Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aggenee, Zuma !
Aggenee, Zuma ! [boodskap #9087] Wo, 16 April 1997 00:00 na volgende boodskap
Louis  is tans af-lyn  Louis
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Het julle die nuutste gehoor ?

Haar edele (Dr ???) Zuma, agbare (???) minister van gesondheid reken vigs
versprei vinniger onder armes omdat hulle nie bevoorreg is om te gaan fliek
of te gaan swem nie. Gevolglik word hulle geforseer om seks te beoefen en
daarom versprei HIV vinniger onder hierdie klas burgers.

Julle daar oorsee, dink julle nog om terug te keer na die Godsverlate plek
? Kyk net watse onnosele stellings maak ons nuwe leiers. Wat van nog 'n
Sarafina om geld te in vir swembaddens en flieks vir die armes ?
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9092 is 'n antwoord op boodskap #9087] Do, 17 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> Het julle die nuutste gehoor ?
>
> Haar edele (Dr ???) Zuma, agbare (???) minister van gesondheid reken vigs
> versprei vinniger onder armes omdat hulle nie bevoorreg is om te gaan fliek
> of te gaan swem nie. Gevolglik word hulle geforseer om seks te beoefen en
> daarom versprei HIV vinniger onder hierdie klas burgers.
>

Die klomp by die AIDS konferensie het gedink sy was heel goed want sy is
gekies as een of ander voorsitter van 'n komitee. (Miskien het sy gesê wat
die res van die wereld van Afrika dink?). Dit sou interesant gewees het om die
kritiek, rook, en vlamme te sien as iemand met 'n wit vel en 'n groot
bankrekening dit gesê het.

Terloops sy het gister bekend gemaak dat 1909 wettige aborsies gedoen is
sedert die Aborsie wetgewing deurgevoer is. Min Bengu kan nou sy beplanning
aanpas - bou een skool minder vir elke 2000 aborsies wat deurgevoer word.
Miskien kan die minister van Ontspanning en Swem die geld dan kry om 'n paar
swembaddens en flieks te bou :}
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9099 is 'n antwoord op boodskap #9087] Vr, 18 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , l...@cis.co.za says...
>
> Het julle die nuutste gehoor ?
>
> Haar edele (Dr ???) Zuma, agbare (???) minister van gesondheid reken vigs
> versprei vinniger onder armes omdat hulle nie bevoorreg is om te gaan fliek
> of te gaan swem nie. Gevolglik word hulle geforseer om seks te beoefen en
> daarom versprei HIV vinniger onder hierdie klas burgers.
>
> Julle daar oorsee, dink julle nog om terug te keer na die Godsverlate plek
> ? Kyk net watse onnosele stellings maak ons nuwe leiers. Wat van nog 'n
> Sarafina om geld te in vir swembaddens en flieks vir die armes ?
>

Dis een van die beste uitsprake wat ek nog 'n
Gesondheidsminister hoor maak het. Dis 'n wel-
bekende feit dat hoe hoëer die lewenspeil van
mense is, hoe minder hulle sulke siektes soos
vigs opdoen. Om die ekonomiese peil van 'n
bevolking te verhoog, is ook 'n bewese metode
om die geboortesyfers van 'n bevolkingsgroep
in toom te hou. Hoe meer veral die vroue in 'n
bevolkingsgroep voel dat daar iets is om voor te
lewe, hoe laer word die bevolkingsaanwas.
Sal ek vir jou 'n lysie maak van die uitsprake
van ministers uit die vorige regime. Dit is oor
sulke uitsprake dat ek uit die land weg is.
Gloudina Bouwer
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9105 is 'n antwoord op boodskap #9087] Sa, 19 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina,

Weereens bewys jy dat jy nie weet waarvan jy praat nie. Maar soos
gewoontlik is dit makliker om die blaam op ander te plaas as om self
verantwoordelikheid vir aksies te neem.

Kondome en voorbehoedmiddels was nog altyd vry/ gratis/verniet beskikbaar
aan almal, ongeag kleur, ras of kultuur. Maar indien jy nou ver genoeg
kan terug dink het een van die ANC leiers lank,baie lank gelede vir die
mense gesê om nie die middels te gebruik nie, want dit is die witman se
manier om te verseker dat hulle bevolking nie groei nie. Maar natuurlik
sal dit volgens julle nooit gesê wees nie. Volgende keer wat ek in SA
gaan kuier sal ek die bewysse daarvan saam bring. Voor die liewe mevr.
Zuma oorgeneem het was daar hoë gehalte gesondheid sorg vir almal of jy
kan betaal of nie, nou is die gehalte gesondheid sorg so laag en minder
mense het toegang daar toe, want almal moet nou betaal of hulle kan of
nie. En natuurlik die ingevoerde dokters se sorg is van so aard dat jy NIE
mediese hulp wil soek nie.

