Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Opdrag" deur INGRID JONKER
"Opdrag" deur INGRID JONKER [boodskap #9159] Wo, 23 April 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
OPDRAG
Ingrid Jonker

Wat kan ek nou nog vir jou sê-
My bitter liefde is uiteindlik verby,
En net jou sterre-o"e uit die duister
Skyn hierdie oomblik nog naby.

Wat wil jy nou nog van my he^,
Eerdat die laaste gloed uitbrand?
Ek weet alleen ons siele bly
Nog hierdie oomblik diep verwant.

Ek kan jou fluisterend vertel
Die eindtoon van die helder lied
Van jeug en liefde is gemeng
Met skemeringe van verdriet.

Ek kan my laaste woorde gee,
My laaste trane en my laaste leed.
Dan sal ek, na die oomblik, selfs,
Hart van my hart, selfs jou vergeet!

Naweekpos, Julie 1954.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Paternoster" deur HEIN SWART
Volgende onderwerp: " 'n Handvol Gruis" deur C. Louis Leipoldt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 07:55:48 MGT 2024