Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die land van ons...
Die land van ons... [boodskap #9175] Do, 24 April 1997 00:00 na volgende boodskap
Mich Nieuwoudt  is tans af-lyn  Mich Nieuwoudt
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek stem saam met sekere gedagtes in die NG dat daar darem klippe rond
trek en meestal ou koeie uitgegrawe word. (Ja, Ja - ek weet die NG gaan
eintlik oor argumentering ens...)
Ek wil 'n paar opinies hê oor hoekom mense dit nog hier (SA) geniet en
hier bly en hoekom hulle nog semi-gelukkig is.

Ek wil graag 'n paar van my ligpunte probeer oordra:

Die gevoel as jy wakker word op 'n Sondag en die lug is so blou soos dit
net op die Hoëveld kan wees.
Die klank van 'n donderstorm en die reuk van reën na 'n snikhete
Desember middag.
Die oop pad tussen Kakamas en Pofadder wat so reguit in die niet verdwyn
met die smaak van droë vye wat jy in Kakamas gekoop op jou tong.
Tietiesbaai in buite-seisoen. Jy in jou tent 15 meter van die see af.
Die oom by die hek wat jou oupa verlangs geken het. Jy gesels met hom
soos ou vriende. Kreef vars uit die see met rooiwyn.
Die reuk van braaivleis.
Afrikaanse drama in die Statusteater.
Vrydag middae op Hatfield Square saam met jou vriende.
Die koue van winter in jou gesig as jy fietsry saam met ou vriende.
Witwyn en snoek op Onrus.
Die vibe in Rockey straat.
Piekniek met 'n stryk kwartet in die Botaniese tuin.
Hamburgers op die sypaadjie voor Varsity Bakkery.
Kerkbasaar met mense wat jou al ken van voor jy gebore is.
Om in 'n skoolkys vas te loop na julle mekaar 10 jaar laas gesien het.
Om in Afrikaans te vloek.

Genoeg vir nou.
Ek het nog baie.

Groete
mich
Re: Die land van ons... [boodskap #9222 is 'n antwoord op boodskap #9175] So, 27 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , mi...@geocities.com says...
>

> Die klank van 'n donderstorm en die reuk van reën na 'n snikhete
> Desember middag.
> Die oop pad tussen Kakamas en Pofadder wat so reguit in die niet verdwyn
> met die smaak van droë vye wat jy in Kakamas gekoop op jou tong.

Ag tog, jy sal dat ek nou 'n kaartjie gaan koop en
teruggaan. Het hulle nog waterwiele op Kakamas?
Gloudina
Re: Die land van ons... [boodskap #9229 is 'n antwoord op boodskap #9175] Ma, 28 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Apr 1997 11:57:39 -0700, Mich Nieuwoudt
wrote:
Vorige onderwerp: Die witperd van Calvinie
Volgende onderwerp: Ek is terug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 11:31:01 MGT 2024