JHV

----------------------------------------------oOo----------- --------------
-------------------------
Dis een van die beste uitsprake wat ek nog 'n
Gesondheidsminister hoor maak het. Dis 'n wel-
bekende feit dat hoe hoëer die lewenspeil van
mense is, hoe minder hulle sulke siektes soos
vigs opdoen. Om die ekonomiese peil van 'n
bevolking te verhoog, is ook 'n bewese metode
om die geboortesyfers van 'n bevolkingsgroep
in toom te hou. Hoe meer veral die vroue in 'n
bevolkingsgroep voel dat daar iets is om voor te
lewe, hoe laer word die bevolkingsaanwas.
Sal ek vir jou 'n lysie maak van die uitsprake
van ministers uit die vorige regime. Dit is oor
sulke uitsprake dat ek uit die land weg is.
Gloudina Bouwer
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9108 is 'n antwoord op boodskap #9087] So, 20 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Apr 1997 17:55:39 GMT, "Louis" <l...@cis.co.za> wrote:

<<<>Haar edele (Dr ???) Zuma, agbare (???) minister van gesondheid reken vigs
> versprei vinniger onder armes omdat hulle nie bevoorreg is om te gaan fliek
> of te gaan swem nie. Gevolglik word hulle geforseer om seks te beoefen en
> daarom versprei HIV vinniger onder hierdie klas burgers.>>>

Ek weet nie, maar miskien lyk haar uitspraak anders as 'n mens daaraan
dink terwyl jy in 'n township staan waar die kafee 'n km verder
eintlik die enigste afleiding vir die gees is.
Geen rugby/sokker/krieket.
Geen park.
Geen fliek.
Geen biblioteek.
Geen swembad.
Geen geld om rolskaatse te koop nie. In elk geval geen plek om dit te
gebruik nie.
Net die mense op die straat wat heeldag met mekaar opgeskeep sit.

Die uitspraak is 'n bietjie silly vanuit 'n middelklas buurt.
Ek het net so 'n idee dit klink effens anders in die "wasteland" van
'n plakkerskamp.
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9117 is 'n antwoord op boodskap #9087] Ma, 21 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Be...  is tans af-lyn  Be...
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
In Article<3358b52b...@hermes.is.co.za>, <fe...@is.co.za> writes:

> <<>Die klomp by die AIDS konferensie het gedink sy was heel goed want sy is
> >gekies as een of ander voorsitter van 'n komitee. (Miskien het sy gese^ wat
> >die res van die wereld van Afrika dink?).....>>>>
>
> O, was jy daar, Lou?
>

Nee ek was nie, was jy?
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9118 is 'n antwoord op boodskap #9087] Ma, 21 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
&lt;ech...  is tans af-lyn  &lt;ech...
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
xfiles wrote in article
...
>
> Ek weet ook uit ondervinding hoe moeilik dit is om kultuurveranderinge
> teweeg te bring
> Dit help ook nie om te "sneer" nie
> Groetjes
> Xfiles

Kom ons wag dat Koos sy uitspraak lewer. ??? !!! Kom nou Koos ons wag
inspanning.
> Ja-ja praat:
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9119 is 'n antwoord op boodskap #9087] Ma, 21 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 20 Apr 1997 14:28:11 GMT, fe...@is.co.za (Ferdi) wrote:

>
> On 16 Apr 1997 17:55:39 GMT, "Louis" wrote:
>
>
> > versprei vinniger onder armes omdat hulle nie bevoorreg is om te gaan fliek
>> of te gaan swem nie. Gevolglik word hulle geforseer om seks te beoefen en
>> daarom versprei HIV vinniger onder hierdie klas burgers.>>>
>
> Ek weet nie, maar miskien lyk haar uitspraak anders as 'n mens daaraan
> dink terwyl jy in 'n township staan waar die kafee 'n km verder
> eintlik die enigste afleiding vir die gees is.
> Geen rugby/sokker/krieket.
-- kinders speel oral sokker en krieket op straat

