. Weereens, AS hy dan tog faal as gevolg van
ongehoorsaamheid teen die leiding van die Heilige Gees, dan is dit
dieselfde Gees wat hom van sy sonde sal oortuig en hom tot
skuldbekentenis bring. Ubuntu maak staat op slegs die gedisiplineerde
navolging van 'n lewensfilosofie, en as daardie filosofie dan verkeerd
toegepas word is daar niks om die mens te oortuig dat hy verkeerd
gehandel het nie.

Ek dink dat as ek as Christen my opinie oor Ubuntu wil saamvat sal ek
die volgende sê:

Ubuntu is 'n voordelige filosofie wat wel, soos u opmerk, bewys is van
God se algemene genade. Terloops, ek het nooit voorheen so daaraan gedink
nie. Dit is pragtig. Ek wil egter nie Ubuntu voorstaan as 'n filosfie
om te probeer uitbou (of herstel) in ons land nie, want dit dra niks
by wat die ware Christelike geloof nie in elk geval doen nie. Om te sê:
Kom ons laat Ubuntu weer leef! is ook gevaarlik want dit het geen
konkrete maatstaf nie en kan dan verkeerd toegepas word. Meer nog,
Ubuntu bewerkstellig nie 'n saligheid in die hiernamaals nie, wat tog
die uiteindelike doelwit is, en nie bloot 'n harmonieuse saamleef op
aarde nie. Ubuntu as filosofie SAAM met Christenskap dra tot die
Christenskap niks by nie, en Ubuntu sonder Christenskap bied slegs
vae, feilbare en tydelike voordele.

Kom ons arbei eerder om mense te bekeer tot die ware geloof. Kom ons
streef eerder om self ons Christenskap so uit te leef dat dit wel 'n
verskil maak in ons onmiddellike omstandighede.

Dis hoe ek die ding sien.
Re: Ubuntu - vgl Was Afrikaners Nazis? [boodskap #9250 is 'n antwoord op boodskap #9249] Wo, 30 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article a@b.c (Wen) writes:
> From: a@b.c (Wen)
> Subject: Ubuntu - vgl Was Afrikaners Nazis?
> Date: Tue, 29 Apr 97 17:37:15 GMT

> Hmmmm ... ubuntu ... 'n woord wat ek 'n jaar of twee gelede vir
> die eerste keer in witmanstaal opgemerk het. Tog ken ek die woord
> al jare in die swart omgangstaal.

> . . .

> Ek sou 'n Christelike lewenswyse baie eerder as ubuntu wou voorstel as 'n
> moontlike oplossing vir ons probleme. Nie kapitalisme, of sosialisme, of
> demokrasie of ENGIGE ander lewensuitkyk kan in my opinie by ware
> Christenskap kers vas hou nie.

Terloops: Justus Tsungu (hoop die spelling is reg) bied
'n godsdiensprogram op Radio Kansel aan met die naam UBUNTU.
Volgens hom word dit mooi op Afrikaans gehoor as: O BOONTOE.
Re: Ubuntu - vgl Was Afrikaners Nazis? [boodskap #9263 is 'n antwoord op boodskap #9249] Vr, 02 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Wen wrote in article
...
> Ek waardeer AM de Lange se aanmerkings baie. Dit gee my 'n
> wyer beeld van konsepte wat ek, regtelik of verkeerdelik, tot
> dusver slegs binne my eie persoonlike raamwerk betrag
het.

'Wen', ek waardeer jou openhartige en verantwoordelike
gesprek net so baie.

> Ja, natuurlik, die Christelike gelowiges is verdeeld. Soos
> u tereg opmerk is dit voor die hand liggend as mens na al
> die verskillende denominasies kyk wat elk die waarhede van die
> Bybel verskillend interpreteer.

Die saak van hoe om die Bybel te interpreteer, is baie
belangrik. Ek sal later weer daarby uitkom. Ek wil nou net
die volgende se. Een van die maklikste en gevaarlikste
maniere om die Bybel verkeerd te interpreteer, is om die
Bybel fragmentaries (selektief) te lees. Die Bybel se self
dat die ganse Bybel (hele Woord) in ag geneem moet word.

