Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Paternoster" deur HEIN SWART
"Paternoster" deur HEIN SWART [boodskap #9110] Ma, 21 April 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
PATERNOSTER
Hein Swart

op paternoster waar donkies
ure lank lê en sigare rook
en osse soos kanaries fluit
tussen maagdelike madeliefies
wat fyntjies en wit
soos homoseksuele
oor broodrotse draf

waar mense snoek en patats
binne gate in hul gesigte steek
en blou seekomkommers
weggemoffel word van
wit huisies wat hande in die
heupe onder vermakerige
hoedjies van riet staan

hier marsjeer lelies
in spekkige swart sooirye
langs vet adamsvye
wat tussen kinders se tone
berus by die werklikheid

net op paternoster
ken hotnotstoontjies
nog hul tyd in hierdie
opgedonnerde wereld

en die dou op die huilbos
se bleek wange koggel parmantig
die stoeiende peerboom
in my voos ou lyf

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "2.20 (Appelspel)" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: "Opdrag" deur INGRID JONKER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 23:10:29 MGT 2024