> Geen park.
-- min parke

> Geen fliek.
-- meeste shacks het tv's en radio

> Geen biblioteek.
-- dis waar, sodra meer mense kan lees, sal die gemeenskap
-- met hul belasting wat hulle betaal een kan laat bou

> Geen swembad.
--- sjoe, dis 'n luuksheid

> Geen geld om rolskaatse te koop nie. In elk geval geen plek om dit te
> gebruik nie.
--- maar die mense sit en drink eerder bier, al maak die
vrouens dit self vir goedkoop

> Net die mense op die straat wat heeldag met mekaar opgeskeep sit.
--- wel hulle kan goedkoop kites maak en kites vlieg, die
rommel in die omgewing skoonmaak, prentjies teken, tuin
maak, bome plant van stiggies af, prentjie boekies lees,
sing, ...
>
> Die uitspraak is 'n bietjie silly vanuit 'n middelklas buurt.
> Ek het net so 'n idee dit klink effens anders in die "wasteland" van
> 'n plakkerskamp.

--ek stem saam, maar ek vermoed dat aids vinniger in sekere
groepe versprei weens onkunde daarvan (sarafina het
probeer, maar het natuurlik nie 'n kondoom gebruik nie),
tradisionele houdings (groot families en die houding dat
die kondoom 'n 'whitey conspiracy against blacks' is.)

sit 'n kondoom om zuma se kop en druk haar in
boesak se gat op, miskien sal sy daar 'n pot
vol goud kry ..

ek weet ek is dalk te kru, maar dis hoe ek op
die oomblik voel, sinies en teleurgesteld met
die apatetiese houding wat heers.

aan die een kant die welgesteldes, wat wegkruip
in hulle tronkies en kla oor geweld, pryse, inbrake,
en dies meer..
aan die ander kant die armes, wat alles wil het,
maar min wil werk en kla oor geweld, onregverdigheid,
pryse, inbrake in dies meer.

Suid-afrikaners het baie werk om te doen,
maar hardloop in sirkels rond en gooi
mekaar met klippe.....

niemand is reg of verkeerd nie,
aids is niemand se skuld nie,
elke persoon is verantwoordelik
vir hul eie liggaam en die veilighouding
daarvan.

vergeet van die staat en neem
volle verantwoordelikheid vir
jouself.

----------------------------plant 'n boom - Vyg Fynbos

>

>
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9141 is 'n antwoord op boodskap #9087] Di, 22 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi/Koos skryf:
>> "Ek weet nie, maar miskien lyk haar uitspraak anders as 'n mens daaraan
dink terwyl jy in 'n township staan waar die kafee 'n km verder
eintlik die enigste afleiding vir die gees is.
Geen rugby/sokker/krieket.
Geen park.
Geen fliek.
Geen biblioteek.
Geen swembad.
Geen geld om rolskaatse te koop nie. In elk geval geen plek om dit te
gebruik nie.
Net die mense op die straat wat heeldag met mekaar opgeskeep sit.

Die uitspraak is 'n bietjie silly vanuit 'n middelklas buurt.
Ek het net so 'n idee dit klink effens anders in die "wasteland" van
'n plakkerskamp."
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9142 is 'n antwoord op boodskap #9087] Di, 22 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Xfiles skryf:

>>"Ons het net soveel probleme hier om van die Suider Rasse (natuurlik
nie almal nie) en van die ander derde wereld lande te kry om kondome te
gebruik. Te macho daarvoor, of te skaam of soms is die kondome te
klein."
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9169 is 'n antwoord op boodskap #9087] Wo, 23 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Apr 1997 00:54:55 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:

het, voor die BOSE witvelle oorgeneem het en geblameer kan word vir alles.>>>[/color]

Ek weet nie. Party swartmense se hulle was beter af.
Ek het in elk geval nog nooit 'n swartmens hoor se dat die witmense
vir alles geblameer moet word nie.

>

Ja wel, behalwe natuurlik om te worry oor waardefok jy kos gaan kry en
dan bokke in te hardloop of te bekruip en vir die leeus weg te
hardloop en so aan.
Dit was waarskynlik stresvol.
Dis dalk hoekom die gemiddelde ouderdomme so laag was.

kultuur om hulle vrugbaarheid te bewys voor die man die vrou neem as sy[/color]
> vrou? En word dit nog steeds toe gepas in sommige areas, maar dit sal nie
> regverdig klink om die blaam te plaas waar dit hoort nie, nee plaas dit
> eerder op die mense wat die gratis kondome versprei. >>