> Maar kom ons kyk na daardie verskille. Neem die Metodis, wat bv.
> die uitverkiesingsleer verwerp, teenoor die Gereformeerde wat
> dit aanhang. Of die Baptis wat die grootdoop voorstaan en
> die Metdodis en Gereformeerde en andere wat dit verwerp. Tipies
> is die verskille dinge waaroor Gods Woord hom nie duidelik
> uitlaat nie. Daarby gesê bevind ons onsself in 'n gevalle wêreld
> waar die sonde telkens seëvier en dit is dus te wagte.

Somtyds laat die die Woord meer as een moontlikheid toe.
Ongelukkig fragmenteer mense die Bybel dan tot net een
moontlikheid.

> Neem nou Ubuntu. Weereens, soos u tereg opmerk, is daar
> verskeie toepassings van die begrip. Net soos Christenskap
> kan dit vir sleg sowel as goed aangewend word.
>
> Hier is dus 'n ooreenkoms.
>
> Die verskil is dat die Christelike geloof 'n maatstaf het waarteen
> reg of verkeerd gemeet kan word. In Ubuntu ontbreek dit.

Ek moet met jou verskil. Ons moet nooit dink dat wanneer 'n
maatstaf nie in gedrukte vorm beskikbaar is nie, dit nie
meer 'n maatstaf is nie. Die 'konstitusie' van die
Vereningde Koninkryk is 'n klassieke voorbeeld. Ek noem dit
omdat wanneer ons van ubuntu praat, moet ons in ag neem dat
weinig geskrewe dokumente in die meeste bantoe tale van
Suid Afrika skaars ouer as honderd jaar is. Die maatstaf
vir Ubuntu is gelee in 'n woordelikse (orale) tradisie.
Ongelukkig het die verwestering van hierdie mense groot
skade aan hulle orale tradisie gedoen nog voordat dit
opgeteken kon word.

> Wie is ek om vir die Zoeloe te sê: "Jy doen verkeerd as jy 'n ander
> man doodslaan omdat dit teen die beginsels van Ubuntu indruis",
> terwyl die Zoeloe self Ubuntu as sy regverdiging van die wandaad
> gebruik.

Omdat ek nie 'n Zoeloe is nie, kan ek maar net as 'n
buitestaander hierop antwoord. Maar ek het gesorg dat ek
antwoorde kry en nie my eie antwoorde probeer indink nie.
Daar is mense, wat ubuntu beter ken as ek, wat van mening
is dat iemand wat 'n wandaad (moord, roof, verkragting,
laster) in die naam van ubuntu pleeg, juis bewys lewer dat
hulle nie meer ububtu het nie. Dit laat my sterk dink aan
die Brief van Jakobus. Hy waarsku dat ons dade met ons
woorde moet klop alvorens ons woorde gewig dra.

> Daarteenoor is dit maklik om die daad op Christelike gronde
> te veroordeel, ongeag die denominasie van die gelowige.

Miskien is dit wat jy geskryf het, een van die groot foute
van die christene gewees. Hulle veroordeel te maklik.
Daardeur het hulle oor die ganse wereld baie meer vyande as
vriende gemaak. Ek sou eerder se dat dit moontlik is om die
daad in terme van die Skrif te BEoordeel EN dat dit met
groot omsigtigheid gedoen moet word.

> Ek het spesifiek na WARE Christenskap verwys in my skrywe, om daarmee
> te probeer laat blyk dat ek na die strewe verwys om soos Christus te
> lewe, en nie verkeerdelike interpretasies wat direk in stryd is met
> die Christus-voorbeeld, wat ons telkens in die geskiedenis in die
> kerk opmerk, tot vandag toe nog.

Ek stem met jou volmondig saam. In Jesus het God se Woord
vlees geword. Deur Jesus te aanskou, kan ons presies weet
hoe God wil he ons moet lewe. Sonder Sy lewe is ons nie in
staat om die Bybel te verstaan nie.

> Feit bly staan, die gelowige kan sy dade aan die Bybel meet en dan
> tot die slotsom kom dat hy verkeerd gehandel het, in stryd met
> wat die Bybel leer. Dit het ons in die belydenis van die moderator
> van die NG Kerk dat die kerk gesondig het in sy steun aan apartheid
> en dat die kerk om vergifnis pleit.

