Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die witperd van Calvinie
Die witperd van Calvinie [boodskap #9228] So, 27 April 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Met die wat At de Lange vir ons nou so van Calvinia
vertel, draai die volgende deuntjie aanhoudend in my kop:

Die wit perd van Calvinie,
hy loop maar hy kan nie sien nie;
Die wit perd van Calvinie,
hy loop maar hy kan nie sien nie.

Ek het my nou al moeg gesoek in die F.A.K. na die
woorde. Dis nie daar nie. Ek het elke lied deurgegaan
om te sien of dit nie die refrein van 'n ander lied is nie,
maar ek kry dit net nie.
Ek vra toe vir my man wat die ander woorde is, en hy
kan ook net daardie twee reëls onthou. Ek vra vir hom
waar hy dit gehoor het en hy mompel "Stellenbosch."
Ek het 'n suspisie dis wat hulle in Tollies gesing het,
want hy lyk skuldig wanneer hy dit sê. Maar ek is seker
dat ek daardie lied geken het nog lank voordat ek op
Stellenbosch aangeland het.
So my vraag is : wie ken nog ander woorde vir die
lied?Waar kom dit vandaan? Wat beteken dit? Dis vir
my so 'n mooi surrealistiese gesofistikeerde lied. Ek
wens dat ek meer daarvan kan uitvind. Miskien het dit
'n heeltemal platvoerse agtergrond. Miskien is "wit
perd" die naam van 'n witblits wat hulle in Calvinia
gemaak het en wat vir jou blind maak as jy teveel
daarvan drink. Maar totdat ek ontnugter word deur 'n
ander uitleg, sal ek aanhou om in my verbeelding die
blinde wit perd te sien hardloop daar in die wyk van
die Hantam.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Re: sandstrooier
Volgende onderwerp: Die land van ons...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 18:26:40 MGT 2024