Snaaks hoe baie witmense ek van weet wat meer as twee kinders het en
trots daarop is.
Sommige swartmense dink nog so ja. Dit gaan in die algemeen saam met
die vlak van opvoeding en bemagtiging.

maniere oorgedra.......1. Deur liggaamsvloeistof (semen en[/color]
> bloed)........2. deur die gebruik van die selfde spuitnaalde (dwelmslawe)>>>

En bloedoortappings met besmette bloed.
En dis 'n siekte wat ewe wild onder wit en swart loop.

kondome ook gesny saam met die onderrig en opleiding van die
mense wat dit die nodigste het.>>>

Gaan begin jou argument met Rina Venter.
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9186 is 'n antwoord op boodskap #9087] Do, 24 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Koos (fe...@is.co.za) wrote:
: On 22 Apr 1997 00:54:55 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:
: >kultuur om hulle vrugbaarheid te bewys voor die man die vrou neem as sy
: >vrou? En word dit nog steeds toe gepas in sommige areas, maar dit sal nie
: >regverdig klink om die blaam te plaas waar dit hoort nie, nee plaas dit
: >eerder op die mense wat die gratis kondome versprei. >>

: Snaaks hoe baie witmense ek van weet wat meer as twee kinders het en
: trots daarop is.

Hulle kan dit oor die algemeen bekostig

: Sommige swartmense dink nog so ja. Dit gaan in die algemeen saam met
: die vlak van opvoeding en bemagtiging.

Sommige?

Kom uit die stad uit en word wys...
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9207 is 'n antwoord op boodskap #9087] Vr, 25 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Apr 1997 16:51:31 GMT, vy...@loxinfo.co.th wrote:

Geen rugby/sokker/krieket.
> -- kinders speel oral sokker en krieket op straat>>>

Juis. "Op Straat".
Daarin le nogal baie opgesluit.

Geen park.
> -- min parke>>>

Sover ek weet is daar omtrent net een park in die hele Groter Soweto,
byvoorbeeld.
Was jy al in daardie "parke"?

Geen fliek.
> -- meeste shacks het tv's en radio..

Ek dink dit was fliek wat ons hier van praat
En ek weet nie van al die TV's in die shacks nie.

Geen biblioteek.
> -- dis waar, sodra meer mense kan lees, sal die gemeenskap
> -- met hul belasting wat hulle betaal een kan laat bou>>

Gemeenskappe is nie meer apart nie.
Dink jy werklik elke dorp of voorstad samel sy eie belastinggeld in en
wend dit vir homself aan?
Waar kom biblioteke vandaan?
En waar kom funksionele geletterdheid vandaan?
Dit sal vir jou nogal interressant wees om te in die verlede te gesien
het hoe oorvol die Stedelike Stigting se enkele biblioteek-sentrum in
Soweto altyd was.
Van tieners wat huiswerk daar gedoen het en gesit en lees het.

--- sjoe, dis 'n luuksheid>>>[/color]

...waarvan wit gebiede toevallig 'n oorvloed van het.

> gebruik nie.[/color]
> --- maar die mense sit en drink eerder bier, al maak die
> vrouens dit self vir goedkoop>>>

Jy mis die punt so ver - as jy skip was was jy pad Suidpool toe.
Daai bier drink. Ek het dit natuurlik baie en gereeld in die wit
gemeenskappe ook gesien.

Net die mense op die straat wat heeldag met mekaar opgeskeep sit.
> --- wel hulle kan goedkoop kites maak en kites vlieg, >>>

..."let them fly kites" he?

>>[/color]

Dan sit hulle dit op 'n hoop op die sypaadjie.
En wat word dan van die hoop?

>[/color]

Waar? In die groot voorstedelike tuine?

>

Seker ook in die groot voorstedelike tuine.

sing, ...>>>[/color]

Wat van klippies in die straat tel, bid, kerk hou en so aan?

>>[/color]

Soos wit middelklas homoseksuele groepe?