Ek gaan nie poog om 'n definisie van Apartheid te gee nie.
Maar ek wil die volgende noem. As student wat op die PU vir
CHO in die natuurwetenskappe gestudeer het in die vroee
sestigs, het ek diep onder die indruk gekom prof HG Stoker
('n filosoof) se beginsel van Eenheid-in-Verskeidenheid.
Dit het gemaak dat ek 'n paar jaar later begin dink het aan
saam-eie-ontwikkeling. Ongelukkig het Apartheid toe nuwe
name gekry soos Afsonderlike Ontwikkeling en Eiesoortige
Ontwikkeling, sonder dat die fragmentasie en selektiewe
belang van Apartheid vernietig is. Hierdie nuwe name vir
Apartheid het gemaak dat ek baie meer gesukkel het om
uiteindelik die twee groot sondes in Apartheid raak te
sien, naamlik fragmentasie en selektiewe belang. Ek bely
onomwonde dat fragmentasie en selektiewe belang verkeerd
is. Ek bely dat ek van die Here vergifenis ontvang het vir
my aandeel daarin, ten spyte dat ek jare geworstel het om
dit as verkeerd te begryp. Ek vra my mede landgenote om my
in hierdie gees te aanvaar. Verder onderneem ek om al my
landgenote se belange te bevorder volgens elkeen se aard,
selfs in my kritiek.

> Waaraan meet die disipel van Ubuntu homself? Die maatstaf
ontbreek.

Soos ek aan die begin geskryf het, daar is wel 'n maatstaf,
maar omdat dit nie op skrif staan nie, sien ons dit nie
raak nie.

Netso is die Bybel 'n maatstaf hoe om as christen te lewe,
maar die Bybel word dikwels nie nougeset en omsigtig gelees
nie, al is dit in skrif beskikbaar. 'n Ongelese Bybel is
nie 'n maatstaf nie.

> 'n Stelling van u waarmee ek ongelukkig nie kan saamstem nie, is dat
> Chirstenskap nie 'n onmiddelike uitkoms vir ons land en al sy mense
> in die huidige bedeling bied nie. Ek glo dat dit wel so 'n uitkoms
> bied. Nie as gevolg van die goedheid van die mense wat hulle
> Chirstenskap uitleef nie, maar eerder as gevolg van die mag van die
> Here wie hulle aanbid.

Ek glo dit ook en dat in die laaste dae twee getuies
(olyfbome) sal opstaan om te wys dat dit moontlik is.

Maar, ons moet na die geskiedenis van die hele wereld kyk
om te weet waar ons is en waarheen ons op pad is. Suid
Afrika kan nie los gemaak word van die wereld en sy
geskiedenis nie. As ek so na die geskiedenis van gelowiges
oor die ganse wereld kyk, bespeur ek vier tydvakke. Die
eerste tydvak strek tot net voor Abraham en Job. Ek noem
dit die Stil tydvak. Die tweede tydvak strek van Abraham en
Job tot voor Jesus se openbare optrede. Dit word gewoonlik
die Voorchristelike tydvak genoem. Die derde tydvak strek
van Jesus se openbare optrede tot net na die Tweede
Werelsoorlog. Dit word gewoonlik die Christelike tydvak
genoem. Ons lewe nou in die vierde tydvak wat die
Nachristelike tydvak genoem kan word.

Jeremia het die onbenydenswaardige taak gehad om aan te
kondig dat die aardse koninkryk van Dawid vir goed verby
was. Baie het opgehou om Jesus te volg toe Hy gese het dat
hy nie gekom het om hierdie koninkryk te kom herstel nie.
Daniel en Johannes het visioene van God gekry van 'n
geleidelike verval tot die uiterste toe. Hiervan sal ons
nie kan loskom nie.

Ek stem met jou saam dat ons onder ons moet beywer vir 'n
christelike leefwyse sodat die krag van die Here kan
sigbaar word. Maar wat ons nie mag doen nie, is om 'n
christelike leefwyse op alle mense af te forseer. Ons moet
eerder die Heilige Gees toelaat om 'n spontane verandering
by hierdie mense teweeg te bring in die lig van die Skrif.

> Die ommeswaai wat in KZN plaasgevind het kort voor die verkiesing is
> 'n klinklare bewys hiervan. Ek en baie ander skryf hierdie ommeswaai
> direk toe aan die verhoor van duisende gebede wat regoor die wêreld
> aan God opgedra is om in te gryp. Miskien weet u ook van die massa-
> saamtrek by Kingspark in Durban waar duisende gelowiges saam
> spesifiek oor die saak gebid het. En dit het gebeur.

Dit is waar. Prys die Here. Mag dit nie weg sterf nie.

> Weereens vra ek: kon Ubuntu die ommeswaai bewerkstellig het? Ek is
> bevrees nie, want tot wie bid die disipel van Ubuntu en wie is daar
> om die gebed te verhoor?

Ubuntu kan nie 'n wonderwerk lewer nie (so 'n groot
verandering in so 'n kort tyd). Maar sou daar meer en beter
ubuntu gewees het, sou daar nie so 'n groot afval en dus
omswaai gewees het nie. 'n Mens kan nie meer afval bepleit
sodat die genade groter kan wees nie (verhelyk Paulus).)

> Hierdie vraag ignoreer natuurlik u Sothovriend se verduideliking dat
> Ubuntu 'n harmonieuse verhouding met medemens, natuur SOWEL as God
> beteken. Vraag is: wie is die God? Onder die swartmense met wie ek
> te doene het, is die Godsbegrip diep ingeketen. Umvelinqangi, Hy-Wat-
> Van-Die-Begin-Af-Bestaan, meen ek is 'n eeue-oue begrip. Eerder as
> 'n hulpmiddel is dit egter 'n las in evangelisasie omdat dit
> Christus as Middelaar uitsluit.

Weereens, dit is waar van alle godsdienste (soos Judais,
Moslem, Bhoedis, Hindoe) wat 'n morele dimensie het. Die is
selfs waar van die Christen geloof. (lees maar die bief ann
die gemeente van Laodisi"e). Baie mense hang die
christelike geloof nog aan omdat dit vir hulle soveel
morele waarde (ubuntu) het, gaan gereeld kerk toe, sit in
kerkrade, bedien die armes en lydendes, ensovoorts. Dis vir
hulle net so moeilik om Jesus as die Christus te leer ken.
Ek weet selfs van dominies wat nadat hulle tot die
bediening toegalaat is, eers tot bekering gekom het. Ek sou
dus nie se dat spesifiek ubuntu 'n las in evangelisasie is
nie. Die grootste las is selfgeregtigheid. Maar dit is ook
'n groot las in die bevordering van ubuntu.

> Van die uitgangspunt dat die
> Christelike geloof die enigste ware geloof is, dra Ubuntu niks by
> om die gelowige selfs beter te maak nie, maar die gevaar dat hy
> as gevolg van Ubuntu en sy geloof in Umvelinqangi vir Christus
> verwerp bestaan wel.

Wat jy gese het, is ook waar vir dinge soos die wetenskap
en die kunste. En tog beoefen die gelowige die wetenskap en
die kunste. Byvoorbeeld, die sendelinge het die geskrewe
literatuurkuns onder nasies wat nie kon skryf nie, meer
bevorder as besighede, kultuurorganisasies en regerings te
same. Waarom? Omdat 'n christen alles bevorder wat goed is
want dit alles is bevorderlik vir 'n christelike leefwyse.

> Dit is egter nie al rede hoekom Christenskap 'n uitkoms bied nie. Tot
> 'n mindere mate is daar is ook die verdraagsaamheid van die gelowige.
> Dieselfde verdraagsaamheid kan weliswaar ook bestaan as gevolg van
> 'n aanhang na die Ubuntufilosofie, maar soos u self sê, dit gaan die
> vuurdoop nie weerstaan nie, want mense is feilbaar. Daarenteen maak
> die gelowige nie op homself staat om die Christus-voorbeeld te volg
> nie, maar eerder op die werking van die Heilige Gees wat van sondaars
> heiliges maak. Weereens, AS hy dan tog faal as gevolg van

> ongehoorsaamheid teen die leiding van die Heilige Gees, dan is dit
> dieselfde Gees wat hom van sy sonde sal oortuig en hom tot
> skuldbekentenis bring. Ubuntu maak staat op slegs die gedisiplineerde
> navolging van 'n lewensfilosofie, en as daardie filosofie dan verkeerd
> toegepas word is daar niks om die mens te oortuig dat hy verkeerd
> gehandel het nie.