>>[/color]

Al gesien hoeveel wit middelklas meisies "in die moeilikheid" beland?
Hoekom sou dit wees?

vol goud kry ..[/color]
>
> ek weet ek is dalk te kru, maar dis hoe ek op
> die oomblik voel, sinies en teleurgesteld met
> die apatetiese houding wat heers.>>>>

Ek kan dit sien ja.
Jy kak uit en beledig eerder as om te probeer dink of daar wel 'n
probleem is, wat sy aard is en hoekom dit is.

in hulle tronkies en kla oor geweld, pryse, inbrake,[/color]
> en dies meer..
> aan die ander kant die armes, wat alles wil het,
> maar min wil werk en kla oor geweld, onregverdigheid,
> pryse, inbrake in dies meer.>>>

Daar is ander ook.

maar hardloop in sirkels rond en gooi[/color]
> mekaar met klippe.....>>>

Dis reg ja.

aids is niemand se skuld nie,[/color]
> elke persoon is verantwoordelik
> vir hul eie liggaam en die veilighouding
> daarvan.>>>

Gegee die werklikeid dat kennis nie vanself kom nie, dat vooroordele
uit die verlede 'n werklikheid is en dat mense geneig is tot foute.

jouself.>>[/color]

Ongelukkig kan dit net in baie gevalle gebeur as jy die hulpmiddele
het. 'n Mens kan jouself byvoorbeeld nie self leer lees nie.
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9208 is 'n antwoord op boodskap #9087] Vr, 25 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Apr 1997 08:02:05 GMT, van...@ilink.nis.za (Teunis vanRee) wrote:



Betekien dit jy geen nie om vir oorbevolking nie op voorwaarde die
mense wat dit aan die gang gesit het, was ryk?

: die vlak van opvoeding en bemagtiging.[/color]
>
> Sommige?
>
> Kom uit die stad uit en word wys...>>>

Praat jy nou van die skone Miami?

Raai waar woon die meeste mense in SA?
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9247 is 'n antwoord op boodskap #9087] Wo, 30 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi/Koos skryf:

On 19 Apr 1997 03:02:33 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:

aan almal, ongeag kleur, ras of kultuur. >>[/color]

Rerig?
Waar en hoe?
------------------------------------------------oOo--------- --------------
--------------------------------------
Ja regtig. Dit is uitgedeel by enige voorgeboorte kliniek nadat jy 'n
eenvoudige vraelys voltooi het. Ook is mobile klinieke gebruik om dit te
versprei vir diegene wat nie weet van voorgeboorte klinieke nie, die
mobile klinieke het dan ook 'n opleidings program aangebied in die taal
van die inwoners van die woonbuurtes. Dan is daar natuurlik in
samewerking met die rooikruis ea organisasies spesifieke onderrig
programme geloots en so aan.

----------------------------------------------oOo----------- --------------
---------------------------------------

kan terug dink het een van die ANC leiers lank,baie lank gelede vir die[/color]
> mense gesê om nie die middels te gebruik nie, want dit is die witman se
> manier om te verseker dat hulle bevolking nie groei nie. Maar natuurlik
> sal dit volgens julle nooit gesê wees nie. >>>

Kak

Verduidelik dit ook waarom "ANC mense" in die jare tagtig al in
openbare advertensies verskyn het waar hulle geboortebeperking onder
swart mense aanmoedig?
Of waarom die aanwassyfer van swartmense saamloop met hul klim na en
in die middelklasse?
Soos: Op die plattelandse plase waar hulle swak behandel word, kry die
vrouens iets soos tien kinders.
In Soweto was die aanwassyfer in die jare 80 as ek reg onthou iets
onder 3.
En dis natuurlik dieselfde Soweto wat so 'n "hot bed" van ANC-radikale
was.
--------------------------------------------oOo------------- --------------
---------------------------------

Ek het geweet dit sou jou reaksie wees. Maar dit is waar dat die mense
ge-"brainwash" is deur die ANC, en ek is seker dit word nog aan die
onkundiges gedoen. Is jy nie die persoon wat vertel hoe onderdruk die
arme swartes in die jare 80's was nie, nou wil jy sê dat hulle in
advertensies verskyn het terwyl die NP regering aan bewind was. Iets
stink hier. In elk geval tv was en sal altyd 'n verkeerde medium wees om
as onderrig hulpmiddel in SA en Afrika te gebruik. Hoeveel van die swart
mense het elektrisiteit waar hulle in die bos woon soos hulle voorouers om
nie eens te praat van in die plakkers kampe nie, en moet nie die arm
blanke mense vergeet wat nie 'n tv kan bekostig nie. So vir wie het die
ANC die advertensies geplaas, die ryk blankes, of miskien het dit beter
met die swartes gegaan as wat jy die heeltyd nog probeer voorgee.
Verder idnk ek die plaas werkers was almal goed behandel daarom die groot
aanwas en daarom dat hulle kinders kon grootword, in Soweto het die vroue
meer kinders as 3 maar die swak omstandighede waar die kinders in moes
groot word, het die mortaliteit syfers die hoogte laat inskiet sodat die 3
wat dit wel oorleef na 'n goeie getal vir jou en ander oningeligtes lyk.
Veral omdat die vroue eers hulle vrugbaarheid moes bewys voor die man met
haar trou, het jy baie ongehude moeders gekry wat die armoede nog 'n
hupstooitjie in die verkeerde rigting gegee het, en meeste van die tyd het
daardie kinders dit nie oorleef nie, nie net asgevolg van armoede nie,
maar ook die afwesigheid van die ondersteuning van die grootgesinne wat 'n
mens op die platteland en op die plase gekry het.
----------------------------------------oOo----------------- --------------
-------------------------------
>>[/color]