Wat jy se, is waar van alle lewnesfilosofi"e. Dink selfs
maar aan die Calvinisme in Suid Afrika gedurende die
grootste deel van Apartheid se bestaan.

> Ek dink dat as ek as Christen my opinie oor Ubuntu wil saamvat sal ek
> die volgende sê:
>
> Ubuntu is 'n voordelige filosofie wat wel, soos u opmerk, bewys is van
> God se algemene genade. Terloops, ek het nooit voorheen so daaraan gedink
> nie. Dit is pragtig. Ek wil egter nie Ubuntu voorstaan as 'n filosfie
> om te probeer uitbou (of herstel) in ons land nie, want dit dra niks
> by wat die ware Christelike geloof nie in elk geval doen nie. Om te sê:
> Kom ons laat Ubuntu weer leef! is ook gevaarlik want dit het geen
> konkrete maatstaf nie en kan dan verkeerd toegepas word. Meer nog,
> Ubuntu bewerkstellig nie 'n saligheid in die hiernamaals nie, wat tog
> die uiteindelike doelwit is, en nie bloot 'n harmonieuse saamleef op
> aarde nie. Ubuntu as filosofie SAAM met Christenskap dra tot die
> Christenskap niks by nie, en Ubuntu sonder Christenskap bied slegs
> vae, feilbare en tydelike voordele.

Ek beywer my in die besonder vir die leefyse van 'n
wedergebore christen. Maar ek beywer my ook in die algemeen
vir ander lewenswyses wat nie teenstrydig met hierdie
leefwyse is nie. Met 'nie teenstrydig nie' bedoel ek dat
die lewenswyse nie die Evangelie aktief moet beveg nie. Dit
is om dieselfde rede hoekom ons ook ons regering moet
gehoorsaam wees.

So 'n ywer kan nogal taai word. Byvoorbeeld, hoe belangrik
is die verkondiging van die Evangelie in 'n persoon se
moedertaal. Word die Evangelie beveg as die persoon se
moedertaal vertrap word sodat die persoon daardeur
ontmagtig word?

> Kom ons arbei eerder om mense te bekeer tot die ware geloof. Kom ons
> streef eerder om self ons Christenskap so uit te leef dat dit wel 'n
> verskil maak in ons onmiddellike omstandighede.
>
> Dis hoe ek die ding sien.

Ek stem saam dat ons nie onbetrokke kan leef nie. Ek het
probeer omskryf hoe ek dit probeer doen. Dit gaan nie aldag
so maklik en lekker nie. Dank God dat Hy verstaan en
vergewe om Jesus ontwil waar ons opreg berou het.

Nogmaals, baie dankie vir die manier waarop jy die saak
benader het.

En vergeet daardie 'u'. Dit en 'oom' is omtrent ewe erg.
Drie jaar gelede het jong mense vir my begin se 'oubaas'.
(Ek moet hulle 'n slag woestyn toe vat en kyk wat sê hulle
dan.) Dis seker die verloop van die lewe. Dog, ek is nie so
oud of so verhewe dat ek sulke aansprekvorms verdien nie.
Noem my sommer At en 'jy en 'jou' sonder om skaam te voel.
My kleindogter noem my 'Oupa', maar verder 'jy' en 'jou' sy
my asof ek haar boesemvriend is. Ek wil dit nie anders he
nie. Sy vertel my die kosbaarste dinge gesien vanuit haar
kinderlike lewe. So 'n week gelede het sy en ek die
insident van die Blou Hond verwerk. Maar daaroor later
miskien meer.

Aan die res: toemaar. ek sal nie gou weer so 'n lang opstel
skryf nie.

Beste wense.
At de Lange
Vorige onderwerp: groeten uit nederland
Volgende onderwerp: Aggenee, Zuma !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 06:01:56 MGT 2024