Sien uit daarna.

>>[/color]

Verkeerd.
Al is dit soos jy dit wil sien.
Dit het onder Rina Venter begin.
Onthou jy haar?
Sy het die obenbare hospitale se begrotings begin sny dat mense met
dodelike chroniese siektes byvoorbeeld die een maand vir 'n paar
honderd rand aan die lewe kon bly en die volgende maand 'n paar
duisend rand per maand nodig gehad het.
Onder haar is die hospitale op 'n "kapitalistiese grondslag" geplaas.
Een van die redes was natuurlik omdat daar nie juis meer geld in die
"kittie" oor was nie.
PW het die meeste in ons buurlande weggeskiet.
-------------------------------------------------------oOo-- --------------
--------------------------------------
Tot en met die verkiesing kon almal in SA enige mediese sorg kry, onge-ag
of hulle kon betaal of nie. Mediese sorg wat spesialis behandeling
ingesluit. Dit is in staat hospitale. Daar was nie waglyste vir nood
operasies nie alle gevalle is behandel soos dit deur die deur ingestoot
word onge-ag wie of wat jy is almal het dieselfde behandeling gekry. Nou
moet die mense maande lank wag vir 'n eenvoudige operasie, en nood
operasies word ure of selfs dae later eers gedoen. Hoekom dink jy het die
dokters hulle goed gevat en getrek na lande waar hulle mense MAG gesond
maak. Onder Rina Venter is niemand mediese sorg geweier nie en was daar
baie mense verniet behandel, veral al die mes steek gevalle uit Soweto en
Hillbrow. Praat van kapitalistiese grondslag, dit is wat nou onder die ANC
regering plaasvind, die ANC gee niks verniet weg nie, maar wil meer en
meer hê.
--------------------------------------------oOo------------- --------------
------------------------------------
>[/color]

Is dit?

Nog iets wat jy daar uit Miami agtergekom het.

----------------------------------------------------------oO o-------------
---------------------------------
Ek is nie siende blind en horende doof , soos somige ander mense op die NG
nie, en ek dink ek het al gesê dat al my Familie nog in SA is, en dat ek
eerste handse inligting kry van wat aangaan in SA. Soos dit is, is Miami
nie op 'n ander planeet, nie net op 'n ander vasteland.

Groenis
JHV
Re: Aggenee, Zuma ! [boodskap #9264 is 'n antwoord op boodskap #9247] Sa, 03 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Apr 1997 10:03:43 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:

>>[/color]

Jy is waarskynlik seker. Dit maak dit egter nie waar nie, weet jy.

By the way Antie Zuma is ANC, in geval jy dit nie weet nie.

Sommige mense kon natuurlik gebrainwash gewees het deur sommige mense.
Dit gebeur orals in alle groepe.
Maar die ANC het nie 'n beleid soos dit nie.
En miljoene swartmense pas geboortebeperking toe.

(En by the way, wat van die IFP in KwaZulu? Het hulle ook hulle mense
so gebrainwash? En die NP op die Kaapse Vlakte? Doen hulle dit ook? Of
wat van die NP in die Noord-Kaap.)

arme swartes in die jare 80's was nie, nou wil jy sê dat hulle in[/color]
> advertensies verskyn het terwyl die NP regering aan bewind was. >>>

Gaan slaan Dennis Beckett se Frontline-tydskrifte vir jou self na en
kyk na die advertensies wat daar verskyn het vir geboortebeperking.
En wie gebruik was.
In die NP bewind.
Onder PW.
Toe, gaan kyk self, moenie my woord vat nie.

>>[/color]

Jou onkunde dalk?
Vorige onderwerp: Re: Ubuntu - vgl Was Afrikaners Nazis?
Volgende onderwerp: Re: Die maklike pad of die moeilike pad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 07:41:17 MGT 2024